Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wisconsin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Deelstaat Wisconsin
altalt
Vlag van WisconsinSeël
Bynaam(e):Badger State
alt
Kaart van die Verenigde State met Wisconsin uitgelig
Amptelike taal(e)Geen
HoofstadMadison
Grootste stadMilwaukee
Area 23ste in die V.S.
 - Totaal169 639 km2
 - Wydte420 km
 - Lengte500 km
 - Water28 006 km2
 - % water17 %
 - Breedtegraad42°30'N tot 47°03'N
 - Lengtegraad86°49'W tot 92°54'W
Bevolking 20ste in die V.S.
 - Totaal5 893 718
 - Digtheid33,49/km2
27ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntTimmsheuwel
595 m
 - Gemiddeld320 m
 - Laagste puntMichiganmeer
77 m
Toetrede tot die Unie 29 Mei1848 (30ste)
GoewerneurScott Walker (R)
Luitenant-GoewerneurRebecca Kleefisch (R)
WetgewerTweekamerparlement
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreRon Johnson (R)
Tammy Baldwin (D)
TydsoneUTC -6 /Somertyd -5
AfkortingsWIUS-WI
Webbladwww.wisconsin.gov

Wisconsin [wᵻˈskɒnsᵻn] is 'ndeelstaat in die noordelike Midweste van dieVerenigde State met 'n oppervlak van 169 790 vierkante kilometer (wat 'n gedeelte van dieMichiganmeer insluit) en 'n bevolking van sowat 5,8 miljoen. Diehoofstad isMadison, die grootste nedersettingMilwaukee.

Wisconsin se naam is aan die Ojibwe-taal ontleen en beteken "vergadering van die waters". Daar is altesaam meer as 15 000 kleiner mere in die deelstaat, terwyl waterliggame ook natuurlike grenslyne vorm. Die deelstaat word in die noorde deur die westelike deel van dieBowemeer (Lake Superior) en die Opper-Skiereiland vanMichigan, in die ooste deur die Michiganmeer, in die suide deurIllinois en in die weste en suidweste deurMinnesota enIowa begrens, waarby dieMississippirivier die grenslyn tussen dié twee deelstate en Wisconsin vorm.

Wisconsin bevat 'n verskeidenheid landskapsvorme, waaronder die Door-skiereiland tussen die Michiganmeer en Green Bay en een van die grootste konsentrasies van mere in sy noordelike gedeelte. Sowat 45 persent van die oppervlakte word deur bosgebiede beslaan. Wisconsin het lank reeds tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel.

Die vlae van Indiaanse stamme, wat amptelik erken word, word in Wisconsin se Staatskapitool in Madison vertoon
'n Tipiese plaas in Wisconsin

Wisconsin is oorspronklik deur die Adena-Indiane (wat ook asMound Builders - "Hoopbouers" - bekend staan) bewoon, maar later het ook 'n aantal ander stamme soos byvoorbeeld die Ojibwe, Menominee en Winnebago hulle in die gebied gevestig. Die Franseontdekkingsreisiger Jean Nicolet het Wisconsin in 1634 bereik, en in 1717 is die eerste permanente Europese nedersetting gestig. Wisconsin was tot 1763 'n Franse besitting en is daarna as gevolg van Frankryk se neerlaag in die Franse en Indiaanse Oorlog aan Groot-Brittanje afgestaan. Ná dieAmerikaanse Rewolusie het Wisconsin Amerikaans geword.

Die Eerste Nasies in Wisconsin is as gevolg van 'n groot toestroom Amerikaanse setlaars onteien en uit hulle tradisionele stamgebiede verdryf. DieWisconsin Territory is in 1836 amptelik afgebaken en in 1848 as die 30ste deelstaat tot die Unie toegelaat.

Groot getalle Duitse, Skandinawiese en Poolse setlaars, wat hulle vervolgens hier gevestig het, het liberale gedagtes saamgebring. Omtrent 1900 het Wisconsin die bakermat van Amerika se Progressiewe Beweging geword en 'n leidende rol ten opsigte van sy sosiale hervormings gespeel. Die deelstaat het in die VSA die voortou geneem met die instelling van arbeidswetgewing ten opsigte van vroulike werknemers en die regulering vankinderarbeid, asook maatskaplike bystand aan bejaardes, gestremdes en werkloses.[1]

Vandag maak Wisconsin se melkboerderye met meer as vyf miljoen melkkoeie van die deelstaat een van die belangrikste suiwelprodusente in die VSA wat veral groot hoeveelhedemelk,botter enkaas oplewer en derhalwe die bynaamDairyland gekry het. Sy belangrikste nywerhede is langs dieGroot Mere gekonsentreer. Wisconsin se seehawens hanteer 'n groot deel van die Groot Mere se binnelandse vragvervoer.

Stede

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. The Rough Guide to The USA. 11de uitgawe. London: Rough Guides 2014, bl. 296

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Toerisme

Geskiedenis


Vlag van die Verenigde StateVerenigde State van AmerikaSeël van die Verenigde State
DeelstateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wisconsin&oldid=2464451"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp