'n Park wat in die winter met sneeu bedek is.Kat op die koue sneeu.
Winter is een van die vier seisoene waarin diejaar verdeel word. Winter volg naherfs en kom voor dielente. Dit is die koudste tyd van die jaar. Gedurende die wintermaande is diedae korter en dienagte langer (dit word vroeg donker).
Astronomies gesproke begin die winter egter met diewintersonstilstand. In die Suidelike Halfrond vind die wintersonstilstand gewoonlik op 21 of 22 Junie plaas. In die Noordelike Halfrond vind dit gewoonlik op 21 of 22 Desember plaas.
Winter word met sneeu, ryp en snerpende koue geassosieer. Mense trek warmer aan en bly eerder binnenshuis om warm te bly. Sekere sportsoorte, soosski, kan net in die winter beoefen word.
Bladwisselende plante verloor hulleblare in die herfs en het dus geen blare in die winter nie. Sommigediere (soosbere) hiberneer gedurende die winter, terwyl ander (soos sommigehase enjakkalse) 'n dik pels ontwikkel om hulle teen die koue te beskerm.