* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele).
Zinedine Yazid Zidane (gebore op 23 Junie 1972 inMarseille) is 'nFrans-Algerynse sokkerafrigter en voormalige professionele sokkerspeler.[3][4] Hy word beskou as die beste Franse sokkerspeler ooit en oor die algemeen een van die beste sokkerspelers ooit. Hy het op die aanvallende middelvelder-posisie gespeel. Gedurende sy professionele loopbaan, het hy vir AS Cannes, Girondins de Bordeaux,Juventus enReal Madrid gespeel. Hy het 108 wedstryde vir die Franse nasionale span gespeel en die 1998 Wêreldbeker en 2000 Europese Kampioenskap gewen. Hy is drie keer verkies as die Wêreldsokkerspeler van die Jaar en het dieUEFA Champions League en nasionale kampioenskappe in beide Spanje en Italië gewen.