'n Votiefkroon wat aanRekkeswinth (653–672) behoort het
DieWes-Gote (Latyn:Visigothi,Wisigothi,Vesi,Visi,Wesi, ofWisi) was een van twee hoof takke van dieGote, 'nOos-Germaanse stam, dieOos-Gote was die ander. Die twee stamme was lede van dieGermaanse volke wat dieRomeinse Ryk tydens die Groot Volksverhuising geteister het nadat 'n Wesgotiese mag onderAlarik IRome in410 geplunder het.
Ná die val van die Romeinse Ryk het die Wes-Gote vir twee en halwe eeu 'n belangrike rol in die geskiedenis vanWes-Europa gespeel.
Die Wes-Gote, wat voor dieGermaanse Volksverhuising in die Benede-Donau-gebied gewoon het, het ook onder druk van dieHunne ('n Asiatiese volk wat uit die Ooste) weswaarts geplunder en verwoes sover hulle getrek het.
Onder aanvoering van hul Christenkoning, Alarik, het die Wes-Gote tevergeefs geprobeer omKonstantinopel, hoofstad van dieOos-Romeinse Ryk, in te neem. In 401 het hulle hul pogings laat vaar en deurGriekeland naItalië opgeruk. Na verskeie terugslae, waardeur hulle hul nie van stryk laat bring het nie, het hulle Rome ingeneem en geplunder. Dit was hul derde poging om die stad in te neem.
Alarik se plan om Noord-Afrika uitSisilië te verower, het egter skipbreuk gely. Hy het gesterf voordat dit verwesenlik kon word.
In 418 het Ataulf, die opvolger van Alarik I,Suid-Gallië verower en die grondslag van dieWes-Gotiese Ryk gelê. Tydens die bewind van Eurich (466-484 n.C.) het die Wes-Gote hul veroweringsveldtogte voortgesit en bykans die heleIberiese Skiereiland verower. Hul Ryk het nou sowat 'n derde van die ouWes-Romeinse Ryk beslaan.
Die Wes-Gotiese konings was oor die algemeen maar swak. Die inwoners van die Iberiese Skiereiland was hulle vyandig gesind.Aquitanië is deur dieFrankiese koningClovis, van hulle verower.
In711 het dieArabiere uit Noord-Afrika die Iberiese Skiereiland binnegeval en die Wes-Gote in dieSlag van Jerez de la Frontera verslaan. Dit het die einde van hul ryk beteken.
Die Wesgotiese Koninkryk vanToulouse, c. 500, op die stadium wat dit die grootste strekking gehad het.
Hierdie artikel omtrent dieGermane is slegs 'nsaadjie en bied tans nog nie ensiklopediese dekking van die betrokke onderwerp nie. Jy kan Wikipedia help deurdit uit te brei.