Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wiktionary
Soek

pap

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Pap van hawermout en melk.

Afrikaans (af)

EnkelvoudMeervoud
  pap   pappe 
Hulp:IPA: [pɑːp]
  1. (palindroom)(voeding) Sagte kos van 'n graanproduk soos meel wat meestal saam met melk vir ontbyt genuttig word.
  2. Iets wat aan pap herinner.
  1. In Europa waspap vir sowat sewe eeue lank die stapelvoedsel van die oorgrote meerderheid van die bevolking.
  2. Meng tot 'npap en wend aan.
«As ditpap reën, moet jy skep.»
Gryp elke geleentheid aan.
«Jy maak diepap te dik aan.»
Iets erg oordryf.
«Hy praat of hypap in sy mond het.»
Onduidelik praat.
«Sy wil ook 'n hap van diepap hê.»
Wil ook voordeel uit die saak trek.
«As die papdik is, brand dit aan.»
As 'n persoon te veel met 'n ander omgaan, kan dit tot kwaaivriendskap lei.
«Om iets draai soos 'n kat om warmpap
Iets baie graag wil hê, maar skrikkerig wees om dit te neem.
«Pap word altyd warmer gekook as wat dit geëet word.»
'n Saak word dikwels erger gemaak as wat dit is.
«Van die hand (lepel) na die mond val diepap op die grond.»
Moet nooit te seker van 'n saak wees nie. Dinge kan op die laaste oomblik nog verkeerd gaan.

   Hiponieme

mieliepap,maltabellapaphawermoutpap
  Vertalings:    pap
Engels:porridge(en),paste(en),poultice(en)
Nederlands:pap(nl)
Xhosa:ipapa kl. 9
Byvoeglike naamwoord
TrapPredikatiefAttributiefPartitief
Stellend  pap      
Vergrotend  papper   
Oortreffend  papste 


  1. Baie sag, selfs loperig.
  2. Swak en sonder krag; uitgeput.
  1. Die perske ispap.
  2. Sy is maarpap na die operasie.
  Vertalings:    pap
Engels:soft(en),soaked(en)
Nederlands:zacht(nl)

Meer inligting

SienWikipedia vir meer inligting oor pap.
Ontsluit van "https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=pap&oldid=201993"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp