Werkwoorde word in die grammatika onderken as 'nklas van woorde wat die handeling (aksie) van 'n sin beskryf. Die werkwoord is die belangrikste woord in 'n sin en is daarom maklik om uit te ken. Tipiese werkwoorde is: eet, loop, praat, spring en ry. As voorbeeld, gegewe die sin: "Ekopdateer wikipedia.", is "opdateer" die werkwoord.
'n Selfstandige werkwoord kan alleen (of selfstandig) in 'n sin staan. Voorbeelde:
- Hyopdateer die wiki.
- Sybestuur haar motorfiets.
- Die mankap hout.
Hulpwerkwoorde help die selfstandige werkwoord. Voorbeelde:
- Die vrouhet die wikiopgedateer. (dui verlede tyd aan)
- Die mansal môre die houtkap. (dui toekomende tyd aan)
Dié werkwoorde behoort tot diebedrywende vorm. Die onderwerp ("die vrou", "die man") is besig om iets tedoen
Talle werkwoorde (dieoorganklike werkwoorde) het ook 'nlydende vorm wat met ander hulpwerkwoorde gevorm word:
- Die koeiword deur die mangemelk. (dui teenwoordige tyd van die lydende vorm aan)
- Die koeiis deur die mangemelk. (dui verlede tyd van die lydende vorm aan)
- Die koeisal deur die mangemelk word (dui toekomende tyd van die lydende vorm aan).
Merk op dat die onderwerp ("die koei") nie besig is om iets te doen nie. Dis "die man" wat melk. In bedrywende vorm kan ons sê:
Hier is "die koei" die lydende voorwerp.
Koppelwerkwoorde word gebruik waar daar koppeling van die werkwoord nodig is. Voorbeelde:
- Die vrouis haastig. (koppeling tussen "Die vrou" (selfstandige naamwoord) en "haastig" (byvoeglike naamwoord)).
Dit is gewoonlik waar die werkwoord nate ofom te gebruik word. Voorbeelde:
- Hierdie huis is tekoop.
- Om teswem is lekker.
- Om (vinnig) testap, is goeie oefening
Soms het die infinitief sy eie vorm:
- ekhet -- om tehê
- ekis -- om tewees
In die toekomende tyde word die infinitief ook sonder(om) te gebruik:
- Siendeelwoord vir die hoofartikel
Die verlede tyd word gevorm met 'nvoltooide deelwoord
Die voltooide deelwoord van nie-saamgestelde werkwoorde kryge-
- tewerk -- ek hetgewerk
- tesê -- ek hetgesê
Werkwoorde wat eindig met -eer kan met of sonderge- gebruik word
- te probeer -- ek het(ge)probeer.
Daar is twee tipes saamgestelde werkwoorde:skeidbaar enonskeidbaar
Die skeidbare werkwoord kry-ge-:
- oppas - op te pas - ek pas op - ek het opgepas
Die klemtoon is altyd op die eerste skeidbare deel: óppas.
Die onskeidbare werkwoorde kry geen ge- nie:
- omarm - te omarm - ek omarm - ek hetomarm
Die klemtoon is altyd op die tweede deel: omárm.