Windhoek (Duits:Windhuk,luister(hulp·inligting);Engels:Windhoek, [wɪndhʊk];Herero:Otjomuise, letterlik: "plek van stoom";Nama:ǀAi-ǁGams) is die sentraalgeleëhoofstad vanNamibië en lê in dieKhomasstreek. Die stad is ongeveer 1 655 m boseespieël. Dit beslaan 'n oppervlakte van 5 124 km² en volgens die 2023-sensus het dit 'n bevolking van 486 169 gehad.[1]
Windhoek se stadsentrum met dieChristuskerk gesien vanaf die Onafhanklikheidsgedenkmuseum
Die stad het ontstaan by die plek van 'n permanente warmwaterbron wat bekend was aan die plaaslike herderstamme. Dit het spoedig ontwikkel nadatJonker Afrikaner,kaptein van dieOorlam, hom daar gevestig en 'n steenkerk vir sy gemeenskap opgerig het. In die daaropvolgende dekades het talle oorloë en gewapende vyandelikhede gelei tot die verwaarlosing en vernietiging van die nuwe nedersetting. In 1890 is Windhoek herstig deur die Keiserlike Duitse leër-majoorCurt von François, toe die gebied deur dieDuitse Keiserryk gekoloniseer is en dit die hoofstad vanDuits-Suidwes-Afrika geword het. Tussen 1920 en 1990 was die stad die administratiewe sentrum vanSuidwes-Afrika in dieUnie van Suid-Afrika en is sedert die onafhanklikheidwording van Namibië op 21 Maart 1990 die hoofstad.
Die stad is geleë in die Windhoek-bekken, naby die land se geografiese middelpunt, omsluit deur dieErosberge in die noordooste, dieAuasberge in die suide en dieKhomashoogland in die weste. Met sowat 20% van die Namibiese totale bevolking is Windhoek verreweg die belangrikste ekonomiese sentrum van die land en ook die sentrale knooppunt in die Namibiese vervoerstelsel. Byna al die Namibiese of in Namibië aktiewe maatskappye het hul hoofkantoor in Windhoek, wat ook 'n voortgesette immigrasie uit ander dele van die land tot gevolg het en op sy beurt Windhoek se sentrale posisie verder onderstreep. Vandag is Windhoek 'n moderne stad wat Duitse en Afrika-invloede meng.
Aan die begin van die Duitse koloniale bewind is die skryfwysesWindhuk enWindhoek ewe gebruik. DeurTheodor Leutwein se regeringsbevel wat op 14 Mei 1903 in werking getree het, hetWindhuk die enigste amptelike naam geword. Ná die Suid-Afrikaanse verowering is die amptelike naam in 1918 naWindhoek verander, terwyl Duits een van die ampstale gebly het. In die Duitse taalgebruik buite Namibië word steeds die skryfwyseWindhuk gebruik en ook amptelik deur die Duitse Buitelandse Kantoor gebruik.[4]
Windhoek aan die einde van die 19de eeuWindhoek tydens die Duitse koloniale tyd, voor 1908Seëls vir dieDuits-Suidwes-Afrika geposmerkWindhukDieChristuskerk en Ruiterstandbeeld in Windhoek dateer uit die Duitse koloniale tydperk, maar die gedenkteken is einde 2013 verwyder[5]
Die gebied rondom Windhoek is reeds sedert etlike duisende jare deur dieSan bevolk.[6] In 1840 hetJonker Afrikaner 'nOorlam-nedersetting by Windhoek gestig.[7] Sy en sy volgelinge het naby een van die hoofwarmwaterbronne gebly, geleë in die huidige voorstadKlein Windhoek.[8] Hy het 'n steenkerk opgerig met plek vir sowat 500 mense; dit is ook as 'n skool gebruik. TweeRynsesendelinge,Carl Hugo Hahn enFranz Heinrich Kleinschmidt, het laat in 1842 daar begin werk. Twee jaar later is hulle verdryf deur twee Metodiste, Richard Haddy en Joseph Tindall.[9][10] Tuine is aangelê en Windhoek het vir 'n rukkie floreer. 'n Reeks oorloë tussen dieNamas enHerero's het uiteindelik die nedersetting verwoes. Ná 'n lang afwesigheid het Hahn in 1873 Windhoek weer besoek en hy was ontsteld van die feit dat niks van die stad se voormalige welvaart oorgebly het nie. In Junie 1885 het 'nSwitserseplantkundige slegsjakkalse en verhongerdetarentale tussen verwaarloosde vrugtebome gevind.[11]
In 1878 het dieVerenigde Koninkryk die langs die kus geleëWalvisbaai saam met diePikkewyn-eilande geannekseer en hulle in 1884 by dieKaapkolonie ingelyf, maar nie belanggestel in die hinterland nie. 'n Versoek deur handelaars uitLüderitzbaai het gelei tot die 1884-verklaring, waarin 'n Duitseprotektoraat oor die latere Duits-Suidwes-Afrika (Deutsch-Südwestafrika) afgekondig is, die huidige Namibië. In 1890 is die Duitse kolonie se grense bepaal en dieDuitse Keiserryk het 'n beskermkorps, dieSchutztruppe onder majoorCurt von François, ontplooi om orde te handhaaf.[12] Von François het sygarnisoen gestasioneer in Windhoek wat strategies geleë was in 'n buffer tussen die strydende Namas en Herero's.[13] Die twaalf sterk fonteine het water voorsien vir die verbouing van produkte en graan.
Die koloniale Windhoek is gestig op 18 Oktober 1890, toe Von François die fondamentsteen aan die fort aangebring het, nou bekend as dieAlte Feste (Ou Fort).[14][15] Ná 1907 het die ontwikkeling versnel nadat inheemse mense van die platteland hulle in die groeiende stad gevestig het op soek na werk. Meer en meer Europese setlaars het uit Duitsland en Suid-Afrika aangekom. Besighede is opgerig langs die Kaiserstraße (nou die Onafhanklikheidslaan) en langs die dominante bergrug oor die stad. Teen hierdie tyd is ook Windhoek se drie kastele,Heinitzburg,Sanderburg enSchwerinsburg, deurWilhelm Sander gebou. Die Duitse koloniale owerheid het baie geld aan die ontwikkeling van die stad bestee en vandag huisves dit steeds pragtige geboue uit die Duitse koloniale tydperk soos dieChristuskerk en dieTintenpalast (letterlik "Inkpaleis"). Die Duitse atmosfeer, vermeng met talle ander kulturele elemente, leef tot vandag toe voort en dit is vandag die tuiste van die enigste Duitsedagblad in Afrika, dieAllgemeine Zeitung en 'n groot Duitse privaatskool, die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS).
Suid-Afrikaanse administrasie ná die Eerste Wêreldoorlog
Ná dieEerste Wêreldoorlog in 1918 het die Duitse koloniale bewind in Duits-Suidwes-Afrika tot 'n einde gekom, nadat dit saam met Windhoek tydens die Suidwes-Afrika-veldtog reeds in 1915 deur dieUnie van Suid-Afrika verower is.[16] Tot en met die einde van die oorlog is die stad geadministreer deur 'n Suid-Afrikaanse militêre regering, waarvolgens geen verdere ontwikkeling plaasgevind het nie.[17] In 1920 is die gebied luidens dieVerdrag van Versailles as 'nVolkebondmandaat onder Suid-Afrikaanse beheer geplaas.[18]
Ná dieTweede Wêreldoorlog was meer kapital beskikbaar om die gebied se ekonomie te verbeter. Ná 1955 is groot openbare projekte aangepak soos die oprigting van nuwe skole en hospitale, die teer van die stad se paaie ('n projek wat in 1928 met die Kaiserstraße begin is) en die bou van damme en pyplyne om die watertoevoer te stabiliseer.[11] In 1958 het die stad die wêreld se eerste drinkwaterbehandelingsaanleg in gebruik geneem, wat rioolwater herwin en dit direk in die stad se watervoorsiening gelei het.[19] Op 1 Oktober 1966 het die destydse administrateur van Suidwes-Afrika aan Windhoek die gebruik van 'n wapen toegestaan, wat op 2 Oktober 1970 by dieBuro vir Heraldiek geregistreer is. Oorspronklik was 'n gestileerdeaalwyn die hoofembleem, maar dit is op 15 September 1972 in 'n natuurlike aalwyn verander (Mopanie-aalwyn). Dit word beskryf as "'n Windhoekse aalwyn met 'n tros van drie blomme op 'n eiland. Helmteken: 'n Muurkroon in heraldiese goud. Leuse:SUUM CUIQUE ("Ieder sy eie")".[20]
Op 18 Oktober 1965, ter geleentheid van Windhoek se 75ste herstigtingsdag deur Von François, is amptelikstadstatus toegeken.[21] Een jaar later het die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog tussenSWAPO enSuid-Afrika uitgebreek nadat dieVerenigde Nasies die Suid-Afrikaanse regering van sy mandaat ontneem het.[22] In 1971 het die Namibiese algemene kontrakwerkersstaking in Windhoek begin ten einde van die kontrakarbeidstelsel se beëindiging,apartheid teen te staan en Namibiese onafhanklikheid te eis.[23]
Met Namibiese onafhanklikwording in 1990 het Windhoek die hoofstad asook die provinsiale setel van die sentraleKhomasstreek geword. Sedert onafhanklikheid en die einde van oorlogvoering het die stad 'n spoedige groei en ontwikkeling ervaar. Vandag is Windhoek die opvoedkundige, administratiewe, handels-, nywerheids- en kommunikasiesentrum van die land. Die hoofstraat, Kaiserstraße, is na onafhanklikheid herdoop in Onafhanklikheidslaan, so ook talle ander strate na vryheidsvegters en Afrikaleiers. Die huidige geskatte bevolking beloop 316 000 (volgensWorld Gazetteer). In 1991 is dieVerklaring van Windhoek opgestel wat pleit vir onafhanklike, pluralistiese media en persvryheid in Afrika.[24]
'n Lugfoto van Sentraal-Windhoek, die ekonomiese sentrum van NamibiëStraatmark vir toeriste in Namibië'n Deel van Windhoek
Die stad is die administratiewe, kommersiële en industriele sentrum van Namibië. Volgens 'n 1992/93-studie verskaf Windhoek meer as die helfte van die Namibiese nielandbou-werksgeleenthede, sy nasionale aandeel aan indiensneming in nutsdienste beloop 96%, in vervoer en kommunikasie 94%, finansies en besigheidsdienste 82%.[25] Weens die stad se relatiewe grootte[26] is Windhoek in alle opsigte die sosiale, ekonomiese en kulturele sentrum van die land. Feitlik elke nasionale onderneming se hoofkantoor, dieUniversiteit van Namibië, asook die land se enigste teater en al die groot media en finansiële liggame is hier gesetel.[27] Die Stad Windhoek se begroting is naastenby gelyk aan al die ander Namibiese plaaslike owerhede saam.[28] Ten spyte van hul baie klein aandeel aan die totale bevolking is baie maatskappye in besit van Duits-Namibiërs; dit weerspieël een van die wêreldwyd grootste ongelyke inkomsteverspreiding. Suid-Afrikaanse maatskappye, wat histories nou verbonde is aan die Namibiese ekonomie, speel ook 'n belangrike rol. Die hoofkantoor vanAir Namibia is in die TransNamib-gebou in Windhoek geleë.[29] Verskeie winkelsentrums is in die na-onafhanklikheidsera gebou, waaronder Maerua en Wernhillpark. Van die 3 300 VS$-miljoenêrs in Namibië bly 1 400 in Windhoek.[30]
Die Windhoekse Korrektiewe fasiliteit is die grootste van Namibië se sewe groot gevangenisse.[31]
Windhoek huisves naas dieBank van Namibië, die groot nutsdiens in staatsbesit, ook talle diensondernemings in die toerismesektor, handelskoue soos die Windhoek-skou en die Namibië-toerisme-ekspo; verder is dit ook 'n sentrum van die vervaardigingsbedryf. Ook die nasionaleaandelebeurs, dieNamibië Sekuriteitebeurs, is in Windhoek geleë. Benewens die nasionale uitsaaikorporasieNBC het ook die land se vyf grootste dagblaaie (Namibian,Republikein,Allgemeine Zeitung,New Era enNamibian Sun) almal hul setel in Windhoek. Namibië se grootste privaat maatskappyOhlthaver & List het sy setel inWindhoek-Sentraal.
Die stad is een van die landswyd vernaamste handelsplekke virkarakoelskaapvelle. In Windhoek is die winkelsentrumsThe Grove Mall,Maerua Mall en in die sentrumWernhil geleë.
Sedert vroeg 2016 het Windhoek weens 'n voortslependedroogte 'n onsekeredrinkwatervoorsiening. Besparings van minstens 40 persent is aanbeveel om tot die komende reënseisoendrinkwater te kan voorsien. Op mediumtermyn word 'nkanaal vanaf dieOkavangorivier of 'n pypleiding vanaf die Atlantiese Oseaan met 'n gekoppelde seewaterontsoutingsaanleg beplan.
Weens sy sentrale geografiese ligging en sy enorme ekonomiese belangrikheid is Windhoek die belangrikste knooppunt in die Namibiese pad-, spoor- en lugvervoer.
In Windhoek kruis die twee belangrikste padverbindings mekaar: die in 'n noord-suid-rigting loopende nasionale padB1 vanKaapstad/Suid-Afrika naLuanda/Angola en die in 'n oos-west-rigting loopendeTrans-Kalahari-Grootpad (B2 enB6) van dieAtlantiese na dieIndiese Oseaan. Deur die as 'n snelweg ontwikkelde Westelike Verbypad wat as 'n halfboë om Windhoek loop bly die sentrale sakedistrik deurverkeer grootliks gespaar. 'n Ander belangrike pad is die Onafhanklikheidslaan.
In 1928 was Kaiserstraße, nou Onafhanklikheidslaan, die eerste geplaveide straat in Windhoek. Tien jaar later is die volgende een, Gobabisweg (nou Sam Nujoma-rylaan), ook geplavei. Vandag is ongeveer 5 000 km van sowat 40 000 km se paaie in Namibië geseël. Windhoek se drie hooftoegangsroetes vanRehoboth,Gobabis enOkahandja is geteer en ontwerp om die grootste moontlike vloede wat in 50 jaar verwag word, te kan hanteer. Geseëlde paaie kan verkeer dra wat teen snelhede van 120 km/h beweeg en behoort vir 20 jaar te hou. In 2014 het die Padowerheid beplan om die Windhoek-Okahandja-pad na 'n dubbelbaansnelweg op te gradeer. Dit sou sowat N$1 miljard kos en teen 2021 voltooi wees. Later het hulle ook beplan om die Windhoek-Hosea-Kutako-lughawe-pad na 'n dubbelbaansnelweg op te gradeer. Dit sou teen 2022 voltooi wees.
Huurmotors is geredelik beskikbaar en word maklik uitgeken in die stad met tekens wat bestaan uit een letter en soveel as drie syfers (byvoorbeeld T681, T68, T1). Soos oral in Namibië is openbare vervoer skaars en maak die vervoer in die stad staat op taxi's; daar was in 2013 6 492 geregistreerde taxi's in Windhoek.[32]
Windhoek word bedien deur twee lughawens. Die naaste isEros, 7 km suid van die middestad vir kleiner vliegtuie, enHosea Kutako Internasionale Lughawe 42 km ten ooste van die stad. 'n Aantal buitelandse lugrederye vlieg na en van Windhoek. Huurvlugte en helikopters is ook beskikbaar.
Hosea Kutako Internasionale Lughawe, 42 km oos van Windhoek hanteer sowat 800 000 passasiers per jaar. Dit het een aanloopbaan sonder kapasiteitsbeperkings. Ander internasionale lughawens is inLüderitz,Ondangwa enWalvisbaai. Daagliks vlugte vertrek naFrankfurt inDuitsland enJohannesburg, die spil waarom Suider-Afrika se lugverkeer draai, is twee uur per vliegtuig daarvandaan, vanwaar daar na meer as 50 stede gevlieg kan word. Tot hul bankrotskap het dieSuid-Afrikaanse Lugdiens enAir Namibia daaglikse vlugte na WDH gevlieg, metTAAG Angola Airlines wat steeds twee-weekliks na en vanLuanda vlieg.
Eros-lughawe is die besigste lughawe in Namibië in terme van vliegtuie wat opstyg en land.[33] Hierdie lughawe hanteer ongeveer 150 tot 200 bewegings per dag wat op sowat 50 000 individuele vlugte per jaar beloop. 2004 het die lughawe 141 605 passasiers bedien, waarvan die meeste ligte vliegtuie is. Beperkings soos die lengte van die aanloopbaan, geraas en lugruimopeenhoping het Eros daarvan weerhou om in 'n groter lughawe te ontwikkel. Die meeste van Namibië se huuroperateurs is by Eros gebaseer.
Spoorweë van die staatsmaatskappyTransNamib uitGobabis (oos),Keetmanshoop (suid),Swakopmund (wes) enTsumeb (noord) kruis mekaar ook in Windhoek. Die Namibiese spoorvervoer is veral belangrik in vragvervoer. Daarbenewens ry dieDesert Express, wat in onlangse jare virtoerisme bemark word, gereeld op die Windhoek-Swakopmund-roete.[34] Dié trein ry ook onreëlmatig naLüderitz of die Tsumeb/Nasionale Etoshawildtuin. Andersins geskied passasiersvervoer veral op die pad, hetsy as privaat vervoer of as interstedelike busvervoer na bestemmings in Namibië, Suid-Afrika of Botswana.
In die sentrum van Windhoek is sowel Namibië se grootste hospitaal geleë (Windhoek Sentrale Hospitaal) as die land se grootste Korrektiewe fasiliteit (Windhoekse Korrektiewe fasiliteit) (albei inWindhoek-Wes). Daarbenewens beskik die Namibiese hoofstad oor nog hospitale soos dieKatutura Staatshospitaal, die Khomas-mediese sentrum (KMC) en die Lady Pohamba Privaathospitaal (LPPH). Die Ou tronk is in 1963 gesluit. Die Namibiese hoofstad se hoofbegraafplaas is die Gammams-begraafplaas inPionierspark.
Alhoewel die toerismesektor vir die Namibiese hoofstad minder belangrik is, is dit sedert die middel-1990's 'n gevestigde bedryf. Die besigtigingstoere deur die voormalige township Katutura het hul oorsprong in soortgelyke toere in die buurland Suid-Afrika. Hierdie sogenaamde krotbuurttoerisme (oftewel armoedetoerisme) het groot media-aandag ontvang, openbare verontwaardiging veroorsaak en is sedert sy ontstaan die onderwerp van wetenskaplike navorsing.[35]
Restaurante van toeristebelang sluit inJoe's Beerhouse in Eros enThe Stellenbosch Wine Bar in Ludwigsdorf wat albei in die meeste reisgidse gelys word.
Die meeste drinkwater is afkomstig uit damme wat deur reënwater gevoed word. Daarbenewens is daar waterdraers wat as 'n stoorplek dien wanneer die damme vol is en waarheen water uit die damme gepomp word.
Die drinkwaterbehandelingsaanleg Goreangab voorsien sowat 'n kwart van Windhoek se drinkwatervoorraad. Sedert 2002 herwin dié aanleg drinkwater uit afvalwater. Ná altesaam nege skoonmaakvlakke het die water 'n neutrale smak en is dit ontsmet en sonder chemiese oorblyfsels. Gevolglik voldoen die water aan dieWêreldgesondheidsorganisasie se vereistes. Daarna word die water vanchloor voorsien om latere kontaminante te voorkom.
Die ou aanleg vervaardig nougryswater, waarmee openbare groen- en sportaanlegte besproei word. Sedertdien word 60% van die afvalwater as drinkwater herwin. Tot in 2030 sal die aanleg uitgebrei word.[36]
Nasa-satellietbeeld van Windhoek'n Lugfoto van Windhoek
Die Windhoek-bekken is 'n deels heuwelagtige valleikom binne dieKhomashoogland wat op sy beurt deel is van dieGroot Eskarp. Die Windhoek-bekken is tussen 1 625 m en 1 725 m hoog en aan sy rand bereik dit hoogtes van tot 1 800 m. Dit is aan alle kante omring deur bergreekse, wat slegs gedeeltelik in die noorde oopmaak, soos langs dieKlein Windhoekrivier in die rigting vanBrakwater. DieErosberge in die ooste en dieAuasberge in die suide vorm elk 'n kamlyn met hoogtes van tot 2 000 m; van die ander kenmerkende berge sluit in dieNubuamisberg in die noorde en dieGrossherzog-Friedrich-Berg in die suidweste van die stad. Hierdietopografie vorm 'n natuurlike beperking vir verdere stedelike ontwikkeling, aangesien die vir nywerhede en sportgeriewe plat boupersele skaars geword het en die woongebiede wat meer onlangs ontstaan het, reeds steiler berghellings bereik het.
DieKlein Windhoekrivier, wat in sy boloop deur dieAvisdam opgedam word, loop in 'n noordelike rigting deur die oostelike stadsgebied. In die stad se suidweste vloei Windhoek se langste rivier, dieArebbuschrivier en sy sytakGammamsrivier, wat albei in dieGoreangabdam in die noordweste van die stad uitmond. Wes van Windhoek is dieDaan-Viljoen-wildtuin met 40 km² geleë.
Om die stadsgebied uit te brei is 'n uitdaging op finansiële vlak en ook weens die geografiese ligging van die stad. In die suidelike, oostelike en westelike rigting word Windhoek omring deur rotsagtige, bergagtige areas wat grondontwikkeling baie duur maak. Die suidelike kant is nie geskik vir industriële ontwikkeling nie omdat daar ondergrondse waterdraers teenwoordig is. Dit laat die uitgestrektebrakwaterarea noord van die stad as die enigste haalbare plek vir die uitbreiding van Windhoek.[37]
Die Windhoekse stadsaal beplan om die stad se grense drasties te vergroot sodat die stad 'n oppervlakte van 5 133,4 km² sal beslaan. Daarmee sal Windhoek náTianjin enIstanboel die wêreld se derde grootste stad word, alhoewel sy bevolkingsdigtheid slegs 95/km² is.[38]
In baie van Windhoek se townships woon inwoners in plakkershutte. In 2020 het die stad 'n totaal van 41 900 van hierdie informele behuisingstrukture getel wat byna 100 000 inwoners gehuisves het.[39]
Op 15 April 2011 het die stadsbestuur aangekondig omOmeya, 'ngholfbaan sowat 30 km suid mettoeriste-infrastruktuur soos hotelle en aangrensende woongebiede vir werkers, ook by die Windhoekse stadsgebied te integreer. Daarmee sou Windhoek met sowat 254 ha groei.[40]
Daarbenewens bestaan die stadsgebied uit tien kiesafdelings in die hoofstadstreekKhomas wat elk deur 'n raadslid bestuur word en onder die streeksraadvoorsittendeSophia Shaningwa die Khomas-streeksraad vorm.[41]
Naas die landwye Namibiese polisie sorg die Windhoek stadspolisie ook vir sekuriteit in die stad. Die stadbeheerde maatskappy Windhoek Busdiens verskaf plaaslike openbare vervoer.
Klimaatdiagram van WindhoekReënseisoen in WindhoekBewolkte lug in Windhoek
Soos groot dele van Namibië ook is Windhoek geleë in 'n halfwoestynagtige klimaatsgebied. Dae is meestal warm met baie warm dae gedurende diesomermaande met aande wat oor die algemeen koel is. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 19,47 °C, wat hoog is vir 'n plek wat op so 'n hoë hoogte lê op die rand van die trope.[42] Dit is hoofsaaklik weens die voorkoms van 'n warm noordelike lugvloei en die berge ten suide wat die stad teen koue suiderwinde beskut. Diewintermaande van Junie, Julie en Augustus kry gewoonlik min tot geen reën nie. Veral danksy die winde, waarna Windhoek genoem is, word veral die wintermaande van April tot September as aangenaam ervaar. Minimumtemperature wissel tussen 5 °C en 18 °C. Aande is gewoonlik koel maar die temperatuur daal selde onder 0°C en ditsneeu amper nooit nie. Dae is gewoonlik warm en wissel tussen maksimumtemperature van 20 °C en 31 °C in Januarie. Die gemiddelde jaarliksereënval is ongeveer 360 mm, wat te laag is om gewasse te kweek of om tuine in stand te hou sonder om baie water te gebruik. Die natuurlike plantegroei is struike en steppe. Droogtes kom gereeld voor.
Windhoek het meer as 300 sonskyndae per jaar.[43] VolgensKöppen het die stad 'n warm halfdroë klimaat (BSh), aangesien die gemiddelde jaarlikse temperatuur bo 18 °C is. Die temperature regdeur die jaar is mild weens die hoogte-invloed. Die jaarlikse temperatuurverskil tussen die hoogste en koudste temperatuur is 13,4 °C. Julie is die koudste maand met 'n gemiddelde temperatuur van 13,1 °C, terwyl Desember die warmste maand is met 'n gemiddelde temperatuur van 23,5 °C. Weens sy ligging naby dieKalahariwoestyn ontvang die stad 3 605 sonskynure. Neerslag is volop in die somerseisoen en minimaal in die winterseisoen. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is 367,4 mm met laagtepunte van 106,7 mm in die 2018/19-reënseisoen en 97 mm in 1929/30.[44] Die 2010/11-reënseisoen was met deels meer as 1 100 mm se neerslag die natste ooit in die 120-jarige geskiedenis van Namibiese klimaatrekords.[45]
In 1971 was daar ongeveer 26 000witmense in Windhoek teenoor 24 000swartmense. Ongeveer een derde van daardie witmense (9 000) was van 'n Duitse oorsprong.[48] Tans staan Windhoek se bevolking op 325 858 (65% swart, 17% wit, 17%bruin,Basters en Asiate) en groei met ongeveer 4% jaarliks met die informele nedersettings wat teen ongeveer 10% per jaar groei.[37] In die openbare lewe wordAfrikaans en in 'n minder mateDuits steeds aslingua francas gebruik, al gebruik die regering slegsEngels. Teen 2020 het Windhoek 'n bevolking van 431 000 gehad.[49]
In 2009 het die Windhoekse burgemeester verwag dat die stad teen 2030 'n bevolking van sowat een miljoen sou hê.[50] Volgens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 326 000 gehad,[51] in die afgelope jare is 'n toename van tussen 4% en 5% per jaar gemeet. Tydens die 2023-sensus het die stad 'n bevolking van 486 169 gehad.[1] Gedurende die 1980's het Windhoek 'n bevolking van 115 000 gehad, teenoor 450 000 in 2022. Dié bevolkingsgroei is te danke aan die sterk migrasie uit Noord-Namibië en uitAngola, wat hulle veral in die townships vestig.[52]
Die stad Windhoek word bestuur deur die stadsadministrasie en die stadsraad wat uit 15 lede bestaan. Dit sluit in die stadsraadvoorsitter en die burgemeester.
Windhoek is die enigste selfregerende nedersetting in die Khomasstreek. Dit word regeer deur 'n veelparty munisipale raad met vyftien setels.[53] Die raad vergader maandeliks; sy besluite word eenparig geneem.
SWAPO het die plaaslike 2015-owerheidsverkiesing gewen en twaalf setels verwerf nadat hulle 37 533 stemme ontvang het. Drie opposisiepartye het een setel elk verower: DiePopulêre Demokratiese Beweging (PDB), voorheen die DTA, met 4 171 stemme, dieNational Unity Democratic Organisation (NUDO) met 1 453 stemme en deRally for Democracy and Progress (RDP) met 1 422 stemme.[54] SWAPO het ook die 2020-owerheidsverkiesing gewen, maar sy meerderheid in die stadsraad verloor. Hulle het 20 250 stemme ontvang en vyf setels verkry. DieOnafhanklike Patriotte vir Verandering (OPV), 'n opposisieparty wat in Augustus 2020 gestig is, het 14 028 stemme ontvang en vier setels verower. Twee setels elk het aan die plaaslike takke van dieAffirmative Repositioning-beweging (8 501 stemme) en dieLandless People's Movement (LPM, 'n nuwe party wat in 2018 geregistreer is, 7 365 stemme) gegaan. PDM (5 411 stemme) en NUDO (1 455 stemme) het een setel elk gewen.[55]
In 2012 het die Departement vir stedelike en landelike ontwikkeling besluit om die Windhoekse stadsgebied op private landbougrond in elke rigting met sowat 50 km uit te brei, waarmee die stad met sowat 4 500 km² gegroei het. Dié besluit het aanvanklik groot weerstand by die stadsbestuur en die landeienaars veroorsaak.[56] Ná die uitbreiding beslaan die stad 'n oppervlakte van 5 133,4 km². Voorheen was dit 715,8 km².[57][58] Daarmee het die bevolkingsdigtheid van 455,6/km² op 62,82/km² geval en beloop nou sowat 95/km².
Handwerk word op straat verkoop'n Lugbeeld van die Onafhanklikheidsgedenkmuseum in 2017
Windhoek was dekades lank die skoonste hoofstad in Afrika, maar dit is in 2015 deurKigali,Rwanda, verbygesteek.[61] In 'n ranglys van stede volgens lewenskwaliteit was Windhoek in 2018 in die 130ste plek van 231 stede wêreldwyd.[62]
Die stad word as gevolg van sosiale sekerheid en die naasbestaan van die Namibieseetniese groepe as 'n voorbeeldige sosiale model van 'n groot Afrikastad beskou, maar dit laat ook 'n redelik beskeie indruk.[63][64]
Die binnestad se straatbeeld met klein straatkafees en biertuine herinner aan 'n Sentraal-Europese stad, met 'n boustruktuur, wat – naas baie moderne geboue – gekenmerk is deurWilhelminiese koloniale argitektuur rondom die eeuwisseling. Belangrike besienswaardighede sluit in koloniale geboue langs die Onafhanklikheidslaan, waaronder die Sint Mariakerk (1908), die Christuskerk (1911), dieTintenpalast en dieAlte Feste. Sedert onafhanklikheidwording is talle nuwe geboue met 'n Afrika-argitektuur opgerig soos die Hooggeregshof (1990).[65]
Uitvoerende kunste word in dieNasionale Teater en die private Warehouse-teater vertoon. Verder het sedert die verskuiwing van die Windhoek-brouery na die buitewyke die "Ou Brouery" (1902) in die sentrum van vakmanskap ontwikkel.
Die swart bevolkingsmeerderheid se toenemende selfbewussyn en die groeiende belangstelling van toeriste in die swart Afrikakultuur het gelei tot 'n toename in openbare aandag vir "swart Afrika"-kultuur. Van die geleenthede sluit in:
Wild Cinema-Windhoek International Film Festival[67] in Maart – 'n internasionalerolprentfees wat sedert 2002 op verskeie plekke plaasvind.
Windhoekse Karneval (WIKA) in April – 'n toeriste-aantreklikheid sedert die 1950's wat in die eerste jare ná onafhanklikwording beperk was op 'n taamlik "geslote" groep mense en deur ander etniese groepe slegs gewaar is, maar in onlangs jare as 'n meer oop geleentheid gevestig het.[68]
Namibië-toerisme-ekspo in Mei
Standard Bank-Biënnale – sedert 1981 Namibië se grootste kunsbeurs. Die Standard Bank-Biënnale vind slegs al om die twee jaar plaas en daar is planne om dit as dieBank Windhoek-Triënnale voort te sit.
ǀAeǀGams-Kuns- en Kultuurfees – 'n kuns- en kultuurfees wat sedert 2001 deur die stadsraad gereël word.
Kultuurweke – word deur die Tegniese Universiteit en Universiteit van Windhoek in die maande Augustus en September aangebied.
Namibiese Jeugekspo[69] in Oktober – 'n internasionale kontakbeurs ondersteun deur maatskaplike bewusmakingsorganisasies vir jong entrepreneurs en kunstenaars om moontlike borge of sakevennote te leer ken.
Die Goethe Instituut is die enigste Duitse kultuursentrum in Namibië. Dit maak deel uit van 'n internasionale netwerk van altesaam 151 Goethe-sentra,Goethe Instituut, kulturele verenigings en ander instellings wat deur die Federale Republiek Duitsland in 93 lande dwarsoor die wêreld onderhou word. In samewerking met die Namibies-Duitse Stigting bevorder die Windhoekse sentrum die kennis van die Duitse taal (taalkursusse word vir privaat persone en onderwysers aangebied) en interkulturele samewerking tussen Namibië en Duitsland. 'n Belangrike fokus is kulturele projekte wat huidige Namibiërs met die pynlike Duitse koloniale beleid van die verlede probeer versoen.
Naas kulturele programme bied die sentrum inligting oor die kulturele, maatskaplike en politieke lewe in Duitsland aan en onderhou 'n biblioteek. Sedert 2013 bied die Goethe-sentrum naas Duitse enEngelse ookAfrikaanse enOshiwambo-taalkursusse aan.[71]
Rugby is 'n gewildesportsoort in Namibië. Dienasionale rugbyspan speel hul tuiswedstryde op die Hage Geingob Rugbystadion in Windhoek. DieWelwitschias, wat hul naam deel met die nasionale span, neem sedert 2021 aan die Suid-Afrikaanse plaaslikeRugby-uitdaagreeks deel en het voorheen in dieCurriebeker enVodacombeker meegeding. Windhoek het reeds ses keer die Afrikabeker aangebied (in 2002, 2004, 2006, 2008–09, 2015 en 2016).
Skoolonderwys in Namibië word ondersteun deur regeringsorganisasies soos die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling en nieregeringsorganisasies soosEduVentures in projekte soos dieBernard Nordkamp (BNC) en dieKatutura Community Arts Centre (KCAC). Die Namibiese gemiddelde ongeletterdheidsyfer is steeds 16,2% (7,7% vir 15–24-jariges, met 'n laer persentasie vir die stedelike bevolking).[84] Windhoekse skole van 'n internasionale gehalte sluit in die Internasionale Skool Windhoek (WIS) en die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS).
Die stad se bekendste besienswaardighede is dieAlte Feste wat dieNasionale Museum huisves, en die in 1910 ingewyde LutherseChristuskerk. Die Ruiterstandbeeld, wat ook deel was van dié ensemble, is op 25 Desember 2013 met 'n hyskraan van sy basis voor die Alte Feste verwyder en na die Alte Feste verskuif. Die basis is vernietig. Langs die Alte Feste bevind hom vandag die Onafhanklikheidsgedenkmuseum.
Alte Feste – Duits virOu Fort. Dit is in 1890 gebou en huisves tans die Nasionale Museum.
Christuskerk – 'n Lutherse kerk. Die konstruksie aan die kerk het onderpastoor Wilhelm Anz in April 1896 begin. Aan die einde van die Herero-oorloë tussen die Duitsers en die Herero's, Khoikhoi's en Ovambo's, is dit in 1910 ingewy as die Kerk van Vrede. Die kerk, wat in die Gotiese herlewingstyl metArt Nouveau-elemente gebou is, staan in die historiese sentrum van Windhoek. Die 24 m hoë toring is soos die res van die kerk vansandsteen gemaak. Die uitsondering is die ingangsportaal en die altaar, wat vanmarmer gemaak is. Die kleurvolle loodglasvensters in die kerk was 'n geskenk van keiserWilhelm II. Die kerk is langs die Parlementêre Tuin en dieTintenpalast geleë.
Curt von François-standbeeld voor die munisipale gebou. Dit is op 18 Oktober 1965 ter geleentheid van Windhoek se 75ste herstigtingsdag deur Von François onthul. Die standbeeld is op 23 November 2022 verwyder en na die Windhoek-stadsmuseum verskuif.[21]
Daan Viljoen-wildtuin naby Windhoek
Dieretuinpark – 'n openbare park aan Onafhanklikheidslaan die sentrum van Windhoek. Die huidige park is versorg en het 'n dam, speelarea vir kinders en 'n opelugteater.[90]
Gibeon-meteoriet – dele van diémeteoriet word by diePost Street Mall uitgestal. Dit het in dievoorgeskiedenis in Namibië geval, is deur dieNamas gevind en gebruik om wapens en gereedskap te maak.[91]
Heldeakker – 'n Nasionale oorlog- en heldegedenkteken, sowat 10 km buite die stad.
Holy Cross Kloosterskool
Hooggeregshof van Namibië – geleë in Michael Scottstraat op Eliakim Namundjebo-plein. Dit is tussen 1994 en 1996 gebou[92] en is Windhoek se enigste na onafhanklikheid opgerigte gebou met 'n Afrika-argitektuur.[93]
Koedoestandbeeld
Nasionale Biblioteek van Namibië
Nasionale Raad – Die hoërhuis van die Namibiese tweekamerparlement.
Onafhanklikheidsgedenkmuseum – 'n Historiese museum wat fokus op die antikoloniale verset en die nasionale bevrydingsbeweging van die Republiek van Namibië.
Ruiterstandbeeld (Reiterdenkmal) – n standbeeld wat die oorwinning van die Duitse Keiserryk oor die Herero en Nama tydens dieNamibiese volksmoord 1904-1908 vier.[94] Die standbeeld is in Desember 2013 verwyder van sy historiese plek langsaan die Christuskerk en word nou in die erf van die Alte Feste vertoon.[5]
Tintenpalast –Duits virInkpaleis, is die setel van albei kamers van dieNamibiese wetgewer, dieNasionale Raad en dieNasionale Vergadering. Dit is net noord van Robert Mugabe-laan en is ontwerp deur die argitekGottlieb Redecker en gebou deur die maatskappy Sander & Kock tussen 1912 en 1913 uit plaaslike materiale as 'n administratiewe gebou vir die Duitse regering wat in daardie stadium in beheer was vanDuits-Suidwes-Afrika. Die gebou word omring deur die Parlementêre Tuin.
Turnhalle – 'n neo-klassisistiese gebou van Wilhelminiese argitektuur, ingewy in 1909.[95]
↑(en)Victor L Tonchi; William A Lindeke; John J Grotpeter (2012).Historical Dictionary of Namibia. Historical Dictionaries of Africa, African historical dictionaries (2 uitg.). Scarecrow Press.ISBN978-0-8108-7990-4. Besoek op5 Oktober 2025.
↑(de)Heinrich Vedder (1997).Das alte Südwestafrika. Südwestafrikas Geschichte bis zum Tode Mahareros 1890 (7 uitg.). Windhoek: Namibia Scientific Society.ISBN0-949995-33-9.
↑(da)"Stationsnummer 68110"(PDF). Departement van Energie, Nutsdienste en Klimaat. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 16 Januarie 2013. Besoek op16 Januarie 2013.
↑(en)"Reading Eagle". Google News Archive Search. Besoek op5 Oktober 2025.
↑(en)J. Gordon Melton, Martin Baumann (2010).Religions of the World: A Comprehensive Encyclopedia of Beliefs and Practices. VSA: ABC-CLIO. pp. 2012–2013.