DieWienerwald is die mees oostelike uitloper van dieNoord-Alpe in dieOostenrykse deelstateNeder-Oostenryk enWene en vorm met sy voetheuwels sodoende die noordoostelike einde van die Alpereeks. Die middelgebergte, wat sowat 45 km lank en tussen 20 en 30 km wyd is, is grotendeels bebos en het met sy netwerk van wandelpaaie en staproetes asook sy wyndorpies tot 'n gewilde ontspanningsgebied vir die bewoners van die nabygeleë Oostenrykse hoofstad ontwikkel wat maklik met openbare vervoermiddels bereik kan word.
Byna die hele gebergte, insluitende sy randgebiede wat tot in die stadsgebied van Wene strek en deel uitmaak van dié miljoenestad se groen gordel, is in 2005 deurUnesco as Biosfeerpark Wienerwald aangewys. Dit maak van Wene die enigste wêreldstad wat gedeeltelik (sewe stadsdistrikte met 9 900 ha) in 'n biosfeerpark geleë is.[1]
Uitsig oor die kranswande van die Peilsteingebergte in die Wienerwald