'nWindkragaanleg naby Frigento in ItaliëRoscoe Wind Farm in West Texas
Windenergie is 'n vorm vankinetiese energie in diewind. Die tekort aanbrandstof mag in die toekoms nuwe belangstelling wek vir die kommersiële gebruik van seilskepe, maar die ware belang van windenergie lê in die ontwikkeling van stilstaandemasjinerie om dit inelektrisiteitom te sit. Die meganiese apparate om energie van die wind te verkry, wordwindmeulens genoem, alhoewel die anglisistiese termaerogenerator ook soms gebruik word. Die instrument wat gebruik word om windsnelheid te meet, word 'nanemometer genoem.
Die belangrikste deel van windenergie lê in die windturbine se ontwerp en werking. Wanneer wind teen die lemme waai, draai hulle stadig maar met groot krag. Die rotor stuur die beweging na ’n ratkas toe, wat maak dat dit baie vinniger draai – van omtrent 15 keer per minuut tot meer as 1 000 keer per minuut. Hierdie vinnige draai laat ’n generator werk wat elektrisiteit maak met behulp van magnete. Die elektrisiteit gaan dan deur ’n masjien wat die krag sterker maak sodat dit oor lang afstande deur die land se kragnetwerk gestuur kan word
Windmeulens is waarskynlik vir die eerste maal in die7de eeu n.C. inPersië (hedendaagseIran) gebruik om graan te maal of water te pomp. Sedert die13de eeu het dit kenmerkend van dieEuropese landskap geword.
Daar word dikwels aanNederland gedink as die land met die windmeulens, en tereg ook, aangesien daar teen die einde van die18de eeu omtrent 20 000 windmeulens in Nederland in gebruik was. Die meeste hiervan is gebruik om water uit die laagliggende gebiede te pomp, om sodoende waardevolle grond van die see te herwin. Deesdae maak baie meer lande van windenergie gebruik, en volgens beraming was daar in1975 reeds 150 000 klein windturbines in dieVSA in gebruik.