Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wieg van die Mensdom

Koördinate:25°58′01″S27°39′45″O /25.96694°S 27.66250°O /-25.96694; 27.66250
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Tumulus-gebou by die Maropeng-sentrum, Wieg van die Mensdom
Ligging van Wieg van die Mensdom op 'n kaart (Suid-Afrika)
Wieg van die Mensdom
Wieg van die Mensdom
Ligging van die Wieg van die Mensdom in Suid-Afrika
Koördinate:25°58′01″S27°39′45″O /25.96694°S 27.66250°O /-25.96694; 27.66250
LandeVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
TipeKultureel
Kriteriaiii, vi
Verwysings915
StreekAfrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie1999 (23steSessie)
Uitbreidings2005
*Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

DieWieg van die Mensdom is 'nwêrelderfenisgebied aan dieWes-Rand,Gauteng, inSuid-Afrika. Die area is net noordwes vanKrugersdorp langs dieN14 nasionale pad. Dit bestaan uit dieSterkfonteingrotte,Swartkrans,Kromdraai en die omliggende dele. Dit is een van die plekke waar die heel oudste hominied- of aapmensfossiele ter wêreld gevind is. Ander fossiele van uitgestorwe dier- en plantspesies is ook al hier gevind. Die fossiele is vasgevang indolomietrotse wat na raming tot 2,5 miljoen jaar oud is. Daar is elders inAfrika ook soortgelyke vondste, maar nêrens is daar so baie fossiele soos by Die Wieg van die Mensdom nie.

Ons voorsate: Die Taung-kind

[wysig |wysig bron]
Replika van dieskedel van dieTaung-kind.

Die eerste bewys van die bestaan van ons voorsate, die australopithesene, en van hul swerftog van die tropiese woude van Afrika na Suider-Afrika, is in Suid-Afrika ontdek. Die australopithesene (“suidelike ape”) was pre-menslike ape wat tussen 4,5 miljoen en 1,5 miljoen jaar gelede op die grasvlaktes en in savannegebiede van Oos- en Suider-Afrika geleef het. Hulle het regop geloop omdat hul dye langer was as dié van ape, terwyl hul arms korter was en hul bekkenskelet geskik was vir 'n regop liggaamsposisie. Verskillende variasies van dieAustralopithecus-genus wasAustralopithecus robustus enAustralopithecus africanus.

Raymond Dart

In 1924 hetRaymond Dart, 'n Australiër van geboorte wat in 1922 hoogleraar in Anatomie aan die pas gestigteUniversiteit van die Witwatersrand geword het, gehoor van 'n bobbejaanskedel wat in 'n kalksteengrot nabyTaung in dieNoordwes-provinsie gevind is. Hy het gevra dat enige ander beendere of fossiele wat gevind word, na hom aangestuur moet word.

Dit het Dart omtrent 'n maand geneem om genoeg klip rondom diefossiel te verwyder om die gesig van die jong primaat bloot te lê. Dart was oortuig dat die skedel 'n oorgang tussen ape en mense verteenwoordig. Hy het inderhaas 'n artikel vir die tydskrifNature geskryf om die vonds te beskryf, en het ditAustralopithecus africanus ("suidelike aap van Afrika") genoem.

Ná aanvanklike lof het wetenskaplikes dieTaung-kind as 'n blote aap verwerp. In die 1930’s en 1940’s hetRobert Broom nog talle ander australopitheseen-fossiele in Gauteng en Limpopo ontdek, en Dart se bewering gestaaf.

Bekende opgrawings by die Wieg

[wysig |wysig bron]
Robert Broom

DieSterkfonteingrotte nabyKrugersdorp het meer fossiele van voormenslike australopithesene (meer as 500) as enige ander enkele plek ter wêreld opgelewer. Die bekendste is die bykans volledige skedel van “Mev. Ples”, soos die media dit genoem het. Die fossielnavorsing wat dr. Robert Broom by Sterkfontein onderneem het is in die tweede helfte van die 20ste eeu hoofsaaklik deur prof.Phillip Tobias van die Departement van Anatomie aan die Universiteit van die Witwatersrand en dr. C.K. (Bob) Brain van die Transvaal-museum voortgesit.

Mev. Ples

Kort nadat Suid-Afrika die Wêrelderfeniskonvensie in die laat 1990’s onderteken het, is verskeie vindplekke van vroeë hominiede inGauteng wes vanJohannesburg as 'n Wêrelderfenisterrein benoem en aanvaar. Daarna het die terrein by Taung in die provinsie Noordwes enMakapan inLimpopo deel geword van wat algemeen as die Wieg van die Mensdom bekend staan. Klipwerktuie is in die boonste lae van sommige van dié plekke gevind, wat toon dat ware mense ook daar geleef en gesterf het.

Al die fossiele het behoue gebly omdat die beendere tussen vier en een miljoen jaar gelede in kalkgrond beland het – hoofsaaklik in erosieholtes in dolomiet. Navorsing toon dat die australopithesene en talle van die ander diere waarvan beendere in die dolomiet in fossiele verander het, meestal die prooi van groot roofdiere soos die uitgestorweDinofelis was. Beendere met brandmerke by Swartkrans in 'n laag wat ook die reste van vroeë mense bevat, laat 'n mens glo dat mense wat in die grot geskuil het, reeds 'n miljoen jaar gelede geleer het hoe om vuur te benut. Dit het hulle dalk gehelp om met roofdiere mee te ding.

Kleinvoet

Een van die interessantste fossiele is die sogenaamde “Kleinvoet”. Dit is ouer as die meeste ander australopithesene (sowat 3,2 miljoen jaar), en is eers aan sy voetbene uitgeken. Dié het getoon dat hy minstens gedeeltelik nog in bome gewoon het. Ná sorgvuldige speurwerk deur Nkwane Molefe en Stephen Motsumi (op versoek van dr. Ron Clarke) is die res van die skelet blootgelê in die breksie wat Sterkfontein se dolomietgrot vul. Die feit dat feitlik die hele skelet ontdek is, laat 'n mens dink dat die individu nie deur 'nroofdier doodgemaak is nie, maar in 'n diep gat geval het en nie kon uitkom nie.

Danksy die uitsonderlike toestande wat die beendere bewaar het, bied dié terreine 'n unieke blik op die verlede. Enkele van die fossiele word by uitlegsentrums by Sterkfontein en die Mohalehek uitgestal, met 'n verduideliking waarom hulle so belangrik is.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Giliomee, H. & Mbenga, B. (reds). 2007.Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. Tafelberg: Kaapstad
  • Pretorius, F (red). 2012.Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag. Tafelberg: Kaapstad

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Vir amptelike name, sien die artikels ofWêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.
Barberton MakhonjwabergeKaapse florarykbeskermde gebiede • Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika (Wieg van die MensdomMakapansgatTaung-kind) •iSimangaliso-vleilandparkǂKhomanikulturele landskapNelson Mandela-nalatenskapsgebiedeMapungubwekulturele landskapPleistoseen-besettingsterreineRichtersveldKulturele en botaniese LandskapRobbeneilanduKhahlamba-DrakensbergparkVredefortkoepel
Vlag van Suid-Afrika
Vlag van Suid-Afrika
Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wieg_van_die_Mensdom&oldid=2666137"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp