DiePlesiosauria (van dieGriekse πλησίοςplesios, "na aan", ensauros, "akkedis"), ofplesiosouriërs, is 'norde ofklade van uitgestorweMesosoïeseseereptiele wat tot die superordeSauropterygia behoort het. Plesiosouriërs het in die laasteperiode van dieTrias die eerste keer verskyn, moontlik in die tydsnedeRhaetium, sowat 203 miljoen jaar gelede. Hulle het veral in dieJura algemeen geraak en het floreer totdat hulle in dieKryt-Paleogeen-uitwissingsvoorval, sowat 66 miljoen jaar gelede, verdwyn het. Hulle was in die wêreld se oseane versprei, en sommige spesies het minstens gedeeltelik varswateromgwings bewoon. Plesiosouriërs was van die eerste fossiele reptiele wat ontdek is. Aan die begin van die 10de eeu het wetenskaplikes besef hoe uitsonderlik hulle bou was en hulle is in 1835 as 'n aparte orde geklassifiseer. Die eerstegenus van Plesiosauria, diePlesiosaurus, het in 1821 'n naam gekry. Sedertdien is meer as 100 spesies beskryf. Die getal ontdekkings het in die 21ste eeu toegeneem, en dit het gelei tot 'n groter begrip van hulle anatomie, verwantskappe en lewenswyse. Plesiosouriërs het 'n breë, plat lyf en kort stert gehad. Hulle ledemate het in vier lang swempote ontwikkel, wat aangedryf is deur sterkspiere. Dié was geheg aan breë, benerige plate wat deur die skouergordel en bekken gevorm is. Die swempote het 'n vlieënde beweging deur die water uitgevoer. Plesiosouriërs het lug ingeasem en lewende kleintjies voortgebring; dit is 'n aanduiding dat hullewarmbloedig was. Daar was tweemorfologiese soorte plesiosouriërs. Sommige spesies het 'n "plesiosouromorfe" bou gehad; hulle nekke was besonder lank en hulle koppe klein. Hulle was relatief stadig en het klein seediere gevang. Ander spesies het tot 17 meter lank geword en het 'n "pliosouromorfe" bou gehad, met 'n kort nek en groot kop. Hulle was toproofdiere: vinnige jagters van groot prooi. Dié twee soorte het verband gehou met die tradisioneel streng verdeling van Plesiosauria in twee subordes, die langnekkige Plesiosauroidea en die kortnekkige Pliosauroidea. - ...lees verder
| Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk]luister(hulp·inligting);Nederduits:Bramborg/Brannenborg;Neder-Sorbies:Bramborska), amptelik dieDeelstaat Brandenburg (Land Brandenburg, afkorting: BB;Land Brannenborg;Kraj Bramborska), is 'ndeelstaat in die noordooste vanDuitsland. Die administratiewehoofstad en grootste stad isPotsdam. Brandenburg grens in die ooste aanPole, in die suide aan die deelstaatSakse, in die weste aan die deelstaatSakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van dieElbe se rivierloop aan die deelstaatNedersakse en in die noorde aanMecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstadBerlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring. Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik asmarkgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied vanPruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van dieDuitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek Duitsland te word. Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Syinfrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys. Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits:Metropolregion) Berlyn-Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig. Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soosPrignitz,Fläming,Spreewald,Oderbruch ofUckermark. In die omgewing van die stadCottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhedebruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word. Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery. - ...lees verder
|