Wikipedia is 'n veeltalige, webgebaseerdeensiklopedie met gratis inhoud wat deur enigiemand gewysig kan word. Die naam is saamgestel uit dieHawaise woordwiki ("vinnig") en "ensiklopedie". Dit is 'n samewerkingsprojek wat deur duisende gebruikers gewysig en in stand gehou word. Dit word gedoen deur middel vanwiki-sagteware, en die gasheerdiens en ondersteuning word gebied deur die nie-winsgewende Wikimediastigting. Alhoewel Wikipedia beoog om tipiese ensiklopediese inligting te bevat, sluit die Wikipediabladsye ook inligting in wat 'n mens in spesialistydskrifte, geografiese woordeboekindekse en ander spesialiteitstydskrifte sou verwag. Boonop verskaf Wikipedia dekking van huidige gebeure.
Oorsig
Die Wikipedia-projek het drie kenmerkende eienskappe:
Dit is primêr 'n ensiklopedie, of het ten doel om een te word.
Dis 'n wiki omdat dit deur enige persoon gewysig kan word (buiten 'n geblokkeerde gebruiker). Dit sluit beskermde bladsye uit.