Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wildeposduif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wildeposduif
VolwasseC. l. intermedia in Indië
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. livia
Binomiale naam
Columba livia
Gmelin, 1789
Verspreiding
Columba livia

Diewildeposduif oftuinduif (Columba livia) is verwant aan diekransduif en kom baie algemeen inSuid-Afrikaanse dorpe en stede voor.

Broeityd is dwarsdeur die jaar en die lyste en vensterbanke van hoë stadsgeboue verskaf idealenesmaakplekke. Stadsbewoners het die vestiging van hierdie en anderduifspesies aangemoedig deurgraankorrels enbroodkrummels vir hulle neer te sit.[1]

Tuinduiwe is baie volop in stedelike gebiede. Hulle is waarskynlik oorspronklik vanNederland af hierheen gebring en later weer uit ander dele vanEuropa. Hulle word dikwels in groot swerms in stadsparke en ander groot gebiede aangetref, en is goed aangepas by die menslike leefwyse. Tuinduiwe het 'n las in baie stede geword, en is nie welkome inwoners nie, veral vanweë hulle gewoonte om die lysies en dakke van geboue met hulle mis te bevuil. Dit is van die min voëls waarvan die verspreiding byna uitsluitlik met menslike aktiwiteit saamhang.

Algemeen

[wysig |wysig bron]

Beskrywing: Verekleed wissel baie, enswart,blou,grys,wit, enrooibruin vorms kom voor. Die blou vorm is identies aan die voorouerlike rotsduif van Europa: blouerig grys met swart dwarsstrepe oor die vlerke en stert, 'n wit vlek op die kruis en glansendegroen enpers aan die kante van die nek. Diewyfie is valer as diemannetjie, met minder glans aan die nek. Jong voëls is valer as dievolwassenes.

Habitat: Stadsgebiede, maar broei ook op kuskranse in dieOos-Kaap.

Status: Talryke standvoël.

Soortgelyke spesies: Ander duiwe.

Roep: Tipiese vinnige ‘koe-roe-koe’ van 'n mak duif. Ook 'n diep nasale ‘ghoe-ghoe-ghoe’ by die nes.

Dieet: Saad, graan en kosreste.

Broeigewoontes

[wysig |wysig bron]

Plek: Lysies vangeboue, of enige dakopeninge.

Nes: Dienes is 'n platform van stokkies, vere,plastiek en enigiets anders.

Seisoen: Enige maand van die jaar.

Getal eiers: 2.

Broeitydperk: Sowat 18dae.

Kuikenstadium: Sowat 30 dae.

Habitat

[wysig |wysig bron]

Tuinduiwe sal geredelik in oop dele van die tuin kom vreet, maar die meeste mense wil hulle nie graag in die tuin hê nie, aangesien hulle enorme hoeveelhede kos van 'n voertafel kan verorber en geneig is om ander soorte voëls af te knou. Tuinduiwe rus ook graag op huisdakke en bevuil stoepe met hulle mis.

Kosvereistes: Hul dieet is feitlik heeltemal aangepas by die mens s'n. Hulle sal broodkrummels,saad,vrugte en enige iets eetbaars verorber. Die groot toename in hulle getalle en hulle vinnige verspreiding kan dus hoofsaaklik toegeskryf word aan die ruim geskenke van "vriendelike" mense.

Nesmaak: Tuinduiwe broei graag op 'n huis of buitegebou, aangesien daar geskikte lysies of openinge in die dakkappe is, maar die meeste mense ontmoedig hulle. Tog kan dit vermaaklik en leersaam wees om hullebroeisiklus op die vensterlysie van 'n woonstel of kantoorgebou dop te hou.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wildeposduif&oldid=2702224"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp