Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wit beweging

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wit vroue-offisiere laat in 1917.

DieWit beweging (Russies: Бѣлое движеніе / Белое движение,Beloje dvizjenije), ook bekend as dieWittes (Бѣлые / Белые,Belije), was 'n losse konfederasie van anitikommunistiese magte wat in dieRussiese Burgeroorlog (1917-1922/'23) geveg het teen die kommunistieseBolsjewiste, ook bekend as die "Rooies". Hulle het in 'n mindere mate bly werk as gemilitariseerde verenigings van opstandelinge beide binne en buite Russiese grense inSiberië tot min of meer met dieTweede Wêreldoorlog (1939-'45). Die beweging se militêre arm was dieWit Leër (Бѣлая Армія / Белая Армия,Belaja Armija).

Tydens die Russiese Burgeroorlog het die Wit beweging gedien as 'n oorkoepelende politieke beweging wat 'n verskeidenheid politieke opinies in Rusland verteenwoordig het wat verenig was in hulle teenstand teen die kommunistiese Bolsjewiste – van die liberale wat 'nrepubliek wou hê en Kerenskiïstiese sosiaal-demokrate aan die linkse front tot die monargiste en ondersteuners van 'n verenige multinasionale Rusland tot die ultranasionalistieseSwart Honderde aan die regse front.

Ná die militêre neerlaag van die Wittes het oorblyfsels en voortsettings van die beweging in verskeie organisasies agtergebly, sommige met min steun, tot ná die val van dieEuropese kommunistiese state in dieOos-Europese rewolusies van 1989 en die daaropvolgende verbrokkeling van dieSowjetunie in 1990-'91. Dié antikommuniste in die buiteland was dikwels verdeel tussen liberale en konserwatiewer segmente, met sommige wie se hoop nog gevestig was op die herstel van dieHuis van Romanof. Twee aanspraakmakers op die leë troon het tydens die burgeroorlog hulle verskyning gemaak:groothertog Kirill Wladimirowitsj engroothertog Nikolaas Nikolajewitsj.

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wit_beweging&oldid=2464427"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp