Dietweetalige woordeboek ofvertalende woordeboek is die oudste soort woordeboek. Hierdie woordeboeke het ten doel om die betekenis van woorde van 'n vreemde taal in 'n taal weer te gee wat die raadpleger verstaan. Reeds in diemiddeleeue het daar al vele woordeboeke bestaan wat min of meer soos woordelyste opgestel is en ten doel gehad het om menseLatyn te leer. Sedert die einde van die middeleeue het daar ook woordeboeke vir moderne vreemde tale soosFrans enHoogduits verskyn. Daar is gewoonlik twee dele in sulke woordeboeke: een deel vir die vertalingvanuit die vreemde taal en een deel vir vertalingin die vreemde taal.Gelykmatig
Dieverklarende woordeboek is tans ongetwyfeld die mees geraadpleegde woordeboeksoort. Hierin word 'n groot aantal woorde van die moedertaal van die samesteller aangetref, en die betekenis van elke woord word in dieselfde taal omskryf. Die bekendste Afrikaanse verklarende woordeboek is dieHandwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Woordeboeke in die biblioteek van dieAccademia della Crusca teFlorence, een van die oudste taalkundige verenigings ter wêreld
Dieveldgespesialiseerde woordeboek ofvakwoordeboek gee nie die woordeskat van 'n taal weer nie, maar slegs die vaktaal van 'n bepaalde groep mense, gewoonlik mense wat dieselfde vak beoefen. Daar bestaan beide verklarende woordeboeke en vertalende woordeboeke in hierdie kategorie.