Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Waterplant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Waterplant

Waterplante ook bekend ashidrofiete[1] is 'n groep taksonomies uiteenlopendeplante wat by 'n lewe inwater aangepas is. Verteenwoordigers van diealge (vandag meestal nie meer as plante beskou nie), mosse, varings en saadplante word in water aangetref, maar die totale aantal waterlewende plantspesies is betreklik klein.

Waterplante kan ingedeel word in die wat in die bodem veranker is en die wat op die wateroppervlak dryf. Waterplante wat in die bodem veranker is, kan heeltemal onder water leef, byvoorbeeld diewaterpes (Elodea); hulle kan drywende blare hê, byvoorbeeld diewaterlelies (genusNymphaea); of die blare kan bo die water uitstaan, byvoorbeeldpapkuil (Typha capensis) enriete (genusPhragmites).

Voorbeelde van drywende waterplante is diewatervarings (ordeHydropteridales) ensaadplante van die familieLemnaceae, die kleinste saadplante ter wêreld. Drywende plante het wortels wat in die water afhang en water en voedingstowwe uit die water absorbeer of gewysigde blare wat dieselfde funksie verrig. Plante soos die waterhiasint (Pontederia crassipes) se blare het groot ruimtes met lug daarin wat die plante drywend hou.

Waterplante wat permanent onder water is, absorbeer meestal water oor hul hele oppervlakte, terwyl plante soos waterlelies slegs aan die onderkant van hul blare water absorbeer. Omdat die selwande van sulke plante baie deurlaatbaar is, droog hulle vinnig uit wanneer hulle buite die water kom. Hulle kan sulke uitdrogings egter dikwels oorleef en wanneer water weer beskikbaar word, absorbeer hulle vinnig weer 'n groot hoeveelheid water.

Waterplante

Baiemosse envarings hou van vogtige omstandighede en word daarom dikwels langs of selfs in water aangetref, maar hulle is nietemin landplante.

Bekende Suid-Afrikaanse waterplante iswaterblommetjies (generaPotamogeton enAponogeton), waarvan 'n gereg, bekend aswaterblommetjiebredie, dikwels gemaak word, en dieKaaimansblom (Nymphaea nouchali var. caerulea). Die waterhiasint (Pontederia crassipes) is inSuid-Afrika 'n verklaardeonkruid omdat dit maklik groot oppervlaktes water inneem. Veral op damme soos dieHartbeespoortdam en dieBon Accorddam nabyPretoria is die hiasinte 'n groot probleem. DieKariba-onkruid (Salvinia molesta) het kort na die bou van dieKaribadam in Zimbabwe 'n groot gedeel van die wateroppervlakte van die dam ingeneem.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Dictionary.com | Meanings & Definitions of English Words".Dictionary.com (in Engels). Besoek op11 Desember 2024.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Waterplant&oldid=2730248"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp