Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wikipedia:Voorbladartikels 2018

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hierdie is die argief van al die artikel wat tydens 2018 asspogartikel op die voorblad gepryk het.

2018

[wysig bron]

Week 1

Ligging van die Normandië in Frankryk.

Normandië (Frans:Normandie, [nɔʁ.mɑ̃.di],Normandies:Normaundie) is 'nrégion en historiese provinsie in die noordweste vanFrankryk, wat van die riviervlaktes van dieSeine (Haute-Normandie) tot by dieskiereiland Cotentin (Basse-Normandie) en dieKanaaleilande strek. Hoewel die vasteland deel uitmaak van die Franse Republiek, is die Kanaaleilande sedert dieMiddeleeueBritse Kroongebiede.

In die huidige Frankryk verwys die term Normandië dikwels na die voormalige administratiewe gewesteHaute-Normandie met diedépartementsSeine-Maritime enEure, enBasse-Normandie met die départementsCalvados,Manche enOrne met 'n totale oppervlakte van 29 906 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 3,45 miljoen. 'n Aantal kantonne, wat histories deel uitmaak van die ou provinsie Normandië, is tydens dieFranse Rewolusie by die départementsEure-et-Loir,Mayenne enSarthe ingelyf en maak nou deel uit van die gewesteCentre enPays de la Loire.

'n Nimmereindigende stryd teen natuurkragte het net soos die avontuurlus van hulleWiking-voorvaders die karakter van die mense in Normandië gevorm, wat dikwels as eiesinnig, koppig en terughoudend beskryf word.

...lees verder


besigtig


Week 2

Fridtjof Nansen, ca. 1915.

Fridtjof Nansen (*10 Oktober1861 – †13 Mei1930) was ’nNoorweegse ontdekkingsreisiger, wetenskaplike, diplomaat en filantroop en wenner van dieNobelprys vir Vrede. Hy was in sy jong jare ’n ski- en ysskaatskampioen en het die span gelei wat die eerste was om die binneland vanGroenland in 1888 te deurkruis. Hy het internasionale roem verwerf nadat hy ’n rekord noorderbreedte van 86°14’ bereik het gedurende syNoordpool-ekspedisie van 1893–1896. Hoewel hy na sy terugkeer na Noorweë afgetree het van ontdekkingsreise, het sy tegnieke van poolreis en sy innovasies in toerusting en klerasie ’n generasie van Arktiese en Antarktiese verkenningstogte beïnvloed.

Nansen het dierkunde aan dieKoninklike Frederik-universiteit studeer en later gewerk as kurator by die Universiteitsmuseum inBergen waar sy navorsing oor die sentrale senuweestelsel van laer seediere hom gehelp het om ’n doktorsgraad te verwerf; dit het ook bygedra om die moderne teorieë van neurologie te vestig. Na 1896 het sy wetenskaplike belangstelling oorgeskakel naoseanografie; in die loop van sy navorsing het hy talle wetenskaplike reise onderneem, hoofsaaklik in die Noord-Atlantiese oseaan, en bygedra tot die ontwikkeling van moderne oseanografiese toerusting. As een van Noorweë se mees prominente burgers het Nansen in 1905 hom uitgespreek oor die Unie tussen Swede en Noorweë en het hy ’n belangrike rol gespeel omPrins Karel van Denemarke te oortuig om die troon van die nuwe onafhanklike Noorweë te bestyg. Tussen 1906 en 1908 het hy gedien as die Noorse verteenwoordiger in Londen waar hy gehelp het met die onderhandeling van die Integriteitsverdrag wat Noorweë se onafhanklike status verseker het.

In die laaste dekade van sy lewe het Nansen hom hoofsaaklik gewy aan dieVolkebond na sy aanstelling in 1921 as die Bond se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge. In 1922 is hy vereer met die Nobelprys vir Vrede vir sy werk ten bate van die ontwortelde slagoffers van dieEerste Wêreldoorlog en verwante konflikte. Onder die inisiatiewe wat hy ingestel het was dieNansen-paspoort vir staatlose mense, ’n sertifikaat wat in meer as 50 lande erken is. Hy het tot sy skielike dood in 1930 gewerk ten gunste van vlugtelinge. Na sy dood het die Volkebond dieNansen Internasionale Kantoor vir Vlugtelinge ingestel om te verseker dat sy werk voortleef. Hierdie kantoor het in 1938 die Nobelprys vir Vrede gewen. Nansen is deur talle nasies vereer en sy naam word herdenk in verskeie geografiese funksies, veral in die poolgebiede.

...lees verder


besigtig


Week 3

Die ESO se Baie Groot Teleskoop in Chili.

DieEuropese Suidelike Sterrewag (ESO, amptelik: Europese Organisasie vir Sterrekundige Navorsing in die Suidelike Halfrond) is ’n interregeringsorganisasie van 16 lande vir sterrekundige navorsing. Dit is in1962 gestig en het moderne geriewe op die been gebring vir die waarneming van die suidelike naghemel. Die organisasie het 730 personeellede en ontvang jaarlikse lidlandbydraes van sowat €131 miljoen. Sy sterrewagte is in Noord-Chili geleë.

Die ESO het van die grootste en tegnologies mees gevorderdeteleskope gebou. Dit sluit in die New Technology Telescope en dieBaie Groot Teleskoop (VLT), wat bestaan uit vier verskillende teleskope elk met ’n primêre spieël van 8,2 m en vier kleiner hulpteleskope. Die Atacama Large Millimeter Array (ALMA) neem die heelal waar in millimeter- en submillimeter-golflengtes en is die wêreld se grootste sterrekundeprojek nog op die grond. Dit is in Maart 2013 voltooi danksy internasionale samewerking deurEuropa (verteenwoordig deur die ESO),Noord-Amerika,Oos-Asië en Chili.

Tans in aanbou is die Uiters Groot Teleskoop (ELT). Dit sal ’n gesegmenteerde spieël van 39,3 m gebruik en sal in 2024, wanneer dit in werking gestel word, die grootste optiese reflektorteleskoop ter wêreld wees. Dit salplanete om andersterre kan bestudeer, asook die eerste voorwerpe in dieheelal,supermassiewe swartkolke en die aard en verspreiding vandonker materie endonker energie, wat die heelal oorheers.

Wetenskaplikes het met die ESO se waarnemingsgeriewe verskeie sterrekundige ontdekkings gedoen en sterrekundige katalogusse saamgestel. Ontdekkings sluit in die verstegammaflits en bewyse van dieswartkolk in die middel van dieMelkweg. In 2004 het die VLT sterrekundiges in staat gestel om die eerste foto te neem van ’neksoplaneet (2M1207b) wat 173 ligjare van hier om ’nbruindwerg wentel. Die High Accuracy Radial Velocity Planet Searcher (HARPS)-instrument wat in ’n ander ESO-teleskoop geïnstalleer is, het gelei tot die ontdekking van eksoplanete, insluitendeGliese 581 c, een van die kleinste bekende planete buite dieSonnestelsel.

...lees verder


besigtig


Week 4

Nikolaas II van Rusland.

Nikolaas II Aleksandrowitsj (Russies: Николай II Александрович;Nikolai II Aleksandrowitsj) (Tsarskoje Selo,6 Mei1868Jekaterinburg,17 Julie1918) was die laastekeiser vanRusland en die laaste heerser van dieRomanof-dinastie (1613–1917). Hy het van1 November1894 regeer tot met sy gedwonge abdikasie op15 Maart1917.

Tydens sy bewind het dieRussiese Ryk verval van een van die grootste magte van die wêreld tot een van ekonomiese en militêre agteruitgang. Weens dieChodinka-tragedie,anti-Semitisme,Bloedige Sondag, die gewelddadige onderdrukking van die1905-rewolusie, die teregstelling van politieke opponente en sy vermeende verantwoordelikheid vir dieRussies-Japannese Oorlog, het hy die bynaamBloedige Nikolaas by sy teenstanders gekry. Historiografie in dieSowjetunie beeld Nikolaas uit as ’n swak en onbevoegde leier, wie se besluite gelei het tot militêre nederlae en die dood van miljoene onderdane.

Rusland het van 1904 tot 1905 groot verliese in die Russies-Japannese Oorlog gely, onder meer die verwoesting van dieBaltiese Vloot, die verlies van Russiese invloed oorMantsjoerye enKorea en die Japannese anneksasie van Suid-Sachalin. Die Anglo-Russiese Vriendskapsverdrag, wat daarop gemik was om Duitsland te keer om invloed in die Midde-Ooste te kry, het geëindig in politieke en diplomatieke konfrontasies tussen Rusland en dieVerenigde Koninkryk.

Nikolaas het die Russiese mobilisasie op 30 Julie 1914 goedgekeur wat daartoe gelei het dat Duitsland op1 Augustus1914 oorlog teen Rusland verklaar het. Daar word geraam sowat 3 300 000 Russe het in dieEerste Wêreldoorlog gesneuwel. Die keiserlike weermag se groot verliese en die bevelvoerder se onbevoegde beheer in die oorlog, asook die gebrek aan kos en ander voorraad aan die tuisfront, was die grootste faktore wat tot die val van die Huis van Romanof gelei het.

Ná dieFebruarie-rewolusie van 1917 het Nikolaas namens homself en sy seun geabdikeer. Hy en sy gesin is in hegtenis geneem en in die somer van 1918 naTobolsk gestuur. Met die goedkeuring vanLenin,Swerdlof en die res van dieBolsjewistiese leiers is Nikolaas en sy gesin eindelik in die nag van 16-17 Julie 1918 tereggestel. Hul oorskot is eindelik presies 80 jaar later, op17 Julie1998, inSint Petersburg begrawe.

In 1981 is Nikolaas en sy gesin deur dieRussies-Ortodokse Kerk buite Rusland inNew York as martelare enheiliges verklaar. Op15 Augustus2000 het dieRussies-Ortodokse Kerk in Rusland hulle as "verduurders van lyding" heilig verklaar: ’n titel wat gegee word aan gelowiges wat op ’n manier soosChristus sterf.

...lees verder


besigtig


Week 5

Foto van Leni Riefenstahl deur Alexander Binder in 1928.

Helene Bertha Amalie “Leni” Riefenstahl (*22 Augustus1902,Berlyn,Duitse Keiserryk – †8 September2003,Pöking,Duitsland) was ’n Duitse rolprentregisseur, aktrise en danseres wat algemeen bekend is vir haar estetika en innovasies as ’n rolprentmaker. Haar bekendste rolprent wasTriumph des Willens (Triomf van die Wil), ’n dokumentêre prent wat sy by die 1934-Rykspartydag van die Nazi-party gemaak het. Riefenstahl se prominensie in dieDerde Ryk, tesame met haar persoonlike verbinding metAdolf Hitler, het haar rolprentloopbaan vernietig nadat Duitsland verslaan is in dieTweede Wêreldoorlog. Sy is gearresteer maar sonder enige aanklag weer vrygelaat.

Triomf van die Wil het aan Riefenstahl onmiddellike en blywende internasionale roem en berugtheid besorg. Hoewel sy die regisseur van slegs agt rolprente was, waarvan net twee aansienlike dekking buite Duitsland geniet het, was Riefenstahl vir die duur van haar lewe bekend. Die propagandawaarde van haar rolprente wat gedurende die 1930’s gemaak is word deur die meeste hedendaagse kommentators verafsku, maar baie kritici meen haar estetika was uitstaande.The Economist het geskryf datTriomf van die Wil haar reputasie as die “grootste vroulike rolprentmaker van die 20ste eeu bevestig het”.

In die 1970’s het Riefenstahl haar stilfotografie van die Noebastamme inSoedan gepubliseer in verskeie boeke soosDie Nuba (Die Noeba). Sy was aktief tot haar afsterwe op 101-jarige leeftyd en het die seerolprentImpressionen unter Wasser (Onderwaterindrukke) in 2002 vrygestel.

Na haar dood het dieAssociated Press Riefenstahl beskryf as ’n “aangeskrewe pionier van film- en fotografiese tegnieke”.Der Tagesspiegel, ’n koerant in Berlyn, het geskryf dat “Leni Riefenstahl nuwe grond in die rolprentbedryf gebreek het”. DieBBC het gesê dat haar dokumentêre werke “bestempel is as baanbrekerswerk in die rolprentwese, sy het baanbrekende tegnieke met hyskrane, spore en veelvuldige gelyklopende kameras ontwikkel”.

...lees verder


besigtig


Week 6

Nasa-Satellietbeeld van Bulgarye in Desember 2001.

Bulgarye (Bulgaars: България,Balgarija, [bɐɫˈɡarijɐ]), amptelik dieRepubliek van Bulgarye (Република България,Republika Bălgarija, [rɛˈpublikɐ bɐɫˈɡarijɐ]), is 'nland inSuidoos-Europa. Dit word begrens deur dieSwartsee in die ooste,Griekeland enTurkye in die suide,Serwië en dieRepubliek van Masedonië in die weste, enRoemenië in die noorde.

Bulgarye is genoem na 'nTurkse volk wat die land tydens die 7de eeu verower en later met die inheemseSuid-Slawiese bevolking vermeng het. In dieMiddeleeue het Bulgarye tot 'n magtige ryk ontwikkel wat oor groot dele van Suidoos-Europa gestrek het. In die 11de eeu is Bulgarye vir 'n tydperk van sowat 100 jaar by dieBisantynse Ryk ingelyf, en teen die einde van die 14de eeu het die land onder Turkse heerskappy gekom.

Bulgarye vorm ten opsigte van sy landskappe en sy kultuur 'n oorgangsgebied tussen Europa en die Ooste, maar ook tussen die Mediterreense en vastelandse gebiede van Oos-Europa. Tydens die Middeleeue het die sogenaamde Slaweapostels Kirillos en Methodios 'n aantal Christelike Griekse tekste na Oud-Bulgaars vertaal, 'n taal wat in die Goue Tydperk tydens die bewind van tsaar Simeon die basis van 'n veelsydige godsdienstige en wêreldse literatuur gevorm het. Alhoewel die literêre bloeitydperk met die begin van die Turkse heerskappy tot 'n einde gekom het, hetOud-Bulgaars steeds die taal van die Slawies-Ortodokse Kerk gebly, en sy literêre werke word deur die Slawiese volke as 'n gemeenskaplike kulturele erfenis beskou.

Bulgarye het sy bevryding vyf eeue later veral aan Rusland te danke, en die noue politieke en kulturele bande tussen die twee lande het in 1945 die inlywing van Bulgarye by die Sosialistiese Oosblok bevorder. Onder die bewind van die Kommunistiese Party het die oorwegend agrariese land tot 'n moderne staat met 'n verskeidenheid nywerhede ontwikkel. Sy belangrikste uitvoere is egter nog steeds landbouprodukte, waaronder ookroosolie, 'n kosbare eteriese olie.

Die agteruitgang van die Sosialisme en die oorgang na 'n vrye markekonomie het die lewensstandaard van groot dele van die bevolking swaar geraak. Na ramings het dit in die jare negentig met sowat veertig persent gedaal. Die Bulgaarse ekonomie het intussen oortuigend herstel, en die lewenstandaard het in 2004 weer die vlak van die tydperk voor die negentigerjare bereik.

Bulgarye het op 29 Maart 2004 'n lidstaat van dieNAVO en op 1 Januarie 2007 'n lidstaat van dieEuropese Unie geword.

...lees verder


besigtig


Week 7

Die nasionale vlag van die Volksrepubliek China.

Dienasionale vlag van die Volksrepubliek China is op27 September1949 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n groot goue vyfpuntige ster binne ’n boog van vier goue vyfpuntige sterre in die skildhoek.

Die rooi staan vir die Kommunistiese rewolusie; die vyf sterre en hul verhouding stel die eenheid van die Chinese mense onder die leierskap van dieKommunistiese Party van China (KPC) voor. Soms word na die vlag as die “Vyfster Rooivlag” (五星红旗/五星紅旗,pinyin:wǔ xīng hóng qí) verwys.

Die vlag is deurZeng Liansong, ’n burger vanWenzhou,Zhejiang, ontwerp. Hy het dit as reaksie op ’n omsendbrief wat deur die Voorbereidende Komitee van die Nuwe Politieke Raadgewende Konferensie (新政治协商会议筹备会,Xīn zhèngzhì xiéshāng huìyì chóubèi huì) in Julie 1949, kort nadat hulle na dieChinese Burgeroorlog die mag oorgeneem het, ontwerp. Tydens die ontwerpkompetisie is 2 992 (of 3 012) inskrywings ontvang en Zeng se ontwerp is in ’n poel van 38 finaliste geplaas. Na verskeie vergaderings en effense veranderinge is Zeng se ontwerp as dienasionale vlag gekies. Op 1 Oktober 1949 is die vlag is vir die eerste keer deur dieVolksbevrydingsleër tydens ’n seremonie wat die stigting van die Volksrepubliek bekend gemaak het, op ’n paal wat oorBeijing seTiananmen-plein uitkyk, gehys.

Ander vlae wat in dieVolksrepubliek China gebruik word toon ’n rooi agtergrond wat die rewolusie in samewerking met ander simbole simboliseer. Die vlag van die Volksbevrydingsleër gebruik die goue ster met die Chinese karakters 8–1 (vir 1 Augustus, die stigtingsdag van die Volksbevrydingsleë). Die vlag van die Kommunistiese Party van China vervang al die sterre met die party se kenteken. Weens beperkings deur die regering mag stede en provinsies nie hul eie vlae hê nie; die enigste sub-nasionale vlae wat bestaan is dié van die Spesiale Administratiewe StrekeHongkong enMacau. Ten spyte hiervan het ten minste twee stede hul eie vlae aanvaar, nadat die wet goedgekeur is. Die stedeKaifeng enShangrao het hul eie vlae in Maart 2006 en Maart 2009 onderskeidelik goedgekeur. Dit impliseer dat die wet óf herroep is óf nie aangewend word nie. Die stadSuzhou het sy vlag reeds in Desember 1995 aanvaar, nog voor die wet se goedkeuring.Harbin het vanaf Mei 1997 tot Januarie 1998 sy eie vlag gebruik, terwylNanjing vanaf Desember 1986 tot Desember 1997 sy eie vlag gehad het.

...lees verder


besigtig


Week 8

'n Kleurbeeld van die Aarde soos gesien vanaf Apollo 17.

Aardverwarming (dieEngelse termglobal warming,globale verwarming, word ook dikwels gebruik) is 'n term wat die styging van die gemiddeldetemperatuur van dieaarde seatmosfeer enoseane beskryf. Sedert die begin van dietwintigste eeu het die gemiddelde temperatuur met ongeveer 0,74 °C gestyg. Die algemenewetenskaplike konsensus is dat hierdie styging in temperatuur deur die versterking van diekweekhuiseffek veroorsaak word. Die kweekhuiseffek word weer op sy beurt hoofsaaklik bevorder deur die mensveroorsaakte toename vankoolstofdioksied (CO2) en anderkweekhuisgasse soos metaan en dryfgasse. Daar word voorspel dat die temperature tussen1990 en2100 met 1,4 °C tot 5,8 °C kan styg. Dit sal groot sigbare veranderinge vir diemensdom en die omgewing inhou. Aardverwarming is 'n internasionale omgewingskwessie wat mense wêreldwyd raak. Aardverwarming is die gevolg van die opbou vangasse sooskoolsuurgas enmetaan in dieatmosfeer wat die uitstraling van dieaarde se hitte vasvang en die effek van 'nkweekhuis meebring waar die hitte kan inkom, maar nie so maklik ontsnap nie. Dit is veral verbranding vansteenkool,ru-olie enpetrol inkragstasies,fabrieke enmotors wat bydra tot hierdie opbou van gasse in die atmosfeer.

'n Versameling van ondersoeke aangaande aardverwarming word in die verslag van dieIntergovernmental Panel on Climate Change (IPCC) saamgevat. Die paneel is deur dieVerenigde Nasies ingestel om die huidige wetenskaplike, tegniese en sosiaal-ekonomiese kennis aangaande aardverwarming te dokumenteer en 'n oorsig daaroor voor te lê.

Volgens die AR4 (2007 se Vierde Assesseringsverslag van die Intergovernmental Panel on Climate Change) sal aardverwarming en sy gevolge van streek tot streek oor die wêreld heen verskil. Die uitwerking van 'n stygende wêreldtemperatuur sluit in: seevlakstyging, verandering in neerslaghoeveelheid en –patroon, sowel as 'n waarskynlike uitbreiding van subtropiese woestyne.

Die uitwerking van aardverwarming sal na verwagting die ergste beleef word in die Arktiese gebied, waar gletsers, ysgrond en see-ys voortdurend sal bly smelt en wegkalwe. Ander waarskynlike uitwerkings van aardverwarming is die toenemende voorkoms van ekstreme weerstoestande soos hittegolwe, droogtes en swaar reënneerslag, oseaanversuring en die uitsterwing van spesies as gevolg van verskuiwende gemiddelde temperatuurveranderinge. Probleme wat die mens kan ondervind, is verswakte voedselsekerheid weens misoeste en habitatsverlies deur oorstroming.

Voorgestelde beleide om aardverwarming die hoof te bied, sluit uitlaatgasvermindering in, aanpassing by die nawerking van aardverwarming en moontlike toekomstige geo-ingenieurswese. Die meeste lande is lede van die VN-raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (UNFCCC), wat as liggaam probeer om gevaarlike mensgemaakte klimaatsverandering te voorkom.

Die lede van die UNFCCC het 'n verskeidenheid beleide aanvaar om kweekhuisgasse te verminder en om aanpassing by die uitwerking van aardverwarming te steun. Die lede van die UNFCCC het saamgestem dat uitlaatgasse aansienlik verminder moet word en dat toekomstige aardverwarming onder 2,0 °C (3,6 °F) gehou moet word, met betrekking tot die voorindustriële vlak. Verslae wat in 2011 deur die Verenigde Nasies-omgewingsprogram (UNEP) en die Internasionale Energieagentskap beweer dat pogings om uitlaatgasse aan die begin van die 21ste eeu te verminder moontlik nie genoeg kan wees om die UNFCCC se 2 °C-doelwit te bereik nie.

...lees verder


besigtig


Week 9

’n Selfie van ’n Zoeloe-man en ’n Ndebele-vrou van Suid-Afrika.

Die modernemens is ’nprimaat van diesoogdiergenusHomo, diespesieHomo sapiens en die subspesieHomo sapiens sapiens.Homo sapiens is ’nLatynse frase wat beteken "verstandige mens" of "wyse mens".

Mense is die enigste oorblywende lede van diesubtribus Hominina, ’n tak van die tribusHominini wat tot die familiegroot ape behoort. Hulle het ’n hoogs ontwikkeldebrein wat tot abstraktedenke,taal, selfondersoek en ’n gemeenskapslewe in staat is. Hierdie vermoë, tesame met ’n regop postuur wat die boonste ledemate vry laat om voorwerpe te kan manipuleer, het die spesie meer as enige ander in staat gestel om gereedskap te gebruik.

Vroeë Hominini – veral dieAustralopithecina, wie se brein enanatomie in baie opsigte meer ooreenstem met dié van niemenslike voorouer-ape – word minder dikwels "mense" genoem as die Hominini van die genusHomo. Verskeie van laasgenoemde Hominini het vuur gemaak en ’n groot deel vanEurasië beset, en was sowat 315 000 jaar gelede die voorouers van die anatomies moderneHomo sapiens inAfrika. Hulle het sowat 50 000 jaar gelede tekens van moderne gedrag begin toon. In verskeie migrasiegolwe het anatomies moderne mense uit Afrika migreer en die grootste deel van die wêreld bevolk.

Die verspreiding van mense en hul groot en groeiende getalle het wêreldwyd ’n enormeimpak op groot dele van die omgewing en miljoene plaaslike spesies gehad. Voordele wat hierdieevolusionêre sukses verduidelik, sluit in hul groter brein, wat ook probleemoplossing, redenasie, sosialisering en ’n sosiale leërvermoë moontlik gemaak het. Benewens die gereedskap wat hulle gebruik het, is hulle sover bekend die enigste bestaande spesie wat vuur maak en hulkos kook,klere dra en verskeie andertegnologieë enkuns skep.

Mense is besonder goed met die gebruik van simboliese kommunikasiestelsels (soos taal en kuns) om hulself uit te druk en idees uit te ruil, en om hulself in nuttige groepe te organiseer. Hulle skep ingewikkelde sosiale strukture wat uit baie samewerkende en mededingende groepe bestaan, vanfamilies tot politiekestate. Sosiale interaksie tussen mense het gelei tot die ontstaan van ’n uiters groot verskeidenheid waardes, sosiale norme en rituele, wat saam die grondslag van die menslike gemeenskap vorm. Nuuskierigheid en die begeerte om te verstaan en die omgewing te beïnvloed, en om verskynsels (of gebeure) te verduidelik en manipuleer, was die grondslag vir die ontwikkeling vanwetenskap,filosofie,mitologie,godsdiens,antropologie en talle ander kennisterreine.

Hoewel die menslike bestaan grootliks bevorder is deur die jag-en-versamel-praktyk in samelewings met noue bande, het al hoe meer menslike bevolkings hulle sowat 10 000 jaar gelede begin vestig, landbou beoefen en diere getem, en so het die beskawing begin ontstaan. Hierdie gemeenskappe het algaande gegroei en oor die wêreld heen regeringsvorme, godsdiens en kultuur gevestig. Dit het mense in streke verenig om state en ryke te stig. Die vinnige ontwikkeling van wetenskaplike en mediese tegnieke in die19de en20ste eeu het gelei tot die ontwikkeling van brandstofgedrewe tegnologieë en langer lewens, en dit het veroorsaak dat die menslike bevolking eksponensieel gegroei het. Vandag raam dieVerenigde Nasies die wêreldwye menslike bevolking op amper 7,6 miljard.

...lees verder


besigtig


Week 10

Nasa-Satellietbeeld van Malta.

Malta, amptelik dieRepubliek Malta (Maltees:Repubblika ta' Malta,Engels:Republic of Malta), is 'n klein Suid-Europeseeilandnasie sentraal geleë in dieMiddellandse See, 80 km suid vanSisilië, 284 km oos vanTunisië en 333 km noord vanLibië, metGibraltar 1 755 km na die weste enAlexandrië 1 508 km na die oostekant.Malta beslaan net meer as 316 km² in landoppervlak, wat dit een van die wêreld se kleinste state maak. Die Malteseargipel bestaan uit dieeilande Malta, Gozo, Comino en verskeie klein onbewoonde eilande onder andere Cominotto en Filfla. Dit is ook een van die lande met diehoogstebevolkingsdigtheid ter wêreld. Malta sede facto hoofstad isValletta en die grootste stad is Birkirkara. Die hoofeiland bestaan uit heelwat dorpe wat saam 'n Groter stedelike gebied (GSG) vorm met 'n totale bevolking van 368 250, volgens Eurostat. Die land het twee amptelike tale,Maltees (grondwetlik die nasionale taal) enEngels.

Regdeur die geskiedenis was Malta se unieke ligging van groot strategiese belang, met die gevolg dat opeenvolgende ryke en moondhede oor die eilande geheers en regeer het. Dit sluit in die Fenisiërs,Grieke,Romeine,Arabiere, Normandiërs, Aragonese, Habsburg-Spanjaarde, Orde van Malta,Franse en dieBritte. In 1964 verkry Maltaonafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en word in 1974 'n republiek. Malta behou lidmaatskap tot dieBritse Statebond na onafhanklikheidswording. Malta tree in 1964 toe tot dieVerenigde Nasies en in 2004 tot dieEuropese Unie. Malta is ook 'n ondertekende van die Schengen-ooreenkoms en het in 2008 deel geword van die Eurosone.

Malta het 'n lang Christelike geskiedenis en nalatenskap en is 'n Apostoliese bisdom. Volgens die BybelboekHandelinge hetPaulus skipbreuk gelei op "Melite", soos die Grieke dit genoem het, en het daar 'n bediening gehad. DieRooms-Katolieke geloof is die amptelike geloof in Malta soos verklaar deur die Maltese grondwet.

Malta is wêreldwyd bekend as 'n toeristebestemming. Die eilande het talryke toeristebestemmings en historiese monumente, insluitend negeUnesco-wêrelderfenisgebiede, onder ander die baie prominente Megalitiese tempels wat van die oudste losstaande strukture ter wêreld is.

...lees verder


besigtig


Week 11

’n Groot portret van Mao Zedong deur Zhang Zhenshi by Tiananmen.

DieKulturele Rewolusie ofKultuurrewolusie, amptelik dieGroot Proletariese Kulturele Rewolusie, was van1966 tot1976 ’n sosiaal-politieke beweging inChina. Dit is van stapel gestuur deurMao Zedong, toe die voorsitter van dieKommunistiese Party van China. Die doel was om "ware" Kommunistiese ideologie in die land te bewaar deur dit te suiwer van oorblyfsels vankapitalisme en tradisionele elemente van die Chinese gemeenskap, en omMaoïstiese idees weer as die oorheersende ideologie in die party te vestig. Dierewolusie het die terugkeer van Mao in ’n magsposisie aangedui ná die mislukking van dieGroot Sprong Voorwaarts. Die beweging het China in ’n groot mate polities verlam en die land se ekonomie en gemeenskap negatief beïnvloed.

Die rewolusie het in Mei 1966 begin nadat Mao beweer het datbourgeois elemente die regering en die gemeenskap in die algemeen ingesypel het met die doel om kapitalisme te herstel. Om sy teenstanders in die Kommunistiese Party uit te skakel, het Mao daarop aangedring dat hierdie revisioniste (voorstanders van vreedsame eerder as rewolusionêre sosiale hervorming) deur ’n gewelddadige klassestryd verwyder word. China se jeug het hierop gereageer deurRooi Garde-groepe deur die land te stig. Die beweging het na die weermag, stedelike werkers en die Kommunistiese leiers self uitgebrei. Dit het gelei tot wydverspreide faksiestryde in alle lae van die samelewing. In die topleierskap het dit gelei tot ’n massasuiwering van senior amptenare. In dieselfde tyd het Mao se persoonlike kultus enorme afmetings aangeneem.

In die geweld wat oor die hele land ontstaan het, is miljoene mense vervolg en is hulle blootgestel aan ’n groot verskeidenheid mishandelings, insluitende openbare vernedering, lukrake inhegtenisnemings,marteling, hardearbeid, volgehoue teistering, beslaglegging van eiendom en soms teregstellings. ’n Groot deel van diebevolking is aan gedwonge verskuiwing onderwerp, veralstedelike jeugdiges na plattelandse gebiede. Historiese nalatenskappe en artefakte is vernietig.Kulturele engodsdienstige terreine is geplunder.

Mao het amptelik verklaar dat die Kulturele Rewolusie in 1969 geëindig het, maar die aktiewe fase het aangehou tot met die dood van die militêre leierLin Biao in1971. Ná Mao se dood en die vervolging van dieBende van Vier in 1976, het hervormers geleidelik ontslae geraak van sy beleide van die Kulturele Rewolusie. In1981 het die party verklaar dat die rewolusie "verantwoordelik was vir die hewigste terugslag en grootste verliese wat deur die party en die volk gely is sedert die stigting van die Volksrepubliek".

...lees verder


besigtig


Week 12

Genl. C.F. Beyers.

Genl.Christiaan Frederik Beyers (Banhoek, distrikStellenbosch,23 September1869Vaalrivier, distrikMakwassie,8 Desember1914), was Boeregeneraal, prokureur, en leier in dieMaritz-rebellie van1914.

Hy is in 1869 nabyStellenbosch gebore en verhuis in1889 naTransvaal, waar hy prokureur inBoksburg en burger van dieZuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) word. Hy sluit hom tydens dieTweede Vryheidsoorlog by die Boeremagte aan en vorder tot die rang van generaal.

Ná dieVrede van Vereeniging hervat hy sy beroep as prokureur, maar nou inPretoria. Hy word later speaker van die Transvaalseparlement tydens Verantwoordelike Regering. In1912 word hy aangestel as eerste kommandant-generaal (bevelvoerder) van die Uniale Weermag. Die volgende jaar besoek hyEuropa en ontmoet keiserWilhelm II van Duitsland.

Kort ná sy terugkeer kruis hy swaarde met genl.Louis Botha, wat hy gereken het té veel waarde geheg het aan oorsese verpligtinge. Beyers knoop daarom onderhandelings aan met generaalKoos de la Rey en andere wat teen die regeringsbeleid gekant was. Sy ontevredenheid met die regering word op die spits gedryf toe hy in September 1914, ná die uitbreek van dieEerste Wêreldoorlog, bedank as bevelvoerder van die weermag. Genl.Jan Smuts het hom vanhoogverraad beskuldig.

Beyers raak by dieMaritz-rebellie betrokke en verdrink einde 1914 in dieVaalrivier terwyl regeringstroepe hom agtervolg het.

...lees verder


besigtig


Week 13

Die middestad van Johannesburg, soos gesien vanaf die Carlton-sentrum. As gevolg van die "Wit vlug", die verskuiwing van "blanke" besighede na die noordelike voorstede, het die Goudstad se sakekern reeds vanaf die 1980's 'n ingrypende transformasie ondergaan.

Johannesburg (Xhosa:eGoli,Zoeloe:iGoli, letterlik: "Plek vanGoud") is die vernaamste sake- en bevolkingsentrum vanSuid-Afrika met 'n oppervlakte van 1 645 vierkante kilometer en 'n bevolking van 4 434 827 in die metropolitaanse gebied volgens die sensus van 2011. Die huidigeStad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n polisentriesemetropool wat sowat vyfhonderd voorstede en dorpsgebiede insluit – naas die vroeëre stadsgebied ook voorheen onafhanklike munisipaliteite soosMidrand,Sandton enRandburg.Soweto is tans die grootste voorstad en ook die mees uitgestrekte historiese swart woonbuurt.

Johannesburg is nie een van Suid-Afrika se drie hoofstede nie (netPretoria,Kaapstad enBloemfontein het besondere status as respektiewelik die regeringshoofstad, parlementsetel en geregtelike hoofstad), maar dit vervul nogtans 'n belangrike administratiewe en geregtelike funksie as diehoofstad van dieGautengprovinsie en setel van dieKonstitusionele Hof van Suid-Afrika.

Johannesburg is ook die sentrum van 'n verstedelikte gebied met meer as 8 miljoen inwoners wat van Pretoria in die noorde tot byVereeniging in die suide strek. Die stad is die derde grootste inAfrika naKaïro enLagos, en die enigste in Afrika wat as 'n wêreldstad ofglobal city beskou word, 'n ekonomiese masjienkamer wat die heleSuider-Afrika met die wêreldekonomie verbind – onder meer danksy die plaaslike hoofkantore van mynboureuse en dieJohannesburgse Effektebeurs (JEB of JSE) wat op wêreldvlak mededingend is. MetSABMiller enAnglo-American het daarnaas twee multinasionale ondernemings hul oorsprong in die Goudstad.

Johannesburg is net een van ongetelde delwerstede wat êrens op aarde op 'n spesifieke oomblik in die geskiedenis byna oornag ontstaan het. Maar terwyl die meeste van hulle ná 'n relatief kort tydperk as verlate spookdorpe geëindig het sodra hul goudvoorrade uitgeput was, is Johannesburg as Suid-Afrika se laat-Victoriaanse kits- en wonderstad op 'n oorspronklik byna verlate en windverwaaide plato van die Transvaalse Hoëveld tydens die grootste goudstormloop ooit gestig om te bly en 'n meteoriese ekonomiese opgang te beleef nadat Europa se leidende bankhuise die diepvlakmynontwikkeling van die Randse goudmyne begin finansier het.

Ander dinge was en is tydelik. So het Johannesburg, wat sy boukuns betref, nooit na die verlede teruggekyk nie. As een van die snelgroeiendste metropole ter wêreld het Johannesburg dus ook nie geskroom om weg te doen met sy historiese erfenis nie. Historiese geboue moes plek maak vir nuwewolkekrabbers, terwyl die implementering van die beleid van aparte ontwikkeling vir etniese groepe die sloping van hele woonbuurte soosSophiatown beteken het.

Vandag is Johannesburg 'n smeltkroes van tale en kulture wat steeds nuwe aankomelinge van dwarsoor Afrika lok. Die stad, wat nege persent van die vasteland van Afrika se bruto geografiese produk oplewer, verseker vir sy inwoners 'n lewenstandaard bo die gemiddelde van Afrika. Sy stadsuitleg met funksionele buurte soos 'n sentrale en noordelike sakedistrik en honderde residensiële voorstede, wat 'n groot verskeidenheid sosio-ekonomiese omgewings en ontwikkelingsvlakke verteenwoordig, sy moderne boukuns en 'n netwerk van snelweë toon baie ooreenkomste met dié van Amerikaanse metropole.

Net soos inNew York Stad, een van Johannesburg se tweelingstede, het 'n wye kloof tussen arm en ryk en ander sosiale vraagstukke ook neerslag gevind in hoë misdaadsyfers. Johannesburg is saam met ander Derdewêreldmetropole soosRio de Janeiro as een van die gevaarlikste stede ter wêreld gereken.

...lees verder


besigtig


Week 14

Port Elizabeth se stadsaal en markplein.

Port Elizabeth (Xhosa:iBhayi;Zoeloe:Bhayi), wat in die volksmond inAfrikaans dikwels "Die Baai" of net "PE" genoem word, is 'n hawestad geleë aanAlgoabaai, in dieOos-Kaapprovinsie,Suid-Afrika, 763 km oos vanKaapstad. Met 'n bevolking van 312 390 (2011) is Port Elizabeth die grootste stedelike nedersetting in die Oos-Kaapprovinsie. Met dieNelson Mandela-universiteit (voorheen Universiteit van Port Elizabeth) het die stad dekades lank oor die enigste tweetalige universiteit in die land beskik.

Port Elizabeth, wat van 'n klein militêre buitepos tot die vyfde grootste stad in Suid-Afrika gegroei het, strek oor sestien kilometer langs die kus van dieIndiese Oseaan. Die warm subtropiese klimaat, 'n polsende naglewe en lang wit strande soos King's Beach, Humewood, Hobie en Pollock, waarvan sommige in die binnestad lê, maak van die stad 'n gewilde toeristebestemming. Humewoodstrand is as 'nblouvlagstrand gesertifiseer.

In 2001 het Port Elizabeth saam metUitenhage,Despatch en ander gebiede in die omgewing deel geword van dieNelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit met 'n geskatte bevolking van 1 152 915 in 2011. Die huidige uitvoerendeburgemeester van Port Elizabeth isAthol Trollip van dieDemokratiese Alliansie (DA).

...lees verder


besigtig


Week 15

Nasa-Satellietbeeld van Ierland.

Ierland (Engels:Ireland;Iers:Éire, [ˈeːɾʲə],luister(hulp·inligting)), ook bekend asRepubliek Ierland (Engels:Republic of Ireland; Iers:Poblacht na hÉireann), is 'n onafhanklikeeilandnasie in die noordweste vanEuropa, wat met 70 273 vierkante kilometer sowat vier vyfdes van die eilandIerland beslaan.Noord-Ierland, die gebied in die noordooste van Ierland, is een van die deelstate van dieVerenigde Koninkryk. Die Ierse grondwet bepaal dat die naam van die staatÉire is, of, in Engels,Ireland. Desondanks word na die onafhanklike staat Ierland soms ook asRepubliek Ierland verwys om dit te onderskei van die eiland Ierland.

Ierland het volgens die sensus van 2016 'n bevolking van 4,76 miljoen, 'n toename van 3,7 persent teenoor die laaste sensus in 2011. In April 2016 is Ierland se inwonertal op 4,67 miljoen beraam.

Die amptelike simbool van die republiek is die Keltiese harp, wat ook op die IerseEuromunte uitgebeeld word. Dikwels word egter die klawer gebruik, onder meer deur dieIerse nasionale rugbyspan wat die hele Ierland in internasionalerugby verteenwordig.

Ierland is sedert 1973 'n lidland van dieEuropese Unie en beskik oor 'n hoogs ontwikkelde ekonomie, wat immigrante uit ander Europese en oorsese lande lok. Die land het sedert die 1990's tot een van die welvarendste Europese nasies ontwikkel. Dit is ná die ongekende finansiële krisis van 2008 in 'n ernstige resessie gedompel, maar in 2013 het die ekonomiese groei teruggekeer.

...lees verder


besigtig


Week 16

Yster.

Yster is 'nchemiese element met die simboolFe enatoomgetal van 26. Dit is 'nmetaal in groep 8 en periode 4 van dieperiodieke tabel. Yster is die finale element wat tydens nukleosintese van sterre gevorm word en is dus die swaarste element wat nie 'nsupernova of soortgelyke heftige gebeurtenis vereis vir sy vorming nie. Dit is daarom dan ook die swaarmetaal wat die meeste in die heelal voorkom.

Yster is die metaal wat die meeste voorkom en daar word geglo dat dit dieelement is wat die tiende meeste in dieheelal voorkom. Yster is ook op 'n massabasis die element wat die grootste deel van dieAarde uitmaak (34.6%); die konsentrasie yster in die verskillende lae van die Aarde wissel van baie hoog by die kern tot ongeveer 5% in die kors; dit is dalk moontlik dat die Aarde se binnekern bestaan uit 'n enkele ysterkristal, dit is egter meer waarskynlik dat dit uit 'n mengsel van yster ennikkel bestaan; daar word geglo dat die groot hoeveelheid yster in die Aarde verantwoordelik is vir sy magnetiese veld. Yster se simbool isFe wat 'n afkorting virferrum, die latynse woord vir yster is.

Yster is 'nmetaal wat uit ystererts ontgin word en word bitter selde in die vrye onverbonde vorm in die natuur aangetref. Om elementêre yster te verkry moet die onsuiwerhede verwyder word met behulp van chemiesereduksie. Yster word gebruik omstaal te vervaardig wat nie 'n element is nie maar 'nlegering, 'n oplossing van verskillende metale (en sommige nie-metale, veralkoolstof).

Die kern van yster het die hoogstebindingsenergie pernukleoon, dit is dus die swaarste element wat eksotermies deurfusie geskep word en die ligste deur middel van fissie. Wanneer 'n groot ster aan die einde van sy leeftyd ineen krimp, bou die interne temperatuur en druk op, en stel die ster in staat om toenemend swaarder elemente te produseer. Wanneer yster begin vorm, sal die ster nie meer voldoende energie in sy kern produseer nie en ontstaan 'nsupernova.

Kosmologiese modelle met 'n oop heelal voorspel dat daar 'n fase behoort te bestaan waar alle materie, as gevolg van stadige fusie- en fisiereaksies, in yster sal verander.

Suiwer yster het by kamertemperatuur 'n liggaamsgesentreerde kubiese struktuur (diewolfram- of A2-tipe struktuur), wat die α-fase of ferriet genoem word. By 1185K gaan dit oor in die γ-fase of austeniet, wat 'n vlakgesentreerde struktuur het (diekoper- of A1-tipe struktuur). Van 1667K tot die smeltpunt (1811K) het die δ-fase weer 'n wolfram-tipe struktuur. Byvoeging van opgeloste onsuiwerhede, soos koolstof of ander metale, kan die austeniet stabiliseer tot dit ook by kamertemperatuur kan voorkom. Dit is die basis voor staalvervaardiging.

Suiwer yster het 'n Curietemperatuur van 1085K. Onder hierdie temperatuur is die stof ferromagneties.

...lees verder


besigtig


Week 17

Montreux is aan die oostelike oewer van die Meer van Genève geleë.

Montreux is die derde grootste stad van dieFranssprekendeSwitserse kantonVaud (Duits:Waadt) met 26 072 inwoners (soos op 31 Desember 2014). Dit is aan die oostelike oewer van dieMeer van Genève (Frans:Lac Léman) in die distrik Riviera-Pays-d'Enhaut geleë.

Danksy sy ligging tussen die Meer van Genève, berghange met wingerde en bergpieke op hoogtes van meer as 2 000 meter bo seevlak het Montreux 'n baie gematigde mediterreense mikroklimaat met subtropiese flora langs die oewerpromenade wat die stad met Vevey en die kasteel Chillon verbind. Hier word 'n verskeidenheid historiese geboue uit dieBelle Époque aangetref, waaronder die befaamdeFairmont Le Montreux Palace-hotel.

Die stad is vandag een van die belangrikste toeristebestemmings van Switserland en met sy Montreux Jazz Festival ook 'n internasionale ontmoetplek van die musiekbedryf. Montreux se musikale tradisies strek verder terug. Vanaf 1911 het die Pools-Russiese komponisIgor Strawinski hier in sy huis in die noordwestelike voorstad Clarens die grootste deel van sy befaamde ballet- en orkesstukLe Sacre du printemps geskryf. Die plaaslike konsertsaalAuditorium Stravinski is na die beroemde komponis vernoem.

Montreux het daarnaas 'n historiese verbintenis metSuid-Afrika. In Clarens lê die huis waarPaul Kruger, die President van dieZuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), op14 Julie1904 in selfopgelegde ballingskap oorlede is en wat tans as Krugerhuis bekend staan.

Baie ander bekende persoonlikhede het aangetrokke gevoel tot die buitengewone klimaat en natuurskoon van die Meer van Genève en in Clarens gebly: die Russiese rewolusionêr en anargisMichail Bakoenin, die Duitse komponisRichard Wagner en die Russiese komponisPjotr Tsjaikofski wat hier sy 4de simfonie voltooi het. Een van die bekendste sprokies van die Deense skrywerHans Christian Andersen,Sneedronningen ("Die Sneeukoningin"), het in 1861 in Montreux ontstaan. Die Oostenrykse argitek en invloedryke baanbreker vir moderne argitektuur,Adolf Loos, het tussen 1904 en 1906 in Clarens sy eerste projek, Villa Karma, ontwerp en gebou.

...lees verder


besigtig


Week 18

Heinz Guderian in Rusland (1941).

Heinz Wilhelm Guderian (17 Junie188814 Mei1954) was 'nDuitse generaal (Generaloberst of kolonel-generaal vanaf 1940) tydens dieTweede Wêreldoorlog. Asmilitêre strateeg van formaat was hy die uitvinder en pleitbesorger van dieblitzkrieg-leer (blitsoorlog). Hy het veral sukses behaal as bevelvoerder vantenkeenhede tydens die veldtogte inPole enFrankryk en aanvanklik in dieSowjetunie.

Guderian het gemotoriseerde taktiek in die vooroorlogse weermag inDuitsland ontwikkel, terwyl hy homself opgelei het in kennis oor gewapende formasies in ander leërs. In die besonder het hy die gebruik vanradiokommunikasie tussen tenkspanne geïmplementeer en skoktaktiek bedink wat hoogs effektief was. InMei1940 het hy die tenkeenhede aangevoer wat die Franse verdediging inSedan, Frankryk, oorweldig het, wat 'n maand later oorgegee het aan Duitsland. Gedurende die herfs van1941 is sy aanval opMoskou vertraag deur bevele vanAdolf Hitler met wie hy skerp verskil het. Gou is die Duitse magte verder vertraag deur slegte paaie en modder en dan aan diewinterkoue, die belangrikste faktor wat tot die mislukking vanOperasie Barbarossa gelei het. Ná die Duitse nederlaag by die Slag van Moskou in Desember 1941 is hy na die reserwemag oorgeplaas. Dit was die einde van sy militêre opkoms.

Ná die nederlaag byStalingrad vroeg in1943 het Hitler hom in 'n nuwe posisie aangestel om die verwoeste tenkmagte te laat herbou, maar hy het met baie generaals gebots wat daarin geslaag het om ander pligte aan hom toe te wys. Hy is inJulie1944 as Hoof van die algemene staf van die Weermag aangestel, maar dit was grotendeels 'n simboliese aanstelling, aangesien Hitler effektief sy eie stafhoof geword het. As stafhoof het hy egter die gebruik van die nuwe Tiger I tenk se handboek (Tigerfibel) gemagtig om tenkbemanning op te lei. Hy is inMaart1945 ontslaan. Vanaf 1945 tot 1948 is Guderian inAmerikaanse aanhouding gehou, maar is later vrygelaat. Hy dien daarna as 'n adviseur wat toesig hou oor die vestiging van dieweermag inWes-Duitsland. Guderian is in 1954 oorlede.

...lees verder


besigtig


Week 19

Die nasionale vlag van Puerto Rico.

Dienasionale vlag van Puerto Rico is op 6 Februarie 1952 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi en wit afwisselend met ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant met ’n wit vyfpuntige ster in.

Die oorsprong van die huidige vlag kan teruggespoor word na, die “Rewolusionêre vlag van Lares” deur dr. Ramón Emeterio Betances uitgedink en deur Mariana Bracetti geborduur is. Hierdie vlag is gebruik in die kortstondige opstand, wat bekend gestaan het as “El Grito de Lares”, teen Spaanse oorheersing op die eiland.

Juan de Mata Terreforte, ’n verbande veteraan van “El Grito de Lares” en adjunkpresident van diePuerto Ricaanse Rewolusionêre Komitee inNew York Stad, het die vlag van Lares aanvaar as die vlag van Puerto Rico tot 1892 toe die huidige ontwerp, geskoei op dievlag van Kuba deur die komitee onthul en aanvaar is. Die nuwe vlag is vir die eerste maal op 24 Maart 1897 in Puerto Rico vertoon gedurende die Staatsgreep van Yauco. Die gebruik en vertoon van die Puerto Ricaanse vlag is verbied en die enigste vlae wat in Puerto Rico vertoon mog word was dievlag van Spanje (1492 tot 1898) en dievlag van die Verenigde State (1898 tot 1952).

In 1952 het die Gemenebes van Puerto Rico dieselfde vlagontwerp as wat in 1892 deur die Rewolusionêre Komitee onthul is, aanvaar as die amptelike vaandel sonder dat die kleurskakerings gespesifiseer is. Die kleur van die driehoek van die vlag wat gebruik is deur die administrasie van Luis Muñoz Marín was donkerblou soos gebruik is in die vlag van die Verenigde State, in plaas van die oorspronklike ligter blou. Dít het ’n politieke kontroversie veroorsaak. In 1995 het die regering van Puerto Rico ’n verordening uitgevaardig in verband met die Puerto Ricaanse vlag waarin gespesifiseer word welke kleure gebruik moet word vir die vlag, maar nie die skakerings nie. Dit is daarom nie ongewoon om die Puerto Ricaanse vlag met verskillende skakerings van blou te sien wapper op die eiland nie. Daar was verskeie Puerto Ricaanse vlae aan boord van die ruimtependeltuigDiscovery gedurende sy vlug na die ruimte op 15 Maart 2009.

...lees verder


besigtig


Week 20

’n Kaart van Madagaskar. Nosy beteken "eiland" in Malgassies.

Madagaskar (Frans:Madagascar,luister(hulp·inligting);Malgassies:Madagasikara,luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek Madagaskar (Frans:République de Madagascar; Malgassies:Repoblikan'i Madagasikara, [republiˈkʲan madaɡasˈkʲarə̥]), is ’neilandnasie inAfrika sowat 400 km oos van dieMosambiekse kus. Dit is die grootste eilandnasie in dieIndiese Oseaan en naasIndonesië die grootste ter wêreld. Teen sowat ’n halfmiljoen vierkante kilometer is die eiland so groot soosFrankryk, sy voormalige koloniseerder. Diehoofstad en grootste stad isAntananarivo, wat in die middel van die land geleë is.

Madagaskar is teenoor Mosambiek geleë, net suidoos van dieComore-eilande enMayotte, en wes vanMauritius enRéunion. Dit word deur dieMosambiekkanaal van Mosambiek geskei.

Die land bestaan uit Madagaskar, die wêreld se vierde grootsteeiland, en talle klein eilandjies. Ná dieprehistoriese verbrokkeling van diesuperkontinentGondwana het Madagaskar sowat 88 miljoen jaar gelede geskei geraak van dieIndiese subkontinent. Dit het tot gevolg gehad dat die eiland sediere enplante in redelike isolasie ontwikkel het – meer as 90% van die natuurlewe word nêrens anders opaarde aangetref nie. Die eiland se uiteenlopendeekostelsels en unieke natuurlewe word bedreig deur die vinnige uitbreiding van die bevolking en ander omgewingsfaktore.

Die eersteargeologiese bewyse van menslike lewe op Madagaskar dateer van 2000 v.C.Austronesiese volke het tussen 350 v.C. en 550 n.C. invlerkproue vanBorneo af gekom. Omstreeks 1000 n.C. hetBantoevolke vanOos-Afrika die Mosambiekkanaal oorgesteek na Madagaskar. Mettertyd het nog volke hulle op die eiland gevestig, wat elk ’n blywende invloed op die Malgassiesekultuurlewe gehad het. Die bevolking word dikwels in 18 of meer subgroepe verdeel waarvan die grootste dieMerina van die sentrale hoogland is.

Tot in die laat18de eeu is die eiland regeer deur ’n gefragmenteerde verskeidenheid sosiopolitieke bondgenootskappe. Aan die begin van die19de eeu is die grootste deel van die eiland verenig en deur ’n reeks Merina-adellikes regeer as dieKoninkryk Madagaskar. Die monargie het in 1897 tot ’n einde gekom toe die eiland in dieFranse koloniale ryk opgeneem is. Madagaskar het in 1960 sy onafhanklikheid vanFrankryk verkry. Die outonome staat Madagaskar het sedertdien deur vier groot konstitusionele tydperke gegaan wat as republieke bekend staan.

Sedert 1992 is die nasie amptelik as ’n konstitusionele demokrasie vanaf sy hoofstad,Antananarivo, regeer. In 2009 is president Marc Ravalomanana egter in ’n volksopstand gedwing om te bedank en in Maart 2009 het Andry Rajoelina president geword. Die konstitusionele regering is in Januarie 2014 herstel nadatHery Rajaonarimampianina die vorige jaar in ’n verkiesing as president verkies is. Madagaskar is lid van dieVerenigde Nasies, dieAfrika-unie, dieSuider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Organisation Internationale de la Francophonie.

Madagaskar is volgens die VN een van die wêreld se mins ontwikkelde lande. Malgassies en Frans is albei amptelike tale. Die grootste deel van die bevolking volg tradisionele gelowe,Christenskap of ’n mengsel van die twee. Ekotoerisme en landbou, wat gepaardgaan met groter beleggings in opvoeding, gesondheid en privaat ondernemings, is sleutelelemente van Madagaskar se ontwikkelingstrategie. Onder Ravalomanana het hierdie beleggings tot aansienlike ekonomiese groei gelei, maar die voordele is nie eweredig onder die bevolking versprei nie en die toenemenede lewenskoste en dalende lewenstandaarde het spanning veroorsaak onder die armes en sekere dele van die middelklas. Sedert 2017 het die ekonomie agteruitgegaan weens die politieke krisis van 2009 tot 2013, en die grootste deel van die bevolking se lewensgehalte bly laag.

...lees verder


besigtig


Week 21

Die nasionale vlag van Argentinië.

Dienasionale vlag van Argentinië is op27 Februarie1812 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in ligblou, wit en ligblou met dieMeison in die middel van die wit baan.

Die vlag is deurManuel Belgrano ontwerp, in lyn met die onlangse skepping van die kokarde vanArgentinië en is vir die eerste maal vertoon in die stadRosario in 1812 gedurende die Argentynse Onafhanklikheidsoorlog. Die Nasionale Monument aan die Vlag is later op die plek van die eerste vertoning opgerig. Die Eerste Driemanskap het nie die gebruik van die vlag goedgekeur nie maar die Asamblea del Año XIII het die gebruik van die vlag as oorlogsvaandel toegestaan. Dit was die Kongres van Tucumán wat die vlag uiteindelik in 1816 as die nasionale vlag aangewys het. In 1818 is ’n geel Meison in die middel toegevoeg.

Die volle vlag met die son op word die Amptelike Seremoniële Vlag (Spaans:Bandera Oficial de Ceremonia) genoem. Die vlag sonder die son word beskou as die Siervlag (Spaans:Bandera de Ornato). Hoewel albei weergawes as die nasionale vlag beskou word, moet die siervlag altyd laer gehys word as die Amptelike Seremoniële Vlag. In vlagterminologiese terme is Amptelike Seremoniële Vlag die burgerlike, staats- en oorlogsvlag en -vaandel en die Siervlag ’n alternatiewe burgerlike vlag en vaandel.

...lees verder


besigtig


Week 22

Die nasionale vlag van Brasilië.

Dienasionale vlag van Brasilië is op 11 Mei 1992 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou skyf waarin ’n sterrenag afgebeeld word met ’n geboë strook gegraveer met die nasionale leuse, in ’n geel ruit in die middel van ’n groen agtergrond.Brasilië het hierdie ontwerp van die nasionale vlag op 19 November 1889 aanvaar en het daarmee die vlag van die tweede Keiserryk Brasilië vervang. Die konsep was die werk van Raimundo Teixeira Mendes in samewerking met Miguel Lemos, Manuel Pereira en Décio Villares.

Die groen agtergrond en geel ruit van die vorige imperiale vlag is behou – die groen en geel kleure verteenwoordig dieBranganza-Habsburg-vorstehuis. ’n Blou skyf met 27 wit vyfpuntige sterre het die wapenskild van die Keiserryk Brasilië vervang. Die sterre, waarvan die posisie in die vlag die lug boRio de Janeiro op 15 November 1889 weerspieël, verteenwoordig die unie se gefedereerde eenhede – elke ster verteenwoordig ’n spesifiekedeelstaat. Die leuse“Ordem e Progresso” (“Orde en Vooruitgang”) is geïnspireerd deurAuguste Comte se leuse vanpositivisme:“L’amour pour principe et l’ordre pour base; le progrès pour but” (“Liefde as ’n beginsel en orde as die basis; vooruitgang as die doel”).

Die vlag word soms dieAuriverde genoem wat "groen en goud" beteken. Die moderne vlag van Brasilië is amptelik op 19 November 1889 in gebruik geneem. Die konsep vir die vlag is ontwikkel deur Raimundo Teixeira Mendes in samewerking met Miguel Lemos en Manuel Pereira Reis. Die grafiese ontwerp is deur Décio Vilares gedoen.

...lees verder


besigtig


Week 23

Die ligging van Sisilië aan die Italiaanse kus.

DieSisiliaanse Mafia ofItaliaanse Mafia, ook net bekend as dieMafia en onder sy lede asCosa Nostra ("Ons Ding" of "Ons Saak"), is ’nmisdaadsindikaat inSisilië,Italië. Dit is ’n losse vereniging van misdaadgroepe wat ’n gemeenskaplike organisatoriese struktuur en gedragskodes het. Die basiese groep is bekend as ’n "familie", "clan" of "cosca". Elke familie maak aanspraak op die oorheersing van ’n sekere gebied, gewoonlik ’n dorp, buurt of stad, waarin hulle mense beskerm en misdaad pleeg. Die lede noem hulself "manne van eer", maar die publiek verwys gewoonlik na hulle as "mafiosi". Die Mafia se kernbedrywighede is beskerming deur geweld, die beslegting van dispute tussen misdadigers en toesig oor en die organisering van onwettige ooreenkomste en transaksies.

Ná vlae emigrasie het die Mafia ook versprei na ander lande soos dieVerenigde State enKanada.

’n Mafia-clan word gelei deur ’n baas, wat bygestaan word deur ’n onderbaas en onder toesig is van een of meer raadgewers. Onder sy bevel is groepe soldate. Die baas en raadgewers word elke jaar gekies. Cosa Nostra gebruik ook "vennote": korrupte amptenare en voornemende mafiosi wat bloot as werktuie beskou word wat hulle kan "gebruik". Ondanks die naam "families" is lede gewoonlik nie bloedverwante nie. Lidmaatskap en rang in die Mafia is ook nie oorerflik nie.

Die Mafia het streng gedragskodes wat nougeset nagekom moet word. ’n Lid mag nie ’n ander lid nader tensy hy hom ken of deur ’n derde party voorgestel word nie, uit vrees dat polisiemanne die families kan infiltreer. Hulle mag ook nie saam met polisiemanne gesien word of by die Mafia aansluit as daar wetstoepassers in hul familie is nie. Hulle moet altyd eerlik op vrae antwoord en moet verkieslik niealkohol ofdwelms gebruik nie. Hulle moet ook te alle tye beskikbaar wees vir Cosa Nostra. As die kode van stilswye,omertà, verbreek word, is die dood hul voorland.

Dit is moeilik om die geskiedenis van die Mafia na te speur weens ’n gebrek aan dokumente. Dit het in die19de eeu ontstaan, moontlik ná Sisilië se oorgang vanfeodalisme nakapitalisme vanaf 1812 en dieeiland se anneksasie deur die vasteland vanItalië in 1860. Die getal grondbesitters op die eiland het geweldig toegeneem, en daarmee saam die aanvraag na iemand wat dispute kon help oplos, kontrakte kon afdwing en eiendomme kon beskerm. Die polisie was nie in staat nie, onder meer weens ’n gebrek aan getalle. Die verskillende gebiede, veral in die weste van die eiland, was ’n groot deel van die jaar in die hande van misdadigers, wat toegeneem het weens armoede. Eiendomsbesitters het hulle tot buitewetlike bemiddelaars en beskermers gewend wat hulle eindelik in die eerste Mafia-clans georganiseer het.

Mafiosi het magtig geword en vroeg al in politiek ingemeng – kiesers is geïntimideer om vir die mafiosi se gunstelingkandidate te stem. So is bondgenote in die regering geskep wat die mafiosi tot hul voordeel aangewend het.Swael, Sisilië se grootste uitvoerproduk, het dele van die eiland ook blootgestel aan afpersing en die ontstaan van mafiatipe organisasies wat beskerming kon bied. Die owerhede se eerste groot aanslag op die Mafia was reeds in die 1890's, met 'n verhoor wat in Mei 1901 begin het. Op die ou end is net 32 verdagtes skuldig bevind aan misdaadbande.

Tussen 1925 en 1929 hetBenito Mussolini ’n veldtog teen die Mafia gevoer om van politieke teenstanders ontslae te raak enfascisme op die eiland te vestig. Dit was baie suksesvol. Volgens een informant het die Mafia ná die oorlog skaars nog bestaan. Nadat dieGeallieerdes Sisilië in 1943 binnegeval het, het misdaad weer gedy in die chaos en die mafiosi was weer in aanvraag.

Die 1950's en 1960's was moeilike tye vir die Mafia weens ’n aanslag op hulle ná die Eerste Mafiaoorlog, waarin baie burgerlikes dood is. Amper 2 000 mense is in hegtenis geneem en baie mafiosi het hul bedrywighede gestaak en weggekruip. In die 1970's het sake weer beter gelyk danksy smokkelary, veral vansigarette enheroïen. In dié tyd is die Corleonesi-koalisie van Mafiafamilies egter deur die baas van die Corleone-clan gestig om Cosa Nostra en sy dwelmbedrywighede oor te neem. Hulle het die Mafia se reëls gemanipuleer en tydens die Tweede Mafiaoorlog eenvoudig honderde teenstanders in die Mafia uit die weg geruim. Hulle het ook ’n veldtog gevoer teen joernaliste, amptenare en polisiemanne wat dit gewaag het om hulle teen te gaan. Baie mafiosi het eindelik hul rug op Cosa Nostra gedraai en informante vir die polisie geword. Ná talle inhegtenisnemings en ’n groot verhoor in 1986/'87 is 342 mafiosi skuldig bevind. Ná die inhegtenisneming van die destydse hoof van die Corleonesi, die "baas van base"Salvatore Riina, in Januarie 1993 het die Mafia ’n terrorismeveldtog gevoer op die vasteland van Italië. Riina is opgevolg deur Leoluca Bagarella en daarnaBernardo Provenzano, wat die vlaag geweld beëindig het.

Teen die laat 1990's was die verswakte Cosa Nostra verplig om die grootste deel van die onwettige dwelmhandel aan ’n ander misdaadorganisasie af te staan. In 2017 en '18 is groot getalle Mafialede en mense wat bande met hulle gehad het, in hegtenis geneem en van verskeie misdade aangekla.

Beskerming deur die Mafia is nie beperk tot onwettige bedrywighede nie. Winkeleienaars betaal die Mafia dikwels om hulle teen diewe te beskerm. In ruil daarvoor word die Mafia weer deur sy kliënte teen die owerhede beskerm. Dit is een van die redes waarom niemand nog die Mafia kon vernietig nie.

...lees verder


besigtig


Week 24

Topografiese kaart van die Alpe.

DieAlpe (Duits:Alpen,Frans:Alpes,Italiaans:Alpi,Romansch:Alps,Sloweens:Alpe) is 'n magtige bergreeks inEuropa met 'n oppervlakte van meer as 200 000 vierkante kilometer, wat oor 'n afstand van 1 200 kilometer vanFrankryk in die weste totOostenryk enSlowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde totItalië in die suide strek. In die suidooste gaan die Alpe oor na dieDinariese Gebergte, in die noordooste na dieKarpate. Die hoogste bergpiek,Mont Blanc aan die Frans-Italiaanse grens, is 4 808 meter boseevlak. Naas die genoemde lande strek die Alpe ook oor die staatsgebied vanMonaco in die suidweste enSwitserland enLiechtenstein in die noordweste.

Die Alpe word volgens geografiese kenmerke onderverdeel in die Wes-Alpe en Oos-Alpe, en ten opsigte van die hoogte bo seevlak in die Alpynse voetheuwels (Duits:Voralpen, tot by 1 500 meter), Middelalpe (tot by die sneeugrens) en die Hoogalpe (op 'n hoogte van meer as 3 000 meter).

Die Alpe het gedurende die geologiese tydperk van dietersiêr ontstaan, toe die oorspronklike vasteland vanAfrika noordwaarts beweeg en die sedimentafsettings van dieMiddellandse See sodoende eers saamgepers en daarna geplooi het. Hierdie geologiese aktiwiteite is nog steeds aan die gang en lei tot 'n klein, jaarlikse styging van die gebergte se hoogte.

Die oppervlakte is behalwe deur geologiese aktiwiteite ook deur klimaatsomstandighede gevorm. Veral gedurende dieYstydperk hetgletsers die voorkoms van die gebergte verander en begin om groot valleie in te sny, terwyl die smeltwater in die randgebiede van die Alpe groot mere soos dieBodenmeer tussen Duitsland, Switserland en Oostenryk en dieGardameer in Noord-Italië laat ontstaan het.

As 'n waterskeiding en klimatologiese grensgebied skei die Alpe die stroomgebiede van dieNoordsee, die Middellandse See en dieSwartsee en die klimaatsones van die maritieme gebied in die weste, die kontinentale in die noorde en ooste en die gematigde Mediterreense gebied in die suide van mekaar. Die bergreeks is die brongebied van groot Europese riviere soos dieInn,Po,Rhône enRyn.

...lees verder


besigtig


Week 25

Die nasionale vlag van Chili.

Dienasionalevlag van Chili is op 18 Oktober 1817 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee ewe hoë horisontale bane in wit bo en blou onder met ’n blou vierkant in die skildhoek waarin ’n wit vyfpuntige ster is. Die Chileense vlag is inSpaans bekend asLa Estrella Solitaria (Die Alleenstaande Ster).

Die ster verteenwoordig ’n begeleiding na vooruitgang en eer, blou stel die lug en dieStille Oseaan voor, wit stel die sneeubedekteAndesgebergtes voor en rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid.

Die samestelling van die Chileense vlag is amptelik vasgestel in die Opperste Bevel No. 1,534 van die Ministerie van Binnelandse Sake wat in 1967 uitgevaardig is oor die gebruik van die nasionale embleme. Vorige wetgewing en regulasies is in hierdie wet saamgevat. (Ander wette sluit in Wet No. 2,597 van 1 Januarie 1912 wat verband hou met die kleure en verhouding van die nasionale vlag, die presidensiële serp en rosette of kokarde en Opperste Bevel No. 5808 van die Ministerie van Binnelandse Sake van 26 Augustus 1927 waarin die grootte van die nasionale vlag vir binnenshuis gebruik en openbare kantoren vasgestel is.) Volgens die bevel is die verhouding tussen die hoogte en breedte van die vlag 2:3 en dit is horizontaal verdeel in twee ewe hoë bane. Die onderste baan is rooi van kleur en die boonste baan is verdeel in ’n blou vierkant (in die skildhoek) en ’n wit reghoek waarvan die verhouding 1:2 is. Die ster is geleë in die middel van die skildhoek en word saamgestel op ’n sirkel waarvan die deursnee die helfte van een die kante van die skildhoek is.

...lees verder


besigtig


Week 26

Die Andromeda-sterrestelsel, ook bekend as Messier 31.

DieAndromeda-sterrestelsel (ook bekend as onder meerMessier 31 enNGC 224) is ’nspiraalsterrestelsel sowat 2,5 miljoenligjare van dieAarde af in diesterrebeeldAndromeda. Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan onsMelkweg, maar nie die naaste sterrestelsel nie. Dit kry sy naam van die gebied waarin dit voorkom, die Andromeda-sterrebeeld, wat genoem is na ’n prinses in dieGriekse mitologie.

Andromeda is die grootste sterrestelsel van diePlaaslike Groep waarin ook die Melkweg en sowat 30 ander, kleiner sterrestelsels voorkom. Dit het egter nie die grootste massa nie, aangesien in onlangse studies bevind is die Melkweg het meerdonker materie en is dalk die stelsel met die grootste massa in die Plaaslike Groep. Volgens waarnemings in 2006 deur dieSpitzer-ruimteteleskoop bevat M31 sowat 1 biljoen (1012) sterre, minstens twee keer soveel as die Melkweg, wat na raming 200–400 miljard sterre het.

Die Andromeda-sterrestelsel se massa is na raming 7,1 × 1011sonmassas. Andromeda en die Melkweg sal na verwagting binne 3,75 miljard jaar bots en saamsmelt om ’n enorme elliptiese sterrestelsel te vorm.

Met ’n sigbare helderheid van 3,4 mag is Andromeda een van die heldersteMessier-voorwerpe en kan dit op maanlose nagte met die blote oog gesien word, selfs al is daar effense ligbesoedeling.

...lees verder


besigtig


Week 27

'n Topografiese kaart van die Pireneëreeks.

DiePireneë (Frans:Pyrénées,Spaans:Pirineos,Katalaans:Pirineus,Oksitaans:Pirenèus ofPirenèas,Aragonees:Perinés,Baskies:Pirinioak) is 'n bergreeks in Suidwes-Europa wat die natuurlike grens tussenFrankryk enSpanje vorm.

Die Pireneë strek vanaf dieKantabriese See in die weste oor 'n afstand van meer as 450 kilometer tot by die Kaap Creus aan dieMiddellandse See en vorm met sy magtige bergpieke met hoogtes van meer as 3 000 meter bo seevlak 'n natuurlike versperring wat Spanje van die res van die Europese vasteland skei. Die bergreeks met sy groen valleie en historiese nedersettings vorm al eeue lank 'n smeltkroes van verskillende kulture en die tradisionele ingangspoort tot die Spaanse gedeelte van dieJakobsweg-pelgrimsroete.

Die hoofkam van die bergreeks vorm grotendeels ook die grenslyn tussen Frankryk en Spanje, terwyl die landgebonde vorstedomAndorra tussen dié twee state lê. Die Val d'Aran vorm 'n uitsondering; hierdie vallei is teen die noordelike kant van die bergreeks geleë, maar maak nogtans deel uit van Spanje. Terwyl groot dele van die Pireneë in politieke opsig deel uitmaak van Frankryk (een derde van die totale oppervlakte) en Spanje (twee derdes), is 'n derde land, die klein Katalaanssprekende prinsdomAndorra, heeltemal tussen die bergtoppe geleë.

...lees verder


besigtig


Week 28

Nasa-Satellietbeeld van Senegal.

Senegal, amptelik dieRepubliek Senegal (Frans:République du Sénégal), is 'nland suid van dieSénégalrivier inWes-Afrika. Senegal word begrens deur dieAtlantiese Oseaan in die weste,Mauritanië in die noorde,Mali in die ooste enGuinee enGuinee-Bissau in die suide.Gambië vorm 'nenklawe binne Senegal om dieGambiërivier vir meer as 300 km in die binneland in. DieKaap Verde-eilande lê ongeveer 560 km van die Senegalesekus af.

Senegal is geleë aan die weste van die Afrika-vasteland. Die Senegalese landskap bestaan hoofsaaklik uit golwende sanderige vlaktes van die westelikeSahel wat tot voetheuwels in die suidooste styg. Hier word ook Senegal se hoogste punt aangetref, 'n andersins naamlose 581 m hoë punt naby Nepen Diakha. Die noordelike grens word gevorm deur die Sénégalrivier, ander riviere sluit in die Gambië- en dieCasamancerivier. Die hoofstadDakar lê op dieCap-Vert-skiereiland, die mees westelike punt van vastelandAfrika.

Die plaaslikeklimaat is tropies met goed-gedefinieerde droë en nat seisoene wat die gevolg van noordoostelikewinterwinde en suidwestelikesomerwinde is. Dakar se jaarliksereënval van omtrent 600 mm vind plaas tussen Junie en Oktober wanneer die maksimumtemperatuur gemiddeld 27 °C is; Desember tot Februarie se minimumtemperature is omtrent 17 °C. Binnelandse temperature is hoër as langs die kus en reënval styg heelwat verder suid en oorskry 1500 mm per jaar in sommige gebiede.

...lees verder


besigtig


Week 29

Kusdorpie op die eiland Bornholm.

Denemarke (Deens:Danmark [ˈd̥ɛnmɑɡ̊]luister(hulp·inligting)) is geleë inNoord-Europa in die gebied wat asSkandinawië bekend staan. Dit is 'nkonstitusionele monargie metKoninginMargrethe II as simboliese leier en 'n eenkamerparlement, dieFolketinget.

Denemarke is met 'n oppervlakte van sowat 43 000 vierkante kilometer die kleinste van die Skandinawiese lande, maar nogtans die mees digbevolkte en ten opsigte van sy bevolking ook die tweede grootste náSwede. Denemarke bestaan uit dieskiereilandJutland (Deens:Jylland) - in geologiese opsig 'n uitbreiding van die Noord-Duitse Vlakte - en 'n groot aantal eilande waarvan sowat 100 bewoon is. Seeland (Deens:Sjælland), wat naby die Suid-Sweedse kus lê, is die grootste en mees digbevolkte van die eilande.

Denemarke se hoofstadKopenhagen is aan die nou seestraat van die Øresund geleë, 'n deurvaart wat van dieKattegat na die Oossee lei. Denemarke se kontrole oor al drie deurvaarte, wat dieAtlantiese Oseaan met dieOossee verbind - naas die Sund ook die Groot en Klein Belt (Deens:Store og Lille Belt), het van die land gedurende dieMiddeleeue 'n Noord-Europese grootmoondheid gemaak wat sy buurlande oorheers en sy magsgebied tot byNoorweë,Ysland,Groenland en dieFaroëreilande uitgebrei het. Die twee laasgenoemde gebiede is nog steeds Deense besittings.

Die land vorm in sommige opsigte 'n soort oorgang tussen Middel- en Noord-Europa - sy landskappe en klimaat kom grootliks ooreen met dié vanNoord-Duitsland en lyk baie min op dié van die Skandinawiese skiereiland (behalwe vir Suid-Swede).

Vanweë sy taalkundige erfenis - Deens maak deel uit van die Noord-Germaanse en Oos-Nordiese taalfamilie - en 'n gemeenskaplike geskiedenis van meer as duisend jaar, waartydens die land saam met Noorweë of Swede deur dieselfde koningshuis geregeer is, handhaaf Denemarke nou politieke en kulturele bande met die ander vier Nordiese lande Swede, Noorweë, Finland en Ysland.

Denemarke het egter ook in politieke en kulturele opsig steeds 'n brugfunksie tussen Middel- en Noord-Europa vervul. Die Deense koning was as die heerser van Sleeswyk en Holstein ook 'n vors van dieHeilige Romeinse Ryk, en Denemarke was die eerste Nordiese land wat by dieEuropese Unie aangesluit het. Die land het egter geen lidstaat van die Eurosone geword nie.

Ná 'n vinnige industrialisering in die 19de en 20ste eeu het Denemarke, wat nog steeds oor 'n hoogs moderne landbousektor beskik, tot een van die mees gevorderde nywerheidslande ontwikkel. Die land het 'n welvaartstelsel volgens die Nordiese model.

...lees verder


besigtig


Week 30

Marie Koopmans-De Wet.

Maria (Marie) Margaretha Koopmans-de Wet (Kaapstad,18 Maart1834 -Kaapstad,2 Augustus1906) was 'n kampvegter virAfrikanerregte, kultuurleidster, patriotiese weldoener, vermaarde Kaapse gasvrou en beskermvrou van die kunste.

Reeds as jong dogter is sy aangegryp deur die lotgevalle van die Voortrekkers, die totstandkoming van die Boererepublieke en die Anti-Bandietebeweging, almal gebeurtenisse wat bygedra het om 'n vurige patriotisme te ontwikkel. Haar woning by Strandstraat 23 sou in latere jare die bymekaarkomplek word van vooraanstaande Kaapse inwoners en selfs Boerepresidente. Sy het daarna gestrewe om die Kaaps-Hollandse tradisies en leefwyse in ere te hou deur haar te bewyer vir die bewaring van die volkseie, beskerming van die inheemse flora en die bewaring van die Kasteel. Sy het ook 'n wesentlike bydrae gelewer tot die uitbouing van die Hollandse taal, maar dit was veral tydens dieTweede Vryheidsoorlog dat haar volksdiens tot 'n hoogtepunt gevoer is. Haar woning het terselfdertyd die versamelplek geword van goedere wat vir die Boerekrygsgevangenes en die konsentrasiekampe bestem was.

...lees verder


besigtig


Week 31

'n Uitsig oor Durban se binnestad, soos gesien vanaf die Moses Mabhidastadion.

Durban (Engels: [ˈdœːbən];Zoeloe:eThekwini, [ˈɛːʔtʰɛˌkwinĭ], afgelei vanitheku, letterlik: "baai/lagoon"; vroeërPort Natal) is 'n hawestad inKwaZulu-Natal,Suid-Afrika, langs dieIndiese Oseaan met ongeveer 4 miljoen inwoners uit 'n diverse groep kulture. Dit is 'n gewilde vakansiebestemming weens sy goeie weer en die warmAgulhasstroom. Suid-Afrika se besigste hawe,Durban-hawe, is by Durban wat een van die wêreld se diepste natuurlike hawens is. Durban behels ook Suid-Afrika se derde besigste lughawe, dieKoning Shaka Internasionale Lughawe, ná dieO.R. Tambo Internasionale Lughawe inJohannesburg en dieKaapstad Internasionale Lughawe.

DieeThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is een van Suid-Afrika se agt metropolitaanse munisipaliteite en volgens die sensus van 2011 die derde grootste metropolitaanse munisipaliteit van Suid-Afrika ná dieStad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit en dieStad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Durban is een vanAfrika se grootste stede aan die Indiese Oseaan en Suid-Afrika se tweede belangrikste nywerheidsentrum ná Johannesburg.

In 2000 het Durban saam metUmlazi en ander gebiede in die omgewing deel geword van dieeThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit met 'n geskatte bevolking van 3 442 361 in 2011. Sedert 2016 dienZandile Gumede van dieAfrican National Congress (ANC) as uitvoerendeburgemeester van Durban.

Dit het die hoogste getal van dollarmiljoenêrs van enige Suid-Afrikaanse stad; die getal het tussen 2000 en 2014 met 200 persent gestyg. In Mei 2015 is Durban amptelik erken as een van die New7Wonders-stede, saam metVigan,Doha,La Paz,Havana,Beiroet enKuala Lumpur.

...lees verder


besigtig


Week 32

'n Tierwyfie met haar kleintjies.

Dielewensiklus van die tier (Panthera tigris) behels die kringloop van die spesie sevoortplanting, grootmaak en vrekte.

Die tier se voortplanting volg gewoonlik op die aanpassing by dieomgewing waarin hy hom bevind: baiewelpies word gebore, maar min van hulle bereik volle wasdom. Die tiere word blind gebore en is daarom kwesbaar; gevolglik is hulle heeltemal afhanklik van hulma. Dit duur omtrent 'n anderhalf jaar vir die tierwyfie om haar kleintjies te leer jag – hulle volg die ma se voetspore.

In 'n poging om met 'nwyfie te paar, volg diemannetjie die kenmerkende patroon van katagtiges: wanneer die tierwyfie die mannetjie aanvaar het,kopuleer die mannetjie en word die posisie behou deur die wyfie se nekvel vas te gryp. Sodra die paring voltooi is, probeer die wyfie die mannetjie wegklap. Die paring geskied vinnig en word meermale per dag herhaal – oor 'n tydperk van hoogstens tien dae. Die dragtigheid duur gemiddeld 103 dae.

In die natuur is die lewensverwagting van die tier vyftien jaar en ses-en-twintig jaar in gevangenskap. Daar word gemiddeld twee nakomelinge per wildlewende dierepaar grootgemaak. Indieretuine word die siklus met behulp van die mens verander deur keisersnees, kunsmatigebevrugting en kruising met ander spesies.

...lees verder


besigtig


Week 33

’n Stervormende gebied in die Groot Magellaanse Wolk. Bron: Nasa/ESA

’nSter is ’n swaar, helder bolplasma wat deurswaartekrag byeengehou word. Die naaste ster aan dieAarde is dieSon, wat die bron is van die grootste deel van dieenergie op die planeet. Talle ander sterre is snags van die Aarde af sigbaar as hulle nie deur atmosferiese verskynsels verberg word nie. Hulle lyk soos ’n magdom klein ligpunte weens hul geweldige afstand. Die meeste duidelik waarneembare sterre is histories gegroepeer insterrebeelde enasterismes, en die helderste sterre het alledaagse name gekry. Sterrekundiges het oor die eeue heen verskeiekatalogusse saamgestel wat gestandaardiseerde name aan die sterre gee.

Vir die grootste deel van sy bestaan skyn ’n ster vanweë diekernfusie vanwaterstof tothelium in sy kern – dit laat energie vry wat deur die binnekant van die ster beweeg en daarna na die buitenste ruim uitgestraal word. Wanneer ’n ster se waterstof byna op is en hy groot genoeg is, word natuurlikeelemente swaarder as helium gevorm, óf deur ster-nukleosintese tydens sy bestaan óf deur supernova-nukleosintese wanneer ’n baie swaar ster ontplof. Sterrekundiges kan diemassa, ouderdom,metaalinhoud (chemiese samestelling) en baie ander eienskappe van ’n ster vasstel deur sy beweging deur die ruimte,ligsterkte enspektrum onderskeidelik. Die totale massa van ’n ster bepaal syevolusie en wat aan die einde van sy leeftyd daarmee gebeur. Ander eienskappe van ’n ster word bepaal deur sy evolusiegeskiedenis, soos sy deursnee, rotasie, beweging en temperatuur. Met ’n grafiek van die temperatuur van sterre teenoor hul ligsterkte, bekend as ’nHertzsprung-Russell-diagram (HR-diagram), kan die ouderdom en evolusiefase van ’n ster bepaal word.

Sterre word gevorm uit wolke van hoofsaaklik waterstof, met ook helium en klein hoeveelhede swaarder elemente. Wanneer die ster se kern dig genoeg geword het, word waterstof in helium omgesit deur kernfusie, en energie word in die proses vrygestel. Die res van die ster se binnekant gelei energie weg van die kern deur ’n kombinasie van stralings- enkonveksieprosesse. Die ster se interne druk voorkom dat dit onder sy eie swaartekrag instort. Wanneer al die waterstof by die kern opgebruik is, sit ’n ster met ’n gemiddelde massa soos die Son uit en word ’nrooireus. In swaarder sterre vind die samesmelting van swaarder elemente plaas by die kern of in lae om die kern. Die ster ontwikkel dan tot ’n gedegenereerde vorm en laat ’n deel van sy materie in die interstellêre omgewing vry, waar dit ’n nuwe generasie sterre sal vorm met ’n groter verhouding van swaar elemente. Intussen word die kern ’n steroorblyfsel: ’nwitdwerg,neutronster of, as sy massa groot genoeg is, ’nswartkolk.

Dubbel- enveelvoudige sterstelsels bestaan uit twee of meer sterre wat verbind word deur hul swaartekrag en gewoonlik in ’n stabiele baan om mekaar wentel. Wanneer twee sulke sterre baie na aan mekaar lê, kan hul swaartekrag-interaksie ’n groot invloed op hul evolusie hê. Sterre kan deel vorm van ’n baie groter swaartekraggebonde struktuur, soos ’nsterreswerm ofsterrestelsel.

...lees verder


besigtig


Week 34

Die vier buiteplanete en ander verafgeleë voorwerpe in die Sonnestelsel.

DieKuipergordel, soms ook dieEdgeworth-Kuipergordel genoem, is ’n streek in dieSonnestelsel anderkant die planete wat strek van die wentelbaan van Neptunus 30astronomiese eenhede (AE) van die Son af tot ongeveer 50 AE. Die streek is soortgelyk aan dieasteroïdegordel, hoewel dit aansienlik groter is: 20 keer breër en met ’n massa van 20 tot 200 keer so groot. Soos die asteroïdegordel, bestaan die Kuipergordel uit klein voorwerpe, oorblyfsels van toe die Sonnestelsel gevorm het. Terwyl die hemelliggame in die asteroïdegordel hoofsaaklik uit rots en metaal bestaan, is die Kuipergordel se voorwerpe grootliks saamgestel uit bevrore vlugtige stowwe, of yse, soosmetaan,ammoniak enwater. Die Kuipergordel is die tuiste van minstens driedwergplanete:Pluto,Haumea enMakemake. Dit is genoem na die Nederlands-AmerikaansesterrekundigeGerard Kuiper, hoewel hy nie die bestaan daarvan voorspel het nie.

In 1992 isAlbion ontdek; dit was die eerste Kuipergordelvoorwerp (KGV) naas Pluto enCharon. Sedertdien het die aantal ontdekte KGV's tot meer as duisend gegroei en daar word geglo dat meer as 100 000 KGV's ’n deursnee van meer as 100 km het. Daar is oorspronklik geglo die Kuipergordel is die bron vankortperiodekomete (met ’n wentelbaan wat minder as 200 jaar duur om te voltooi). Studies sedert die middel 1990's het egter gewys die Kuipergordel is dinamies stabiel en dat dieverstrooide skyf, ’n dinamies aktiewe streek wat 4,5 miljard jaar gelede deur die uitwaartse beweging vanNeptunus geskep is, die ware oorsprong is. Verstrooideskyfvoorwerpe, soosEris, is KGV-agtige liggame met uiters groot wentelbane wat hulle tot 100 AE van die Son af neem.

Die Kuipergordel word onderskei van die teoretieseOortwolk, wat duisend keer verder is. Die voorwerpe in die Kuipergordel, verstrooide skyf en Oortwolk word saamTrans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) genoem.

Een van Neptunus senatuurlike satelliete,Triton, is waarskynlik ’n KGV wat deur die planeet in ’n wentelbaan vasgevang is.

Met ’n deursnee van meer as 2 000 km is diedwergplaneetPluto die grootste lid van die Kuipergordel. Dit is ook die naasgrootste TNV (naas Eris in die verstrooide skyf). Pluto, wat aanvanklik as ’n planeet geklassifiseer is maar sedert 2006 ’n dwergplaneet is omdat dit as ’n KGV beskou word, se samestelling is soortgelyk aan dié van baie ander voorwerpe in die Kuipergordel en sy wentelperiode is kenmerkend van ’n klas KGV's bekend asplutino's, wat dieselfde 2:3-baanresonansie met Neptunus het.

DieNew Horizons-ruimtetuig is op pad na ander Kuipergordelvoorwerpe ná sy verbyvlug van Pluto op 14 Julie 2015.

...lees verder


besigtig


Week 35

Besienswaardighede van Pretoria.

Pretoria (Suid-Ndebele:iPitori) is die administratiewehoofstad vanSuid-Afrika en is geleë in die provinsieGauteng, ongeveer 50 km noord vanJohannesburg. Die stadsgebied word deurkruis deur dieMagaliesbergreeks.

Pretoria is op 16 November 1855 deur dieVoortrekkers gestig en het in 1860 die hoofstad van dieZuid-Afrikaansche Republiek en in 1910Transvaal en ook die nuutgestigteUnie van Suid-Afrika se uitvoerende hoofstad geword.Kaapstad is sedert 1910 die wetgewende hoofstad enBloemfontein die geregtelike hoofstad.

In vergelyking met die naburige Johannesburg het Pretoria, wat eers in 1931 stadstatus verkry het, teen 'n stadiger tempo gegroei. Eers toe dieNasionale Party in 1948 aan die bewind gekom het, het Pretoria gaandeweg in belangrikheid toegeneem. Die stad dien tans oorwegend as 'n administratiewe sentrum, en die plaaslike dienstesektor verskaf die meeste werkgeleenthede. Nogtans beskik Pretoria oor 'n nywerheidsbasis, wat veral op die yster- en staalbedryf asook motorvervaardiging steun, en dien daarnaas as 'n spoorwegsentrum.

Pretoria se tersiêre opvoedingsinstellings sluit dieUniversiteit van Suid-Afrika (gestig in 1873 en tans een van die vernaamste instellings ter wêreld vir afstandsonderwys), dieUniversiteit van Pretoria (gestig in 1908) en dieTshwane-Universiteit vir Tegnologie in.

Sedert 2000 vorm Pretoria deel van dieStad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit. Op 7 Maart 2005 het die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit in 'n vergadering besluit om die Stad Tshwane formeel as 'n geografiese pleknaam te registreer op die databasis van dieSuid-Afrikaanse Geografiese Nameraad (SAGNR) in terme van die SAGNR Wet 118 van 1998. Sedertdien is die Tshwane metroraad in 'n omstredeproses betrokke om Tshwane as die amptelike en enigste naam van die stad te vestig.

...lees verder


besigtig


Week 36

’n Kaart van die Republiek Masedonië

Masedonië (Masedonies: Македонија,Makedonija, [makɛˈdɔnija]), amptelik dieRepubliek Masedonië (Masedonies: Република Македонија,Republika Makedonija,luister(hulp·inligting)), is ’nlandingeslote republiek op dieBalkanskiereiland. Dit is een van die opvolgerstate vanJoego-Slawië en het in 1991 onafhanklik geword. Die land het ’n oppervlakte van 25 713 km² en het in 2017 ’n geraamde bevolking van 2 103 721 gehad. Aangrensend isBulgarye in die ooste,Albanië in die weste,Griekeland in die suide enSerwië enKosovo in die noorde. Diehoofstad en grootste stad isSkopje.

Dit het in 1993 lid van dieVerenigde Nasies geword, maar vanweë ’n dispuut metGriekeland oor sy naam is dit toegelaat onder die naam die voormaligeJoego-Slawiese Republiek Masedonië (soms afgekort asVJRVM ofVJR Masedonië), ’n term wat ook gebruik word deur internasionale organisasies soos dieEuropese Unie, dieRaad van Europa enNavo. Op 12 Junie 2018 het Masedonië en Griekeland voorlopig ooreengekom om hul dispuut te beëindig, wat daartoe sal lei dat die land hernoem word tot die "Republiek Noord-Masedonië" (Република Северна Македонија,Republika Severna Makedonija).

Masedonië bestaan min of meer uit die noordwestelike derde van die groter geografiesestreek Masedonië, wat ook die aangrensende dele van Noord-Griekeland en kleiner dele van Suidoos-Bulgarye en Suidoos-Albanië insluit. Die land se geografie bestaan hoofsaaklik uitberge,valleie enriviere. Skopje is die tuiste van nagenoeg ’n kwart van die land se inwoners. Die meerderheid is etniese Masedoniërs, ’nSuid-Slawiese volk.Albanese maak ’n aansienlike minderheid (sowat 25 persent) uit, gevolg deur Turke, Roma, Serwiërs en ander.

Die streek se geskiedenis dateer uit die oudheid – dit begin met die koninkrykPaionia, moontlik ’n staat met ’n mengsel vanThraciërs enIlliriërs. In die laat 6de eeu v.C. is die gebied ingelyf by dieAchaemenidiese Ryk en in die 4de eeu v.C. geannekseer deur dieKoninkryk Masedonië. Die Romeine het dit in die 2de eeu v.C. verower en dit deel gemaak van die veel groterprovinsie Masedonië. Die gebied het deel gebly van dieBisantynse Ryk, of Oos-Romeinse Ryk, en is sedert die 6de eeu n.C. dikwels ingeval deur Slawiese volke, wat hulle daar gevestig het.

Ná ’n eeue lange reeks konflikte tussen Bisantium en dieBulgaarse enSerwiese Ryk het dit van die 14de eeu af geleidelik onderOttomaanse heerskappy gekom. Tussen die laat 19de en vroeë 20ste eeu het ’n unieke Masedoniese identiteit ontstaan, hoewel die moderne streek Masedonië ná dieBalkanoorloë van 1912 en 1913 onder Serwiese bewind gekom het. Ná dieEerste Wêreldoorlog van 1914 tot 1918 is dit ingelyf by die Serwies-oorheersde Koninkryk Joego-Slawië, wat in 1963, ná dieTweede Wêreldoorlog, dieSosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië geword het. Masedonië het ’n sosialistiese republiek van Joego-Slawië gebly totdat dit in 1991 vreedsaam afgestig het.

Hoewel Masedonië een van Europa se armste lande is, het dit groot vooruitgang gemaak in die ontwikkeling van ’n oop, markgebaseerdeekonomie.

...lees verder


besigtig


Week 37

Kaart van Suidoos-Asië in 900 n.C.; Khmer-ryk in rooi.

DieKhmer-ryk (Khmer: ចក្រភពខ្មែរChakrphup Khmer of អាណាចក្រខ្មែរAnachak Khmer), amptelik dieAngkor-ryk (Khmer: អាណាចក្រអង្គរAnachak Angkor) was die voorloperstaat van die moderneKambodja. Dit was ’n magtigeHindoe-Boeddhistiese ryk inSuidoos-Asië wat uit die ouer koninkryke Funan en Chenla ontwikkel het, en het met tye oor die grootste deel van die Suidoos-Asiatiese vasteland regeer.

Sy grootste nalatenskap isAngkor, in die hedendaagse Kambodja, wat die hoofstad tydens die ryk se hoogtepunt was. Die majestueuse monumente van Angkor, soosAngkor Wat enBayon – is getuienis van die Khmer-ryk se enorme mag en rykdom, indrukwekkendekuns enkultuur,argitektoniese tegnieke en astetiese prestasies, sowel as die verskeidenheidgelowe wat deur die eeue hier beoefen is. Satellietbeelde het onthul dat Angkor tydens sy hoogtepunt in die11de en13de eeu die grootste pre-industriële stadsgebied in die wêreld was.

Die jaar802 n.C. word gewoonlik beskou as die begin van die era van die Khmer-ryk. In dié jaar het koningJayavarman II hom opPhnom Kulen verklaar totchakravartin ("koning van die wêreld" of "koning der konings"). Die ryk het tot ’n einde gekom met die val van Angkor in die15de eeu.

...lees verder


besigtig


Week 38

Verspreiding en indeling van die gesproke Nederduitse dialekte.

Nederduits is 'nskoolvak in dieNoord-Duitse deelstateHamburg,Sleeswyk-Holstein,Mecklenburg-Voorpommere enBremen. In Bremen maak Nederduits deel van 'n proefprojek uit; in die res van die deelstate is dit 'n keusevak. InNedersakse word Nederduits deels as voertaal gebruik, maar is op sigself nie 'n skoolvak nie. In die drie noordelike deelstate wat in die Nederduitse taalgebied geleë is (naamlikNoordryn-Wesfale,Brandenburg enSakse-Anhalt), word die taal vrywillig in klubformaat aangebied. Nederduits is in der waarheid 'n orgideevak wat ook slegs in enkele skole in die Noord-Duitse deelstate aangebied word; in geen ander deelstaat nie.

Omrede die taal deur die jare heen sy prestige verloor het en nou uitsterwing in die gesig staar, word Nederduits eers onlangs weer as skoolvak aangebied. Aangesien die leerlinge nie meer van huis uit Nederduits praat nie, is die skool een van die laaste bastions waar hierdie taal nog aangeleer kan word. Die deurslaggewende faktor vir die invoer van Nederduits as skoolvak is die Europese Handves vir Streeks- of Minderheidstale wat in 1998 deurDuitsland onderteken en in 1999 bekragtig is. Luidens hierdie handves nestel Nederduits hom gemaklik as beskermdestreekstaal langs beskermde minderheidstale soosDeens,Sorbies,Fries enRomani. Die taalhandves dien as regsraamwerk wat die taalpolitiek in Duitsland vorm, beïnvloed en reguleer. Die onderskeie state verbind hulle daartoe om die streeks- en minderheidstale te beskerm en te bevorder. Onder andere behels hierdie maatreëls om die onderrig en universitêre/hoër onderwys van die taal moontlik te maak. Die beskerming en bevordering van Nederduits het reeds vanaf 1993 en 1998 in Mecklenburg-Voorpommere en in Sleeswyk-Holstein onderskeidelik grondwetlike status verkry. Ook die Nederduitsonderrig in openbare skole in die deelstaat Sleeswyk-Holstein is grondwetlik veranker.

Hamburg is die eerste deelstaat wat Nederduits as gewone skoolvak by enkele laerskole ingevoer het. Daarna volg Sleeswyk-Holstein en Bremen in 2014 en Mecklenburg-Voorpommere in 2016. Sedert 2017 word Nederduits deur die Kultuurministerie van Duitsland as mondelinge en skriftelikeAbitur-eksamenvak erken. Tot dusver is Mecklenburg-Voorpommere die enigste deelstaat wat Nederduits ook op middelbare skole (Sekundarstufe II) bevorder het.

...lees verder


besigtig


Week 39

Johannes Meintjes in 1947, toe hy sowat 24 jaar oud was.

Johannes Meintjes (Riversdal,19 Mei1923Molteno,Suid-Afrika,7 Julie1980) was ’n Suid-Afrikaanse kunsskilder, beeldhouer, amateur-geskiedkundige, skrywer en dramaturg.

Meintjes het reeds voor sy 22ste verjaardag bekend geword. Die aantreklike en aangename, maar intense, broeiende jong kunstenaar het die soort openbare ophemeling of heldeverering geniet wat later jare net die jong ikone van die musiek- of rolprentwêreld beskore sou wees. In ’n resensie van John Coetzee seThe Message in 1990 skryf Marina le Roux van Johannes Meintjes hy was “byna die ideale bibliotekaris: kundige vakman, kunstenaar, onvermoeide navorser en onderhoudende skrywer, veral oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis”. Maar dit was by uitstek as kunsskilder dat hy hom vroeg reeds onderskei het toe hy feitlik oornag roem verwerf. Volgens die kunskenner en skrywerEsmé Berman was so iets ongekend in die Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis. Vanweë sy voorkoms en sy nonkonformisme word hy soms beskryf as “Molteno seJames Dean”.

Helena Theron, ook inDie Burger, sê hy was “merkwaardig” as kunstenaar sowel as letterkundige. Hoewel hy nie in dieselfde asem as groot Suid-Afrikaanse kunsskilders soosStern,Laubser ofPierneef genoem word nie, word hy beslis as ’n voorste Suid-Afrikaanse skilder van die 20ste eeu beskou. Die hoogste prys wat ’n skildery van Meintjes tot dusver (middel 2014) op ’n veiling behaal het, was R668 400 vir sySwazi Landscape op ’n veiling deur Strauss & Co in die Vineyard-hotel,Kaapstad, vroeg in Oktober 2012.

In sy kort leeftyd van net oor die 57 jaar is meer as 1 400 koerantberigte en tydskrifartikels oor hom geskryf. Hy het sowat 1 340 skilderye geskilder, tientalle beeldhouwerke geskep asook honderde sketse, grafiese werke en waterverfskilderye. Sy gepubliseerde werke tel 35, terwyl hy ook tallose ongepubliseerde manuskripte nagelaat het, waarvan talle verlore geraak het.

...lees verder


besigtig


Week 40

Nasa-Satellietbeeld van Litaue.

Litaue ofLitoue (Litaus:Lietuva, [lʲɪɛtʊˈvɐ]), amptelik dieRepubliek Litaue (Lietuvos Respublika), is ’nNoordoos-Europeseland en ten opsigte van sy oppervlakte sowel as sy bevolking die grootste van die drieBaltiese lande. As die suidelikste van hierdie drie lande vorm Litaue volgens metings van die Franse Nasionale Instituut vir Geografie ook die middelpunt vanEuropa – net 26 kilometer noord van die Litause hoofstadVilnius dui ’n wit granietsuil met vonkelende sterre hierdie geografiese punt aan en versinnebeeld ook die onafhanklike Republiek Litaue se lidmaatskap in dieEuropese Unie.

Die Litause landskap met sy saggies golwende heuwels, donker woude en eensame mere het aanleiding tot die ontstaan van ’n ryk erfenis van sprokies, mites en liedere gegee wat onder meer die belangstelling vanDuitse digters en filosowe soosJohann Wolfgang von Goethe enJohann Gottfried von Herder gewek het. Sangfeeste is steeds ’n belangrike deel van die kulturele lewe in Litaue, en sowat ’n kwart van die totale bevolking is lede van koorgroepe.

Vandag is Litaue ’n moderne Europese land wat sy regmatige plek in die Europese en wêreldekonomie inneem, terwyl sy bewoners danksy die uitgestrekte en dikwels ongerepte landskappe een van die mees natuurverbonde volke op die Europese vasteland gebly het. Litaue is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van dieEuropese Unie en op 1 Januarie 2015 is dieEuro asgeldeenheid ingevoer. Op 5 Julie 2018 het Litaue by dieOESO aangesluit.

...lees verder


besigtig


Week 41

Die nasionale vlag van Australië.

Dienasionale vlag van Australië is amptelik op3 September1901 aanvaar. Die vlag vertoon ’n Blou Britse vaandel met die Ster van dieGemenebes onder die skildhoek en die vyf sterre van dieSuiderkruis op die wapperkant.

Die vlag se oorspronklike ontwerp (met ’n sespuntige Ster van die Gemenebes) is in 1901 gekies uit inskrywings in ’n wêreldwye kompetisie wat gehou is nadat die Federasie op die been gebring is, en is vir die eerste keer op 3 September 1901 inMelbourne vertoon; hierdie datum is verklaar as dieAustraliese Nasionale Vlagdag. ’n Effens gewysigde ontwerp is in 1902 deurkoning Edward VII goedgekeur. Oor die volgende paar jaar is die presiese spesifikasies van die vlag telkens gewysig, soms doelbewus en soms as gevolg van ’n misverstand. Die huidige spesifikasies is in 1934 in die staatskoerant gepubliseer en in 1954 is die vlag wetlik gedefinieer in die Vlagwet van 1953 en erken as die “Australiese Nasionale Vlag”.

Naas hierdie vlag is daar ook ander vlae wat Australië, sy mense en kernbedrywe van die regering verteenwoordig.

...lees verder


besigtig


Week 42

Belfast se stadsaal is in die neobarok-styl ontwerp en vanaf 1898 tot 1906 opgerig.

Belfast (Iers:Béal Feirste, letterlik: "monding van die sandbanke";Skots:Bilfawst ofBilfaust;Skots-Gaelies:Beul Feirste) is diehoofstad en grootste stad vanNoord-Ierland, een van die vierlande van dieVerenigde Koninkryk, met 'n oppervlak van 115 vierkante kilometer en 'n bevolking van 281 000 volgens die sensus van 2011 (333 871 ná die munisipale hervorming in 2015). Die metropolitaanse gebied van Belfast (Belfast Metropolitan Urban Area) het 'n bevolking van 641 638.

Die naam Belfast is afgelei van die Iers-GaelieseBél Feirste ("monding van die Farset", die Ierse termfeirste verwys na 'n sandbank of 'n sanderige fjord). Die stad was oorspronklik teen die Farsetrivier geleë, maar intussen is die Lagan die belangrikste rivier van Belfast. Die Farsetrivier vloei tans onder High Street en het byna in vergetelheid geraak.

Die vroegste nedersettings in die gebied dateer uit dieBronstydperk. Vanaf die 18de eeu het Belfast tot 'n belangrike stedelike sentrum in Ierland gegroei wat vandag as die administratiewe hoofstad van Noord-Ierland dien. Die nywerheidsomwenteling het van die stad 'n belangrike industriële en handelspilpunt gemaak waaraan vanweë sy indrukwekkende 19de eeuse argitektuur die bynaamAthene van die Noorde gegee is, maar in die laat 20ste eeu het sy tradisionele nywerheidsbedrywe, waaronder skeepsbou, 'n groot mate van agteruitgang beleef.

Die politieke geskiedenis van Belfast is deur die konflik tussen die Protestantse en Rooms-Katolieke gemeenskappe oorheers waardeur die stad in "Protestantse" en "Katolieke" woongebiede verdeel is. Met die ondertekening van 'n vredesooreenkoms vir Noord-Ierland, die sogenaamde Goeie Vrydagooreenkoms van 10 April 1998, het die konflikpartye hul steun vir vreedsame ontwikkeling bevestig en sodoende die pad vir ekonomiese groei en die regenerasie van die middestad en die dokgebiede gebaan.

...lees verder


besigtig


Week 43

Die Suider-Afrikaanse luislang (Python natalensis).

DieSuider-Afrikaanse luislang ofgewone luislang (Python natalensis), voorheen ook genoem dieAfrika-rotsluislang,Natalse rotsslang,rooibokslang,konstriktorslang,bosveldslang en verkeerdelikboa, is 'n slangsoort van die familiePythonidae en word by die subfamilie van die luislange ingedeel. Diespesie is voorheen as 'nsubspesie van diePython sebae beskou en word eers as 'n afsonderlike spesie in 1999 erken. Met 'n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Suider-Afrikaanse luislang een van die grootste slange ter wêreld. Die verspreiding beslaan die tropiese en subtropiese dele vanSentraal- totSuid-Afrika. Die spesie hou hoofsaaklik in die oopsavanne, nie te ver van water nie. As kultuurvlugter vermy die luislang menslike nedersettings en word soms net teëgekom by matig intensief verboude plantasies.

Na die grootte van die luislang wissel die voedsel van klein tot medium, bitter selde tot groot gewerwelde diere. Volwasse luislange vreet dikwels kleinboksoorte. In uitsonderlike gevalle word ook prooidiere van oor die 25 kilogram, soos halfvolgroeiderooibokke enwaterboklammers, en kleinjagluiperdwelpies gevang. Die Suider-Afrikaanse luislange is soos al die slangsoorte van die genusPython eierlêend (ovipaar) en behoort tot die soort waar die wyfie nie die broeitemperatuur deur spierbewings nie, maar deur die son reguleer. Weens verdelging voor die voet en habitatvernietiging het die aantal luislange in hul oorspronklike verspreidingsgebied drasties verminder; dieInternasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur beskou hierdie slang egter steeds as 'n nie-bedreigde spesie.

...lees verder


besigtig


Week 44

Berg Athos in Griekeland.

Berg Athos (Grieks: Όρος Άθως,Oros Athos [ˈoros ˈaθos]) is die naam van ’nberg enskiereiland in die provinsieMasedonië inGriekeland. DieGrieke verwys in die algemeen daarna as die Heilige Berg (Άγιον Όρος,Agion Oros). Dit is ’nwêrelderfenisgebied en die tuiste van ’n outonome monnikestaat onder Griekse soewereiniteit (amptelik dieKloosterstaat van die Heilige Berg). Dit bestaan uit 20Oosters-Ortodoksekloosters.

Op geestelike gebied val Berg Athos onder die jurisdiksie van dieEkumeniese Patriargaat van Konstantinopel.

Die skiereiland, die mees oostelike uitsteeksel van die groterChalcidiese Skiereiland, strek 50 km ver in dieEgeïese See. Dit is tussen 7 km en 12 km breed en het ’n oppervlakte van 335,637 km2. Die berg self het steil, digbegroeide hange wat tot 2 033 m hoog is. Die omringende see, veral aan die punt van die skiereiland, kan gevaarlik wees.

Hoewel Berg Athos aan die land grens, kan dit net per boot bereik word. Twee groot veerbote, Agios Panteleimon en Axion Estin, vaar daagliks (as die weer dit toelaat) tussen Ouranoupolis enDafni. Dit stop by van die kloosters aan die weskus. ’n Kleiner motorboot, Agia Anna, ry dieselfde roete, maar hou nie by ander kloosters stil nie. Daar is ook veerbote tussen Ierissos en kloosters aan die ooskus.

Die daaglikse getal besoekers aan Berg Athos word beperk en almal moet ’n spesiale permit vir ’n beperkte tyd kry. Slegs mans word toegelaat op die skiereiland, wat deur die monnike die "Tuin van die Maagd" genoem word. Net mans bo agttien jaar wat lid van die Oosters-Ortodokse Kerk is, mag daar bly – as monnike of werkers.

...lees verder


besigtig


Week 45

Wapen van Glasgow, Skotland.

Glasgow (Standaardengels: [ˈɡlɑːzɡəʊ], plaaslik: [ˈɡlazɡo];Skots:Glesga;Skots-Gaelies:Glaschu [ˈkɫ̪as̪əxu]) is die grootste stad inSkotland en die derde mees bevolkte in dieVerenigde Koninkryk. Sy bewoners word in EngelsGlaswegians of kortWeegies genoem. Die stad is aan dieClyde-rivier in die Westelike Sentrale Laagland van Skotland geleë.

Glasgow het van 'n klein landelike nedersetting teen die Clyde tot een van die grootste seehawens in Groot-Brittanje ontwikkel. Die Middeleeuse biskopsetel, waar later, in die 15de eeu, dieUniversiteit van Glasgow gestig is, sou uiteindelik 'n beduidende sentrum van die 18de eeuse Skotse Verligting word. Vanaf die 18de eeu was Glasgow een van die belangrikste Britse seehawens vir die transatlantiese handel met Brits-Noord-Amerika en die Britse Wes-Indiese Eilande.

Die Nywerheidsomwenteling het van Glasgow en die omliggende gebiede een van die wêreld se grootste sentrums van swaar nywerhede gemaak waar skeepsbou en mariene ingenieurswese gefloreer het. 'n Groot aantal innovatiewe en beroemde skepe is hier gebou. Gedurende dieVictoriaanse enEdwardiaanse tydperk het Glasgow die trotse bynaam "Tweede Stad van die Britse Ryk" gedra. Stadsvaders en inwoners het hulself as burgers in 'n Britse asook 'n imperiale konteks beskou.

Die huidige stadsbeeld is dan ook, ondanks die feit dat groot dele van die argitektoniese erfenis in die afgelope dekades vernietig is, 'n produk van die Victoriaanse en Edwardiaanse periode tussen 1830 en 1912 toe een van die belangrikste en welvarendste metropole ter wêreld teen die Clyde ontstaan het. Die kenmerkendste geboue uit hierdie tyd word tans onder Glasgow se besienswaardighede gereken: die statige marmergebou van dieCity Chambers op George Square, Gilbert Scott se Universiteitstoring, die heuningkleurigesandsteen-woonhuise in Woodside en hul roosrooi eweknieë in Hyndland getuig van die welvaart van dié periode wat met die demokratiese munisipale hervormings van 1833 ingelui en met die massiewe uitbreiding van stadsgrense in 1912, wat Glasgow se karakter heeltemal sou verander en waardeur dit weer byBirmingham verbygesteek het om nog eens die tweede grootste stad in dieBritse Ryk te word, afgesluit is.

In die 19de en vroeë 20ste eeu het Glasgow vinnige bevolkingsgroei ervaar. Hierdie bevolkingsaanwas was slegs vir 'n klein gedeelte aan die insluiting van omliggende nedersettings te danke (die stadsgebied is tussen 1830 en 1912 altesaam elf keer uitgebrei), maar is hoofsaaklik deur toestroming uit ander dele van Skotland enIerland veroorsaak, waarby hierdie grootskaalse immigrasie selfs die hoë natuurlike bevolkingsaanwas verdwerg het. Die grootste inwonertal ooit is in 1939 met 1 128 473 aangeteken toe Glasgow een van die grootste stede inEuropa was.

Die ongekende industriële uitbreiding en bevolkingsaanwas het van Glasgow, wat deur die skrywerDaniel Defoe nog as "die mooiste stad in die Koninkryk" beskryf is, 'n nywerheidsentrum met rokende skoorstene, besoedelde riviere en uitgestrekte krotbuurte, waarin groot dele van die plaaslike werkersklas gehuisves is, gemaak. Ongeag alle sosiale moeilikhede soosmisdaad, ellende, omgewingsbesoedeling en epidemiese siektes, wat met die industriële groei gepaard gegaan het, was Glasgowers in hierdie tydperk volgens historiese berigte trots op hul stad wat nie net met Birmingham,Manchester enLiverpool nie, maar selfs met Londen probeer meeding het.

Vandag is Glasgow een van die tien belangrikste finansiële sentrums in Europa waar baie van Skotland se leidende ondernemings gesetel is. Stadvernuwing in die 1960's het omvattende projekte behels waarvolgens baie inwoners in sogenaamdenew towns en voorstede hervestig is. Hierdie proses het saam met die verskuiwing van stadsgrense die huidige bevolking van die Stad Glasgow tot sowat 599 650 laat daal. Die gebied van Groter Glasgow huisves tans 'n bevolking van 1,2 miljoen, terwyl in die metropolitaanse gebied en die omliggende dig bevolkte streke met altesaam 2,55 miljoen inwoners 41 persent van Skotland se totale bevolking saamgetrek is.

Glasgow het in 2014 as gasheerstad van dieStatebondspele opgetree.

...lees verder


besigtig


Week 46

Samuel Cronwright, Maart 1900.

Samuel Cron Cronwright (distrikBedford,Oos-Kaap,26 Januarie1863Rondebosch, 8 of 9 September 1936) was 'nSuid-Afrikaanse openbare figuur, boer, prokureur, sakeman, politikus en 'n biograaf van sy eerste vrou,Olive Schreiner, wie se van hy van hul huwelik in Februarie 1894 tot vier jaar ná haar dood in 1920 deel van syne gemaak het toe hy bekendgestaan het as Samuel Cron Cronwright-Schreiner. Dit was destyds selfs meer ongewoon as vandag, maar hy het dit op haar versoek gedoen omdat hy haar oortuigings oor vroueregte en die bevryding van die vrou gedeel het.

Cronwright het met die jare 'n omstrede figuur geword weens sy biografie oor sy vrou,The life of Olive Schreiner (1924), en veral weens die wyse waarop hy haar briewe uitgekies, geredigeer en gesny het voor hy dit gepubliseer het asook die publikasie van sommige van haar werke wat sy uitdruklik in haar testament gevra het nie gepubliseer moet word nie. Hy is ook al daarvan beskuldig dat hy geen begrip vir sy vrou se genialiteit gehad het nie. Hy word beskryf as 'n gevoelsmens, pleks van 'n letterkundige, en hoewel hy intelligent was en heelwat werke uit sy pen verskyn het, word hy selde enigsins as 'n skrywer beskou, veral nie een met meriete nie. Sy benadering tot sy vrou se geskrifte word ook as "fantasieloos" beskryf omdat hy deurentyd feite van versinsels wou skei, iets waarop sy nooit gesteld was nie.

Tog het hy veral in die eerste jare van hul getroude lewe feitlik alles opgeoffer ter bevordering van haar skrywersloopbaan en altyd getrou aan haar gebly. Dit het dan ook 'n tyd lank geblyk dat hy bestendigheid in haar lewe sou kon bring, veral toe die sekerheid van moederskap meer aantreklikheid aan die huwelik verleen het. Tog, toe sy dit ná skaars 'n jaar op sy huurplaas, Krantz Plaats in die distrikCradock, nie meer kon uithou nie weens haar gedurige asma-aanvalle en omdat sy stilte en afsondering wou hê terwyl die plaas gewemel het van die werkmense, het hy die boerdery prysgegee wat hy eiehandig oor nege jaar opgebou het sodat hulle elders kon gaan woon. Verskeie kritici het met die jare aan die hand gedoen dat haar asma, wat sy aangegee het as die vernaamste rede vir haar rusteloosheid, deur haarself veroorsaak is en die gevolg was van 'n diep gesetelde emosionele onbestendigheid. Niemand twyfel egter daaraan dat die liggaamlike lyding wat sy gevolglik moes verduur, eg was nie.

Toe sy kort ná hul vertrek van die plaas daarop aandring om opKimberley te gaan woon pleks van op 'n huurplaas waar Cronwright steeds die enigste beroep sou kon beoefen wat hy geken het, moes hy dit laat vaar om aan haar wens gehoor te gee. Enkele jare later, toe hy hom inJohannesburg byna as 'n prokureur bekwaam het, moes hy weereens verhuis weens haar gesondheid. Volgens Schreiner se biograaf Vera Buchanan-Gould was Olive met al haar eienaardighede teen omstreeks 1910 ’n las vir Cronwright en beweer sy dat hy indertyd nie meer veel selfopofferende toewyding getoon het nie en selfs dat hy, wat die eerste man opDe Aar was wat ’n motorkar besit het, so suinig was dat hy geweier het om haar te trakteer op ritte in sy motor en dat sy net toegelaat is om dit uit die verte te bewonder. Nog ’n biograaf,Johannes Meintjes, voer egter aan dat hy, hoewel hy hard aan sy onderneming gewerk het, nie ’n probleem met haar talle eksentrisiteite gehad het nie, dat dit hom net nog liewer vir haar gemaak het en hoewel sy kwaai druk op sy senuwees moes geplaas het, hy haar steeds met die grootse geduld versorg het.

Biograwe verskil oor die laaste dekade van hul lewe. Sommige beweer die egpaar het ál meer van mekaar verwyderd geraak totdat hulle van omstreeks 1913 af tot haar dood in 1920 so te sê vervreemd was. Volgens hulle het die twee eers tydens die laaste maand van haar lewe (inLonden) versoen geraak voordat sy na haar vaderland teruggekeer het om daar te sterf. Meintjes skryf egter dat hulle voortdurend liefdesbriewe aanmekaar geskryf het en opreg na mekaar verlang het toe hulle, weens dieEerste Wêreldoorlog, noodgedwonge geskei was.

...lees verder


besigtig


Week 47

Oostelike Noord-Amerika in 1775, met die Britse Provinsie van Quebec, die Dertien Kolonies langs die Atlantiese kus en die Indiane-reservaat soos bepaal deur die Koninklike Proklamasie van 1763. Die "Proklamasie-grenslyn" van 1763 vorm die grens tussen die gebiede wat op die kaart in rooi en pienk aangedui word, terwyl gebiede, waarop Spanje aanspraak gemaak het, oranje gekleur is.

DieAmerikaanse Rewolusie was 'n tydperk tussen 1765 en 1783 toe die Dertien Kolonies – Britse besittings in Noord-Amerika wat later as dieVerenigde State van Amerika sou bekend staan – in opstand gekom het teen die Britse koloniale gesag en uiteindelik hulle onafhanklikheid van dieBritse Ryk gekry het.

In hierdie periode het die Kolonies hulle onderlinge geskille laat staan en gesamentlik in opstand teen die Britse heerskappy gekom. Een van die hoofredes hiervoor was die Britse ekonomiese beleid ten opsigte van die Noord-Amerikaanse kolonies. Die koloniste se eie Puriteinse erfenis en die vryheidsteorieë van dieVerligting het ook 'n groot rol gespeel. Die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog het gevolg en vanaf 1775 tot 1783 geduur. Die oorlog het sy hoogtepunt met die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring in 1776 en die Kolonies se militêre oorwinning in 1781 bereik.

Frankryk het 'n beduidende rol in die oorlog gespeel, onder meer as die organiseerder van 'n anti-Britse koalisie. Die Franse het die Amerikaners van geld en ammunisie voorsien en 'n vloot en troepe na Amerika gestuur wat 'n beslissende rol in die Slag en Beleg van Yorktown gespeel het. Met hulle neerlaag nabyYorktown was die stryd vir die Britte verlore. Die alliansie met Frankryk het meegebring dat ookSpanje en die Nederlandse Republiek later tot die oorlog toegetree het, ter ondersteuning van die Amerikaners.

Die Amerikaanse Rewolusie het met 'n aantal verreikende intellektuele en sosiale veranderings in die Amerikaanse samelewing gepaard gegaan en onder meer die ideale van republikanisme onder die koloniale bevolking laat posvat. In 'n aantal deelstate is vurige debatte oor die rol van demokrasie in die regeringstelsel gevoer. Die republikeinse en demokratiese gedagtes het die ou tradisionele sosiale hiërargie omvergewerp en aanleiding gegee tot 'n nuwe etiek wat die grondbeginsel van Amerika se politieke waardes sou vorm.

Die rewolusionêre periode het in 1763 begin, toe die Franse militêre bedreiging aan die Brits-Noord-Amerikaanse kolonies beëindig is.Groot-Brittanje was vasbeslote om die koste van die oorlog teen Frankryk ten minste gedeeltelik deur die kolonies te laat dra en het 'n aantal nuwe belastings begin hef. Hierdie maatreëls was baie ongewild en is deur die setlaars selfs as onwettig beskou, aangesien hulle nie oor 'n verkose politieke verteenwoordiging in die Britse parlement beskik het nie.

Nadat onluste inBoston uitgebreek het, is Britse troepe teen die opstandelinge uitgestuur, terwyl die setlaars hulle burgermag gemobiliseer het. In 1775 het die eerste gevegte tussen Britte en Amerikaners plaasgevind. Sowat 'n sesde of vyfde van die Amerikaanse bevolking was nog steeds lojaal gesind teenoor die Britse gesag, maar die Amerikaanse Patriotte het steeds tussen 80 en 90 persent van die koloniale gebied beheer, terwyl die Britse magsgebied tot 'n aantal nedersettings langs die Atlantiese kus beperk was.

In 1776 het die afgevaardigdes van die dertien kolonies die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring eenstemmig aanvaar en die Verenigde State van Amerika gestig. Dié Onafhanklikheidsverklaring sou later die basis vorm van die Grondwet wat in 1787 opgestel is. Danksy hulle politieke en militêre verbond met Frankryk het die Kolonies uiteindelik 'n oorwinning oor die Britte gehaal en in dieVrede van Parys is die Amerikaanse onafhanklikheid in 1783 deur Groot-Brittanje amptelik erken.

Die nuwe grondwet het voorsiening gemaak vir 'n groot mate van outonomiteit vir elk van die nuwe state. Alhoewel die rewolusie politieke veranderings meegebring het, het die land weinig verskil in sy sosiale en ekonomiese groei gesien. Die werklike politiese gesag sou egter steeds by die hoër middelklas en groot grondbesitters lê.

...lees verder


besigtig


Week 48

'n Omstrede portret van William Shakespeare, ca. 1610.

William Shakespeare (gedoop26 April1564 – oorlede23 April1616) was 'nEngelse digter en dramaturg en word geag as die belangrikste skrywer van dieEngelsetaal en die wêreld se vernaamste dramaturg. Hy het ongeveer 38toneelstukke en 154sonnette asook 'n verskeidenheid andergedigte geskryf. Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure. Hy word gereeld beskou as die nasionale digter vanEngeland en daar word somtyds na hom verwys as die "Bard of Avon" (die Minnesanger van Avon), of eenvoudig net die "Bard", of die "Swaan van Avon".

Ortodokse geleerdes glo dat Shakespeare die meeste van sy werke tussen 1586 en 1612 geproduseer het, alhoewel die presiese datums en kronologie van die toneelstukke wat aan hom toegeken word aansienlik gedebatteer word, soos ook die outeurskap van sommige van sy werke. Hy word beskou as een van die min dramaturge wat uitblink in sowelkomedie astragedie en sy toneelstukke kombineer bekoring met komplekse karakterisering, digterlike prag en filosofiese diepte.

Shakespeare se werke is al in die mees-gebruikte, lewende tale vertaal en sy toneelstukke word voortdurend reg oor die wêreld opgevoer. Bowendien is Shakespeare die mees aangehaalde skrywer in die literatuur en geskiedenis van die Engels-sprekende wêreld, en baie van sy aanhalings enneologismes is nou deel van alledaagse Engels en ander tale. Oor die jare het baie mense gespekuleer oor Shakespeare se lewe en hardop gewonder oor sy seksualiteit en geloof.

...lees verder


besigtig


Week 49

Die Javaanse tier op beeld vasgelê (1938) in die Ujung Kulon Nasionale Park.

DieJavaanse tier (Panthera tigris sondaica) is 'n uitgestorwetiersubspesie wat voorheen slegs opJava voorgekom het. Die dier was klein van gestalte, maar is ook uitgeken aan sy pels met fyn en strakke strepe, asook die lang snoet met die lang skeurtande. Daar is weinig oor sy gedragspatrone bekend.

Die plaaslike bevolking het die Javaanse tier afgemaai, maar ook sy habitatontbos om plek te maak vir ryslande, kiaat-, koffie- en rubberboomplantasies. Soos sy vernaamste prooidiere, die Javaanse hert (Rusa timorensis) en die wildevark (Sus scrofa), al hoe skaarser geword het, moes die tier weens die habitatverlies ook nou al hoe meer om prooi meeding met die Javaanse luiperd (Panthera pardus melas). Die luiperd kon veel makliker by die nuwe veranderinge aanpas, omdat hy vernaamlik op klein tot middelgrootte prooidiere teer. Al hierdie faktore het uiteindelik bygedra tot die tiersubspesie se uitsterwing in die 1980's.

Hierdie tier maak ook deel uit van die Javaanse kultuurgoed. Omkleed met sy kragtige simboolwaarde word hy vereenselwig met die adelstand, natuurkragte,sjamanisme en voorvadergeesaanbidding. Dwarsoor die hele Suidoos-Asië huisves die tier glo 'n mensesiel wat die gedaante van 'n weertier kan aanneem en dan boosaardig kan raak. Die subspesie word ook vereenselwig met 'n offerseremonie wat as dierampog macan bekend staan.

...lees verder


besigtig


Week 50

Lukurgos Raadpleeg die Pitia (1835/1845), deur Eugène Delacroix.

DiePitia ofPutia (Grieks: Πῡθίᾱ) was die naam van die hoëpriesteres van die Tempel van Apollo byDelphi wat ook gedien het as dieorakel. Sy was algemeen bekend as dieOrakel van Delphi.

Die naam "Pitia" is afgelei van Pito, wat volgensmites die oorspronklike naam van Delphi is. Die pleknaam is in Grieks afgelei van πύθειν, "om te vrot", wat verwys na die sieklike soet reuk weens die ontbinding van die liggaam van die reusagtigePiton nadat dit deur Apollo doodgemaak is.

Die Pitia het op die laatste in die8ste eeu v.C. ontstaan en was bekend vir haarprofesieë danksy die feit dat sy vervul was met die gees van die god, in dié gevalApollo. Die Pitiese priesteres het teen die einde van die7de eeu v.C. belangrik geword en is tot in die4de eeu n.C. geraadpleeg. In dié tyd was die Orakel van Delphi die orakel met die grootste aansien en gesag onder die Grieke, en sy was die magtigste vrou van die klassieke wêreld. Die orakel is een van die bes gedokumenteerde godsdiensinstellings van die klassieke Grieke. Skrywers wat haar genoem het, sluit inAischylos,Aristoteles,Clemens van Alexandrië,Diodorus,Euripides,Herodotos,Ovidius,Plato,Plutarchus,Sophokles,Strabo enThukydides.

Min besonderhede bestaan egter oor hoe die Pitia te werk gegaan het, omdat skrywers van die antieke tyd (6de tot 4de eeu v.C.) die proses as algemene kennis hanteer en dus onnodig geag het om te verduidelik. Dié wat haar enigsins in detail bespreek het, was uit die 1ste tot 4de eeu n.C. en hul weergawes verskil. Volgens een van die mees algemene weergawes het die Pitia haar orakels gelewer in ’n waansinnige toestand wat veroorsaak is deur walms wat uit ’n spleet in ’n rots gekom het en het sy ’n brabbeltaal gepraat wat die priesters vertolk het as enigmatiese profesieë. Hulle het dit dan in poëtiesedaktiliese heksameters omgesit wat in die Griekse letterkunde bewaar gebly het. Dié idee is egter teengestaan deur geleerdes soos Joseph Fontenrose en Lisa Maurizio, wat gemeen het al die antieke bronne noem dat die Pitia verstaanbaar en in haar eie stem gepraat het. Herodotos het in die 5de eeu v.C. vertel die Pitia praat in daktiliese heksameters.

...lees verder


besigtig


Week 51

Die nasionale vlag van Duitsland.

Dienasionalevlag van Duitsland (Duits:Flagge Deutschlands) bestaan uit drie ewe groot horisontale bane in die nasionale kleureswart,rooi engoud (Duits:Schwarz-Rot-Gold). Die vlag is in 1919 tydens die kortstondigeRepubliek van Weimar vir die eerste keer goedgekeur en was tot 1933 in gebruik.

Duitsland se twee kompeterende tradisies van nasionale kleure, swart-rooi-goud en swart-wit-rooi, speel ’n belangrike rol in die Duitse geskiedenis. Die swart-rooi-goud-driekleur het sy eerste verskyning êrens in ’n vanDuitsers bevolkte soewereine staat in 1778 gehad en tydens die rewolusies van 1848 ’n wyer bekendheid verwerf.

Reeds voor dié rewolusie het die Bundestag die kleure op 9 Maart 1848 goedgekeur. Die Frankfurtse Parlement van 1848/1849 het in Desember met ’n keiserlike wet gevolg. Die vlag was so algemeen dat dit nie eens in diegrondwet van Maart 1849 genoem is nie. Na sy restourasie van 1850/1851 het die Bundestag tot in 1863 geen verdere gebruik van die vlag gemaak nie. Die Noord-Duitse Bond het in sygrondwet die kleure swart-wit-rooi goedgekeur.

Met die vorming van die kortstondige Republiek van Weimar ná dieEerste Wêreldoorlog is die driekleur as nasionale vlag van Duitsland goedgekeur. 16 jaar later, ná dieTweede Wêreldoorlog, is die driekleur in 1949 weer as driekleur van die twee state vanWes- enOos-Duitsland goedgekeur. Tot en met die byvoeging van die Oos-Duitse wapen in 1959 was die twee vlae identies. Sedert die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 dien die swart-rooi-goud-driekleur as vlag van die herenigde Federale Republiek Duitsland (of Bondsrepubliek Duitsland).

Ná die Oostenryks-Pruisiese Oorlog van 1866 keur die Pruisies gedomineerde Noord-Duitse Bond ’n driekleur van swart-wit-rooi as sy vlag goed. Hierdie vlag word later die vlag van dieDuitse Keiserryk, nadat dit tydens dieUnifikasie van Duitsland onder leierskap van diePruisiese koning, wat toe die Duitse Keiser sou word, verenig is. Dié vlag was tot die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918 in gebruik en is deur die driekleur van swart-rooi-goud vervang. Swart, wit en rooi is in 1933 met die oprigting vanNazi-Duitsland onderAdolf Hitler weer as nasionale kleure goedgekeur, waarmee die Duitse republikeinse kleure deur die keiserlike kleure tot en met die einde van die Tweede Wêreldoorlog vervang is.

Die kleure van die moderne vlag word met die republikeinsedemokrasie wat in 1848 vir die eerste keer voorgestel is, ná die Eerste Wêreldoorlog opgerig en ná die Tweede Wêreldoorlog herstel is, geassosieer en verteenwoordig Duitse eenheid en vryheid. Tydens die Republiek van Weimar verteenwoordig swart-rooi-goud die demokratiese, sentralistiese en republikeinse politieke partye, soos binne dieReichsbanner Schwarz-Rot-Gold wat deur lede van die Sosiaaldemokratiese, Sentrum en die Demokratiese partye ter verdediging van dierepubliek teen regse en linkse ekstremiste gestig is.

Die 19de-eeuse Rewolusioniste wat die vlagkleure as klere gedra het, het na die vlag as "Dreifarb" verwys, die Duitse vertaling van die term "Trikolore". Die vlag van Duitsland het geen amptelike naam nie, maar word algemeen netSchwarz-Rot-Gold ("swart-rooi-goud") genoem. Daarbenewens is diesinoniemBundesfarben ("federale kleure") gebruiklik; in die volksmond word dié vlag ookDeutschlandflagge ("Duitslandvlag") genoem. Seevaarders verwys soms na die vlag as "Adenauer", genoem na die eerste Duitse bondskanselierKonrad Adenauer.

...lees verder


besigtig


Week 52

Die nasionale vlag van Israel.

Dienasionalevlag van Israel (Hebreeus: דגל ישראל,Degel Jisra'él;Arabies: علم إسرائيل,ʿAlam Israʼīl) is op28 Oktober1948 amptelik goedgekeur, vyf maande nadat dieStaat Israel tot stand gekom het. Dit verteenwoordig die staat, sy soewereiniteit, sy instansies en sy burgers, sowel in Israel asook in die wêreld. Die vlag vertoon ’n blou Dawidster tussen twee horisontale blou bane op ’n wit agtergrond. Die Israeliese vlagwetgewing bepaal die amptelike metings op 160 by 220 cm. Daarom is die amptelike verhoudings 8:11. Variante met ’n wye verskeidenheid van verhoudings kan gevind word, met 2:3 wat algemeen is.

Dieblou kleur word as “donker lugblou” beskryf en wissel van vlag tot vlag. Die vlag is in 1891 vir die Sionistiese Beweging ontwerp. Die basiese ontwerp herinner aan dietalliet (טַלִּית), dieJoodse gebedskleed, wat wit is met donker strepe. Die simbool in die middel verteenwoordig dieDawidster (מָגֵן דָּוִד,Maden David), ’n Joodse simbool wat van Antieke tye dateer. Die vlag het in Risjon LeSion tydens die eerste alijá in 1885 verskyn en is inBasel deur die Eerste Sionistiese Kongres van 1897 aanvaar. Hierdie vlag is verkies bo die "Sewester-vlag" wat deurTheodor Herzl voorgestel is. Na die stigting van die Staat Israel het die Voorlopige Staatsraad die vlag van die staat bespreek. Die vlag van die Sionistiese beweging is amptelik gekies om vanaf 28 Oktober 1948 as vlag van die staat Israel te dien en het voorkeur geniet bo ander idees, hoofsaaklik as gevolg van die gewildheid onder die Joodse volk. Die regstatus van die vlag is veranker in die Vlag- en Simboolwet 5719–2018 en het grondwetlike status in die Grondwet ontvang: Basiese wet: Israel as die nasiestaat van die Joodse volk.

’n Beduidende deel van die van die Staat Israel se Joodse bevolking, en van die Jode wat in ander lande woon, beskou die nasionale vlag as ’n simbool van die onafhanklikheid van die Staat Israel. Een van die mees algemene uitdrukkings hiervan is die opheffing van die vlag op huise en motors op Onafhanklikheidsdag. In die ultraortodokse sektor is daar ’n polemiek oor die houding jeens die vlag en sy plek in hierdie samelewings, veral omdat dit ’n Sionistiese simbool is, en in sommige Arabiese sektore is daar dieselfde polemiek omdat dit ’n Sionistiese en Joodse simbool is.

In 2007 is ’n Israelse vlag van 660 m by 100 m met ’n gewig van 5,2 ton naby die antieke Joodse vesting Masada onthul waar dit ’n wêreldrekord opgestel het vir die grootste vlag. Dit is later deur ’n reuse-vlag van Libanon verbygesteek, wat in 2013 weer deur ’n reuse-vlag van Roemenië in Clinceni geklop is.

...lees verder


besigtig

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia:Voorbladartikels_2018&oldid=1635209"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp