Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Zen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Boeddhisme
Die Dharmawiel
Stigter
Siddhartha Gautama
Volgelinge
488–535 miljoen
Geskiedenis
Geskiedenis van BoeddhismeKloosterlewe
Belangrike begrippe
Afhanklike ontstaanDharmaDrie JuweleDrie kenmerke van die bestaanDukkhaEdel Agtvoudige PadKarmaNirwanaSamsaraVerligtingVier Edel Waarhede
Strominge
MahayanaSuiwer LandTheravadaTibettaanse BoeddhismeVajrayanaZen
Geskrifte
BoeddhavamsaPali-kanonLotussoetra
s  b  w
Kringbeeld (Japannees:Ensō, 円相) deur Kanjuro Shibata as simbool vanShunyata (leegheid) en volmaaktheid
Zen-tuin in die Ginkaku-ji-tempel in Kyoto, Japan
Zazen (sittende meditasie)

Zen is 'n skool of stroming van Mahayana-Boeddhisme wat in die6de eeu in China asChán ontwikkel het. Dit het suidwaarts naVietnam, naKorea en ooswaarts naJapan versprei.

Die termZen is afgelei van dieJapannese uitspraak van die Middel-Chinese woord 禪 [dʑjen], in moderne Mandaryn:Chán, wat op sy beurt van dieSanskriet-termdhyāna afgelei is en rofweg as "absorpsie" of "meditatiewe toestand" vertaal kan word..

Zen beklemtoon die fundamentele doel van geestelike verligting en regstreekse insig in die Boeddhistiese leerstellings. Sodoende word blote kennis van soetras en doktrines as minder belangrik geag en die voorkeur aan regstreekse kennis deurzazen (gedissiplineerde sittendemeditasie) en interaksie met 'n bekwame meester en leraar gegee.

In die9de eeu het Chinese meesters 'n nuwe leerstyl ontwikkel waarin paradoksale stories sentraal gestaan het wat in Japankoan genoem word. Leerders se aandag is op 'n moeilike intellektuele raaisel of 'n enkele woord gevestig waardeur hulle 'n soort geestelike verwekking sou beleef.[1]

Japannese monnike het hierdie Chinese leerstellings omstreeks1000 in hul eie land ingevoer, veral Dōgen Zenji (1200-1253), die stigter van die Soto-Zen-skool wat die belangrikheid vanzazen vir geleidelike verligting beklemtoon het. 'n Ander skool, Rinzai-Zen, het die verligting ofsatori as 'n skielike ervaring beskou wat bewerkstellig kon word nadat 'nkoan die gees van 'n leerder daarvoor toeganklik gemaak het.

Verligting word in Zen-Boeddhisme as 'n bron van diep innerlike vrede beskou wat eers bereik kan word nadat 'n mens slegte gewoontes en gevoelens te bowe gekom het. Sodra die gees wakker gemaak is, is dit volgens Zen 'n leë spieël wat alles op 'n volkome manier reflekteer sodat 'n verligte mens binne alle situasies in sy lewe gepas kan reageer.

Zen het gaandeweg 'n vaste bestanddeel van die Japannese kultuur en leefstyl geword wat onder meer na die kunslewe uitgestraal het.Boogskiet,blommerangskikking, tuinkuns, digkuns,kalligrafie en die teeseremonie gee uitdrukking aan die gees van Zen.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Leben mit Zen. München: Mosaik 2000, bl. 16
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Zen&oldid=2698862"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp