Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wikipedia:Mediahulp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Media-inleiding
Oudio en video
MIDI

Media-lêers in Wikipedia

Sommige Wikipedia-artikels bevat klank- en video-inhoud

Sommige Wikipedia-artikels bevat klank- en video-inhoud. Die doel van hierdie bladsy is om te verduidelik hoe om hierdie lêers te gebruik sodat u die klank en video deur u eie rekenaar kan speel.

Wikipedia se medialêers kan op amper alle persoonlike rekenaars gespeel word. U moet egter die nodige harde- en sagteware hê. Indien u rekenaar die lêers nie outomaties afspeel wanneer u op dit kliek nie, beteken dit dat u nie oor die nodige hardeware beskik nie, of dat u spesifieke sagteware benodig wat weet hoe om die lêer se formaat te hanteer. Daar is talle gratis sagteware op die Internet wat u tot hierdie doel kan benut.

Klanklêers op Wikipedia gebruik oor die algemeen die Vorbis-oudioformaat, terwyl videoleêrs gewoonlik die Theora-formaat gebruik. Die formate, ook bekend as Ogg-formate, is soortgelyk aan die ander formate wat gebruik word om digitale klank en video af te speel, soos byvoorbeeldMP3 enMPEG. Die verskil is dat hierdie Ogg-formate egter heeltemal gratis is en nie gepantenteer is nie. Rekenaars metMicrosoft Windows ondersteun egter nie hierdie formate sonder addisionele sagteware wat gebruik word om dit af te speel nie (sien onder, asb.).

Musiekleêrs maak nou en dan gebruik van die MIDI-formaat (.MID- of .MIDI-uitbreiding). MIDI kan oor die algemeen afgespeel word sonder die installering van nuwe sagteware, aangesien die meeste rekenaars 'n mediaspeler en klankkaart het wat in staat is om MIDI-lêers te speel.



As u wil weet hoe u klank- en video-inhoud kan omsit in die gebruiklike formaat, sien gerusWikipedia:Media.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia:Mediahulp&oldid=2032068"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp