Tsjoeikof is op die dorp Serebrjanije Proedi in dieToela-streek suid vanMoskou gebore as die agtste van twaalf kinders. Hy en al sewe sy broers het soldate geword en in dieRussiese Burgeroorlog geveg.[1] Op die ouderdom van twaalf het hy die skool en sy ouerhuis verlaat om in ’n fabriek inSint Petersburg te gaan werk.[2]
Tydens dieRussiese Rewolusie in 1917 was hy werkloos en ’n ouer broer het gereël dat hy deel word van die Rooi Garde. Die volgende jaar, in 1918, het hy by dieRooi Leër aangesluit.[2]
In Oktober 1918 is Tsjoeikof na die suidfront gestuur as ’n onderbevelvoerder teen dieWit Lëer. In die lente van 1919 het hy bevelvoerder van die 40ste Regiment geword en inSiberië teen die Wit Leër geveg.[3]
Hy het van 1919 tot 1920 tweeOrdes van die Rooi Vlag ontvang vir dapperheid. Hy is onder meer in sy linkerarm gewond en dit kon nie geopereer word nie. Dit het gedeeltelike verlamming veroorsaak. In 1981 het dit totseptisemie en eindelik sy dood gelei.[4]
Nadat hy in verskeie oorloë geveg het, is Tsjoeikof in beheer van die 64ste Leër op die wesoewer van dieDonrivier geplaas. Net voor dieSlag van Stalingrad het hy bevelvoerder van die 62ste Leër geword watStalingrad moes verdedig, met die 64ste Leër aan sy suidelike flank.
In Stalingrad het Tsjoeikof die taktiek van "omarming" van die vyand (guerrilla-oorlogvoering) begin gebruik waardeur die Sowjet-magte so naby aan die soldate vanNazi-Duitsland gebly het dat dit hul uitstekende skietvermoë ondermyn het. Hulle het aan gevegte van naby deelgeneem, waarin die Sowjet-soldate weer beter was. Dit het ook meegebring dat Duitse vliegtuie nie die Sowjet-magte kon aanval sonder om hul eie soldate in gevaar te stel nie.[5][6]
Die grafsteen van maarskalk Wasili Tsjoeikof.
Ná die oorwinning by Stalingrad het die 62ste Leër die 8ste Wagteleër geword en ’n veldtog deurPole gelei. Eindelik was Tsjoeikof aan die hoof van die Sowjet-offensief watBerlyn in April/Mei 1945 saam met dieGeallieerdes verower het.
Hy het in die dokumentêre rolprentBerlin (1945) verskyn wat deur Joeli Raizman geregisseer is.
Ná die oorlog het Tsjoeikof in Duitsland gebly en later hoof van die Groep van Sowjet-magte daar geword. In 1953 het hy bevelvoerder van die Kiëfse Militêre Distrik geword en terwyl hy daar diens gedoen het, is hy op 11 Maart 1955 bevorder tot maarskalk van die Sowjetunie. Van 1961 tot met sy dood was hy lid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.