Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Yeoville

Koördinate:26°10′S28°3′O / 26.167°S 28.050°O /-26.167; 28.050
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Yeoville
Yeoville is in Gauteng
Yeoville
Yeoville
 Yeoville se ligging in Gauteng
Koördinate:26°10′S28°3′O / 26.167°S 28.050°O /-26.167; 28.050
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
Oppervlak
 • Totaal0,97 km2 (0,37 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal18 884
 • Digtheid19 468/km2 (50 420/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
 • Wit mense1.6%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense1.1%
 • Swart mense96.5%
 • Ander0.4%
Taal(2011)
 • Zoeloe29.1%
 • Engels21.2%
 • Ndebele15.1%
 • Xhosa4.5%
 • Ander30.0%
Toe dié straatplan van Johannesburg in 1897 uitgereik is, was die voorstad Yeoville net vyf jaar oud en die stad self sowat 11 jaar.

Yeoville is 'nvoorstad vanJohannesburg, in die provinsie vanGauteng,Suid-Afrika.

Yeoville is in 1892 (ses jaar ná die ontdekking vangoud) deur Thomas Yeo Sherwell, bestuurder van die City Deep-goudmyn wat vanYeovil in dieVerenigde Koninkryk gekom het, geproklameer. Nadat hy die gebied laat opmeet het, is die voorstad so ver uit die dorp geag dat op 'n vendusie om erwe te verkoop, niemand gebie het nie, en hy die erwe teen £1 stuks moes verkoop. Sherwood was een van die oorspronklike lede van die Goldfields Diggers' Committee, wat op8 November1886 gevorm is om as 'n dorpsbestuursraad op te tree.

Die voorstad is as 'n "sanatorium vir die rykes" geadverteer, waar die lug helder en skoon is omdat dit op 'n randjie is wat oor die destydse vuil, rokerige myndorp uitgekyk het. Die rykes van die tyd wou egter nie eiendom daar aangeskaf het nie. Die voorstad was aanvanklik wel die tuiste van ietwat meer gegoede inwoners, maar nadat die aangrensendeHoughton aangelê is, het dit ontwikkel as 'n meerklassige gebied wat armer mense en verskeie golwe van immigrante uit die buiteland gelok het.

In die laat 1980's en vroeë 1990's was dit 'n gewilde woonplek vir skrywers en kunstenaars, onder wieVictor Munnik,Koos Kombuis,Harry Kalmer,Theunis Engelbrecht enGys de Villiers. Al die jare was dit 'n oorwegend Engelse voorstad, soos blyk uit die getal munisipale kiesers in bepaalde jare: In 1934 was hier slegs 92 Afrikaanse kiesers en 2 709 Engelse, in 1949 194 en 3 917 en in 1961 473 en 4 738. Ten spyte van 'n skerp toename in die Afrikaanse kiesers, was hulle steeds tien keer minder as die Engelse kiesers.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • (en) Raper, Peter. 2004.New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978.Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Subplek Yeoville".Sensus 2011.


Hierdie artikel omtrent 'n plek inJohannesburg is slegs ’nsaadjie. Jy kan die Afrikaanse Wikipedia help deurdit uit te brei.

Voorstede vanJohannesburg
Streek A
Streek B
Albertskroon ·Albertville ·Albertsville ·Aldara Park ·Amalgam ·Auckland Park ·Berario ·Beverley Gardens ·Blackheath ·Blairgowrie ·Bordeaux ·Bosmont ·Brixton ·Bryanbrink ·Bryanston-Wes ·Claremont ·Coronationville ·Country Life Park ·Cowdray Park ·Craighall ·Craighall Park ·Cramerview ·Cresta ·Crown ·Daniel Brinkpark ·Darrenwood ·Dunkeld ·Dunkeld-Wes ·Emmarentia ·Ferndale ·Florida Glen ·Fontainebleau ·Forest Town ·Franklin Roosevelt Park ·Glenadrienne ·Gleniffer ·Greenside ·Greymont ·Hurlingham Gardens ·Hurst Hill ·Hyde Park ·Industria ·Jan Hofmeyr ·Kensington B ·Linden ·Longdale ·Lyme Park ·Malanshof ·Martindale ·Melville ·Mill Hill ·Montclare ·Montgomery Park ·Montroux ·New Brighton ·Newclare ·Newlands ·Northcliff ·Oerderpark ·Parkhurst ·Parkmore ·Parktown-Noord ·Parkview ·Praegville ·Presidentrif ·Randburg ·Randpark ·Randparkrif ·Richmond ·Risidale ·Riverlea ·Rossmore ·Rosebank ·Ruiterhof ·Sandhurst ·Solridge ·Sophiatown ·Strijdompark ·Vandia Grove ·Victory Park ·Vrededorp ·Waterval Estate ·Westbury ·Westcliff ·Westdene ·Willowild
Streek C
Streek D
Streek E
Abbotsford ·Alexandra ·Atholhurst ·Atholl ·Atholl Gardens ·Bagleyston ·Benmore Gardens ·Birdhaven ·Birnam ·Bramley ·Bramley-Noord ·Bramley Park ·Bruma ·Bryanston ·Cheltondale ·Chislehurston ·Cyrildene ·Dennehof ·Dewetshof ·Edenburg ·Elton Hill ·Epsom Downs ·Fairway ·Fairwood ·Fellside ·Forbesdale ·Fourways ·Gallo Manor ·Glenhazel ·Greenstone Hill ·Gresswold ·Hawkins Estate ·Highlands-Noord ·Houghton Estate ·Hurl Park ·Illovo ·Inanda ·Kentview ·Kew ·Killarney ·Klevehill Park ·Linksfield ·Littlefillan ·Lone Hill ·Lyndhurst ·Magaliessig ·Marlboro ·Marlboro Gardens ·Maryvale ·Melrose ·Melrose Estate ·Melrose-Noord ·Morningside ·Morningside Manor ·Mountain View ·Norwood ·Oaklands ·Orange Grove ·Orchards ·Parkwood ·Percelia Estate ·Petervale ·Raedene Estate ·Raumarais Park ·River Club ·Riviera ·Rivonia ·Rouxville, Johannesburg ·Sandown ·Sandton ·Savoy Estate ·Saxonwold ·Simba ·Strathavon ·Sunningdale ·Sunningdale Ridge ·Sunset Acres ·Sydenham ·Talboton ·The Gardens ·Victoria ·Waverley ·Wierda Valley ·Winston Ridge ·Woodlands ·Woodmead ·Wynberg
Streek F
Aeroton ·Alan Manor ·Alveda ·Bassonia ·Belgravia ·Bellevue ·Bellevue-Oos ·Benrose ·Berea ·Bertrams ·Bezuidenhoutsvallei ·Booysens ·Braamfontein ·City Deep ·City and Suburban ·Cleveden ·Denver ·Cleveland ·Cottesloe ·Crosby ·Crown Gardens ·Doornfontein ·Droste Park ·Elandspark ·Elcedes ·Electron ·Elladoone ·Evans Park ·Fairview ·Ferreirasdorp ·Fietas ·Fordsburg ·Forest Hill ·Framton ·George Goch ·Gillview ·Glenanda ·Glenesk ·Glenvista ·Haddon ·Heriotdale ·Highlands ·Hillbrow ·Homestead Park ·Houghton Estate (gedeelte) ·Jeppestown ·Johannesburg ·Joubertpark ·Judith's Paarl ·Kenilworth ·Kensington ·Kibler Park ·Klipriviersberg ·Klipriviersberg Estate ·Lakeview ·Langlaagte-Noord ·La Rochelle ·Liefde en Vrede ·Lindberg Park ·Linmeyer ·Lorentzville ·Malvern ·Marshalltown ·Mayfair ·Mayfair-Wes ·Mayfield Park ·Meredale ·Moffat View ·Mondeor ·Mulbarton ·Nasrec ·New Centre ·Newtown ·Nieu-Doornfontein ·Oakdene ·Observatory ·Ophirton ·Ormonde ·Paarlshoop ·Pageview ·Park Central ·Parktown ·Prolecon ·Randview ·Regents Park ·Reuven ·Rewlatch ·Reynolds View ·Ridgeway ·Riepenpark ·Risana ·Rispark ·Robertsham ·Roseacre ·Rosettenville ·Salisbury Claims ·Selby ·Southdale ·Southfork ·Southgate ·Spes Bona ·Springfield ·Stafford ·Steeledale ·Suideroord ·Suidheuwels ·Sunnyside ·The Gables ·The Hill ·Theta ·Towerby ·Townsview ·Troyeville ·Tulisa Park ·Turf Club ·Turffontein ·Unigray ·Village Deep ·Village Main ·Wanderers View ·Wemmer ·Westgate ·Wolhuter ·Yeoville
Streek G
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Yeoville&oldid=2742162"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp