Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar700 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van128 031. Dus verskyn een uit elke182 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels byKandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.


Nuwe toevoegings

'n Gerestoureerde skelet van 'n Plesiosaurus.

DiePlesiosauria (van dieGriekse πλησίοςplesios, "na aan", ensauros, "akkedis"), ofplesiosouriërs, is 'norde ofklade van uitgestorweMesosoïeseseereptiele wat tot die superordeSauropterygia behoort het.

Plesiosouriërs het in die laasteperiode van dieTrias die eerste keer verskyn, moontlik in die tydsnedeRhaetium, sowat 203 miljoen jaar gelede. Hulle het veral in dieJura algemeen geraak en het floreer totdat hulle in dieKryt-Paleogeen-uitwissingsvoorval, sowat 66 miljoen jaar gelede, verdwyn het. Hulle was in die wêreld se oseane versprei, en sommige spesies het minstens gedeeltelik varswateromgwings bewoon.

Plesiosouriërs was van die eerste fossiele reptiele wat ontdek is. Aan die begin van die 10de eeu het wetenskaplikes besef hoe uitsonderlik hulle bou was en hulle is in 1835 as 'n aparte orde geklassifiseer. Die eerstegenus van Plesiosauria, diePlesiosaurus, het in 1821 'n naam gekry. Sedertdien is meer as 100 spesies beskryf. Die getal ontdekkings het in die 21ste eeu toegeneem, en dit het gelei tot 'n groter begrip van hulle anatomie, verwantskappe en lewenswyse.

Plesiosouriërs het 'n breë, plat lyf en kort stert gehad. Hulle ledemate het in vier lang swempote ontwikkel, wat aangedryf is deur sterkspiere. Dié was geheg aan breë, benerige plate wat deur die skouergordel en bekken gevorm is. Die swempote het 'n vlieënde beweging deur die water uitgevoer. Plesiosouriërs het lug ingeasem en lewende kleintjies voortgebring; dit is 'n aanduiding dat hullewarmbloedig was.

Daar was tweemorfologiese soorte plesiosouriërs. Sommige spesies het 'n "plesiosouromorfe" bou gehad; hulle nekke was besonder lank en hulle koppe klein. Hulle was relatief stadig en het klein seediere gevang. Ander spesies het tot 17 meter lank geword en het 'n "pliosouromorfe" bou gehad, met 'n kort nek en groot kop. Hulle was toproofdiere: vinnige jagters van groot prooi. Dié twee soorte het verband gehou met die tradisioneel streng verdeling van Plesiosauria in twee subordes, die langnekkige Plesiosauroidea en die kortnekkige Pliosauroidea.

...lees verder
Ligging van die deelstaat Brandenburg in Duitsland.

Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk]luister(hulp·inligting);Nederduits:Bramborg/Brannenborg;Neder-Sorbies:Bramborska), amptelik dieDeelstaat Brandenburg (Land Brandenburg, afkorting: BB;Land Brannenborg;Kraj Bramborska), is 'ndeelstaat in die noordooste vanDuitsland. Die administratiewehoofstad en grootste stad isPotsdam. Brandenburg grens in die ooste aanPole, in die suide aan die deelstaatSakse, in die weste aan die deelstaatSakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van dieElbe se rivierloop aan die deelstaatNedersakse en in die noorde aanMecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstadBerlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring.

Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik asmarkgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied vanPruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van dieDuitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek Duitsland te word.

Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Syinfrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys. Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits:Metropolregion) Berlyn-Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig. Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soosPrignitz,Fläming,Spreewald,Oderbruch ofUckermark. In die omgewing van die stadCottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhedebruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word.

Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan
Japan

Aarde -Alabama -Alaska -Alexandrië -Alpe -Amsterdam -Andorra -Antarktika -Argentinië -Arktiese Oseaan -Arles -Armenië -Australië -Azerbeidjan -Belfast -België -Berg Athos -Berlyn -Bergen -Bernau bei Berlin -Bieszczady -Bordeaux -Botswana -Brandenburg -Brasilië -Bredasdorp -Bremen -Bretagne -Brussel -Buenos Aires -Bulgarye -Carcassonne -Chicago -Chili -Costa Rica -Darmstadt -Denemarke -Duitsland -Durban -Estland -Ethiopië -Faroëreilande -Finland -Frankfurt am Main -Frankryk -Frans-Guyana -Genua -Georgië -Glasgow -Gotenburg -Gqeberha -Hamburg -Harlem -Hawaii -Helsinki -Hesse -Ierland -Iran -Istanboel -Italië -Japan -Johannesburg -Kaaimanseilande -Kaapse Plooigordel -Kaapstad -Kalifornië -Kaliningrad -Kambodja -Kamtsjatka-skiereiland -Kanada -Kasakstan -Keulen -Kimberley -Krim -Krugerwildtuin -Leiden -Letland -Libië -Litaue -Londen -Los Angeles -Madagaskar -Malawi -Malta -Meksiko -Miami -Milwaukee -Moldowa -Monaco -Mont-Saint-Michel -Montreal -Montreux -Moskou -Namibië -Nederland -Nedersakse -Nieu-Seeland -Noord-Ierland -Noord-Masedonië -Noorweë -Normandië -Nyldelta -Oekraïne -Oostenryk -Paaseiland -Papoea-Nieu-Guinee -Parys -Perth -Pireneë -Pole -Portugal -Potsdam -Pretoria -Provence -Quebec -Republiek China -Réunion -Reykjavik -Riga -Rio de Janeiro -Roemenië -Rusland -Sachalin -São Paulo -Seegolf -Senegal -Shanghai -Siberië -Singapoer -Skerryvore -Skotland -Slowakye -Spanje -Straatsburg -Suid-Afrika -Suid-Korea -Svalbard -Swartwoud -Swede -Switserland -Sydney -Tafelberg -Tahiti -Thailand -Tirus -Tornado -Treviso -Tsjeggië -Tsoenami -Turyn -Uruguay -Valencia -Venesië -Verenigde Koninkryk -Verenigde State van Amerika -Vermont -Vilnius -Vulkaan -Waalse Gewes -Wallis -Warskou -Washington, D.C. -Wes-Australië -Windhoek -Ysland -Zambië -Zürich


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog
Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

2de eeu v.C. -8,8 cm-Flak 18/36/37/41 -Akkadiese Ryk -Alcatraz-gevangenis -Amerikaanse Rewolusie -Andries Pretorius -Anne Frank -Antieke Egipte -Antieke Hawaii -Apartheid -Asjantiryk -Assirië -Berlynse Lugbrug -Bloedlaster -Boeing B-17 Flying Fortress -Boerekrygsgevangenes -Centurion -Cetshwayo kaMpande -Charles III van die Verenigde Koninkryk -Choefoe -Cicero -Cité de Carcassonne -Cleopatra VII -Consolidated B-24 Liberator -Djengis Khan -Dodetempel van Hatsjepsoet -Dooie See-rolle -Duitse Demokratiese Republiek -Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk -Etruskers -Fenisië -Francis William Reitz -Fritz Joubert Duquesne -Gallië -George V van die Verenigde Koninkryk -Geskiedenis van Spanje -Goelag -Groot Sfinks van Giza -Groot Trek -Grootvorstedom Moskou -Heinz Guderian -Helios -Homeros -Hongaarse Rewolusie van 1956 -Indusvalleibeskawing -Jan Christian Smuts -Jesus van Nasaret -Johanna van Arkel -Jura -Kanaän -Kathaar -Khmer-ryk -Kiëf-Roes -Koningin Camilla van die Verenigde Koninkryk -Koninkryk Juda -Kosakke -Koue Oorlog -Koesj -Kruistog -Kulturele Rewolusie -Kwartêre Ystydperk -Legendariese Sweedse konings -Li Bai -Memphis -Mesopotamië -Middeleeuse kookkuns -Militêre geskiedenis van Suid-Afrika -Mongoolse Ryk -Bernard Montgomery -Moord op die Romanofs -Adriaan Moorrees -Namibiese volksmoord 1904-1908 -Fridtjof Nansen -Natalse Regeringspoorweë -Neanderdaller -Nebukadnesar II -Neolitiese Omwenteling -Nikolaas II van Rusland -Nineve -Nyabêla -Operasie Entebbe -Opstand in die Warskou-ghetto -Paleolitikum -Palmyra -Partiese Ryk -Perikles -Pieter I van Rusland -Pitia -Plinius die ouere -Pous Pius IX -Pous Silvester II -Rosettasteen -Russies-Japannese Oorlog -Russiese Rewolusie 1917 -Sargon van Akkad -William Philip Schreiner -Seerowery -Sesdaagse Oorlog -Sherman Firefly -Slag van Magersfontein -Slag van Stalingrad -Sowjetunie -Hendrik Spoorbek -Stonewall-onluste -Hans Strijdom -Suid-Afrikaanse Grensoorlog -Suid-Afrikaanse Lugmag -Helen Suzman -Terracottaleër -Tiger I-tenk -Tiglat-Pileser III -Toetankamen -Trojaanse Oorlog -Tweede Wêreldoorlog -USS Constitution -USS Franklin (CV-13) -USS Maryland (BB-46) -Vallei van die Konings -Victoria van die Verenigde Koninkryk -Vlad Dracula -Voorlaaier -Wêreldgeskiedenis -Winteroorlog


Kultuur en samelewing

'n Glas rooiwyn
'n Glas rooiwyn

3D-rolprent -Afrikaanse kerkbou in die Karoo -Alter Bridge -Androginie -Antinoös -Hennie Aucamp -Chris Barnard -Barnsteen -Simone de Beauvoir -Bewussyn -Christiaan Frederik Beyers -Boeddhisme -Borsjt -Breyten Breytenbach -André P. Brink -Ted Bundy -Byeboerdery -Petrus Coetzee -Cristina Fernández de Kirchner -Dagbreek -Joachim Nikolaus von Dessin -Marie Koopmans-de Wet -Reza de Wet -Die Transvaler -Die Vaderland -Egiptiese mitologie -Ekonomie van Suid-Afrika -Eleusiniese misterieë -Fietsryrewolusie -Frans Engelenburg -Ganesja -Geestesteuring -Gereformeerde kerk Humpata -Geskiedenis van erotiese afbeeldings -Groot Markplein van Brussel -Hadj -Carl Otto Hager -Hiernamaals -Hindoeïsme -Adriaan Hofmeyr -Jan Hendrik Hofmeyr -Jannie Hofmeyr -Anthony Hopkins -Interseks -Islamitiese seksualiteitswette -Jode in Suid-Afrika -Ingrid Jonker -Elsa Joubert -Kaas -Kleurlingstemregvraagstuk -Uys Krige -Kruiskleding -Etienne Leroux -N.P. van Wyk Louw -Mabel Malherbe -Charles Manson -Maori-kultuur -Eugène Marais -Johannes Meintjes -Middeleeuse kookkuns -Andrew Murray -Nederduits (skoolvak) -NG gemeente Fordsburg -NG gemeente Rondebosch -Oktoberfest -Oosters-Ortodokse Kerk -D.J. Opperman -Ougelowiges -Outisme -Paryse Metro -Pasta -Plafon van die Sixtynse kapel -Wladimir Poetin -Posseël -Dirk Postma -Ptolemeus -Jan Rabie -Reinheitsgebot -Rooiplein -P.D. Rossouw -Maria Elizabeth Rothmann -Jean-Jacques Rousseau -SACS -Satan -Arnold Schoenberg -Seks -Seksualiteit in antieke Rome -Seksuele oriëntasie -Sider -Sisiliaanse Mafia -Slawiese mitologie -Dan Sleigh -Sodiakmoordenaar -Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- -Swabies-Alemanniese Karnaval -Swastika -Tarotwaarsêery‎ -Tatoeëermerk -Elizabeth Taylor -Anton Tsjechof -Herman van Broekhuizen -Verenigde Party -Vermaak -Vlag van Argentinië -Vlag van Armenië -Vlag van Australië -Vlag van Azerbeidjan -Vlag van Belarus -Vlag van België -Vlag van Brasilië -Vlag van Chili -Vlag van Denemarke -Vlag van die Filippyne -Vlag van die Republiek China -Vlag van die Verenigde Koninkryk -Vlag van die Verenigde State -Vlag van die Volksrepubliek China -Vlag van Duitsland -Vlag van Estland -Vlag van Europa -Vlag van Finland -Vlag van Frankryk -Vlag van Georgië -Vlag van Hongkong -Vlag van Indië -Vlag van Israel -Vlag van Japan -Vlag van Kanada -Vlag van Meksiko -Vlag van Namibië -Vlag van Nederland -Vlag van Nieu-Seeland -Vlag van Noorweë -Vlag van Puerto Rico -Vlag van Singapoer -Vlag van Suid-Afrika -Vlag van Suid-Korea -Mary Walker -Webjoernaal -Westerse filosofie -Wyn -Wysheid


Sport

'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër
'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër

Afghaanse nasionale krieketspan -All Blacks -Fernando Alonso -Argentynse nasionale rugbyspan -Australiese nasionale krieketspan -Belgiese nasionale rugbyspan -Bengaalse nasionale krieketspan -Bermudaanse nasionale krieketspan -Brasiliaanse nasionale rugbyspan -Britse en Ierse Leeus -Jenson Button -Chileense nasionale rugbyspan -Duitse nasionale krieketspan -Duitse nasionale rugbyspan -Engelse nasionale krieketspan -Engelse nasionale rugbyspan -Roger Federer -Fidjiaanse nasionale rugbyspan -Franse nasionale rugbyspan -Pierre Gasly -Georgiese nasionale rugbyspan -Lewis Hamilton -Hongkongse nasionale krieketspan -Hongkongse nasionale rugbyspan -Ierse nasionale krieketspan -Ierse nasionale rugbyspan -Indiese nasionale krieketspan -Italiaanse nasionale rugbyspan -Japannese nasionale rugbyspan -Kanadese nasionale krieketspan -Kanadese nasionale rugbyspan -Keniaanse nasionale krieketspan -Keniaanse nasionale rugbyspan -Krieketwêreldbeker 2003 -Krieketwêreldbeker 2007 -Krieketwêreldbeker 2011 -Krieketwêreldbeker 2015 -Krieketwêreldbeker 2019 -Krieketwêreldbeker 2023 -Niki Lauda -Namibiese nasionale krieketspan -Namibiese nasionale rugbyspan -Nederlandse nasionale krieketspan -Nepalese nasionale krieketspan -Nieu-Seelandse nasionale krieketspan -Olimpiese Somerspele 2008 -Olimpiese Somerspele 2012 -Omaanse nasionale krieketspan -Pakistanse nasionale krieketspan -Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan -Paralimpiese Somerspele 2008 -Portugese nasionale rugbyspan -Proteas -Roemeense nasionale rugbyspan -Rugby -Rugbywêreldbeker 2003 -Rugbywêreldbeker 2007 -Rugbywêreldbeker 2011 -Rugbywêreldbeker 2015 -Rugbywêreldbeker 2019 -Rugbywêreldbeker 2023 -Samoaanse nasionale rugbyspan -Skaak -Skotse nasionale krieketspan -Skotse nasionale rugbyspan -Spaanse nasionale rugbyspan -Springbokke -Sri Lankaanse nasionale krieketspan -T20I-wêreldbeker 2021 -T20I-wêreldbeker 2022 -T20I-wêreldbeker 2024 -Tafeltennis -Tongaanse nasionale rugbyspan -Ugandese nasionale krieketspan -Uruguaanse nasionale rugbyspan -Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan -Verenigde State se nasionale krieketspan -Verenigde State se nasionale rugbyspan -Wallabies -Walliese nasionale rugbyspan -Wes-Indiese nasionale krieketspan -Zimbabwiese nasionale krieketspan -Zimbabwiese nasionale rugbyspan


Biologie

Seekoei
Seekoei

Afrika-rotsluislang -Berghaan -Blouwalvis -Bonobo -Buffel -Diabetes -Dier -Dinosourus -Fotosintese -Gewone luislang -Gordeldier -Hidroponika -Homo erectus -Homo ergaster -Jagluiperd -Javaanse tier -Kaapse luiperd -Kambriese ontploffing -Kat -Koraal -Kryt-Paleogeen-uitwissing -Leeu -Lewensiklus van die tier -Mens -Menslike evolusie -Mos -Oorsprong van voëls -Pikkewyn -Plesiosauria -Poema -Pterosauria -Pylsterteend -Rot -Saffraan -Seekoei -Sekretarisvoël -Senuweestelsel -Sesam -Slaap -Swangerskap -Tierluislang -Velociraptor -Veroudering -Wolf -Ysbeer


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies
Padteken in Wallies

Afrikaans -Fins -Frans -Hamlet -Henry James -Inferno (Dante) -Italiaans -Mabel Jansen -Adam Mickiewicz -Misdaad en Straf -Nederlands -William Shakespeare -Sweeds -Taal -Verskille tussen Afrikaans en Nederlands -Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal
'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman -Bucchero -Samuel Cronwright -Salvador Dalí -Marlene Dietrich -documenta -Mia Farrow -Frankenstein -Paul Gauguin -Katedraal van Vilnius -Klooster -Krugerstandbeeld -Kuns -Leonardo da Vinci -Modernisme -Marita Napier -Oscar Niemeyer -Jacobus Hendrik Pierneef -Johan de Ridder -Leni Riefenstahl -Auguste Rodin -Jack Sparrow -Steven Spielberg -Staafkerk van Borgund -Sosialistiese realisme -Spider-Man -Strokiesverhaal -Topkapi-paleis -Tuin van Wellus -Rembrandt van Rijn -Leonore Veenemans -Andy Warhol -Wat Phra Kaew


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus
Saturnus

101955 Benoe -Aarde -Alpha Centauri -Andromeda-sterrestelsel -Apollo 8 -Asteroïde -Buiteaardse lewe -Ceres -Driehoeksterrestelsel -Dwergplaneet -Europese Suidelike Sterrewag -Geostasionêre wentelbaan -Heliosfeer -Hubble-ruimteteleskoop -Iapetos -James Webb-ruimteteleskoop -Jupiter -Komeet -Kuipergordel -Maan -Maanlanding -Mariner 4 -Mars -Melkweg -Mercurius -Meteoriet -Neptunus -Opsporing van eksoplanete -Pioneer 11 -Planetêre bewoonbaarheid -Pluto -Proxima Centauri -Sagittarius A* -Saturnus -Son -Sonnestelsel -Ster -Sterrestelsel -Titaan -Triton -Uranus -Uranus se ringe -Venus -Veranderlike ster -Waarneembare heelal


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin
Wankelenjin

Aardverwarming -Airbus A380 -Anonymous (kollektief) -Apple Inc. -Binnebrandenjin -Charlotte Douglas Internasionale Lughawe -Concorde -Delta Air Lines -Differensiaalrekening -Doebai Internasionale Lughawe -Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting -Geskiedenis van die Aarde -Glas -Maria Goeppert-Mayer -Goud -Hardeskyf -Hernubare energie -Jaar -Kalium -Kamera -Karoo-supergroep -Kunsmatige algemene intelligensie -Laser -Manhattan-projek -Miami Internasionale Lughawe -Newark Liberty Internasionale Lughawe -Parasetamol -Patent -Pi -Poolkoördinatestelsel -Portland Internasionale Lughawe -Qantas -James Randi -San Francisco Internasionale Lughawe -Ignaz Semmelweis -TGV -Tegnesium -Edward Teller -Tempelhof-lughawe -Toekoms van die Aarde -Turboskroef -Uraan -Virgin Australia -Wankelenjin -Waterstof -Wright-broers -Yster

Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018Voorbladartikels 2019Voorbladartikels 2020Voorbladartikels 2021Voorbladartikels 2022Voorbladartikels 2023Voorbladartikels 2024Voorbladartikels 2025Voorbladartikels 2026




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerushier klik sodat dit verfris word.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia:Voorbladartikel&oldid=2877488"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp