X-Men |
---|

Die logo van die strokiesreeks X-Men. |
Uitgewer | Marvel Comics |
---|
1ste uitgawe | The X-Men #1 September 1963 |
---|
Hoofkwartier | New York |
---|
Skeppers | Stan Lee Jack Kirby |
---|
DieX-Men is 'n superheldspan instrokiesprentverhale vanMarvel Comics. Hulle is geskep deur die kunstenaar Jack Kirby en skrywerStan Lee, en het die eerste keer verskyn inThe X-Men #1 (September 1963).[1] Hoewel die reeks in 1970 gekanselleer is weens lae verkope, is dit in 1975 vernuwe en het dit onder die skrywer Chris Claremont een van die suksesvolste en bes herkenbare franchises van Marvel Comics geword.[2]
Die X-Men-span het in verskeieboeke,televisiereekse,rolprente envideospeletjies verskyn. Die naamX-Men kan dui op die span, die reeks of die groter franchise, wat verskeie titels insluit soos New Mutants, Excalibur en X-Force.
Mutante in die Marvel Universe is mense wat met 'ngenetiese eienskap gebore word wat die X-geen genoem word. Dit gee hulle supermenslike karaktertrekke, wat gewoonlik in hullepuberteitsjare na vore kom. Omdat hulle van ander mense verskil, word mutante onderwerp aan vooroordeel endiskriminasie; baie X-Men-stories bevat sosiale kommentaar oor onverdraagsaamheid, geregtigheid en ander politieke temas.
Die X-Men kom teen 'n verskeidenheid vyande te staan, onder andere gemene mutante, menslike bekrompenes, superskurke, misterieuse bedreigings,buiteaardse wesens en kwaadaardigekunsmatige intelligensies. Hulle word meestal aangevoer deur hulle stigter,Charles "Professor X" Xavier, 'n kragtigetelepaat wat 'n skool vir mutantekinders uit sy huis inNew York bedryf. In die geheim is dit ook die hoofkwartier van die X-Men. Hulle stories sluit dikwels die karakterMagneto in – dié is 'n kragtige mutant met beheer oormagneetvelde; hy word uitgebeeld as 'n ou vriend en later vyand van Xavier, wat afwisselend 'n teenstander en bondgenoot is.
Die X-Men-span se voorkoms het deur die jare baie verander en die oorspronklike span het in verskeie nuwe spanne versplinter.
Die oorspronklike span sluit karakters in soosCyclops,Jean Grey, Beast, Angel, Iceman en Professor X. Latere spanne sluit aanhangersgunstelinge en gereelde lede in soosWolverine, Storm, Colossus,Nightcrawler, Rogue, Kitty Pryde, Jubilee, Domino, Gambit, Emma Frost, Psylocke, Dazzler, Polaris, Forge en ander.
Die X-Men het talle vyande waarmee hulle gereeld bots. Die algemeenste een is Professor X se ou vriend Magneto.
Ander vyande sluit in Mystique, Emma Frost, Apocalypse, Mister Sinister, Sentinels, die Brotherhood of Evil Mutants en die Hellfire Club. Hulle beveg ook dikwels rassisme en diskriminasie deur mense.