Wasili III het die beleidsrigtings van sy pa voortgesit. Hy hetWolokolamsk in 1513,Rjazan in 1521 enSmolensk in 1514 geannekseer. Hy het ook die Russiese invloed na die gebiede om dieWolga uitgebrei.
In sy binnelandse beleid het hy die hulp van dieRussies-Ortodokse Kerk ingeroep in sy stryd teen diefeodale opposisie.
Teen 1526, toe hy 47 jaar oud was, was Wasili reeds 20 jaar getroud met sy eerste vrou,Solomonia Saboerowa, maar die egpaar was steeds kinderloos. Eindelik is besluit dat Wasili ’n nuwe vrou moet vat en hy is van Solomonia geskei. Daar was groot teenstand teen sy tweede vrou, prinsesElena Glinskaja, die dogter van ’nSerwiese prinses, omdat syRooms-Katoliek was. Sy het egter die seun gebaar wat hom opgevolg het:Iwan die Verskriklike. Drie jaar later het hulle nog ’n seun, Joeri, gehad.
Terwyl hy gejag het, het Wasili ’n pyn in sy heup gekry as gevolg van ’n abses. Hy is op sy versoek teruggeneem na Moskou, waar hy gevra het om ’n monnik gemaak te word. Hy het die naam Warlaam aangeneem. Hy is op 4 Desember 1533 oorlede.[1]