Wayback Machine |
Tipe webwerf | Internet argief |
|---|
| Beskikbaar in | Engels |
|---|
| Skepper | Brewster Kahle en Bruce Gilliat |
|---|
| URL | http://wayback.archive.org/ |
|---|
| Kommersieel | Nee |
|---|
| Registrasie | Opsioneel |
|---|
| Van stapel gestuur | 1996 |
|---|
DieWayback Machine is 'n digitale argief van dieWêreldwye Web en ander inligting op dieInternet. Die diens stel mense in staat omwebblaaie te argiveer en geargiveerde bladsye oor tyd op te roep. Dit is veral handig om bladsye wat nie meer bestaan nie, op te soek.
Die argief word deurInternet Archive ('nnie-winsgewende organisasie wat inSan Francisco in dieVSA gesetel is) bestuur. Dit is deur Brewster Kahle en Bruce Gilliat begin, en word met behulp vanAlexa Internet instand gehou. Hulle visie is om die hele Internet te argiveer.[1]
Die organisasie argiveer bladsye sedert 1996 op hulleLinux-bedieners. Hulle besoek geargiveerde bladsye elke paar weke of maande en skep 'n nuwe weergawe as die inhoud daarvan verander het. Gebruikers word ook toegelaat omskakels vir aktivering in te voer. Die oogmerk is om inligting, wat andersins verlore kan gaan wanneer 'n webwerf verander of gesluit word, vas te vang.
Wys 'n kalender wat die weergawes van 'n geargiveerde bladsy wys:
Sien hoe 'n bladsy in die verlede (in die geval, dieAfrikaanse Wikipedia op 29 Januarie 2004) gelyk het:
Om 'n URL te argiveer: