Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Zimbabwe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Republiek Zimbabwe[nota 1]
Vlag van ZimbabweWapen van Zimbabwe
VlagWapen
Nasionale leuse:Unity, Freedom, Work[1]
(Engels vir: "Eenheid, vryheid, werk")
Volkslied:Blessed be the land of Zimbabwe[2]
(Engels vir: "Geseënd is die land van Zimbabwe")
Ligging van Zimbabwe
HoofstadHarare

17°50′S31°3′O / 17.833°S 31.050°O /-17.833; 31.050

Grootste stadHarare
Amptelike taleNyanja, Sena,Engels, Kalanga, Tshwa, Nambya, Ndau,Noord-Ndebele,Tsonga,Shona,Gebaretaal,Suid-Sotho, Tonga,Tswana,Venda,Xhosa[3]
Regering

President
• 1steadjunkpresident
• 2de adjunkpresident
Unitêre dominante party
presidensiëlerepubliek
Emmerson Mnangagwa
Constantino Chiwenga
Kembo Mohadi
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Republiek
Zimbabwe-Rhodesië
• Erken
• Huidige grondwet
van dieVerenigde Koninkryk
11 November1965
2 Maart1970
1 Junie1979
18 April1980
15 Mei2013
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
390 757[4] km2  (62ste)
150 872 myl2
1
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2022-sensus
 -Digtheid
 
17 150 352[4] (72ste)
15 178 957[5]
43,9 / km2 (170ste)
113,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$86,162 miljard[6] (131ste)
$5 071[6](175ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$35,919 miljard[6] (153ste)
$2 114[6](149ste)

MOI (2022) 0,550[7] (159ste)  – medium
Gini (2019)50,3[8] – hoog
GeldeenheidZimbabwe Goud ()
Tydsone
 -Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD.zw
Skakelkode+263
a DieZimbabwiese dollar word nie meer gebruik nie nadat dit deur die regering weens hiperinflasie amptelik opgeskort is. DieAmerikaanse dollar (US$),Suid-Afrikaanse Rand (R),Botswana pula (P),Pond sterling (£),Euro (€),Indiese roepee (₹),Australiese dollar (A$), SjineseRenminbi (元/¥) en JapanneseJen (¥) word nou in plaas daarvan gebruik.[9][10] Die Amerikaanse dollar is aanvaar as die amptelike geldeenheid vir al die regering se transaksies.

Zimbabwe, amptelik dieRepubliek Zimbabwe (Engels:Republic of Zimbabwe), is 'nlandingeslote land geleë inSuider-Afrika en begrens deurZambië in die noordweste,Mosambiek in die noordooste,Suid-Afrika in die suide enBotswana in die suidweste. Die land het eers asSuid-Rhodesië, 'nBritse kolonie, bekendgestaan en van 1965 af asRhodesië, genoem náCecil John Rhodes. In 1965 het Suid-Rhodesië eensydig sy onafhanklikheid verklaar en in 1970 'nrepubliek geword. Ná 'n jare lange vryheidsoorlog en daaropvolgende onderhandelinge het Rhodesië in 1980 amptelikZimbabwe-Rhodesië geword en aansluitend die Republiek Zimbabwe.

Nasa-satellietbeeld van Zimbabwe

Zimbabwe beslaan 'n oppervlakte van 390 757 km² en het 'n bevolking van 17 150 352 in 2024 gehad. Diehoofstad en grootste stad isHarare, tot 1980 Salisbury. 'n Ander belangrike stad isBulawayo.[4] Zimbabwe is 'n multi-etniese land en dieMashona is die belangrikste inheemseetniese groep, gevolg deur dieNdebeles. Dié land het 16amptelike tale, waaronderEngels,Shona enNoord-Ndebele die mees verspreide tale is. Daarmee het Zimbabwe meer ampstale as sy suidelike buurland Suid-Afrika wat twaalf ampstale tel.

Op 15 November 2017, na een jaar se protes teen sy regering asook Zimbabwe se vinnig dalende ekonomie, is Mugabe tydens 'nstaatsgreep deur dié land se gewapende magte onder huisarres geplaas.[11][12] Op 19 November 2017 hetZANU–PF Robert Mugabe gedwing om as partyleier af te dank en deur die voormalige adjunkpresidentEmmerson Mnangagwa vervang.[13] Op 21 November 2017 het Mugabe sy bedanking aangebied voordat die vervolgingsverrigtinge voltooi is.[14]

Etimologie

Die naam "Zimbabwe" is afgelei van 'nShona-term virGroot-Zimbabwe, 'nmiddeleeuse stad (Masvingo) in die land se suidooste. Daar is twee uiteenlopende teorieë oor die oorsprong van die woord. Volgens baie bronne is "Zimbabwe" afgelei vandzimba-dza-mabwe, vertaal uit Shona se Karanga-dialek as "huise uit klippe" (dzimba = meervoud vanimba, "huis";mabwe = meervoud vanibwe, "klip").[15][16][17] Die Karanga-sprekende Mashona leef rondom Groot-Zimbabwe in die huidigeMasvingo-provinsie. Volgens die argeoloogPeter Garlake is "Zimbabwe" 'n verkorte vorm vandzimba-hwe wat "eerbiedige huise" in die Zezuru-dialek van Shona beteken en gewoonlik na kapteins se huise of grafte verwys.[18]

Zimbabwe was voorheen bekend asSuid-Rhodesië (1898),Rhodesië (1965) enZimbabwe-Rhodesië (1979). Die eerste opgetekende gebruik van "Zimbabwe" as 'n nasionale term dateer uit 1960 op 'n muntstuk deur die swart nasionalis Michael Mawema,[19] wie se Zimbabwe National Party die eerste was wat in 1961 die naam gebruik het.[20] Die term "Rhodesië" – afgelei vanCecil Rhodes se van, die primêre aanstigter van Britse kolonisasie in die gebied – is deur Afrikanasionaliste as onvanpas beskou weens sy koloniale oorsprong en konnotasies.[19]

Volgens Mawema het swart nasionaliste in 1960 vergader om 'n alternatiewe naam vir die land te kies en name soos "Matshobana" en "Monomotapa" voorgestel, voordat sy voorstel "Zimbabwe" geseëvier het.[21] Dit was aanvanklik onduidelik hoe die gekose term gebruik sou word – Mawema het in 'n 1961-letter die naam "Zimbabweland" gebruik[20] – maar "Zimbabwe" was teen 1962 genoegsaam gevestig om die swart nasionalistiese beweging se algemene voorkeurterm te word.[19]

Soos baie name van Afrikalande wat tydens dieKoue Oorlogonafhanklik geword het, isZimbabwe 'n etnies neutrale naam. Dit is debatteerbaar tot watter mate Zimbabwe, wat meer as 80% homogeen Shona is en op verskeie maniere deur hulle oorheers word, as 'n volkstaat beskryf kan word.[22] Die grondwet erken 16 tale, maar slegs twee van hulle op nasionale vlak, naamlik Shona en Engels. In teenstelling metNoord-Ndebele word Shona algemeen aan skole onderrig. Boonop het Zimbabwe nog nooit 'n nie-Shona-staatshoof gehad nie.[22][23]

Fisiografies

Kaart van Zimbabwe

Zimbabwe beslaan 'n gedeelte van die grootplato in Suider-Afrika. Die hoëveld met 'n lengte van 1 525 meter het twee hoofriviere, naamlikZambezi in die noorde enLimpopo in die suide. DieKaribameer is net stroomaf van dieVictoria-waterval in die Zambezi op die grens metZambië en is een van die grootste mensgemaakte mere in die wêreld.

Diegrens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is 230 km lank en word in sy geheel deur die Limpoporivier gevorm. Die belangrikste grenspos isBeitbrug langs dieBeitbrug-Bulawayo Spoorweg.

Vlag

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Vlag van Zimbabwe.
Die Zimbabwe-voël is die nasionale simbool van Zimbabwe

Die ontwerp van Zimbabwe se huidige vlag is op 18 April 1980 aanvaar. Die vlag van Zimbabwe het sewe horisontale bande groen, goud, rooi, swart, rooi, goud, groen en 'n swart omlynde wit driehoek met 'n rooi vyfstralige ster en 'n goue voël.

Elkeen van die bande het 'n simboliese betekenis. Groen versinnebeeld dieflora ennatuurlike hulpbronne van Zimbabwe, goud versinnebeeld die rykdom aanminerale, rooi simboliseer diebloed wat tydens die vryheidstryd vergiet is, swart versinnebeeld dieswart bevolking, die wit driehoek simboliseer dievrede en die "pad vooruit", die rooi ster versinnebeeld dieinternasionalisme en vrede, maar weerspieël ook diesosialistiese oortuigings van die regerende party. Die "Zimbabwe-voël" is ontleen aan 'n afbeelding uit die bouvalle van die geskiedkundige stadGroot-Zimbabwe en dien tans as Zimbabwe se nasionale embleem.

Klimaat

Zimbabwe lê in 'n tropiese klimaat en het gemiddelde temperature van 15,6 °C in diewinter en 21,1 °C in diesomer. Die gemiddeldereënval vir Zimbabwe is 890 mm vir die hoëveld en 610 mm vir die middelveld.

Geskiedenis

Monomotapa

Die bouvalle van die ou hoofstadGroot-Zimbabwe

Die vroeë geskiedenis van die KoninkrykMonomotapa (wat eintlik "Heer van die Myne" beteken) is onbekend; dit het reeds sedert dieMiddeleeue bestaan. Naas die hoofstad Groot-Zimbabwe met sy ringmuur, tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou is, was daar honderde dorpe waarvan sommige ook 'n stadskarakter getoon het.Landbou, veeteelt enmynbou was dieekonomiese fondament van die ryk. Danksy diegoudmynbou kon diekoninkryk handel metArabiere,Perse enEthiopiërs dryf. Goud,ivoor enslawe is teenspeserye,yster,sout en ander Oosterse ware geruil. Met die agteruitgang van die goudmynbou het die mag van die konings verswak; 1607 moet hulle die myne aan diePortugese afstaan. 1629 het die koninkryk 'nvasalstaat vanPortugal geword. Die Portugese begin ookkoper,yster,lood entin te ontgin en het landbou op grootplase bedryf. Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu het dit tussen 1889 en 1890 Britse koloniale besit en 1923 'n deel van Suid-Rhodesië geword.

Rhodesië

Ian Smith in 1975

Suid-Rhodesië,Noord-Rhodesië (die huidige Zambië) enNjassaland (die huidigeMalawi) is in 1953 as dieSentraal-Afrikaanse Federasie verenig, wat tot 1963 bestaan het. Die blanke regering van Suid-Rhodesië, onder leiding van eerste ministerIan Smith het in 1965 onafhanklikheid verklaar, maar dit is nie deur dieVerenigde Koninkryk en dieVerenigde Nasies erken nie. Ten spyte van die instel van politieke en ekonomiese sanksies kon Rhodesië sy onafhanklike status in stand hou.

In 1970 het Rhodesië 'n republiek geword. Die regering het in 1971 'n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk gesluit wat die erkenning van onafhanklikheid en die invoering van algemene stemreg ten doel gehad het.

Die swart opposisie, wat veral uit die bevrydingsbewegingsZANU enZAPU bestaan het, het in die tydperk tussen 1973 en 1980 'n gewapende stryd teen die blanke regering gevoer. Alhoewel daar reeds in 1975 gesprekke oor 'n nuwegrondwet gevoer en in 1979 'n swart regering onder biskop Muzorewa gevorm is, het 'n algemene verkiesing eers in 1980 plaasgevind. Zimbabwe het daarna onder leiding van die eerste ministerRobert Mugabe onafhanklik geword.

Zimbabwe

Robert Mugabe in 1982

Die politieke situasie was tydens die laaste jare van Robert Mugabe se presidentskap onstabiel. Die onderdrukking van die opposisiepartye, die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke, waar inwoners verdink is om aanhangers van die opposisie te wees, is in die buiteland met skerp kritiek bejeën. Terwyl die Suid-Afrikaanse regering die régime in Harare met lenings gesteun het, is Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tirannieë van die wêreld gereken.

Zimbabwe seinflasiekoers was in Julie 2007 met 4 500% die hoogste ter wêreld.

Buitelandse betrekkinge

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Buitelandse betrekkinge van Zimbabwe.
Diplomatieke missies van Zimbabwe in die buiteland

Die buitelandse betrekkinge van Zimbabwe fokus op nou bande met dieVolksrepubliek China[24] enSuid-Afrika. Zimbabwe het bilaterale betrekkinge met verskeie lande. Ná Ian Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde Koninkryk in 1965 is Rhodesië se diplomatieke teenwoordigheid dramaties regoor die wêreld teruggerol. Teen die tyd van die Lancaster House-ooreenkoms in 1979 het Rhodesië slegs verteenwoordigende kantore inLonden,Bonn,Pretoria,Washington, D.C. enTokio gehad. Sendings inMaputo (destyds Lourenço Marques) enLissabon is in 1975 gesluit ná die Angelier-rewolusie inPortugal. Onder Robert Mugabe het Zimbabwe 'n nuwe buitelandse beleid gevoer wat nouer saamwerk met Afrika-, Oosblok- enOnverbonde-lande. Die hoofstad van die land, Harare, huisves tans 51 ambassades. Verskeie ander lande het ambassadeurs van ander hoofstede, veral Pretoria enAddis Abeba, geakkrediteer.

Ekonomie

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Ekonomie van Zimbabwe.

Toerisme

Zimbabwe beskik oor vyfUnesco-wêrelderfenisgebiede: Groot-Zimbabwe,Khami,Mana Pools,Matopos en dieVictoria-waterval.

Administrasie

Zimbabwe word administratief onderverdeel in agt provinsies en twee stede met provinsiale status, Harare en Bulawayo. Die provinsies word verder onderverdeel in 59 distrikte en 1 200 munisipaliteite (sogenaamdewards) wat elk uit 'n aantal nedersettings bestaan.

Infrastruktuur

Energiebedryf

Die internasionale lughawe in Harare

Sowat 'n derde van Zimbabwe se elektrisiteit word in waterkragsentrales opgewek waarvan die Karibadamprojek die bekendste en belangrikste is. Toe dit in 1960 beplan is, was dit die grootse hidroëlektriese aanleg ter wêreld. Termiese kragsentrales voorsien in die res van die land se kragbehoefte.

Spoorweë, pad- en lugvervoer

Zimbabwe se nasionale spoorweë bedryf een van die gevorderdste netwerke inAfrika suid van die Sahara met 'n totale lengte van sowat 2 700 km, waarvan sowat tien persent geëlektrifiseer is. Dit word aangevul deur 'n uitgebreide padnetwerk waarvan 'n vyfde geasfalteer is. Harare se internasionale lughawe verbind die land met bestemmings in Afrika en oorsee. Die nasionale lugvervoernetwerk verbind die grootste stedelike sentra met mekaar.

Sport

Die Zimbabwiesesewesrugbyspan tydens die Hong Kong Sevens in 2009
DieZimbabwiese nasionale krieketspan tydens hul ODI-wedstryd teenBangladesj op 23 Januarie 2009 inDhaka

Cara Black (saam met haar Amerikaanse dubbelspeelvennootLiezel Huber) enKevin Ullyett (saam met die SweedseJonas Björkman) was van die bestes ter wêreld in tennisdubbelspelkompetisies. Nog beter bekend is egter die uitstekende swemmerKirsty Coventry, wat met haar Olimpiese oorwinnings in2004 en2008 'n volksheldin en baken van hoop vir haar land geword het; sy het aan Zimbabwe al twee goue medaljes op Olimpiese Spele besorg, die enigste ander was deur die nasionale vroueveldhokkiespan tydens dieOlimpiese Somerspele 1980 inMoskou.

Sokker is Zimbabwe se gewildstesportsoort. DieZimbabwiese nasionale sokkerspan kon vyf keer vir dieAfrikanasiesbeker kwalifiseer (in 2004, 2006, 2017, 2019 en 2022). Hulle kon egter nog nie vir 'nFIFASokker-Wêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Van die bekendste Zimbabwiese sokkerspelers sluit inBenjamin Mwaruwari enMatthew Rusike. Die voormalige nasionale doelwagterBruce Grobbelaar het in die 1980's en 1990's gespeel vir die Engelse sokkerklubLiverpool FC en saam met hulle talle titels ingepalm.Dynamos FC is tot dusver die enigste Zimbabwiese sokkerklub wat dieCAF Kampioene-liga-eindstryd gehaal het.

Rugby is 'n belangrike sportsoort in Zimbabwe en dieZimbabwiese nasionale rugbyspan kon twee keer vir 'nrugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer (in1987 en1991), maar sedertdien het hulle nie meer daarin geslaag nie. Die span word as een van die sterker Afrikaspanne na die Suid-AfrikaanseSpringbokke en die NamibieseWelwitschias beskou en ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die Afrikabeker mee. Hulle het dié toernooi al twee keer gewen (in 2012 en 2024) en drie keer as naaswenner geëindig. Van die bekendste Zimbabwiese rugbyspelers sluit inTonderai Chavhanga,Ian McIntosh,Ray Mordt,Tendai Mtawarira,Bobby Skinstad enGary Teichmann.

Krieket word veral deurBlanke Zimbabwiërs beoefen en dié land is een van dietoetskrieketlande. Die beheerliggaamZimbabwe Krieket is in 1992 gestig en sedertdien 'n volle lidland van dieInternasionale Krieketraad (IKR). DieZimbabwiese nasionale krieketspan kon van 1983 tot 2015 vir elkekrieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer, maar sedertdien het hulle nie meer daarin geslaag nie. Zimbabwe het in2003 saam met Suid-Afrika en Kenia as gasheer van die krieketwêreldbeker opgetree, wat deurAustralië gewen is. In November 2021 is Zimbabwe saam met Namibië en Suid-Afrika as medegasheer vir dieKrieketwêreldbeker 2027 benoem.[25] Bekende Zimbabwiese krieketspelers sluit inAndy Flower enBrendan Taylor.

Notas

  1. Die volgende 15 name is amptelik: Republic of Zimbabwe (Engels), Nyika yeZimbabwe (Shona), Ilizwe leZimbabwe (Noord-Ndebele), Dziko la Zimbabwe (Chichewa), Dziko la Zimbabwe (Chisena), Hango yeZimbabwe (Kalanga), Zimbabwe Nù (Khoisan), Inyika yeZimbabwe (Nambya), Nyika yeZimbabwe (Ndau), Tiko ra Zimbabwe (Shangani), Naha ya Zimbabwe (Suid-Sotho), Cisi ca Zimbabwe (Chitonga), Naga ya Zimbabwe (Tswana), Shango ḽa Zimbabwe (Venda), Ilizwe leZimbabwe (Xhosa).

Verwysings

  1. (en)"Zimbabwe".The Beaver County Times. 13 September 1981. Besoek op1 Mei 2018.
  2. (en)"Zimbabwe".Central Intelligence Agency. Besoek op6 Desember 2022.
  3. (en) (Constitution of Zimbabwe (final draft)Geargiveer 2 Oktober 2013 opWayback Machine).
  4. 4,04,14,2(en)"Zimbabwe".Central Intelligence Agency. Besoek op19 November 2024.
  5. (en)"2022 Population & Housing Census". Ministerie van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling. Besoek op19 November 2024.
  6. 6,06,16,26,3(en)"Zimbabwe".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op19 November 2024.
  7. (en)"Human Development Report 2023/2024"(PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op19 November 2024.
  8. (en)"Gini index – Zimbabwe".Wêreldbank. Besoek op19 November 2024.
  9. (en)"Currency in Zimbabwe".GreenwichMeanTime.com. Greenwich 2000. Besoek op2 Februarie 2015.
  10. (en) Hungwe, Brian.bbc.com:Zimbabwe’s multi-currency confusion, 6 Februarie 2014, besoek op 1 Mei 2018.
  11. (en)David McKenzie, Brent Swails en Angela Dewan (16 November 2017)."Zimbabwe in turmoil after apparent coup".CNN.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  12. (en)"Zimbabwe's Robert Mugabe confined to home as army takes control".The Guardian. 15 November 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  13. (en)"Ruling party sacks Mugabe as leader".BBC. 19 November 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  14. (en)"Zimbabwe's President Mugabe 'resigns'".BBC. 21 November 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2020. Besoek op1 Mei 2018.
  15. (en)"Zimbabwe – big house of stone". Somali Press. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Mei 2011. Besoek op3 Mei 2011.
  16. (en)Michel Lafon (1994)."Shona Class 5 revisited: a case against *ri as Class 5 nominal prefix"(PDF).Zambezia.21:51–80.
  17. (en)Lawrence J. Vale (1999). "Mediated monuments and national identity".Journal of Architecture.4 (4):391–408.doi:10.1080/136023699373774.ISSN 1360-2365.
  18. (en)Peter Garlake (1973).Great Zimbabwe: New Aspects of Archaeology. Londen: Thames & Hudson. p. 13.ISBN 978-0-8128-1599-3.
  19. 19,019,119,2(en)Joost Fontein (September 2006).The Silence of Great Zimbabwe: Contested Landscapes and the Power of Heritage (1ste uitg.). Londen: University College London Press. pp. 119–20.ISBN 978-1-84472-123-8.
  20. 20,020,1(en)Sabelo J. Ndlovu-Gatsheni (2009).Do "Zimbabweans" Exist? Trajectories of Nationalism, National Identity Formation and Crisis in a Postcolonial State (1ste uitg.). Bern: Peter Lang AG. pp. 113–14.ISBN 978-3-03911-941-7.
  21. (en)"What's in a Name? Welcome to the 'Republic of Machobana'".Read on. Harare: Training Aids Development Group: 40. 1991.
  22. 22,022,1(en)Alois S. Mlambo (2013)."Becoming Zimbabwe or Becoming Zimbabwean: Identity, Nationalism and State-building".Africa Spectrum.48 (1):49–70.doi:10.1177/000203971304800103.hdl:2263/41913.ISSN 0002-0397.JSTOR 43941319.S2CID 127302759.
  23. (en)"From a kingdom to a nation: A Shona awakening". Trad Magazine. 29 November 2020. Besoek op10 Mei 2023.
  24. (en)The Great Wall and the Empty Fortress: China's Search for Security. p. 48.
  25. (en)Nagraj Gollapudi (16 November 2021)."USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op9 Junie 2023.

Bronnelys

Algemeen
  • (en)"Zimbabwe".Encyclopædia Britannica. Besoek op19 November 2024.
  • (en)"Zimbabwe".Central Intelligence Agency. Besoek op19 November 2024.
  • (en) Arnold, Marion: The stone sculpture of Zimbabwe. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 31, nr. 4, September 1982
  • (af) Louw, A.A. (ds.): Die môrester in Mashonaland. Stellenbosch: C.S.V.-boekhandel, 1954.

Eksterne skakels

Wikimedia Commons bevat media in verband metZimbabwe.
Vlag van Zambië ZambiëVlag van Zambië ZambiëVlag van Mosambiek MosambiekVlag van Mosambiek Mosambiek
Vlag van Namibië NamibiëVlag van Mosambiek Mosambiek
  Vlag van Zimbabwe Zimbabwe    
Vlag van Botswana BotswanaVlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaVlag van Mosambiek Mosambiek
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Lidlande
Leiers
Voorsitters
Sekretarisse-Generaal
Sien ook
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Zimbabwe&oldid=2826504"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp