Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

XHTML

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Voorbeeld van XHTML.

XHTML (Engelse afkorting vireXtensible HyperText Markup Language) is 'n taal wat die struktuur van dokumente spesifiseer. XHTML word veral vir die stoor en oordrag vanwebblaaie op dieWêreldwye Web gebruik.

HTML is voor die koms vanHTML5 op dieSGML-standaard gebaseer. XHTML kan dieselfde inligting as HTML enkodeer, maar is op die strengerXML-standaard gebasser. As gevolg van die lakse aard van HTML, was daar onduidelikheid en inkonsekwenthede rakende die hantering van foute in 'n HTML-dokument. XHTML was 'n poging om hierdie die hoof te bied, en om sommige van die voordele van XML-tegnologieë te ontsluit vir die web. Voorbeelde van voordele wat spruit uit die gebruik van XML sluit in:

  • Die gebruik van naamruimtes. Gevolglik kan ander XML-standaarde se inligting maklik ingebed word, bv.SVG enMathML.
  • Die gebruik van 'n gewone XML-ontleder wat beter gespesifiseerde gedrag het wanneer foute teëgekom word.
  • Die moontlikheid om ander XML-sagteware en -tegnologieë te kan gebruik, bv. vir redigering, omskakeling, validering, ens.

Met die koms van HTML5 is 'n klomp van die onduidelikhede in die ontleding van HTML-dokumente egter duideliker gespesifiseer.

Verskille

[wysig |wysig bron]

Sommige verskille word hier uitgebeeld:

In XML (en gevolglik XHTML) moet alle etikette gesluit word. Die HTML-kode vir 'n lynbreuk (line break) is:

<br>

Die regte XHTML-kode is:

<br/>

Verduideliking: Die lynbreuk-etiket in die HTML-voorbeeld is nie afgesluit nie. Die reël in XHTML is dat etikette wat nie afgesluit word nie hulself moet afsluit. Hierdie etikette word leë etikette genoem. Nog 'n leë etiket is<hr /> wat 'n horisontale lyn vertoon.

Verder is XML (en gevolglik XHTML) kassensitief, d.w.s. dat die gebruik van hoofletters en kleinletters by etikette en attribute nie uitruilbaar is nie.

Sommige attribute in HTML kan afgekort word sonder dat 'n waarde gespesifiseer word. Só word 'nverstekwaarde toegeken. In HTML kan hierdie kode dui op 'n inskrywing in 'n keuselys wat die verstekkeuse is:

<optionselected>

In XHTML moet die attribuutwaarde eksplisiet gespesifiseer word:

<optionselected="selected">


Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metXHTML.

Spesifikasies

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=XHTML&oldid=2467104"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp