Zeeland (letterlik inAfrikaans:Seeland,Seeus:Zeêland [ˈzɪə̯lɑnt],Wes-Vlaams:Zêeland) is een van die 12provinsies vanNederland en is in die suidweste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 391 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 933 km² met 'nbevolkingsdigtheid van 220 inwoners per km² land. Diehoofstad en grootste stad isMiddelburg. Die landNieu-Seeland is ná Zeeland genoem.