Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wêreldhandelsentrum

Koördinate:40°42′42″N74°0′45″W / 40.71167°N 74.01250°W /40.71167; -74.01250
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafWorld Trade Center)

40°42′42″N74°0′45″W / 40.71167°N 74.01250°W /40.71167; -74.01250

Hierdie artikel handel oor die voormalige Wêreldhandelsentrum in New York.
Die destydse Wêreldhandelsentrum

DieWêreldhandelsentrum (Engels:World Trade Center) was 'n kompleks bestaande uit sewe geboue inNew York, wat deur die Amerikaanse argitekMinoru Yamasaki ontwerp is. Dit is onder leiding vanLarry Silverstein van die Haweowerheid van New York en New Jersey, rondom 'n sentrale plaza aan die suidekant vanManhattan in die hartjie van die finansiële distrik opgerig. Die kompleks was meestal bekend vanweë sy indrukwekkende Tweelingtorings met 110 verdiepings elk. Die geboue het 'n bomaanval op26 Februarie1993 oorleef. Al die geboue in die kompleks is egter met dieterroriste-aanval op11 September2001 vernietig. Twee (die Tweelingtorings, geboue 1 en 2) het ineengestort en die ander (3, 4, 5, 6) is tydens die aanval onherstelbaar beskadig. Gebou 7 van die Wêreldhandelsentrum het ook ineengestort.

Oorsig

[wysig |wysig bron]
Die Tweelingtorings soos hulle in Julie 2001 daar uitgesien het

Die torings van die kompleks is deur die Amerikaanse argitek van Japannese afkoms, Minoru Yamasaki, in samewerking met Antonio Brittiochi ontwerp, en was een van die treffendste toepassings van die argitektoniese etiek vanLe Corbusier asook 'n uitdrukking van Yamasaki se goties-modernistiese neigings. Die Wêreldhandelsentrum is in die vroeë 1970's onder leiding van die semi-onafhanklike Haweowerheid van New York en New Jersey opgerig.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wêreldhandelsentrum&oldid=2715461"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp