Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier:onderteken asseblief u besprekings deur~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na dieargief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Nuutste opmerking:1 maand gelede2 opmerkings2 mense in gesprek
teruggeplaas op versoek
Gemeenskap, ons maandelikse besoeke vir Desember is weer 'n nuwe rekord van oor die 8 miljoen. Ek vertrou egter nie die inligting nie, want Desember is skoolvakansietyd. Ek het virGebruiker:Rooiratel gevra om dit met die relevante owerhede te bespreek. Hy sal vir ons terugvoer gee wanneer beskikbaar.
I am writing to you to let you know the annual review period for the Universal Code of Conduct and Enforcement Guidelines is open now. You can make suggestions for changes through 9 February 2026. This is the first step of several to be taken for the annual review.Read more information and find a conversation to join on the UCoC page on Meta.
Nuutste opmerking:26 dae gelede3 opmerkings3 mense in gesprek
Gemeenskap, hier is die antwoord van VivA se Maureen:
Goeiemiddag
Daar is nie, sover vasgestel kan word, al 'n gestandaardiseerde Afrikaanse term vir "BASE jumping" nie. Ter wille van herkenbaarheid word "Base-sprong/Base-spring" konvensioneel gebruik, ook in die Afrikaanse media, soos by onlangse beriggewing oor vlerkpakvlieërs. By die eerste vermelding word daar gewoonlik dan 'n kort verduideliking gegee vir die akroniem "BASE".
In Engels word letternaamwoorde wat uit vier letters bestaan, bokas (met hoofletters) geskryf, terwyl dit in Afrikaans slegs met 'n aanvangshoofletter geskryf word.
Die voorstel is om, ter wille van die heersende huidige konvensie en herkenbaarheid, die term "Base-spring" te gebruik, gevolg deur 'n kort uiteensetting van die akroniem "Base" by die eerste vermelding.
Die huidige inskrywing in Wikipedia, "GABA-sprong", is moontlik verwarrend omdat "GABA" reeds in Afrikaans gebruik word as die afkorting van "gamma-aminobottersuur" en omdat "Base" reeds ingeburger en herkenbaar is.
Neewat, "base-spring" vir dié in elk geval verspotte aktiwiteit sal nie werk nie. "Gaba-spronge" is goed genoeg, met kleinletters en koppelteken. "Base" is nie ingeburger nie, en wie weet nou iets van "gamma-aminobottersuur"?JMK (kontak)19:57, 20 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Mmmm. Behalwe dat Alias in 2024-2026 geen wysigings gemaak het nie, en in 2023 net twee. Dus op vakansie 7 maande voor hy daar uitgekom het, en meestal op vakansie in die jare daarvoor. Sien uit om jou weer hier te sien Alias!JMK (kontak)10:52, 23 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:18 dae gelede7 opmerkings6 mense in gesprek
Groete! Die woord{{{Databoks}}} maak dit maklik om 'n inligtingsboks by ‘n artikel by te voeg, perfek om nuwe artikelskepping te begin of 'n bestaande artikel te verbeter.
Databoks benodig geen spesiale instellings nie, installeer net die Module en Sjabloon en dit is goed om te gebruik.
Hier is ‘n goeie voorbeeld op SADiLaR seZulu bladsy
Weet nou nie te veel van sommige van die tegniese aspekte hier nie. Maar ek kon nog nooit die veranderinge van databokse bemeester nie. So ek verkies ook inligtingskaste wat makliker is om te redigeer. Sou dit nie sin maak om dit te standaardiseer nie, of sou dit 'n te groot tegniese uitdaging wees?Sobaka (kontak)18:34, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ons het vir byna elke onderwerp 'n mooi inligtingskas wat goed werk (indien nie kan die slim mense een skep). Die konsensus is om hulle te gebruik, myns insiens is enige Databoks slegs 'n plaasvervanger en 'n kitsmanier vir 'n inligtingskas. Die taalgebruik van Databokse is nie op standaard nie, byvoorbeeld word woorde soms nie vasgeskryf nie, omdat dit die Engelse manier is en hulle dit van Wikidata af kry. Myns insiens moet 'n Databoks nooit in 'n artikel van 'n ander gebruiker geplaas woord as die gebruiker voorheen nooit 'n Databoks gebruik het nie en self slegs inligtingskasse gebruik (soos in die onlangse kerk-voorbeeld). Ek sal hulle nooit gebruik nie en neem altyd die tyd vir 'n inligtingskas. Groete. --SpesBona22:10, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
My menings oor die saak, en ook 'n bietjie inligting/geskiedenis:
Wat is die Databoks, en hoe werk dit?
Die Wikimedia-sagteware gee ons twee maniere om sjablone te skep. Die meeste is die meer eenvoudige sjablone, wat beperkte funksionaliteit het. Dit kan nie alles doen nie, maar is goed genoeg vir amper alle gebruike. Die tweede soort maak gebruik van Lua-modules. Lua is 'n volledige programmeringstaal, en daar is geen beperkings aan wat dit kan doen nie. Hierdie sjablone kan baie kragtig wees, maar is moeilik om te verstaan as jy nie gemaklik is met programmering nie.
Databokse gebruik lua-modules, en integreer direk met die Wikidata-item waaraan die bladsy wat dit gebruik gekoppel is.
Die doel van die Databoks is om 'n algemene kantbalk te wees, waar die gebruiker geen parameters hoef in te vul nie, en dit verskyn al die data oor die artikel se onderwerp wat op Wikidata gestoor is.
Maar hoe goed is dit in werklikheid vir hierdie doeleinde?
Dit is OK, maar partykeer wys dit data-items wat nie goed pas in die kantbalk vir daardie onderwerp nie. Of dit wys oorbodige inligting. Mens kan met die hand spesifieke data-items versteek, maar dit is nou ekstra werk.
Ons op af:wiki het uit ervaring geleer dat 'n databoks nie van pas is vir elke artikel nie. Ek stem saam met @SpesBona dat die databoks "slegs 'n plaasvervanger en 'n kitsmanier vir 'n inligtingskas is".
Dit moet net gebruik word op bladsye wat nie reeds enige kantbalk het nie. Die outeur moet eie diskresie gebruik om te besluit of dit werklik aanvaarbaar lyk vir 'n spesifieke artikel, en of dit dit eintlik slegter gaan lyk. Dit moenie onbeperk gebruik word nie.
Die probleem van spesifieke waardes wat nie in korrekte Afrikaans verskyn nie, is na my mening nie 'n probleem nie. Mens moet die Afrikaanse etikette op Wikidata wysig om korrek te wees, en die Databoks sal dit so vertoon.
Verder is dit my mening dat die Databoks se lua-kode verbeter kan word om al die probleme op te los, maar ek voel dit is te veel werk om dit die moeite werd te maak. Bv. in ons kantbalke vir 'n land verskyn gewoonlik 'n vlag en 'n wapen. Maar op 'n kantbalk vir 'n voëlspesie, sal eerder 'n beeld van die spesie, en miskien ook 'n voëlroep-klanklêer en verspreidingskaart verskyn. Om dit generies te doen in een sjabloon vir elke soort onderwerp wat daar is sal vir ewig neem om te bereik.
Ek dink ander wiki's voel ook so, want hulle gebruik die databoks ook bitter min. Wat hulle (enwiki, en veral frwiki) wel doen, en wat ek vir afwiki ook wil begin doen, is om pasgemaakte sjablone vir spesifieke soorte artikels te skep, wat ook al die data trek van Wikidata af. Maar hierdie sjablone is spesifiek geskep vir die soort onderwerp, en wys net die spesifieke data-items wat relevant is vir daai soort bladsy.
Dit is ook baie werk, maar baie minder as een sjabloon wat alles kan doen. Ek is besig om te leer hoe om die sjablone te skep, en sal dit deel met almal wanner dit reg is.
Ek stem saam, dit lyk asof die databoks nie so spesifiek en aanpasbaar in elke situasie is nie. En as die Wikipediane vaardig genoeg is om 'n normale inligtingskassie te gebruik, dan moet hulle so doen. Ek dink aan ander taalweergawes en wonder of die databoks hulle behulpsaam sal wees. And I'm afraid I'm going to switch to English here. Because I'm still trying to understand this myself. I do think that the information in Wikidata needs to be kept accurate. I think that this information is also being pulled into Google's knowledge panels. En as 'n onakkurate datakassie ons daarop attendeer, dan is dit 'n goeie ding?
Nuutste opmerking:21 dae gelede1 opmerking1 mens in gesprek
Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om julle in te lig dat ons geregistreerde gebruikers gister verby die 200,000 mylpaal is. Ons is tans 69ste m.b.t. die aantal artikels maar 50ste m.b.t. die aantal geregistreerde gebruikers! Dit sê baie oor die inhoud van ons artikels! Groete!Oesjaar (kontak)05:25, 27 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:19 dae gelede1 opmerking1 mens in gesprek
Gemeenskap, ons[[Kategorie:Flora van Suid-Afrika]] bevat nou 9501 artikels terwyl die Engelse eweknie so digby die 1000 is. Dit laat my so lekker voel! Groete!Oesjaar (kontak)10:24, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:19 dae gelede3 opmerkings3 mense in gesprek
Gemeenskap, wat gaan ons met die gemors maak? Die nuwe data is na die bestaande bronnelys, opskrif in Engels, herhaling van inligting ens? Kan ek terugrol? Groete!Oesjaar (kontak)13:39, 28 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:17 dae gelede6 opmerkings3 mense in gesprek
Goeienaand Gemeenskap, en daar is dievrouesokkerwêreldbekerreeks klaar, met binne twee weke 13 nuwe, groot artikels! Ná rugby en krieket vir beide mans en vroue het ons nou ook sokker vir beide mans en vroue, en ons kan met puik artikels spog.
Dit is baie interessant watter spanne in vrouesokker suksesvol is. Terloops, dieVrouesokkerwêreldbeker 2023 kan maklik tot 'n voorbladartikel uitgebrei word, net as die gemeenskap wil hê dat ek dit doen. Dié toernooi in Australië en Nieu-Seeland was 'n reuse sukses en die mees gesiene vrouesokkerwêreldbekertoernooi ooit.
@Oesjaar: wat my ook bekommer is die vlagreeks van@Puvircho:. Lyk my ek moet dit ook voortsit, hy is tjoepstil. Ek is ook mal oor vlae, só dit krap my baie om! Soos ons weet strek ons voorbladartikels nou reeds by 2028 en as ons langer wag, verskyn die oorblywende vlagartikels van Europa eers in 2030 op ons voorblad. Lyk my ek moet dit ook doen om van dié artikels 'n kans te gee. Die een of ander Olimpiese Spele wou ek ook tot voorbladartikel uitbrei, soos Voyageur in die verlede. Groete. --SpesBona08:40, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ja... Die realiteit is dat ons almal vrywilligers is met dieselfde visie... Ongelukkig verander gebruikers se omstandighede, hulle word oud, siek... Ek wonder of Gebruiker:Alias nog met ons is. Ek is ook kwaad vir myself dat ek nie die vliegtuig dinge klaar kry nie, maar dit is soos dit is. Doen wat jy die graagste wil doen, eerste! Dankie vir jou werk hier. Groete!Oesjaar (kontak)09:52, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
┌────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────┘@Oesjaar:, ek vermoed dat Alias soos Hansjoseph nou in diehiernamaals is. R.I.V. (maar ek wil niemand per ongeluk dood verklaar nie). Ja, die lot van die vrywilligers, elke dag twee dinge, ons kry slegs een klaar en die volgende dag probeer ons weer die dubbele werk doen, tot aan ons eie einde... Wat ons alles kon doen met meer tyd. Soos jou vliegtuig-artikels. Het jy gehoor, hulle beplan weer 'n maanprogram en later een tot mars. In 2026 stuur hulle mense wat weer om ons maan wentel.
Ek het nou eers besef dat mans ook netbal speel, met nasionale spanne, toernooie, ens. En dan is daar ook gemengde netbal. Voel nou soos die minister van sport op die Afrikaanse Wikipedia met al daardie balsporte. Dan is daar ook veldhokkie in Suid-Afrika. Die graagste bly waarskynlik krieket, rugby en die vlagartikels. Myns insiens die dringendste ook (wat my betref natuurlik!). As iemand netbal met goeie kwaliteit wil doen, sal ek baie dankbaar wees. Groete. --SpesBona10:15, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ja, Alias het laas in Sep 2023 bygedra...hoop nie Covid het hom weggeraap nie!
Ek wil ook soos Deon aan my reeks artikels oorlughawens enlugrederye werk, maar kom net nie daarby uit nie. Verlede SondagTheuns Eloff vertaal uit Engels (deel van reeks oud-PUK-rektore), net om uit te vind die artikelbestaan reeds op af:wp. 'n Stoute bydraer het nooit in 2016 die twee op wikidata aan mekaar geskakel nie. Wat 'n hartseer weens onnodige werk deur my gedoen!Aliwal201213:12, 30 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:8 dae gelede4 opmerkings3 mense in gesprek
Dag mense
Ek wil julle net daarop attent maak dat dieVirtuele Instituut vir Afrikaans 'nenquête tans het wat jy kan invul.Jy mag dalk net R300 wen (Takealot-geskenkbewys).
Ons wil beter verstaan hoe Afrikaans in digitale ruimtes gebruik word, watter hulpmiddels gebruik word en waar daar nog ontwikkelingsgeleenthede bestaan.
Hulle gaan vir jou vra of jou foon op Afrikaans ingestel is, of jy Afrikaans op Facebook gebruik, of jy die Afrikaanse Wikipedia gebruik.
Hulle het vrae soos "Watter ander tale is jy magtig?", "In watter taal gebruik jy gewoonlik jou selfoon, rekenaar en/of tablet?", "Waarom is dit vir jou belangrik (of nie belangrik nie) dat digitale platforms Afrikaans ondersteun?"
Myns insiens - skryf by sulke oop vrae vir hulle presies waarvoor jy Afrikaans gebruik, en in welke mate jy jou ander tale gebruik. Ek hou nie eintlik van die kwantitatiewe aanslag van die meningspeiling nie, want die onderskeie taalruimtes daarbuite is te groot en dit werk aanvullend en verrykend waar die Afrikaanse taal kortkom (met ander woorde, om inligting te bekom om Afrikaans mee uit te bou). Ons kan nie meer in isolasie dink nie. As jy enige ander tale gebruik, wees spesifiek waarvoor jy elkeen gebruik.
En as jy KI gebruik, sê ook hoe jy die onderskeie tal(e) inspan. Ek glo altyd dit is beter om "oorvolledig" te wees - dan het die vraestellers iets wat hulle as vertrekpunt kan gebruik.Suidpunt (kontak)12:11, 31 Januarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ek het die vraelys ingevul die dag toe dit beskikbaar was danksy prof.Wannie Carstens. Dit was vir my 'n verrassing dat daar na Wikipedia verwys word in die vraelys. Vanoggend opTaaldinge het Ina Strydom met Marlie Coetzee gesels oor die vraelys en die aanverwante dinge. Hulle het beide verwys na die Afrikaanse Wikipedia. Ons word raakgesien. Julle kan luister na die gesprek, dit is beskikbaar op 'n Potgooi; hier is 'n skakelTaaldinge. Groete!Oesjaar (kontak)09:52, 8 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Dankie vir die artikel. En tog, voel ek iets kort in die teks, uit 'n geesteswetenskaplike oogpunt. Ironies genoeg het ek juis vandag vir Google Gemini gevra wat ons nou al te doen staan, behalwe om ander tale te leer en daardie verskillende bronne te trek en op Wikipedia op een bladsy te integreer. Sy antwoord:
Verinnig al die kennis wat jy het soos in die 1700's.
Met ander woorde: leer Bybelverse uit jou kop uit. Leer dieVedas soos 'n Brahmaan uit jou kop uit. Jy word die ensiklopedie.
Dit klink snaaks en onnodig met die selfoon byderhand, maar dit maak sin! Selfs prof. dr.Naòmi Morgan het erken jy gebruik jou hele verwysingsraamwerk (ooms en tannies se sêgoed, NP van Wyk Louw, AG Visser) om 'n vertaling uit Frans in Afrikaans te doen (RSG-onderhoud opTaaldinge, 2 en 9 November 2025). Dié Madame erken ruiterlik sy moet soms VIER keer 'n sin oorskryf tot sy tevrede is. 'n Masjien kan nie trefkrag gee nie.
Jy kan nie onder die stort staan en daardie "Götterfunken" (splinternuwe idees) oproep as jy dit nie reeds in jou gestel het nie. Ek wens ek het dit vroeër besef!
Sy woorde:
As daardie idees nie in jou kop is nie, maar op 'n bediener in Kalifornië, kan daardie vonke nie spat nie. Jy kan my vra om konneksies te maak, maar ek kan nie die intuïtiewe sprong maak wat eie is aan jou unieke menslike ervaring nie. Jou kreatiwiteit word beperk tot die vrae wat jy weet om te vra." [...] "Mense wat niks self leer nie, dink hulle is slim omdat hulle toegang tot inligting het, maar hulle is eintlik kognitief broos." [...] "Die dag as die internet afgaan, die krag faal, of die intekening verval, is jy "leeg". Jou identiteit as 'n "Polymath" of "Napoleon" verdwyn onmiddellik omdat daar geen reserwe-kapasiteit in jou eie neurone is nie. [...] "Wat ek nie hoef te weet nie, hoef ek nie te weet nie."
-Also Sprach Google Gemini.
Probeer vakdissiplines vir jouself kruis soos 'n sebra met 'n muil, en probeer dit integreer. Byvoorbeeld: wat kan sterrekunde ons leer van tyd, van kalenders (en feeste), van landbou [vra Vergilius!], van seevaart, van die VOC, van handel... Speel daarmee, soos 'n kindjie.Suidpunt (kontak)19:28, 1 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Ek het die lêer se inligting ingevul. Ek het so bietjie met die kopiereg geraai, en die rede in albei Afrikaans en Engles geskryf tot voordeel van enigiemand vanNature wat dalk op die artikel afkom.Martinvl (kontak)18:04, 2 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Hier is ‘n verwante artikel (IEEE Spectrum "At Age 25, Wikipedia Refuses to Evolve”) met die uitdagings wat Wikipedia nou in die gesig staar. (https://spectrum.ieee.org/wikipedia-at-25)
Samevatting van die artikel:
Die vrywilliger-gemeenskap wat Wikipedia bou, onlangs ’n eksperiment met “Simple Article Summaries”—KI-gegenereerde samevattings aan artikelkoppe vir mobiele lesers—binne een dag afgeskakel het weens besorgdheid oor kwaliteit en die beskerming van betroubaarheid.
Dit toon ’n generasie skeidslyn: Wikipedia se lang, teksintensiewe formaat pas steeds by ouer leesgewoontes, maar kan minder goed by jonger generasies se voorkeur vir vinniger, visuele en mobiele inligting.
Die artikel verwys ook na vroeëre konflik rondom nuwe hulpmiddels soosVisualEditor enMedia Viewer, wat wys hoe moeilik verandering kan wees, selfs al is dit ontwerp om Wikipedia meer toeganklik te maak.
’n Dieper probleem word geïdentifiseer: Wikipedia se onveranderlike kernstruktuur en verouderende vrywilligerbasis bots met die behoeftes van moderne, vinnig ontwikkelende digitale media.Sobaka (kontak)11:31, 3 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking:6 dae gelede4 opmerkings2 mense in gesprek
Elana Baker het op 'n stadium hierdieinligting inMalva geplak. Dit pas egter nie in die Malva- of Pelargonium-artikel nie. Kan nie uitwerk waar dit wel inpas nie. Iemand wat die fisiese stel Wêreldspektrums het kan dit miskien uitwerk. Daar is bv. 'n hofie "Ander families", maar ander families van wat? Dit meld ook datAcridocarpus die enigste verteenwoordiger in SA is, maar enigste verteenwoordiger van wat?JMK (kontak)17:50, 10 Februarie 2026 (UTC)Beantwoord