Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Xenon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
54jodiumxenonsesium
Kr

Xe

Rn
Algemeen
Naam,simbool,getalxenon, Xe, 54
Chemiese reeksedelgasse
Groep,periode,blok18,5,p
Voorkomskleurloos
Atoommassa131.293(6) g/mol
Elektronkonfigurasie[Kr] 4d10 5s2 5p6
Elektrone perskil2, 8, 18, 18, 8
Fisiese eienskappe
Toestandgas
Digtheid(0 °C, 101.325 kPa)
5.894 g/L
Smeltpunt161.4K
(-111.7 °C)
Kookpunt165.03K
(-108.12 °C)
Kritieke punt289.77K, 5.841 MPa
Smeltingswarmte2.27kJ/mol
Verdampingswarmte12.64kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 20.786 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teenT/K8392103117137165
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurkubies vlakgesentreerd
Strukturbericht-kodeA1
Oksidasietoestande0, +1, +2, +4, +6, +8
(selde groter as 0)
(swaksuur oksied)
Elektronegatiwiteit2.6 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 1170.4kJ/mol
2de: 2046.4 kJ/mol
3de: 3099.4 kJ/mol
Atoomradius (ber.)108pm
Kovalente radius130pm
Van der Waals-radius216pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingnie-magneties
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 5.65 mW/(m·K)
Henry se konstante4,3 x 10-3 [L/mol.atm] 2050 [K][1]
Spoed van klank(vloeistof) 1090m/s
CAS-registernommer7440-63-3
Vernaamste isotope
Isotope van Xenon
isoNVhalfleeftydVMVE(MeV)VP
124Xe0.1%1.1×1017jε εno data124Te
125Xesin16.9hε1.652125I
126Xe0.09%Xe isstabiel met 72neutrone
127Xesin36.4dε0.662127I
128Xe1.91%Xe isstabiel met 74neutrone
129Xe26.4%Xe isstabiel met 75neutrone
130Xe4.1%Xe isstabiel met 76neutrone
131Xe21.29%Xe isstabiel met 77neutrone
132Xe26.9%Xe isstabiel met 78neutrone
133Xesin5.243dβ-0.427133Cs
134Xe10.4%Xe isstabiel met 80neutrone
135Xesin9.10hβ-1.16135Cs
136Xe8.9%2.36×1021jβ-no data136Ba
PortaalChemie

Xenon is 'nchemiese element in die periodieke tabel met die simboolXe en atoomgetal van 54. Dit is 'n swaar-, kleurlose-, reukloseedelgas wat in spoorhoeveelhede in die aarde se atmosfeer voorkom.[2] Alhoewel dit oor die algemeen nie reaktief is nie, kan xenon wel 'n paarchemiese reaksies ondergaan soos onder andere die vorming van xenon heksafluoroplatinaat, die eerste edelgasverbinding wat vervaardig is.[3][4]Xenon wat in die natuur voorkom bestaan uit nege stabiele isotope. Daar is meer as 40 onstabiele isotope wat radio-aktiewe verval ondergaan. Die isotoopverhoudings van xenon verskaf belangrike inligting in die studie van die vroeë geskiedenis van die sonnestelsel. Xenon-135 word vervaardig deur kernsplitsing en tree op as 'n neutronabsorbeerder in kernreaktore.

Xenon word gebruik in xenon flits- en booglampe en ook as 'n algemene verdowingsmiddel.[5] Die eerste opgewekte dimeerlaserontwerp hetxenon as 'ndimeermolekuul (Xe2) benut as aktiewe lasermedium en die eerstelaserontwerpe het ook xenon flitslampe gebruik as laserpompe. Xenon word ook gebruik in ondersoeke na hipotetiese swak interaksie massiewe deeltjies en as die aandryfmiddel vir ioonstuwers inruimtetuie.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Xenon is deurWilliam Ramsay enMorris Travers op die 21ste Julie 1898 inEngeland ontdek, kort na die ontdekking van die elementekripton enneon. Hulle het dit ontdek in die residu wat oorgebly het na die komponente van vloeibare lug afgedamp is.[6][7] Ramsay het die naamxenon vir die gas voorgestel vanuit die Griekse woordxenos wat vreemdeling of gas beteken.[8][9] In 1902 het Ramsay beraam dat die hoeveelheid xenon in die aarde se atmosfeer ongeveer 20 dele per miljoen is.[10]

Tydens die 1930's het die ingenieurHarold Edgerton ondersoeke gedoen nastroboskooptegnologie vir hoëspoedfotografie. Dit het gelei tot sy uitvinding van die xenon flitslamp waar die lig ontstaan wanneer 'n kortstondige elektriese stroom deur 'n buis wat met die gas gevul is gestuur word. In 1934 het Edgerton daarin geslaag om flitse so kort as een mikrosekonde te skep met die metode.[11][12]

In 1939 het Albert R. Behnke Jr. die oorsake van die "dronkheid" indiepseeduikers ondersoek. Hy het die uitwerking van verskeie gasmengsels op mense getoets en bevind dat dit duikers se persepsie van diepte beïnvloed het. Hieruit het hy afgelei dat xenon gebruik sou kon word as 'n verdowingsmiddel. Alhoewel Lazharev van Rusland klaarblyklik reeds in 1941 xenon as 'n moontlike verdowingsmiddel ondersoek het, is die eerste publikasie in dié verband in 1946 deur J.H. Lawrence gedoen wat eksperimente op muise uitgevoer het. Xenon is vir die eerste keer in snykundige narkose gebruik in 1951 deur Stuart C. Cullen wat twee suksesvolle operasies uitgevoer het daarmee.[13]

In 1960 het die fisikus John Reynolds ontdek dat sekeremeteoriete 'n buitengewoon groot hoeveelheid xenon-129 bevat het. Hy het daaruit afgelei dat dit 'nvervalproduk was van jodium-129. Hierdie isotoop het ontstaan deur die stadige werking van kosmiese straling en kernsplitsing en word slegs in groot hoeveelhede deur supernova ontploffings geskep. Aangesien die halfleeftyd van129I betreklik kort is op 'n kosmologiese skaal (16 miljoen jaar) het dit beteken dat 'n kort tyd verloop het vanaf die supernova ontplof het en die meteoriete gestol het en sodoende die129I isotoop vasgevang het. Daaruit is afgelei dat hierdie gebeure plaasgevind het tydens die vroeë geskiedenis van die sonnestelsel.[14][15]

Xenon en ander edelgasse is vir lank as geheel en al inerte stowwe beskou en daar is geglo dat hulle nie chemiese verbindings kon vorm nie.Neil Bartlett het egter ontdek dat Platinumheksafluoried (PtF6) 'n kragtige oksideermiddel was wat suurstofgas (O2) kon oksideer om dioksigeenheksafluoroplatinaat te vorm (O2+[PtF6]).[16] Aangesien O2 en xenon bykans dieselfdeionisasie potensiaal het, het Bartlett besef dat platinumheksafluoried ook moontlik gebruik sou kon word om xenon te oksideer. Op 23 Maart 1962 het hy die twee gasse gemeng en die eerste bekende verbinding van 'n edelgas gemaak naamlik xenonheksaflouroplatinaat.[17][18] Bartlett was aanvanklik onder die indruk dat die samestelling van die verbinding bestaan het uit Xe+[PtF6], latere werk het egter aangetoon dat dit waarskynlik 'n mengsel van verskeie xenonbevattende soute was.[19][20][21] Sedertdien is baie ander xenon verbindings ontdek,[22] en is verbindings van die edelgasseargon,kripton enradon geïdentifiseer, insluitende argon fluorohidried (HArF),[23] kriptondifluoried (KrF2),[24][25] en radonfluoried.[26]

Verspreiding

[wysig |wysig bron]

Xenon is 'n spoorelement in die aarde se atmosfeer en kom voor in konsentrasies van 0.087±0.001 dele per miljoen (μL/L) daarin voor,[27] en word ook aangetref in die gasse wat deur sommige mineraalbronne vrygestel word. Sommige radio-aktiewe spesies van xenon, byvoorbeeld133Xe en135Xe word geskep deur die neutronbestraling van splitsbare materiale in 'n kernreaktor.

Xenon word kommersieel vervaardig as 'n byproduk van die skeiding van lug insuurstof enstikstof. Na die skeiding wat gewoonlik deur fraksionele distillasie in 'n dubbelkolom aanleg gedoen word sal dievloeibare suurstof wat sodoende geproduseer word klein hoeveelhede kripton en xenon bevat. Deur verdere fraksionele distillasiestappe kan die suurstof verryk word om soveel as 0.1-0.2% kripton/xenon mengsel te bevat wat onttrek word met behulp van silika gel of deur distillasie. Die kripton/xenon mengsel kan dan uiteindelik deur distillasie geskei word omkripton en xenon afsonderlik te verkry.[28][29] Die onttrekking van 'n liter xenon vanuit die atmosfeer vereis 220 watt-uur se energie.[30]

Wêreldwye produksie van xenon in 1998 is beraam op 5 000–7 m3.[31] Vanweë sy skaarsheid relatief tot die ander ligter edelgasse is xenon duurder. Pryse in 1999 vir klein hoeveelhede van xenon was 10 /L vir xenon, 1 €/L vir kripton en 0.20 €/L vir neon.[31]

Xenon is relatief skaars in die son, opAarde en inasteroïede enkomete. Die atmosfeer van Mars toon 'n verspreiding soortgelyk aan die van die Aarde:0.08 dele per miljoen,[32] Mars het egter 'n hoër verhouding129Xe as die Aarde of die Son. Aangesien die isotoop die resultaat is vanradio-aktiewe verval is dit 'n aanduiding dat Mars die grootste deel van sy oeratmosfeer verloor het, moontlik binne die eerste 100 miljoen jaar nadat die planeet gevorm is.[33][34] In kontras daarmee het die planeetJupiter 'n ongewone hoë konsentrasie xenon is sy atmosfeer; ongeveer 2,6 keer meer as die Son.[35]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Sander.
  2. Staff (2007)."Xenon".Columbia Electronic Encyclopedia (in Engels) (6th uitg.). Columbia University Press.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2012. Besoek op23 Oktober 2007.
  3. Husted, Robert; Boorman, Mollie (15 Desember 2003)."Xenon" (in Engels). Los Alamos National Laboratory, Chemical Division.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2010. Besoek op26 September 2007.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Rabinovich, Viktor Abramovich; Vasserman, A. A.; Nedostup, V. I.; Veksler, L. S. (1988).Thermophysical properties of neon, argon, krypton, and xenon (English-language uitg.). Washington, DC: Hemisphere Publishing Corp.ISBN 0-19-521833-7.—National Standard Reference Data Service of the USSR. Volume 10.
  5. Sanders, Robert D.; Ma, Daqing; Maze, Mervyn (2005). "Xenon: elemental anaesthesia in clinical practice".British Medical Bulletin.71 (1):115–135.doi:10.1093/bmb/ldh034.PMID 15728132.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. W. Ramsay and M. W. Travers (1898). "On the extraction from air of the companions of argon, and neon".Report of the Meeting of the British Association for the Advancement of Science: 828.
  7. Gagnon, Steve."It's Elemental – Xenon" (in Engels). Thomas Jefferson National Accelerator Facility.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op16 Junie 2007.
  8. Anonymous (1904). Daniel Coit Gilman, Harry Thurston Peck, Frank Moore Colby (red.).The New International Encyclopædia. Dodd, Mead and Company. p. 906.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. Staff (1991).The Merriam-Webster New Book of Word Histories. Merriam-Webster, Inc. p. 513.ISBN 0-87779-603-3.
  10. Ramsay, William (1902)."An Attempt to Estimate the Relative Amounts of Krypton and of Xenon in Atmospheric Air".Proceedings of the Royal Society of London.71:421–426.doi:10.1098/rspl.1902.0121. Besoek op2 Oktober 2007.
  11. Anonymous."History" (in Engels). Millisecond Cinematography. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op7 November 2007.
  12. Paschotta, Rüdiger (1 November 2007)."Lamp-pumped lasers".Encyclopedia of Laser Physics and Technology (in Engels). RP Photonics.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op7 November 2007.
  13. Marx, Thomas; Schmidt, Michael; Schirmer, Uwe; Reinelt, Helmut (2000)."Xenon anesthesia"(PDF).Journal of the Royal Society of Medicine.93:513–517.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  14. Clayton, Donald D. (1983).Principles of Stellar Evolution and Nucleosynthesis (2nd uitg.). University of Chicago Press. p. 75.ISBN 0-226-10953-4.
  15. Bolt, B. A.; Packard, R. E.; Price, P. B. (2007)."John H. Reynolds, Physics: Berkeley". The University of California, Berkeley.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  16. Neil Bartlett and D. H. Lohmann (1 Maart 1962). "Dioxygenyl hexafluoroplatinate (V), O2+[PtF6]".Proceedings of the Chemical Society (3). London: Chemical Society: 115.doi:10.1039/PS9620000097.
  17. Bartlett, N. (Junie 1962). "Xenon hexafluoroplatinate (V) Xe+[PtF6]".Proceedings of the Chemical Society (6). London: Chemical Society: 218.doi:10.1039/PS9620000197.
  18. Freemantel, Michael (25 Augustus 2003)."Chemistry at its Most Beautiful"(PDF). Chemical & Engineering News. Besoek op13 September 2007.
  19. Graham, L.; Graudejus, O., Jha N.K., and Bartlett, N. (2000). "Concerning the nature of XePtF6".Coordination Chemistry Reviews.197:321–334.doi:10.1016/S0010-8545(99)00190-3.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  20. p. 392, § 11.4,Inorganic Chemistry, translated by Mary Eagleson and William Brewer, edited by Bernhard J. Aylett, San Diego: Academic Press, 2001,ISBN 0-12-352651-5; translation ofLehrbuch der Anorganischen Chemie, originally founded by A. F. Holleman, continued by Egon Wiberg, edited by Nils Wiberg, Berlin: de Gruyter, 1995, 34th edition,ISBN 3-11-012641-9.
  21. Steel, Joanna (2007)."Biography of Neil Bartlett" (in Engels). College of Chemistry, University of California, Berkeley. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 12 Junie 2008. Besoek op25 Oktober 2007.
  22. Bartlett, Neil (8 September 2003)."The Noble Gases".Chemical & Engineering News.81 (36). American Chemical Society. Besoek op1 Oktober 2007.
  23. Khriachtchev, Leonid; Pettersson, Mika; Runeberg, Nino; Lundell, Jan; Räsänen, Markku (24 Augustus 2000)."A stable argon compound".Nature.406:874–876.doi:10.1038/35022551.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  24. Lynch, C. T.; Summitt, R.; Sliker, A. (1980).CRC Handbook of Materials Science. CRC Press.ISBN 0-87819-231-X.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  25. D. R. MacKenzie (20 September 1963). "Krypton Difluoride: Preparation and Handling".Science.141 (3586): 1171.doi:10.1126/science.141.3586.1171.PMID 17751791.
  26. Paul R. Fields, Lawrence Stein, and Moshe H. Zirin (1962). "Radon Fluoride".Journal of the American Chemical Society.84 (21):4164–4165.doi:10.1021/ja00880a048.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  27. Hwang, Shuen-Cheng; Lein, Robert D.; Morgan, Daniel A. (2005). "Noble Gases".Kirk-Othmer Encyclopedia of Chemical Technology (5th uitg.). Wiley.doi:10.1002/0471238961.0701190508230114.a01.ISBN 0-471-48511-X.
  28. Kerry, Frank G. (2007).Industrial Gas Handbook: Gas Separation and Purification. CRC Press. pp. 101–103.ISBN 0-8493-9005-2.
  29. "Xenon – Xe" (in Engels). CFC StarTec LLC. 10 Augustus 1998.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
  30. Singh, Sanjay (15 Mei 2005)."Xenon: A modern anaesthetic". Indian Express Newspapers Limited. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 13 Augustus 2007. Besoek op10 Oktober 2007.
  31. 31,031,1Häussinger, Peter; Glatthaar, Reinhard; Rhode, Wilhelm; Kick, Helmut; Benkmann, Christian (2001). "Noble Gases".Ullmann's Encyclopedia of Industrial Chemistry (6th uitg.). Wiley.doi:10.1002/14356007.a17_485.ISBN 3-527-20165-3.
  32. Williams, David R. (1 September 2004)."Mars Fact Sheet" (in Engels). NASA.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op10 Oktober 2007.
  33. Schilling, James."Why is the Martian atmosphere so thin and mainly carbon dioxide?". Mars Global Circulation Model Group. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 Augustus 2011. Besoek op10 Oktober 2007.
  34. Zahnle, Kevin J. (1993)."Xenological constraints on the impact erosion of the early Martian atmosphere".Journal of Geophysical Research.98 (E6): 10,899–10, 913.doi:10.1029/92JE02941. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 19 April 2011. Besoek op18 September 2008.
  35. Mahaffy, P. R.; Niemann, H. B.; Alpert, A.; Atreya, S. K.; Demick, J.; Donahue, T. M.; Harpold, D. N.; Owen, T. C. (2000)."Noble gas abundance and isotope ratios in the atmosphere of Jupiter from the Galileo Probe Mass Spectrometer".Journal of Geophysical Research.105 (E6):15061–15072.doi:10.1029/1999JE001224.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metXenon.


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend


Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Xenon&oldid=2507754"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp