Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier:onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na dieargief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Nuutste opmerking:13 dae gelede18 opmerkings7 mense in gesprek
Gemeenskap, sien artikels soosZerobaseone,Twice en(G)I-DLE. Dit bestaan op die Engelse Wikipedia en is tot 84k grepe groot met baie verwysings. Hier op ons Wikipedia word dit geskep as 'n een paragraaf artikel met drie tot vierlyne maks., soms met 'n bron. Dit het geen ensiklopediese waarde nie en dit is duidelik dat dit hier geskep word vir bemarkingsdoeleindes. As die outeurs nie die moeite wil doen om die hele artikel te skep nie moet ons dit verwyder. Hoekom moet ons die stortingsterrein word vir die tipe artikels? Ek luister na julle menings... Groete!Oesjaar (kontak)11:22, 13 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Na my mening, klein beslommernis en klein ensiklopediese waarde. Miskien kan ons 'n sjabloon vir laegraadse saadjies skep. In die breë sien ek dit nie as 'n oortreding nie, want baie bydraers se motief is nie om 'n ensiklopedie te skryf nie. En die finansiële motief word wel deur commons- en wikipedialisensies ondersteun. Daarsonder is ons minder vry. As ek bv. 'n foto op commons of wikipedia oplaai, probeer ek nie bepaal waarvoor dit later gebruik word nie. Die eindgebruiker kan dit finansieel, of polities, of waarvoor ook al aanwend, en ons as skenkers van teks of media, aanvaar dit maar so.JMK (kontak)12:18, 13 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Ek dink nie dat die spesifieke artikels vir finansiële bemarkingsdoeleindes geskep is nie.K-Pop is ’n massiewe bedryf in Asië en toenemend ook wêreldwyd, maar ek glo nie iemand beskou die beperkte Afrikaanse mark as strategies belangrik vir bemarking nie. Dit gaan waarskynlik eerder daaroor om Suid-Koreaanse musiekgroepe aan ’n wyer gehoor bekend te stel.
As die artikels aan die minimum vereistes vir insluiting voldoen, behoort dit aanvaarbaar te wees. Ek is egter meer bekommerd oor die baie kort artikels oor opkomende kunstenaars – veral uit Asië – wat duidelik geskep word om geloofwaardigheid op kleiner Wikipedia’s te verhoog. Sulke bydraes dra min ensiklopediese waarde by, maar dit is ongelukkig iets waarmee ons op die Afrikaanse Wikipedia gereeld te doen kry.Sobaka (kontak)13:22, 13 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Ek stem glad nie saam met die idee dat dit "geen of klein ensiklopediese waarde" het nie. Die musiekgroepe en musici is baie meer wêreldwyd bekend as meeste van die artikels op ons wiki. En mens kan duisende verwysings vind oor die onderwerpe.
As die onderwerpe nie "ensiklopediese waarde" het nie, dan moet ons ook al ons artikels oor plante en insekte skrap. Daar is baie minder belang, en ook baie minder beskikbare bronne oor die onderwerpe van spesifieke taksonome.
Dit is ook glad nie 'n bemarkingspoging nie. Dit is net dat die skrywers van die artikels belang stel in die onderwerp.
Die Afrikaanse Wikipedia is 'n klein Wikipedia en soms is dit gepas om 'n saadjie te skep om 'n oorsig te gee en ook om die leser 'n toegangspunt vir die artikel in 'n ander taal te gee. Byvoorbeeld, die artikel oorLord Nelson verskyn in 83 tale, maar die artikel ooren:Lady Hamilton (sy minnares) verskyn in slegs 29 tale. As dit nie die moeite werd is om 'n hele artikel oor haar in die Afrikaanse Wikipedia te skep nie, sal die skep van 'n saadjie die leser die geleentheid gee om meer oor haar in die inligtingskas te lees en dan na 'n ander taal te gaan vir meer besonderhede.Martinvl (kontak)20:48, 14 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Besoeke sal deels aandui of mense daarin belangstel, en ook of dit ensiklopedies is. Ensiklopediese onderwerpe word gereeld besoek. Nuttiges word druk besoek, ander minder. As dit baie nuttig is sien jy 'n weeklikse konjunktuur in besoekers. Eendag gaan die nut van wikipedia in die breë in die soeklig kom, en voor ons daar arriveer kan ons besin oor wat ensiklopedies is. Effektief waar ons reeds moes gesnoei het. Wat die plante en diertjies betref is daar wel 'n bewaringsaspek. Jy kan iets verloor voordat jy geweet het dat dit bestaan. Afname in diversiteit begin waar jy dit nie opmerk nie, en waar onbekend onbemind maak. Een ding wat 'n storting-randartikel wel doen is om die beperkte getal gereelde bydraers se tyd te steel. Dis 'n beslommernis want dit is onafgerond, 'n powere poging, selfgesentreerd, moet nagegaan word, en gaan weens gebrekkige belangstelling nie opdateer word nie.JMK (kontak)11:32, 15 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Besoeke sal NIE aandui of dit ensiklopedies is NIE. As mens 'n bladsy oor 'n onderwerp wil skep, maar nie seker is of dit "ensiklopedies" is nie, dan hoe gaan jy die bladtrekke kry as dit nog nie bestaan nie? Sulke sirkulêre redenering is juis een van die rede hoekom bladtrekke NOOIT moet gebruik woord om 'n bladsy se bestaan te regverdig nie. Ek dink ons hou by die beginsels wat die res van Wikipedia gebruik, en nie jou idees nie. -Rooiratel (kontak)13:13, 15 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Ek sekondeer die voorstel vir "lae kwaliteit saadjies", dit kan dalk iets bevat wat iemand beter kan lei om die artikel uit te brei. Sal bietjie daaraan dink.Dagelf (kontak)21:15, 11 November 2025 (UTC)Beantwoord
So die flora artikels met tot 5 bronne is nie ensiklopedies nie volgens jou terwyl jou verwysing stel onder grondbeginsel indien daar genoegsame bronne is dit aanvaarbaar... Ek vra maar net.Oesjaar (kontak)14:44, 15 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Nee, altwee is aanvaarbaar, ek sê net 'n bladsy oor 'n beroemde K-pop musiekgroep is meer ensiklopedies, en het meer reg om te bestaan op Wikipedia. So as julle dit nie op ons wiki wil hê nie, dan moet al die bladsye oor b.v. verskeie spesies en taksonome ook verwyder word. -Rooiratel (kontak)15:24, 15 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Terwyl ons nou oor K-pop praat, het julle geweet hoe die groepe tot stand kom? Ontstellend en ontnugterend. Ver meer so as hierdie belaglike skyn-rusie 😅 Daars nou iets vir iemand om oor te skryf.Dagelf (kontak)21:19, 11 November 2025 (UTC)Beantwoord
Dis nogals 'n verleentheid om vir mense van Afrikaanse Wikipedia te vertel, en die eerste artikel wat hul sien het so 'n onleesbare eerste paragraaf soos die een van Taiwan. Maar ek neem aan dit gaan nie vanself opdateer as mens dit verbeter na dit as voorblad artikel gelys is nie, tensy jy daarvan hou om met sjablone te sukkel. Terloops, het die Sjinese 'n probleem daarmee as mens Taiwan Taiwan noem? Die Taiwanese het baie moeite gemaak daarvan om kulturele bande met ons te smee in die 90's. Ek was op 'n kulturele uitreik op hoërskool, en het 'n penvriend daar gehad vir 'n paar jaar.Dagelf (kontak)21:25, 11 November 2025 (UTC)Beantwoord
Vir julle wat nie intekenaars is nie, hier volg die brief aan Inge Kuhn:
Aan die Redakteur: Rapport
Beste Inge
Afrikaans 100 het die afgelope paar maande sosiale media en die koerantbedryf oorheers en al ons Afrikaanssprekendes is bly dat die fees so ‘n groot sukses is. Geluk en dankie aan Giep van Zyl en sy span. Dit het werklik die geskiedenis van Afrikaans opnuut onder ons aandag gebring. Ek dink die jonger geslag is nie altyd bewus van die geskiedenis van ons taal nie.
Maar die sukses van Afrikaans 100 laat mens onwillekeurig dink aan Afrikaans 200! Die media het afgelope tyd wyd berig oor die voortbestaan van Afrikaans, die politieke druk waaronder die taal verkeer, Afrikaanse skole wat verengels, die BELA-wet, net om ‘n paar dinge te noem.
Twee gebeurtenisse wat die afgelope tyd gebeur het, het my aan die dink gesit…
Eerstens was daar die Algemene Simposium van dieSuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat op 11/12 September plaasgevind het. Die agenda was baie interessant, het ‘n verskeidenheid onderwerpe gedek en die referate was van hoogstaande gehalte soos ‘n mens verwag het.Net voor hierdie simposium hetKallie Kriel, hoof vanAfriForum, ook ‘n artikel gepubliseer oor die toekoms van Afrikaans. Sy agendapunte was ook baie interessant en relevant.
Tog het beide die twee gebeurtenisse een belangrike aspek van die bewaring van Afrikaans nie aangespreek nie. Vir die taal om voort te bestaan is dit belangrik dat die taal in al sy vorms beskikbaar moet wees vir al die gebruikers daarvan. Die dae van gedrukte boeke is verby, bv. die laaste ensiklopedieë:Wêreldspektrum en dieAfrikaanse Kinderensiklopedie is meer as 40 jaar oud en verouderd. Die verdwyning van Afrikaanse koerante soosBeeld enRapport is ‘n verdere bewys dat die gedrukte media se dae getel is. Dink ook aan die totale afwesigheid van vakkundige woordeboeke. Selfs die nuwe uitgawes van dieWoordeboek van die Afrikaanse Taal is ook nou net elektronies beskikbaar.
Wat die twee gebeurtenisse nie na verwys het nie is die digitalisering van Afrikaans. Die beste voorbeelde van die digitalisering van Afrikaans isWeet vanMaroela Media, in wese ‘n kinderensiklopedie, en die Afrikaanse Wikipedia, ‘n ware aanlynensiklopedie. Die meeste volwassenes en ouer kinders besit selfone en het dus vrye toegang tot die internet en al sy dinge. Dus, hoe meer kennis digitaal beskikbaar is, hoe meer gaan dit gelees word!
Daar is tans geen plan van aksie om Afrikaans te digitaliseer nie. Digitalisasie verwys na dokumente wat redigeerbaar is, bygewerk en opgedateer kan word, afgetrek kan word en nie na fotokopië van boeke en dokumente nie.
Die Afrikaanse Wikipedia kry tans tot 5,2 miljoen maandelikse besoeke en hulle besoekstatistiek bewys duidelik dat daar korrelasie is tussen skooltye en skoolvakansies. Die skoolkinders gebruik die Afrikaanse Wikipedia dus vir studies, iets wat die skoolhoofde totaal ignoreer.
Die volgende kwessie is: hoe die digitalisering moet plaasvind? Moet ‘n nuwe stelsel van nuuts geskep word of kan die bestaande Wikipediastelsel gebruik word? Die bestaande stelsel het hom reeds die afgelope 24 jaar internasionaal bewys in 343 tale met onder andere universiteite wat dit ondersteun. Die uitdaging met Weet is dat dit deur ‘n paar persone beheer word en slegs hulle toegang tot die stelsel het. Met Wikipedia is daar nie ‘n beperking oor die aantal mense wat gelyktydig op die stelsel kan werk nie. ‘n Nuwe stelsel gaan tyd neem om geskep te word en gaan definitief ‘n klompie rande kos!
Die laaste vraag: wie gaan verantwoordelikheid neem om digitalisasie van die grond af te kry en hoe gou…
Dankie Deon, daar het 'n nuwe dimensie vir my oopgegaan in meer as net my verhouding met my moedertaal, toe jy my meer oor dieTaalkommissie en verwante regeringdepartemente vertel het. (Hier is nog 'n paar blaaie op Wikipedia kort!) Selfs taal vergaan sonder bevordering en onderhoud. Dit het duidelik vir my die verskil tussen my, en my ouers, se aansien van ons taal verduidelik, en 'n nuwe blik op nasiebou en kulturele ontwikkeling gegee. Elk geval, dit kos tyd en aandag, en ek dink dis nie net die ander Afrika tale wat by ons kan leer nie, maar ook ons by ons voortgangers, en hul kennis is nie juis aanlyn te vinde. En dis ook 'n generasie wat nie rêrig tegnologie verstaan nie, so ek voel sterk dat hierdie 'n stap in die regte rigting is.Dagelf (kontak)21:49, 11 November 2025 (UTC)Beantwoord
Voorgangers. Ai, die 20-jaar-oue gebruikerservaring... Laat soveel ruimte vir verbetering, maar dalk steeds beter as die "verbeteringe". Op ou mediawiki sou ek van my selfoon af makilker my tikfoute kon redigeer. Ek het min twyfel dat meeste Wikipedia- en sagtewareverbeteringe deur kuberintelligensie uitgebou gaan word. Dit laat my wonder of die ensiklopedie van die toekoms ommbliklik by die leser se verkose voorkeure gaan aanpas, hel, hierdie is klaar moontlik. GPT5 praat Afrikaans vlot, en ek blameer die paar IK punte wat die verloor in Afrikaans juis op die afwesigheid van goeie taalbouorganisasies sedert die '70s.
Nuutste opmerking:1 maand gelede1 opmerking1 mens in gesprek
Hallo. Please help pick a name for the new Abstract Wikipedia wiki project. This project will be a wiki that will enable users to combine functions fromWikifunctions and data from Wikidata in order to generate natural language sentences in any supported languages. These sentences can then be used by any Wikipedia (or elsewhere).
There will be two rounds of voting, each followed by legal review of candidates, with votes beginning on 20 October and 17 November 2025. Our goal is to have a final project name selected on mid-December 2025. If you would like to participate, thenplease learn more and vote now at meta-wiki.Baie dankie!
Nuutste opmerking:10 dae gelede2 opmerkings2 mense in gesprek
Gemeenskap, ons benodig die volgende sjablone: sjabloon:Aircraft specs en iets vir duikbote. Ek sien op die Engelse Wiki bestaan laasgenoemde uit 'n paar sjablone. Groete!Oesjaar (kontak)12:28, 28 Oktober 2025 (UTC)Beantwoord
Applications for the committees open on October 30, 2025. Applications for the Affiliations Committee, Ombuds commission and the Case Review Committee close on December 11, 2025. Learn how to apply byvisiting the appointment page on Meta-wiki. Post to the talk page or email cstwikimedia.org with any questions you may have.
Nuutste opmerking:10 dae gelede9 opmerkings4 mense in gesprek
Gemeenskap, ons maandelikse besoeke vir Oktober is maar 1.8 miljoen. SienBesoeke. Wat my bekommer is dat daar gekarring is aan die insamel van die statistiek. Bv. was ons besoeke vir Julie 5,2 miljoen soos ek hier berig het, nou wys dit as 3,8 miljoen. Die vorige hoogtepunt van 4,6 miljoen is ook af na 3,iets miljoen.@Rooiratel enPynappel: kan julle dalk lig werp hierop? Groete!Oesjaar (kontak)08:18, 3 November 2025 (UTC)Beantwoord
@Oesjaar kan jy 'n skakel stuur waar jy voorheen gesê het dat Julie se besoeke 5,2 miljoen was? Ek het die konteks van daai boodskap nodig.
Dankie, ja ek sien nou in daai skakel dat daar 'n verandering was in April.
"Update bot detection. Implemented a new method for detecting bot traffic, which resulted in more pages being classified as 'automated' rather than 'user'. SeeT395934.
Mense gesels meer met KI en lees minder self. Ek dink besoekers tel as "unieke" besoekers, dus tel die miljoene mense wat OpenAI se ChatGPT gebruik, dalk nou as een besoeker. Besoeke vs besoekers? Wonder of hul ChatGPT as 'n bot sien, waarskynlik. Hulle moet beide apart lys, nie net uitskakel nie, in my opinie.~2025-33545-75 (talk)07:02, 15 November 2025 (UTC)Beantwoord
Dit was voorheen "Wikipedia bevat nie tans 'n Wikipedia-bladsy met hierdie presiese titel nie. Begin die ... bladsy; of Soek vir "Wikipedia:File upload wizard"...; of Soek vir bladsye binne Wikipedia wat hierheen skakel." Dit neem my nou na die aanstuurblad wat naSpesiaal:Laai wys. (Die aanstuur gaan nie self na die teiken nie.) @Pynappel het die aanstuur geskep of herskep. Dankie daarvoor!Thermofan (kontak)13:37, 5 November 2025 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:16 dae gelede5 opmerkings3 mense in gesprek
Gemeenskap, vandag kan ek sê dat my besluit om beide vrouekrieket en -rugby ook te doen, blykbaar 'n goeie een was! Ná dieVrouerugbywêreldbeker 2025 het dieVrouekrieketwêreldbeker 2025 ook voldoende materiaal en geskiedenis opgelewer en albei is met 100 000 grepe en 100 verwysings meer as geskik vir ons voorblad. My werk met vrouesport sluit ook die tekening van baie .svg-kaarte vir al die krieket- en rugbytoernooie, asook die terugwerkende uitbreiding van vroeëre toernooie in. Vir die res van die jaar is ek nog besig met al die vroeëre vrouekrieketwêreldbekertoernooie en sal ook die vrouerugbywêreldbekertoernooie opnuut klaarmaak. Ek hoop maar dit help. Van die Suid-Afrikaanse sportsterre praat mos ook Afrikaans. Groete. --SpesBona22:30, 3 November 2025 (UTC)Beantwoord
Hi SpesBona! Ek beaam wat jy in gedagte het en wens jou namens Wikipedia amptelik geluk met jou (byna volledige)sportbydraes, jy is 'n staatmaker! Vra my, dit kom nie maklik nie, en al die artikels het ook konstante opdatering van hul statistiek nodig, soos die jaar vorder en wedstryde uitgespeel word.
Ja, Gert, soos jy sê, dit is 'n reuse taak om sportartikels op datum te hou en bronne na te gaan. Vir hierdie toernooie het ek elke wedstryd sover moontlik volledig gekyk en ook die verslae deeglik nagegaan. Tans is ek besig om al die vorige vrouekrieketwêreldbekertoernooie na te gaan en ek blaai deur elke ESPN-verslag om die statistieke deur te kyk: Is hulle korrek, is daar nog iets noemenswaardig? Statistiek soos hoogste lopiejaag, hoogste telling, ens. hersien ek vir elke vorige toernooi terugwerkend as dit oortref is. Ek vrees maar net dit gaan weer die hele week neem, soos by vorige hersienings. Ek hou daarvan om al die artikels saam te hersien en aan te pas, ek stoor hulle op my rekenaar, teken ook die kaarte van die deelnemende spanne en laai dan alles op een slag, al is dit 'n dosyn artikels en 20 kaarte. Dieselfde doen ek natuurlik ook vir rugby, beide mans en vroue. As ek vanaf nou ietwat stillerig is, werk ek in die agtergrond baie aandagtig.
Mens wil ook nie jou eie artikels verswak nie. Ek onthou nog baie goed hoe ons voor 2018 skaars krieket op die Afrikaanse Wikipedia gehad het en die rugbygehalte ook heelwat swakker was. Ek vind dit steeds interessant dat ek in Duitsland die twee vernaamste sportsoorte van Suid-Afrika doen, waarvoor waarskynlik 98% van die Duitsers nie eers omgee nie! Al hierdie artikels doen ek steeds tweetalig in Afrikaans en Duits, elke hersiening geskied dus altyd in beide Afrikaans en Duits. Soms glip maar die een of ander Duitse woord in die Afrikaanse Wikipedia en andersom.
Gert, wat jou vraag betref oor die tennissterre. Ek hersien hulle vier keer elke jaar, ná elke Grand Slam. Vir Olimpiese en Paralimpiese Spele en Sokker-Wêreldbekertoernooie voel ek ook verantwoordelik en met jou harde werk aan F1-renne kan ons in die belangrikste sportsoorte wêreldwyd met hoogste kwaliteit spog. Sokker, Olimpia, rugby, krieket en F1 is mos die "Groot Vyf" van sport. My pa kyk elke F1-wedren, gevolglik weet ek ook wat daar aangaan.
JMK, jy is 100% in die kol. Atletiek is natuurlik ook baie belangrik en ons kort goeie artikels hier. Suid-Afrika se hoogland is net soos Ethiopië en Kenia belangrike oefenterreine vir atlete. Ek dink ook aan bekende sportsoorte soosnetbal enveldhokkie, ons het skaars artikels hieroor. Groete. --SpesBona22:00, 4 November 2025 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:9 dae gelede4 opmerkings2 mense in gesprek
Gemeenskap, dankie aan almal wat hier 'n bydrae gemaak het! Spanwerk en weereens die bewys dat dit net in die woordeboek is waar sukses voor werk kom! Groete!Oesjaar (kontak)12:44, 10 November 2025 (UTC)Beantwoord
Kan ons net hoor wat was presies die 127 000ste artikel? Dis nodig vir my om die tabelle hier op te dateer.
Nuutste opmerking:13 dae gelede7 opmerkings4 mense in gesprek
Gemeenskap,Gebruiker:Maureen81 het die volgende onder my aandag gebring dat in die artikelGoudrifstad se weergawegeskiedenis, die volgende kommentaar staan nadat die naam verander is vanaf Gold Reef City:Afrikaanse naam bestaan en word ook só in publikasies gebruik Voyageur het die kommentaar aangebring. Maureen sê dat sy, na 'n navraag, die naam Goudrifstad nagespoor het, sonder enige trefslae. Julle komentaar asb. Groete!Oesjaar (kontak)17:05, 11 November 2025 (UTC)Beantwoord
Ek kry die volgende voorbeelde op Google:
Van Wyk, Marguerite (4 Junie 2009)."60 sekondes met Nianell".Netwerk24.Sangeres Nianell tree op 25 Julie eenmalig by die Lyric-teater by Goudrifstad in Johannesburg op.
"Nuwelinge fokus op dienslewering"(PDF).eish!. Februarie 2013. p. 19.Ná sy studies het hy bestuurder van Werknemerverhoudinge en Mensehulpbron-administrasie geword by Goudrifstad (Goldreef City), en in 2007 mensehulpbron-bestuurder vir die casino se 1 200 personeellede.
Van Niekerk, Caroline (Junie 2008)."Fathoming the musical identity/identities of James Phillips a.k.a. Bernoldus Niemand". p. 17.The well-known Black musician, Vusi Mahlasela, is quoted as saying "Hy [i.e. Johannes Kerkorrel] en ander kunstenaars soos James Phillips (Bernoldus Niemand) het saam in 'n vervalle huis in Goudrifstad tussen Johannesburg en Soweto gewoon. Ek het in die agterplaas van die huis in die buitekamer gebly... Hy en James Phillips was die grotes van daardie tyd. Hulle was so gemaklik en het geglo in wat hulle doen. Een keer nadat hulle weggetrek het, het ek hulle in Rocky-straat in Yeoville raakgeloop. Hoezit bra, het hulle gesê. James, hy was 'n anderste man, het dadelik twee biere uit sy jas gehaal en ons het dit daar saam op die sypaadjie gedrink, gelag en gesels. Die mense wat om ons geloop het, het ons vreemd aangekyk want hulle was nie gewoond dat wit en swart mense so saam kuier nie. Jy mag ook nie op straat gedrink het nie, maar James-hulle het nie omgegee wat mense dink nie" (W. Pretorius,Kerkorrel, p. 52).
Engelbrecht, David (28 Januarie 2017)."Heelparty onse in dié sakkie ponde".Netwerk24.Op hierdie roete leer jy meer van die unieke argitektuur, kuns en graffiti wat in die gebied voorkom. Besienswaardighede waarheen jy geneem word, sluit in die Sterkfontein-grotte, Goudrifstad, die Museum Africa, die Apartheidsmuseum en die Johannesburgse Kunsgalery.
Geregistreerde kommersiële handelsname word nie na Afrikaans vertaal nie, bv. Facebook, Apple, Incredible Connection. Insgelyks word die eienaam Gold Reef City oorwegend onveranderd in Afrikaans gebruik. Tensy Gold Reef City self ook Goudrifstad gebruik, sou ek aanbeveel dat dit eerder weer verander word na Gold Reef City.
Ek het 'n Korpusportaalsoektog in VivA se Korpusportaal ook gedoen. "Goudrifstad" word in slegs een ander dokument/publikasie (behalwe Wikipedia) gebruik, terwyl "Gold Reef City" oorwegend gebruik word. Daar is 105 trefslae in 53 dokumente.Maureen81 (kontak)18:17, 11 November 2025 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:8 dae gelede2 opmerkings1 mens in gesprek
Baie geluk aan ons Afrikaanse Wikipedia met sy 24ste verjaarsdag vandag! Daar gaan ongelukkig nie hierdie jaar 'n funksie wees nie. Baie dankie aan die gebruikers wat bydraes gemaak het die afgelope jaar, elke bietjie tel! Wees gerus, ons het reeds, maak steeds en gaan nog 'n groter verskil in leerders, onderwysers en ouers se lewens maak in die toekoms! Hiep, hiep, hoera! Groete!Oesjaar (kontak)10:07, 16 November 2025 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:5 dae gelede1 opmerking1 mens in gesprek
Hallo. Reminder: Please help to choose name for the new Abstract Wikipedia wiki project. The finalist vote starts today. The finalists for the name are:Abstract Wikipedia, Multilingual Wikipedia, Wikiabstracts, Wikigenerator, Proto-Wiki. If you would like to participate, thenplease learn more and vote now at meta-wiki.Baie dankie!
Nuutste opmerking:4 dae gelede2 opmerkings2 mense in gesprek
Ná die gesels opBespreking:Meksiko oor die spelwyse van Mexiko of Meksiko hetBurgertB,Aliwal2012 en ek ooreengekom dat dit onnodige werk is om die een in die ander te verander, aangesien albeiwisselvorme is en dus steeds korrek is. Ek gaan net diestatus quo herstel en dan blyMexiko Mexiko enMeksiko Meksiko. Daar is 'n aanstuur van Mexiko na Meksiko, waarvolgens albei spellings gebruik kan word, maar moenie in ander artikels die een in die ander verander nie, dit is 'n kompromie! Ek dink dit is die beste oplossing en spaar ons baie werk! Groete. --SpesBona19:36, 20 November 2025 (UTC)Beantwoord
Dankie, gelees en beaam! Ons het in elk geval baie belangriker goed om hier te doen as om tyd met Mexiko←→Meksiko te verspeel !