Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wouter Wessels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wouter Wessels
Wouter Wessels

Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Desember 2017

Ampstermyn
21 Mei 2014 – 2017

Persoonlike besonderhede
GeboreWouter Wynand Wessels
18 Maart 1985 (1985-03-18) (40 jaar oud)
Politieke partyVryheidsfront Plus
Alma materUniversiteit van die Vrystaat

Wouter Wynand Wessels (gebore 18 Maart 1985) is 'nSuid-Afrikaanse politikus wat dieVryheidsfront Plus in dieNasionale Vergadering (parlement) verteenwoordig. Wessels het die voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, dr.Pieter Mulder, se setel in die parlement oorgeneem na Mulder se uittrede.[1] Wessels was tussen 2009 en 2014 werksaam as Mulder se persoonlike sekretaris.[1] Wessels was getroud met Tammy Wessels, wat ook 'n lid van dieNasionale Vergadering is, waar sy die Vryheidsfront Plus verteenwoordig.[2]

Vroeë lewe

[wysig |wysig bron]

Wessels word groot inOos-Londen in dieOos-Kaap,Suid-Afrika en matrikuleer aan dieHoërskool Grens. Hy studeer aan dieUniversiteit van die Vrystaat, waar hy sy politieke loopbaan begin deur as kampusleier van dieVryheidsfront Plus te dien.[1]

Loopbaan

[wysig |wysig bron]

Wessels sluit na sy universiteitstudie by die Vryheidsfront Plus as werknemer aan.[1] Hy dien tussen 2009 en 2014 as privaatsekretaris vir partyleierPieter Mulder, toe Mulder adjunkminister in diekabinet van Jacob Zuma was.[1]

Politieke standpunte

[wysig |wysig bron]

Wessels is ten gunste van moedertaalonderrig en is gekant teenregstellende aksie.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,31,41,5"Wouter Wessels wil met integriteit ʼn verskil maak".Maroela Media. 27 Februarie 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op29 Augustus 2018.
  2. "Wouter Wessels MP and his spouse robbed at their home".politicsweb (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op29 Augustus 2018.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Huidige lede van dieNasionale Vergadering van Suid-Afrika volgens party
ANC
DA
MK
EFF
IVP
PA
VF+
ActionSA
ACDP
UDM
RISE Mzansi
BOSA
ATM
Al Jama-ah
NCC
PAC
UAT
GOOD
Partyleiers inkursief
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wouter_Wessels&oldid=2646480"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp