Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Yskor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
ArcellorMittal
TipeIndustriële staalvervaardiging
Gestig1928
Stigter(s)Hendrik van der Bijl
HoofkantoorPretoria, Suid-Afrika
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieStaalvervaardiging
ProdukteStaal en verwante produkte
InkomsteR45,2 miljaard (2018)[1]
Netto inkomsteR 1,3 miljaard (2018)[1]
BatesR28,5 miljaard (2018)[1]
Werknemers209 000 (2018)[1]
EienaarMittal Steel Company NV
SlagspreukTransforming Tomorrow
Webwerfhttps://arcelormittalsa.com/

Yskor, of dieSuid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk, is in1928 deurHendrik van der Bijl begin as 'n staatsorganisasie ingevolge die Yster- en Staalwet, Nr. 11 van 1928, met sy eerste werke inPretoria. Dit is gestig as 'n statutêre parastatale organisasie met die doelstelling omyster en 'n reeksstaalprodukte te vervaardig en werksgeleenthede te skep vir gemeenskappe wat naby sy bedrywighede is. Die eerste staal is op 4 April 1934 by die Pretoriawerke vervaardig. Die wêreld se behoefte aan staal en die plaaslike vervaardiging van talle benodigdhede het 'n skerp toename in die vraag na staal tot gevolg gehad wat die uitbreiding van die onderneming genoodsaak het.[2]

Vanderbijlpark staalwerke

Die plaatfabriek by Vanderbijlpark Works is in 1943 in gebruik geneem hoofsaaklik vir die vervaardiging van swaar plate vir skeepsherstelwerk en die vervaardiging van gepantserde voertuie vir die oorlogspoging van Suid-Afrika. Direk na die oorlog vroeg in 1947 het die maatskappy besluit om 'n volledig-geïntegreerde staalwerke inVanderbijlpark te bou. Yskor het in 1947 begin handel dryf.[2]

Die konstruksie van 'n geïntegreerde staalwerke inNewcastle het in 1971 begin. In November 1989 is Yskor geprivatiseer en Yskor Beperk-aandele is in dieSteel and Allied Sector van dieJohannesburgse aandelebeurs genoteer. Yskor het teen middel 1991 die staalafdeling van USCO (vandag Vereeniging Works) gekoop.[2]

'n Gesamentlike onderneming met dieIndustrial Development Corporation is in 1996 begin om die Saldanha-staalfabriek (Saldanha Steel Mill) te bou. Saldanha-Staal is in 1998 in gebruik geneem en produksie het in 1999 begin. In Desember 2001 is Yskor se staal- en myngroepe in twee afsonderlik genoteerde mynbou- en staalondernemings ontbondel, naamlikKumba Resources enYskor. Ten tyde van die ontbondeling het die myne wat deur Yskor ontwikkel is virsteenkool,sink en sekere industriële minerale wat in staalproduksie gebruik word, saam met sy twee ysterertsmyne sowel as sy swaarmineraalbelange deel geword van Kumba Resources. Einde 2002 het Yskor volle beheer oor die Saldanha-staalfabriek verkry.[2]

In Februarie 2003 het LNM Holdings beheer oor Yskor Beperk geneem deur 'n gedeeltelike uitkoop van R1,8 miljard en in Augustus 2004 is die maatskappy herdoop totIspat Iscor Limited.[2]

In Desember 2004 hetIspat International NV (die moedermaatskappy van Ispat Iscor)LNM Holdings NV verkry. Na die verkryging is die naam van die saamgesmelte maatskappy verander naMittal Steel Company NV. Ispat Iscor Limited het in Maart 2005 met die nuwe naamMittal Steel South Africa Limited begin handel dryf.[2]

Na die samesmelting tussen Mittal Steel en Arcelor, het Mittal Steel Suid-Afrika in Oktober 2006 onder die nuwe naam,ArcelorMittal South Africa, begin verhandel.[2]

Lees ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"ArcelorMittal Suid-Afrika > Beleggersverhoudinge > Finansiële jaarstate".ArcelorMittal South Africa (in Engels). 31 Desember 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2019. Besoek op18 Desember 2019.
  2. 2,02,12,22,32,42,52,6"Ons Geskiedenis".arcelormittalsa.com (in Engels). 20 Oktober 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2017. Besoek op18 Desember 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Yskor&oldid=2474493"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp