Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Wallabies

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Australiese nasionale mansrugbyspan. Vir die artikel oor die nasionale vrouerugbyspan, sienWallaroos.
Australië
UnieRugby Australia (RA)
Bynaam(e)Wallabies
EmbleemWallaby
Afrigter(s)Vlag van Nieu-SeelandJoe Schmidt(sedert 2024)
Kaptein(s)James Slipper
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetseJames Slipper (151)[1]
Meeste toetspunteMichael Lynagh (911)[2]
Meeste drieëDavid Campese (64)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Nieu-Suid-Wallis (as Australië) 13–3Britse LeeusVlag van Verenigde Koninkryk
(Sydney,Australië; 24 Junie 1899)[4]
Grootste oorwinning
Vlag van AustraliëAustralië 142–0NamibiëVlag van Namibië
(Adelaide, Australië; 25 Oktober 2003)
Grootste nederlaag
Vlag van Suid-AfrikaSuid-Afrika 53–8AustraliëVlag van Australië
(Johannesburg,Suid-Afrika; 30 Augustus 2008)
Wêreldbeker
Verskynings10/10 (Eerste in1987)
Beste uitslagKampioen in1991 en1999
Uniewebwerf
www.rugby.com.au/

DieWallabies is die nasionalerugbyspan watAustralië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Die Wallabies is na die wallaby, een van verskeiespesies uit diefamilie van diekangaroes genoem, wat die nasionale dier van Australië is.

Vir die Wallabies is hul belangrikste internasionale verskyning om aan die vierjaarlikserugbywêreldbekertoernooi deel te neem. Die Wallabies het aan al die wêreldbekertoernooie tot nou deelgeneem en is met twee titels die derde suksesvolste span in die geskiedenis van dié toernooi ná dieSuid-AfrikaanseSpringbokke en dieNieu-SeelandseAll Blacks. Die Wallabies het die eindstryde van dieRugbywêreldbeker 1991 teenEngeland,[5][6] en dieRugbywêreldbeker 1999 teenFrankryk gewen.[7] Die Wallabies het daarbenewens inekstra tyd die eindstryd in2003 teen Engeland en in2015 teen Nieu-Seeland verloor.

Die Wallabies neem sedert 1996 jaarliks aandie Rugbykampioenskapstoernooi (tot in 2011 die Drienasiesreeks) deel. Aan dié toernooi neem die vier beste spanne van dieSuidelike Halfrond deel, naamlik die Nieu-Seelandse All Blacks, die Suid-Afrikaanse Springbokke, dieArgentynsePoemas en die Wallabies. Tydens die Rugbykampioenskapstoernooi ding die Wallabies teen Argentinië om diePoematrofee, teen Nieu-Seeland om dieBledisloebeker en teen Suid-Afrika om dieMandela Uitdaagplaat mee. Die Wallabies het vorige Drienasiesreekse al drie keer gewen (in 2000, 2001 en 2011), en later ook een keer die uitgebreide Rugbykampioenskapreeks (in 2015). Op 2 Julie 2007 het die span, ná ’n verrassende oorwinning oor die All Blacks in dieDrienasies, na die tweede plek op die IRR se wêreldranglys verbeter.[8]

In 1899 het die Wallabies in hul eerste internasionale wedstryd teen dieBritse Leeus inSydney te staan gekom. Rugby word in Australië geadministreer deurRugby Australia, wat deurWêreldrugby saam met tien ander beheerliggame as ’n vlak-een-span beskou word. Die Australiese rugbyspan is tans (Oktober 2025) sewende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys[8] en in 2001 is die Wallabies deur Wêreldrugby as die “span van die jaar” aangewys. 16 voormalige Wallabies is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die Wallabies speel beide hul tuis- en wegwedstryde in goud en groen, die tradisionele sportkleure van Australië.

Beheerliggaam

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Rugby Australia.
’n Kaart van die Australiese plaaslike beheerliggame en hul spanne

Die beheerliggaam vir rugby in Australië is Rugby Australia, tot in 2017 die Australiese Rugbyunie (Australian Rugby Union, ARU) genoem. Die ARU is in 1949 gestig en het in dieselfde jaar by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nouWêreldrugby) aangesluit.[9] Daarbenewens was die Australiese beheerliggaam in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nouOseanië Rugby).[10] Rugby Australia bestaan uit agt plaaslike beheerliggame, wat elkeen ’ndeelstaat of gebied verteenwoordig.[11] Die belangrikste rugbyliga in Australië isSuperrugby wat saam met spanne uit Nieu-Seeland en een elk uit beideFidji en dieStille Oseaan-eilande (feitlik dieCookeilande, Fidji,Samoa enTonga) beslis word.[12]

Naas die amptelike nasionale span roep Rugby Australia ook ander keurspanne byeen. DieJunior Wallabies is die o/20-nasionale span en hulle neem aan die o/20-Rugbykampioenskap en dieWêreldrugby o/20-kampioenskap deel.[13][14] Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Australië beskik oor ’n nasionale span vir studente, dieAustralian Schoolboys, wat as ’n voorbereiding op die Australiese nasionale rugbyspan dien.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Vroeë jare

[wysig |wysig bron]
Die Australiese span in 1899

Europese immigrante het al vroeg aansokker verwante sportsoorte beoefen, en die eerste persberig is in 1829 inSydney gepubliseer. Die meeste van hierdie vroeë wedstryde het tydens plaaslike feeste plaasgevind, maar geen algemene reëls of gekodifiseerde weergawe het bestaan nie. Van die destydse weergawes het elemente van vandag aparte stel reëls bevat, waaronderAustraliese voetbal, sokker enrugby. As twee spanne ontmoet het, moes hulle vooraf op die toepaslike reëls besluit. Aangesien destyds alle weergawes algemeen “sokker” genoem is, is dit nie meer moontlik om te bepaal watter weergawe in watter gebied oorheers het nie.[15] Die eerste span buite die moederlandGroot-Brittanje, wat ’n stel gekodifiseerde rugbyreëls gebruik het (die wêreldwyd agtste oudste), was die in 1863 gestigteSydney Universiteitsvoetbalklub, wat op 19 Augustus 1865 sy eerste wedstryd gespeel het.[16]

In 1874 is die eerste beheerliggaam gestig, die Suidelike Rugbyunie (vandag Nieu-Suid-Walliese Rugbyunie), wat in dieselfde jaar die eerste plaaslike kampioenskap aangebied het. Twee jaar later het die eerste kampioenskap rondomBrisbane gevolg, wat vanaf 1883 deur die Noordelike Rugbyunie (vandag Queensland Rugbyunie) aangebied is. Rugby het toe die gewildste sportsoort inNieu-Suid-Wallis enQueensland geword, veral als gevolg van die vanaf 1882 gereelde wedstryde tussen die keurspanne van albei kolonies. Daarteenoor was rugby in die ander kolonies (Victoria,Suid-Australië,Wes-Australië enTasmanië) minder gewild, en is veral deur Australiese voetbal oorskadu. Die aanhangers van Australiese voetbal het ook probeer om hul sport in Nieu-Suid-Wallis te laat vestig. ’n In 1880 gestigte plaaslike beheerliggaam het aan die begin effens daarin geslaag, maar verskeie sosiale en ekonomiese faktore het daartoe bygedra, dat hy homself in 1893 weer ontbind het en die twee oostelike kolonies en latere deelstate deur rugby oorheers is.[17]

In 1882 het die Suidelike Rugbyunie die wêreldwyd eerste beheerliggaam geword om ’n oorsese toer aan te pak, toe hul keurspan, dieWaratahs, inNieu-Seeland vyf wedstryde gespeel het.[18] In 1896 het Queensland se span, dieReds, dieselfde gedoen. Die eerste toetswedstryd van ’n die hele Australië verteenwoordigende span is op 24 Junie 1899 op dieSydney-krieketveld aangebied, toe hulle teen dieBritse Leeus te staan gekom het. Hulle het die eerste wedstryd met 13–3 gewen, maar die Leeus het die oorblywende drie toetse gewen.[19] Die Australiese span het ses spelers uit Queensland en nege uit Nieu-Suid-Wallis ingesluit.[4] In Sydney het hulle in die blou trui van Nieu-Suid-Wallis en in Brisbane in die maroen trui van Queensland uitgedraf, maar met ’n Australiese wapen pleks van die twee beheerliggame se kentekens.[20][21]

Vroeë 20ste eeu

[wysig |wysig bron]
Die Australiese span in 1905
Die span wat in 1908–09 getoer het

Die eerste toetswedstryd tussen Australië en die Nieu-Seelandse All Blacks is op 15 Augustus 1903 op die Sydney-krieketveld gespeel en met 22–3 deur Nieu-Seeland gewen.[22][23] Die All Blacks se toer het tot ’n tydelike toename in gewildheid van rugby in beide Sydney en Brisbane gelei, nadat meer toeskouers die wedstryde in albei stede bygewoon het.[24] Een jaar later het die Britse Leeus Australië weer besoek en het die Australiërs in al drie toetswedstryde verslaan.[25] Die stigting van die Nieu-Suid-Walliese Voetballiga (New South Wales Football League, NSWFL) in 1903 het ’n verswakking van die rugbysport in Nieu-Suid-Wallis meegebring, aangesien verskeie toonaangewende private skole vir enkele jare slegs Australiese voetbal pleks van rugby aangebied het. Vir ’n kort tyd het Australiese voetbal blykbaar ook die guns van die gehoor geniet.[26] Die suiwer amateursport rugby is deur die invoering vanrugby league in 1905 erg geraak. Baie klubs rondom Sydney het na die professionele weergawe oorgeskakel en ’n beheerliggaam gestig, wat veralRooms-Katolieke skole van ’n oorskakeling na rugby league kon oortuig. Van dié skole vorm tot vandag toe die fondament van rugby league se dominansie rondom Sydney. Bekende nasionale spelers soosDally Messenger het ook by rugby league aangesluit en gehelp om van dié sportkode die dominerende een te maak.[27] In dieselfde jaar het die eerste toer na Nieu-Seeland plaasgevind.

In 1908 het die nasionale span vanaf Sydney vir die eerste keer op ’n maandelange toer na dieBritse Eilande enNoord-Amerika vertrek. Tydens dieOlimpiese Somerspele 1908 inLonden, wat tydens die Australiese toer plaasgevind het, het Australië ná ’n 32–3-oorwinning oor ’n keurspan uitCornwall in die enigste wedstryd van die toernooi met die goue medalje weggestap. Tydens die eerste toetswedstryd teenWallis is Australië met 9–6 verslaan, maar hulle hetEngeland in hul eerste wegoorwinning met 9–3 geklop. Engelse koerante het aanvanklik na dié span asrabbits (“konyne”) verwys.[28][29] Die Australiese rugbyspelers het dié bynaam as neerhalend beskou en dit metWallabies vervang.[30] Ná hul terugkoms het elf spelers, wat saam gereis het, na rugby league-klubs oorgeskakel.[31] In 1909, toe die nuwe “Noordelike Unie” se kode in Australië nog in sy kinderskoene was, is ’n wedstryd tussen die Kangaroos (die Australiese nasionale rugbyligaspan) en die Wallabies voor ’n skare van 20 000 gespeel, wat deur die rugbyligaspan met 29–26 gewen is.[32]

Naas die verskil tussen amateurisme en professionalisme het daar ook ’n kulturele verskil begin ontwikkel: rugby is meer en meer as sportsoort van die opgevoede, Britse hoër- en middelklas beskou, terwyl rugby league veral in die werkersklas, wat uit Rooms-KatoliekeIere bestaan en dieBritse Ryk verwerp het, aanhangers gewerf het. Die tradisionele rugby is deur hulle as ’n simbool vanImperialisme beskou. Dikwels was die personeel van rugby league klubs dieselfde as by filiale van die Australiese Werkersparty. Binne enkele jare het rugby league die dominerende kode geword, terwyl rugby unie agteruitgegaan het.[33]

Impak van die wêreldoorloë

[wysig |wysig bron]

Nog erger is rugby in Australië deur dieEerste Wêreldoorlog geraak. Al die plaaslike beheerliggame het die vraag in die gesig gestaar of dit gepas is om met rugby voort te gaan, terwyl op Europa se slagvelde duisende jong Australiërs sneuwel. Die beheerliggame van Australiese voetbal en rugby league het met hul toernooie voortgegaan, terwyl rugby se beheerliggame daarop besluit het om tydens die oorlog alle aktiwiteite te staak en die ander sportsoorte herhaaldelik van onpatriotiese optrede beskuldig het. Die sosiale skeurings wat destyds ontstaan het, sou die verhoudings tussen die sportsoorte en hul aanhangers vir die volgende dekades oorheers.[34] Tydens die oorlog het meer as 35 nasionale spelers in Europa geveg, waarvan tien gesneuwel het.[35] Ná die oorlog het weer baie spelers by rugby league klubs aangesluit. In 1920 moes Queensland se beheerliggaam weens die gebrek aan spelers homself ontbind.[36]

Gedurende die 1920’s was die Wallabies basies identies aan dieWaratahs, die keurspan uit Nieu-Suid-Wallis, aangesien slegs in dié deelstaat ’n gereguleerde speelprogram bestaan het. Die Waratahs het gereeld teen dieSuid-AfrikaanseSpringbokke en die Nieu-Seelandse All Blacks te staan gekom, maar die meeste wedstryde verloor. Die Australiese beheerliggaam het aan hierdie wedstryde terugwerkende toetsstatus toegeken, terwyl die beheerliggame van Suid-Afrika en Nieu-Seeland hulle nie as sulks erken nie. In 1927/28 het die Waratahs ’n halwe jaar se baie suksesvolle toer deur Europa enKanada onderneem, waartydens hulle 31 van hul 37 wedstryde gewen het. Onder andere het hulle teen die nasionale spanne vanIerland, Wallis enFrankryk gewen, maar hulle is deurSkotland en Engeland verslaan; aan alle wedstryde is terugwerkende toetsstatus toegeken. In 1928 het die herstigting van die beheerliggaam Queensland Rugbyunie tot ’n gees van optimisme gelei, wat tot die herinvoering van ’n nasionale span gelei het en een jaar later het hulle in drie agtereenvolgende wedstryde teen die All Blacks geseëvier.[24]

In 1931 het Lord Bledisloe, die Nieu-Seelandse goewerneur-generaal, ’n beker geskenk, waarom die nasionale spanne van Nieu-Seeland en Australië gereeld sou speel. In 1934 het die Wallabies vir die eerste keer daarin geslaag om dieBledisloebeker in te palm.[37] Die krygsheld Edward “Weary” Dunlop was deel van dié span.[38] Die vorige jaar het hulle vir die eerste keer ’n toer na Suid-Afrika onderneem, waar hulle drie toetswedstryde teen die Springbokke verloor en twee gewen het.[39] Ná hul suksesvolle toer deur Nieu-Seeland het die Springbokke in 1937 Australië besoek en twee toetswedstryde gewen.[40] Die Wallabies se beplande 1939-toer deur Europa kon nie soos beplan plaasvind nie. Slegs een dag ná hul aankoms in Engeland het dieTweede Wêreldoorlog uitgebreek en alle wedstryde is afgelas. Ná twee weke se verblyf het die Wallabies na Australië teruggekeer. Hul enigste wedstryd het die Wallabies tydens ’n oorstaan inMumbai gespeel.[41] Ter vermyding van die foute uit die Eerste Wêreldoorlog het die toonaangewende beheerliggame daarop besluit om ten minste ’n beperkte speelprogram te handhaaf.[42]

Naoorlogse tydperk

[wysig |wysig bron]
Die Wallabies-kaptein John Solomon word deur die Springbokke gedra (1953)

Die eerste toetswedstryd ná die Tweede Wêreldoorlog is in 1946 opCarisbrook,Dunedin, tussen Australië en Nieu-Seeland gespeel, en deur die All Blacks met 31–8 gewen. Australië het ook die vier oorblywende wedstryde van dié toer verloor; hulle is met 20–0 deur die Nieu-SeelandMāori en die volgende week met 14–10 deur die All Blacks geklop. In 1947/48 het Australië ’n suksesvolle toer naEuropa enNoord-Amerika onderneem, waartydens die Wallabies 32 van hul 39 wedstryde gewen het. Hulle het drie van die vyf toetswedstryde gewen, maar Australië is deur Wallis en Frankryk verslaan.[43] Van die opkomende spelers was Trevor Allan, Cyril Burke en Nicholas Shehadie.[44] Ná hul terugkoms van die suksesvolle toer het Australië in 1949 die Nieu-Seeland Māori vir ’n reeks van drie toetse gehuisves; albei spanne het een wedstryd elk gewen, met een gelykop. In September dieselfde jaar het Australië twee keer teen die All Blacks in Nieu-Seeland gespeel, albei wedstryde gewen en die Bledisloebeker vir die eerste keer op Nieu-Seelandse bodem ingepalm. Die Nieu-Seelanders het daarna beweer, dat hulle slegs ’n tweede span ontbied het, aangesien die All Blacks se eerste span destyds op toer in Suid-Afrika was. In agting vir die destydseapartheidstelsel in Suid-Afrika het die NZRU nie Māorispelers vir hul Suid-Afrikaanse toer saamgeneem nie. Baie van die All Blacks se gewone Māorispelers het vervolgens teen Australië uitgedraf, dus kon die Nieu-Seelandse span wat teen Australië gespeel het as ewe goed as die All-Black-span in Suid-Afrika beskou word. Vanuit ’n Nieu-Seelandse perspektief was eers die All Blacks se drie toetswedstryde twee jaar later in Australië gelykwaardig (Nieu-Seeland het al drie toetswedstryde gewen).[45]

In 1949 is ook die Australiese beheerliggaam Australiese Rugbyvoetbalunie (later Australiese Rugbyunie, nouRugby Australia) gestig, waarvolgens die as ’t ware onafhanklike beheerliggame van Nieu-Suid-Wallis en Queensland onderafdelings geword het. Die hoofrede vir hierdie saamsluiting was die uitnodiging van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nouWêreldrugby) aan Australië,Nieu-Seeland enSuid-Afrika, om as volle lede by die wêreldwye beheerliggaam aan te sluit. Die IRVR het voorheen slegs uit die vier beheerliggame van die Britse Tuisnasies (Engeland,Ierland,Skotland enWallis) bestaan.[46] Australië was sedert 1926 ’n geassosieerde lid en het sy sake deur die afgevaardigdes van die Engelse beheerliggaam ingedien.[47]

Die Britse Leeus het in 1950 na Australië getoer en albei toetswedstryde teen die Wallabies gewen. Die volgende jaar het die All Blacks in ’n drie-toetstoer skoonskip met Australië afgereken. In Julie en Augustus 1952 het Australië vir die eerste keer teenFidji gespeel en die eerste toetswedstryd op die Sydney-krieketveld gewen, maar hulle is in die tweede toetswedstryd verrassend met twee punte geklop.[48] Een maand later het die Wallabies herstel en die All Blacks opLancasterpark geklop, maar hulle is in die tweede toetswedstryd verslaan. In 1953 het Australië weer deur Suid-Afrika getoer. In die tweede toetswedstryd het hulle die Springbokke vir die eerste keer in 15 jaar verslaan. Die Suid-Afrikaanse span was van dié prestasie baie beïndruk en sodoende het twee spelers die Australiese kapteinJohn Solomon op hul skouers van die speelveld gedra.[49] Op hierdie toer het hulle ook 8–8-gelykop gespeel teenRhodesië in Kitwe. In 1957/58 het die Wallabies weer deur Europa getoer, maar hulle het nie een toetswedstryd teen die destydseVyfnasies gewen nie. Sedertdien het geen nasionale span van die Suidelike Halfrond hierdie negatiewe rekord herhaal nie.

Gemengde prestasies gedurende die 1960’s en 1970’s

[wysig |wysig bron]
’n Ierse lynstaan tydens hul tweede toetswedstryd teen die Wallabies in Sydney, 1979

Die eerste toetswedstryd van die nuwe dekade was die oorwinning oor Fidji op die Sydney-krieketveld gedurende ’n drie-toetsreeks in 1961. Daarop het ’n tweede oorwinning gevolg, maar Fidji het in die derde toetswedstryd daarin geslaag om gelykop te speel. In 1961 het die Wallabies weer deur Suid-Afrika getoer, waar hulle deur die Springbokke inPort Elizabeth enJohannesburg duidelik verslaan is. Ná hul terugkoms het die Wallabies hul eerste tuisnederlaag teen Frankryk op die Sydney-krieketveld met 8–15 gely.[50] In 1962 het Australië vyf keer teen die All Blacks te staan gekom; ’n 9–9-gelykop op Athletic Park was die enigste prestasie tydens dié toetsreeks. Nadat hulle in 1963 die vir die eerste keer besoekende Engelse span met 18–9 in Sydney verslaan het, het die Wallabies deur Suid-Afrika getoer en twee van die vier toetswedstryde gewen; sedert die Britse Leeus van 1896 die eerste span wat dit kon vermag. Twee jaar later het die Wallabies twee tuisoorwinnings met onderskeidelik 18–11 en 12–8 oor die Springbokke aangeteken. Daarmee het die Australiërs vir die eerste keer ’n toetsreeks teen Suid-Afrika beklink.[51] Australië het in 1964 ’n drie-toetsreeks teen die All Blacks gespeel. Die Wallabies het die derde toetswedstryd gewen nadat hulle in die eerste twee toetswedstryde verslaan is. In Junie 1966 het die Britse Leeus deur Australië getoer en die Wallabies in albei toetswedstryde verslaan. Die toer deur Europa en Kanada gedurendewinter 1966/67 was nie suksesvol nie, aangesien die Wallabies slegs 19 van hul 36 wedstryde gewen het. Van die vyf toetswedstryde, wat hulle gespeel het, het die Wallabies dié teen Wallis en Engeland gewen, maar Australië is deur Skotland, Ierland en Frankryk verslaan. Ná die toer het Australië in Sydney weer teen Ierland te staan gekom en is opnuut verslaan; daarmee het Ierland die eerste van die Tuisnasies geword om ’n wegoorwinning in die Suidelike Halfrond aan te teken. Tot aan die einde van die 1960’s het die Wallabies – met uitsondering van ’n naelskraapse 11–10-tuisoorwinning oor Frankryk – slegs nederlae gely, waaronder drie agtereenvolgende nederlae teen Nieu-Seeland in 1967 en in 1969 vier agtereenvolgende nederlae teen Suid-Afrika.

Australië het in 1970 Skotland gehuisves en met 20 punte gewen. Die Wallabies se aktiwiteite in 1971 sou die mees omstrede in die Australiese rugbygeskiedenis word. In Julie en Augustus het die Springbokke Australië vir ses weke besoek, nadat die Wallabies twee jaar vroeër Suid-Afrika besoek het. Terwyl die Australiese regering die Springbokke se toer ondersteun het, is inAdelaide, Brisbane,Melbourne,Perth en Sydney protes teen die Suid-Afrikaanseapartheidsbeleid aangeteken. Tydens hierdie protesaksies het deelnemers met die polisie slaags geraak. Na ramings is tussen 500 en 700 protesdeelnemers in hegtenis geneem. Die toer is nie afgelas nie, maar die stadions het soos met doringdraad beweerde vestings gelyk en moes met ’n groot polisieteenwoordigheid beskerm word. Johannes Bjelke-Petersen, die eerste minister van Queensland, het op 14 Julie ’n noodtoestand van een maand verklaar, wat tot ’n 24 uur se staking van 125 000 werknemers gelei het. Tot aan die einde van apartheid het die Wallabies nie meer teen die Springbokke te staan gekom nie.[52][53]

In November 1971 het die Wallabies ’n toer na Frankryk onderneem; hulle het Frankryk tydens die eerste toetswedstryd inToulouse geklop, maar hulle is in die tweede in Parys verslaan. Frankryk het toe Australië in Junie 1972 vir ’n twee-toetsreeks besoek, waarvan hulle een gewen en in die ander een gelykop gespeel het. Australië het aansluitend ’n drie-toetsreeks teen die All Blacks in Nieu-Seeland gespeel, maar al drie verloor. Die Wallabies het tydens hul terugkoms inSuva aangedoen om teen Fidji te speel en hul enigste oorwinning in daardie jaar aangeteken. In Junie 1973 hetTonga vir die eerste keer Australië besoek; die Wallabies het die eerste toetswedstryd gewen, maar hulle is in die tweede verslaan. In November 1973 het Australië ’n kort toer na die Verenigde Koninkryk onderneem, maar hulle het twee duidelike nederlae teen Wallis en Engeland gely. In 1974 het Australië die All Blacks vir ’n drie-toetsreeks gehuisves, waarvan die Wallabies twee verloor en in een gelykop gespeel het. In 1975 het Australië tydens ’n twee-toetsreeks tuis Engeland twee keer verslaan en sodoende wraak geneem. Australië het daarna sy eerste twee toetswedstryde teenJapan gespeel en albei duidelik gewen. Tydens hul Europatoer in 1975/76 is die Wallabies deur Skotland, Wallis en Engeland verslaan, maar hulle het daarin geslaag om Ierland te klop. Op pad huis toe het Australië een bykomende wedstryd gespeel en vir die eerste keer teen dieVerenigde State inLos Angeles te staan gekom en met 24–12 gewen. In Junie dieselfde jaar het Australië Fidji vir ’n drie-toetsreeks gehuisves en al drie toetswedstryde gewen. Australië het die jaar met ’n kort toer na Europa afgesluit en twee toetswedstryde teen Frankryk gespeel, maar albei verloor.

Nadat in 1977 geen toetswedstryd plaasgevind het nie, het die Wallabies in 1978 twee tuisoorwinnings oor Wallies aangeteken, maar hulle is in twee wegwedstryde deur Nieu-Seeland verslaan. In die derde toetswedstryd het die Wallabies met 30–16 gewen, danksy vier drieë deur die uitstekendeGreg Cornelsen.[54] In Junie 1979 het Ierland Australië besoek en albei toetswedstryde gewen. Daarna het Australië die All Blacks vir een toetswedstryd op die Sydney-krieketveld gehuisves en met 12–6 gewen. In Oktober 1979 het die Wallabies vir die eerste keerArgentinië besoek. Hulle is in hul eerste toetswedstryd deur diePoemas verslaan, maar die Wallabies het met ’n oorwinning in die tweede toetswedstryd die toetsreeks geëwenaar.

Groeiende sterkte gedurende die 1980’s

[wysig |wysig bron]
Australië teenArgentinië opVélez Sarsfield-stadion, 7 November 1987

In 1980 het Australië dieBledisloebeker eers vir ’n vierde keer ingepalm, nadat die Wallabies Nieu-Seeland met 2–1 in ’n drie-toetsreeks in Australië verslaan het. In 1981/82 het die toer na die Britse Eilande teleurstellend verloop, nadat die Wallabies van die vier toetswedstryde slegs dié teen Ierland gewen het; daarbenewens het hulle drie wedstryde teen provinsiale en plaaslike spanne verloor. Die Australiese span het egter veral uit jong, onervare spelers bestaan, wat hul beste tye nog sou beleef.[55] Gedurendeherfs 1984 het die Wallabies opnuut die Tuisnasies met ’n jong span en ’n nuwe afrigter, Alan Jones, kom besoek en ’n historiese prestasie aangeteken: Hulle het die eerste Australiese span geword wat ’nGrand Slam behaal het, nadat hulle tydens dieselfde toer al die vier Tuisnasies verslaan het: Engeland, Ierland, Wallis en Skotland. Hulle het ook ’n volstoomspan van dieBritse Barbarians verslaan. Tydens dié toer het veralMark Ella uitgeblink en as eerste speler in al die vier toetswedstryde ’n drie gedruk. Dié toer het die opkoms van Australië as ’n gedugte krag in internasionale rugby ingelui.[56]

In 1986 het Australië vir ’n drie-toetsreeks om die Bledisloebeker na Nieu-Seeland getoer. Die Nieu-Seelandse rugby was in onrus nadat ’n nieamptelike span – die Nieu-Seelandse Kavaliers – met die grootste deel van die All Black-spelers die sportboikot van apartheid geïgnoreer en na Suid-Afrika vertrek het. Ná hul terugkeer is dié spelers vir die eerste toetswedstryd om die Bledisloebeker uit die All Black-span weggelaat. Australië het toe die eerste wedstryd met 13–12 gewen. Die verbanning is met die oog op die tweede toets op 23 Augustus op Carisbrook opgehef. Nieu-Seeland het die reeks geëwenaar nadat hulle die tweede wedstryd met 13–12 gewen het. Dié wedstryd is deur omstredenheid geteister nadat die Walliese skeidsregter Derek Bevan nie ’n Australiese drie deur dieagsteman Steve Tuynman toegeken het nie. Die eindstryd is op 6 September 1986 op Edenpark gehou. Australië het ’n volsterkte Nieu-Seelandse span met 22–9 geklop en sodoende hul eerste toetsreeks op Nieu-Seelandse bodem beklink.[57] Die Australiese en Nieu-Seelandse rugbyunies was toonaangewend by die invoering van dierugbywêreldbekertoernooi, waarvolgens beide Australië en Nieu-Seeland die eersteRugbywêreldbeker 1987 aangebied het.[58] Tydens die groepfase het die selfbewuste Wallabies Engeland, die VSA en Japan verslaan, en in die kwarteindstryd Ierland. In die halfeindstryd is hulle egter op Sydney seConcord-ovaal deur Frankryk met 30–26 verslaan, in die klein finale om die derde plek het die Wallabies teen Wallis verloor.[59]

Die prestasies van die Wallabies oor die drie jaar onder die afrigter Alan Jones het deurlopend verbeter, maar Jones het ook ’n polariserende effek op die span gehad, aangesien hy ook as ’n radio-omroeper gewerk het en baie spelers nie tevrede was met sy bestuurstyl nie. Mark Ella, wat ná die 1984-seisoen homself onttrek het, het beweer dat hy moontlik nie sou uitgetree het as Jones nie die afrigter was nie. Daar was veral ernstige afwykings tussen die afrigter Alan Jones en die invloedrykeskrumskakel Nick Farr-Jones.[60] Voor en tydens die Rugbywêreldbeker 1987 het Alan Jones sy aktiwiteite buite die afrigting van Australië, insluitende die radio-uitsaaiwese, uitgebrei. Ná die rugbywêreldbekertoernooi is Jones van sy pos as afrigter verwyder en Bob Dwyer, wat Australië in 1982 en 1983 afgerig het, is in 1988 heraangestel. Die tuisreeks teen die All Blacks dieselfde jaar het teleurstellend verloop, nadat die Wallabies in drie toetswedstryde slegs een gelykop aangeteken het.[61] In 1989 het die Britse en Ierse Leeus vir die eerste keer sedert 1966 na Australië getoer. Ná hul oorwinning in die eerste toetswedstryd het Australië die tweede en derde toetswedstryde en sodoende die toetsreeks met 1–2 verloor. Bob Dwyer het ’n gebrek aan oorheersing deur die voorspelers as ’n belangrike faktor geïdentifiseer wat tot die verlore reeks bygedra het en die negentigerjare met die doel om hierdie faset van die Wallabies se speel te verbeter betree.

Wêreldbekertitels in 1991 en 1999

[wysig |wysig bron]
David Campese se trui, versier met handtekeninge, in ’nHongkongse kroeg

In Augustus 1990 het Australië ná vier jaar weer ’n toetswedstryd teen Nieu-Seeland gewen. In voorbereiding op dieRugbywêreldbeker 1991 is die All Blacks weer verslaan, maar ook Wallis en Engeland. Die Wallabies het die rugbywêreldbekertoernooi vervolgens met nuwe selfvertroue aangepak en tydens die groepfase Argentinië, Wallis enWes-Samoa deels duidelik verslaan. Gedurende die kwarteindstryd teen Ierland inDublin was Australië op die rand van ’n uitskakeling. Nadat letterlik sekondes op die klok oorgebly het, was Ierland met 18–15 voor, voordatMichael Lynagh in die hoek ’n drie gedruk het om sodoende die Ierse harte te laat breek en Australië tot die halfeindstryd teen Nieu-Seeland te laat vorder.[62] In die eerste helfte het die Wallabies met 13–3 voorgeloop en toe hul verdedigingsvermoë teen die All Blacks gewys en die wedstryd beklink. In die eindstryd op Twickenham het die Wallabies teen Engeland te staan gekom. Engeland het hul meestal vooruit gedomineerde spelplan in ’n meer vloeiende spel verander. Dit was egter nie suksesvol nie en Australië het ’n 12–6-oorwinning behaal.[63] David Campese is as die speler van die toernooi aangewys, nadat hy ses drieë in ’n reeks van uitstekende vertonings gedruk het. Oorwinningsparades is in Australië vir hul nasionale span gehou.

Nadat die Springbokke in 1992 ná die einde van apartheid weer vir internasionale rugby toegelaat is, het die Wallabies Suid-Afrika besoek en die eerste toetswedstryd tussen albei spanne in meer as twee dekades gewen. In 1993 het die Springbokke se teenbesoek in Australië vir drie toetswedstryde plaasgevind, waarvan die Wallabies twee gewen het.[64] In 1994 het die Wallabies onder andere twee keer elk teen Ierland,Italië en Argentinië gewen. Die titelverdediging tydens dieRugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika het met ’n nederlaag teen die gasheer afgeskop, gevolg deur oorwinnings oorKanada enRoemenië. In die kwarteindstryd is die Wallabies deur Engeland uitgeskakel, nadatRob Andrew inekstra tyd ’n skepdoel aangeteken en die wedstryd met 22–25 beëindig het.[65][66] Dit was Australië se ergste vertoning tydens ’n wêreldbekertoernooi.

Om die toenemende oorskakeling van goeie spelers na finansieel gevestigderugby league-spanne teen te werk het die Internasionale Rugbyvoetbalraad in Augustus 1995 besluit om van rugby ’n professionele sport te maak. In dieselfde jaar het die beheerliggame van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië die konsortium SANZAR gestig om televisie-uitsaairegte vir twee nuwe kompetisies te verkoop, die internasionale kompetisie Super 12 (nouSuperrugby) en die Drienasiesreeks van die nasionale spanne (nouDie Rugbykampioenskap).[67] Aangesien die nuwe toernooie min plek vir maandelange oorsese toere gelaat het, het hierdie tradisie uit die amateurtydperk vinnig tot ’n einde gekom (met uitsondering van die vierjaarlikse Leeustoere). In reaksie op rugby se skuif na professionaliteit is in Oktober 1995 die Rugbyunie Spelersvereniging (RUPA,Rugby Union Players' Association) gestig om die belange van Australië se professionele rugbyspelers te beskerm.[68]

Greg Smith was in 1996 en 1997 Australië se nasionale afrigter, gedurende dié jare het die Wallabies slegs twee van hul agt toetse in die eerste twee Drienasiesreeks gewen, albei teen Suid-Afrika tuis, maar hulle het rekordnederlae teen beide die All Blacks en Springbokke weg gely. Nadat Rod Macqueen in 1998 by Smith oorgeneem het, het Australië sy twee toetswedstryde teen die All Blacks gewen en sodoende die Bledisloebeker ingepalm. In dieselfde jaar het die Wallabies tydens die besoek van ’n onervare Engelse span in die Suidelike Halfrond ’n rekordoorwinning van 76–0 aangeteken, tot vandag toe Engeland se ergste nederlaag.[69] In 1999 het die Wallabies die Bledisloebeker suksesvol verdedig, nadat hulle Nieu-Seeland met ’n rekordoorwinning van 28–7 in Sydney verslaan het.[70]

Tydens dieRugbywêreldbeker 1999 het die Wallabies hul groep gewen, nadat hulle in die drie wedstryde teen Roemenië, Ierland en die VSA altesaam slegs 31 punte afgestaan het. In die kwarteindstryd het hulle teen Wallis te staan gekom, met 24–9 geseëvier en die halfeindstryd bereik. Hulle het die verdedigende kampioen Suid-Afrika met 27–21 verslaan. Die halfeindstryd is deur ’n onvergeetlike skepdoel in ekstra tyd deur dielosskakel Stephen Larkham (sy eerste skepdoel in ’n toetswedstryd) en ’n strafdoel van dieheelagterMatt Burke beslis. Australië het die eindstryd op die nuweMillennium-stadion maklik met 35–12 teen die blykbaar moeë Frankryk gewen, die Franse het voorheen in hul halfeindstryd die gunsteling Nieu-Seeland uitgeskakel. Die meeste punte is deur die heelagter Matt Burke aangeteken.[71] In 1999 het vyf Australiese spelers daarin geslaag om hul tweede rugbywêreldbekertoernooi te wen: Phil Kearns, John Eales, Tim Horan, Jason Little en Dan Crowley. Australië was ook die eerste rugbyspan wat dieWebb Ellis-beker vir ’n tweede keer omhoog kon hou. Weens hul uitstekende prestasies is die Wallabies in 2000 as Laureus se “span van die jaar” genomineer.[72]

Die nuwe millennium

[wysig |wysig bron]
Openingswedstryd van dieRugbywêreldbeker 2003 tussen Argentinië en Australië op die Aussiestadion in Sydney
Australië teen Japan tydens dieRugbywêreldbeker 2007

In 2000 het Australië die Bledisloebeker verdedig en dieDrienasiesreeks vir die eerste keer gewen. Die Wallabies het hierdie prestasie in 2001 herhaal en ook hul eerste reeksoorwinning ooit oor die Britse en Ierse Leeus aangeteken. Beide die afrigter MacQueen en kaptein John Eales het gou ná hierdie mylpale afgetree. Hulle is deur die afrigterEddie Jones en kaptein George Gregan opgevolg. As gevolg van die toenemende gewildheid het topvlak-rugby leaguespelers soos Mat Rogers, Wendell Sailor en Lote Tuqiri na rugbyunie oorgeskakel en voortaan vir die Wallabies uitgedraf. Dit was in kontras met die vorige eeu, waartydens baie rugbyunie-spelers met hoë salarisse na rugby league gelok is.[73] In 2001 is die Wallabies deur die IRR as “span van die jaar” en Rod Macqueen as “afrigter van die jaar” aangewys.[74]

Die Wallabies het tydens dieDrienasiesreeks in 2002 nie daarin geslaag om hul titel te verdedig nie. Aansluitend is hulle weg deur Ierland en Engeland verras.[75] Tydens dieDrienasiesreeks in 2003 moes Australië die Bledisloebeker afstaan. In dieselfde jaar het die gasheer Australië syRugbywêreldbeker 2003-veldtog op indrukwekkende wyse afgeskop. Tydens die groepfase het die Wallabies Argentinië duidelik geklop, gevolg deurNamibië enRoemenië. In die laaste groepwedstryd het hulle Ierland naelskraap met 17–16 geklop. Vervolgens het hulle Skotland met 33–16 in die kwarteindstryd uitgeskakel. Die Wallabies het hul grootste oorwinning oor Nieu-Seeland aangeteken deur hulle met 22–10 in die halfeindstryd te verslaan. Daarna het George Gregan die Nieu-Seelanders met die woordeFour more years boys, four more years (“Nog vier jaar seuns, nog vier jaar”) geterg.[76] Tydens ’n opwindende eindstryd is die Wallabies deur Engeland met 20–17 verslaan, die eindstryd is kort voor afloop van ekstra tyd deurJonny Wilkinson se skepdoel beslis.[77]

Tydens die tienjarige herdenking van die professionalisering van rugby in 2005 is die Wallabies se span van die dekade aangekondig. John Eales is deur ’n keuringspaneel van 30 as kaptein aangewys. Ná afloop van die Europese toer in 2005, wat met ’n negatiewe rekord van agt nederlae in nege wedstryde geëindig het, het die pers soos dieDaily Telegraph ’n beroep op die afdanking van beide Eddie Jones en George Gregan gedoen. Die voormalige afrigter Alan Jones het ook vir hul afdanking gepleit. In Desember 2005 het die Australiese Rugbyunie aan die groeiende druk oorgegee en Eddie Jones met John Connolly vervang.[78] Tydens dieDrienasiesreeks in 2006 het die Wallabies ’n noemenswaardige 49–0-oorwinning oor die Springbokke aangeteken, maar in die oorblywende wedstryde slegs gemengde prestasies behaal. In November dieselfde jaar het ’n skaars wegnederlaag teen Ierland gevolg.[79] Op 10 Mei 2007 het beide die Walliese en Australiese beheerliggame met die stigting van die James Bevan-trofee daarop besluit om 100 jaar se toetsrugby tussen die twee lande te vier.[80] Dit is genoem na die Australies-gebore Wallies-opgevoede man wat die Walliese span se eerste kaptein was; Australië het die eerste reeks om dié trofee met 2–0 gewen.

Tydens dieRugbywêreldbeker 2007 het die Wallabies ná deels duidelike oorwinnings oor Japan, Wallis, Fidji en Kanada hul groep gewen. In die kwarteindstryd is hulle egter deur Engeland met 12–10 uitgeskakel.[81] Connolly het sy bedanking as hoofafrigter aangebied en is aan die begin van 2008 deur Robbie Deans vervang. Nadat die sleutelspelers George Gregan enStephen Larkham ná die teleurstellende toernooi hul loopbane beëindig het, het hy die taak gehad om ’n nuwe span saam te stel. Tydens dieDrienasiesreeks in 2008 het die Wallabies ’n ambivalente indruk agtergelaat. Hulle het die All Blacks slegs een keer en die Springbokke twee keer verslaan. Hulle het ook hul ergste nederlaag tot dusver gely: 8–53 teen Suid-Afrika inJohannesburg.[82] In 2009 het die Wallabies Italië twee keer en Frankryk een keer verslaan, aansluitend het hul prestasies egter agteruitgegaan, nadat hulle drie keer deur Nieu-Seeland en twee keer deur Suid-Afrika verslaan is. Tydens die2009 eindjaarrugbytoetsreeks is die Wallabies vir die eerste keer in 27 jaar deur Skotland verslaan.[83]

Heen en weer sedert 2010

[wysig |wysig bron]
Australië teen dieVSA tydens dieRugbywêreldbeker 2011
Australië klop Engeland 33–13 tydens dieRugbywêreldbeker 2015 op Twickenham in Londen
Australië teen Nieu-Seeland tydens die2017 midjaarrugbytoetsreeks in Sydney
Australië teen Skotland tydens die 2017 midjaarrugbytoetsreeks in Sydney
Australië teen Suid-Afrika tydens die2022-Rugbykampioenskapreeks in Adelaide

Die Wallabies het tydensDrienasiesreeks in 2010 Suid-Afrika geklop, maar hulle is deur Nieu-Seeland verslaan, die Wallabies se tiende agtereenvolgende nederlaag teen die All Blacks, ’n nuwe negatiewe rekord. Tydens die2010 eindjaarrugbytoetsreeks het die Wallabies die All Blacks egter in ’n naelskraapse wedstryd inHongkong verslaan. Dit was Australië se eerste oorwinning oor Nieu-Seeland in drie jaar.[84] 2011 het vir die Wallabies met ’n verrassende tuisnederlaag teen Samoa afgeskop, aansluitend het hulle egter dieDrienasiesreeks in 2011 gewen en sodoende hul eerste titel in tien jaar ingepalm. Ná die aansluiting van Argentinië by die Drienasiesreeks het dié toernooidie Rugbykampioenskap geword. Tydens die eersteRugbykampioenskapreeks het die Australiërs nie daarin geslaag om hul titel te verdedig nie, alhoewel hulle die nuweling twee keer verslaan het. Tydens dieRugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland het die Wallabies Italië verslaan, maar hulle is in die daaropvolgende wedstryd deur Ierland geklop. Ná twee bykomende oorwinnings oor die VSA enRusland het hulle nogtans daarin geslaag om tot die kwarteindstryd te vorder. Hulle het teen die verdedigende kampioen Suid-Afrika te staan gekom, en die Springbokke danksy ’n amper foutlose verdediging naelskraap met 11–9 verslaan.[85] In die halfeindstryd is die Wallabies egter deur die gasheer en latere kampioen Nieu-Seeland met 20–6 verslaan.[86] In die klein finale om die derde plek het hulle Wallis met 21–18 geklop.[87][88]

In 2012 is Australië tuis deur Skotland verslaan, dit was hul eerste tuisnederlaag teen die Skotte sedert 1982.[89] In dieselfde jaar is Italië slegs naelskraap verslaan, nadatLuciano Orquera in die laaste minuut ’n strafdoel, wat aan Italië sy eerste gelykopuitslag teen die Wallabies sou besorg het, misgeskop het.[90] In 2013 het die Britse en Ierse Leeus na Australië getoer en twee van die drie toetswedstryde gewen.[91] Hierdie mislukking en ’n maer wenrekord het daartoe bygedra, dat die hoofafrigter Deans toenemende druk ervaar het. Hy het in Julie 2013, ná ses jaar in die pos, bedank; sy opvolger was Ewen McKenzie.[92] Tydens die2013-Rugbykampioenskapreeks het die Wallabies twee nederlae elk teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gely, maar twee oorwinnings oor Argentinië aangeteken. Die 12–38-tuisnederlaag teen die Springbokke was die destyds ergste vir die Wallabies.[93] Tydens die2013 eindjaarrugbytoetsreeks het McKenzie die Wallabies na vier oorwinnings oor Italië, Ierland, Skotland en Wallis geneem. Nadat hulle egter in die eerste wedstryd van die reeks deur Engeland verslaan is, het die Wallabies die Grand Slam misgeloop.[94]

In 2014 het die Wallabies vir die eerste keer in vier jaar die Trophée des Bicentenaires ingepalm, nadat hulle drie agtereenvolgende oorwinnings oor Frankryk aangeteken het. Nadat die Wallabies aansluitend in hul openingswedstryd van die2014-Rugbykampioenskapreeks teen die All Blacks gelykop gespeel het en daarmee vir die agste agtereenvolgende keer onoorwonne was, het hulle die kans gehad om hul reeks nederlae om die Bledisloebeker, wat in 2012 begin het, te beëindig. Maar ’n 20–51-nederlaag het alle hoop laat gaan.[95] In die verdere verloop van die toernooi het die Wallabies hul eerste nederlaag teen Argentinië in 17 jaar gely; dit was die Poemas se eerste oorwinning sedert hul aansluiting by die Rugbykampioenskap.[96] Op 18 Oktober 2014 het McKenzie as hoofafrigter bedank, vier dae later het die ARUMichael Cheika as sy opvolger aangestel.[97] In sy eerste toetswedstryd onder Cheika het Australië inCardiff sy tiende agtereenvolgende oorwinning oor Wallis aangeteken.[98][99] Tydens die2014 eindjaarrugbytoetsreeks is die Wallabies deur Frankryk, Ierland en Wallis verslaan, waardeur hulle na die sesde plek op die wêreldranglys gegly het.[100]

Tydens die2015-Rugbykampioenskapreeks het die Wallabies hul eerste titel in die nuwe formaat ingepalm, nadat hulle Suid-Afrika, Argentinië en Nieu-Seeland een keer elk verslaan het.[101] Tydens dieRugbywêreldbeker 2015 in Engeland is Australië saam met Wallis, Fidji, die gasheer enUruguay in ’n soort “doodsgroep” geloot. Die Wallabies het in die moeilike tak geslaag en al sy wedstryde gewen, terwyl Engeland vroeg uit die toernooi uitgeskel is. In die kwarteindstryd het Australië teen Skotland te staan gekom, wat 30 sekondes voor die eindfluitjie voorgeloop het, toe die skeidsregterCraig Joubert aan Australië ’n omstrede strafskop toegeken het, wat deurBernard Foley aangeteken is en die Wallabies met 35–34 laat wen het.[102][103] Australië het vervolgens Argentinië in die halfeindstryd met 29–15 verslaan. In die eindstryd het die Wallabies teen die All Blacks met 17–34 verloor, nadat hulle 15 minuut voor die eindfluitjie op 17–21 was.[104] Later dieselfde jaar is die Australiese afrigter Cheika deur Wêreldrugby benoem as “afrigter van die jaar”.[105]

Die jaar 2016 was die begin van ’n ernstige agteruitgang. In Junie het die Wallabies Engeland onder hul afrigter Eddie Jones gehuisves en drie agtereenvolgende toetswedstryde verloor. Hulle is ook in al drie wedstryde teen die All Blacks verslaan. Australië het die jaar met nederlae teen Ierland en die vierde keer teen Engeland beëindig. Die 2017-seisoen het min vordering gesien, nadat die Wallabies verslaan is deur ’n verswakte Skotse span, wat ’n aantal spelers aan die Britse en Ierse Leeus vir hul toer na Nieu-Seeland afgestaan het. Australië het sy middelmatige prestasies tydens die2017-Rugbykampioenskapreeks voortgesit. Aan die einde van die seisoen het Australië sy vyfde agtereenvolgende nederlaag teen Engeland gely, saam met ’n rekordnederlaag teen Skotland.[106] In Junie 2018 het die Wallabies twee van drie toetswedstryde teen Ierland verloor, en vervolgens vier van hul ses wedstryde tydens die2018-Rugbykampioenskapreeks. Gedurende herfs het die Wallabies hul eerste nederlaag teen Wallis in tien jaar gely. Altesaam het hulle in 2018 slegs vier van hul 13 toetswedstryde gewen, wat as hul ergste kalenderjaar beskou word.[107][108]

Tydens die2019-Rugbykampioenskapreeks het Australië die All Blacks met 47–26 verslaan, een van die ergste Nieu-Seelandse nederlae in ’n toetswedstryd.[109] In die daaropvolgende wedstryd om die Bledisloebeker het Nieu-Seeland met 36–0 wraak geneem. Tydens dieRugbywêreldbeker 2019 inJapan het die Wallabies in die groepfase Fidji, Uruguay enGeorgië verslaan. ’n Naelskraapse nederlaag teen Wallis in hul laaste groepwedstryd het beteken, dat die Wallabies in die kwarteindstryd teen Engeland te staan gekom het. Ná ’n duidelike 16–40-nederlaag is die toernooi én die seisoen vir die Wallabies beëindig.[110] Michael Cheika het die volgende dag van sy pos as hoofafrigter bedank.[111] In November 2019 is Dave Rennie as sy opvolger benoem.[112] Ná sy terugkeer in die span isChristian Leali’ifano in 2020 as Laureus se “terugkoms van die jaar” genomineer.[113]

Die Springbokke het vanweë die wêreldwyeCovid-19-pandemie nie aan die2020-Drienasiesreeks deelgeneem nie en die Wallabies het ná een oorwinning en nederlaag elk teen die All Blacks asook twee gelykopuitslae teen die Poemas in die derde en dus laaste plek geëindig. In die eerste wedstryd is Australië deur Nieu-Seeland met 43–5 verneder, hul ergste nederlaag teen dié buurland nog.[114] Tydens die2021 midjaarrugbytoetsreeks het die Wallabies hul tuisreeks teen die Franse met 2–1 gewen.[115] Tydens die2021-Rugbykampioenskapreeks kon hulle vir die eerste keer vier wedstryde wen, waarna hulle agter die All Blacks die tweede plek behaal het.[116] Die2021 eindjaarrugbytoetsreeks het met ’n oorwinning oor Japan begin, maar die Wallabies het vir die eerste keer in 45 jaar al hul wedstryde in Europa verloor.[117] Die2022 midjaarrugbytoetsreeks se tuisreeks teen Engeland het Australië met 1–2 verloor.[118] Tydens die2022-Rugbykampioenskapreeks het die Wallabies twee oorwinnings aangeteken, maar ook vier nederlae gely, waaronder ’n rekordnederlaag teen Argentinië (met 17–48).[119] Tydens die2022 eindjaarrugbytoetsreeks is Australië vir die eerste keer ooit deur Italië geklop.[120]

In Januarie 2023 is die hoofafrigter Rennie vervang deur Eddie Jones, wat voorheen van 2001 tot 2005 dié pos beklee het.[121] Tydens die verkorte2023-Rugbykampioenskapreeks het hulle al hul drie wedstryde verloor en vir die eerste keer in die laaste plek geëindig.[122] Hierdie afwaartse neiging het tydens dieRugbywêreldbeker 2023 in Frankryk aangehou, toe die WallabiesPortugal met 35–15 en Georgië met 34–14 kon klop, maar teen Fidji hul eerste nederlaag in 69 jaar met 15–22 en teen Wallis ’n rekordnederlaag met 6–40 gely het, waarmee hulle vir die eerste keer die uitklopfase misgeloop het.[123]

In Januarie 2024 hetJoe Schmidt as hoofafrigter oorgeneem by Eddie Jones.[124] Die2024-Rugbykampioenskapreeks het vir die Wallabies weer teleurstellend verloop, nadat hulle slegs een naelskraapse wegoorwinning oor die Poemas kon aanteken (met 20–19), waarop ’n rekordwegnederlaag teen dié span gevolg het (met 27–67), waarmee hulle weer die laaste plek beklee het.[125] In 2025 het die Wallabies hul tweede agtereenvolgende reeksnederlaag teen die Britse en Ierse Leeus gely.[126] Tydens die daaropvolgende2025-Rugbykampioenskapreeks het die Wallabies een oorwinning elk oor die Springbokke en die Pumas aangeteken, maar in albei wedstryde teen die All Blacks nederlae gely.[127] Australië sal dieRugbywêreldbeker 2027 aanbied.

Kleure, embleem en naam

[wysig |wysig bron]
’n Jong Australiese wallaby-wyfie

Die Wallabies speel in Australië se tradisionele sportkleure groen en goud. Voor die bekendstelling van ’n nasionale trui het die Wallabies in die spankleure van die gasheerdeelstaat gespeel.[128] Die Australiese wapen het dikwels die deelstaatskenteken op die trui vervang, en verskeie skakerings van hierdie kleure is in ’n aantal wedstryde in die vroeë 1900’s gebruik.[128]

In 1928 het die beheerliggame saamgestem “dat die Australiese verteenwoordigende amateurkleure groen en goud gebruik sal word”.[128] In die volgende jaar het die All Blacks na Australië getoer, en die Wallabies se trui was smaraggroen met die Australiese wapen op; met groen sokkies met tralies aan die bokant.[128] Gedurende die 1930’s het die trui amper dieselfde gebly, met klein veranderinge hier en daar.[128] Toe die Wallabies in 1933 vir die eerste keer na Suid-Afrika getoer het, het die besoekers hemelblou truie gedra om verwarring te voorkom, omdat destyds albei spanne donkergroen truie gebruik het. Tydens die Australiese toer in 1953 het die Suid-Afrikaners tydens die toetswedstryde wit truie gedra. Tydens hul 1961-toer het die Wallabies in goue truie uitgedraf om verdere verwarring te vermy.[129]

Die wegtrui is gewoonlik groen of wit, alhoewel die Wallabies tydens dieRugbywêreldbeker 1995 se wedstryd teenRoemeense nasionale rugbyspan ’n groen en goud streeptrui, met groen broeke en sokkies gedra het. Canterbury se ontwerp vir Australië seRugbywêreldbeker 2007-trui met ’n geboë geelbruin paneel regoor die bors het soos ’nbra gelyk en heelwat kritiek ontlok.[130] Dit het dieSydney Morning Herald' se hoof-rugbykorrespondent ’n satiriese stuk in sy rubriek laat verskyn, waarin die trui met Kramer en Frank Costanza se bekende mansbra vanSeinfeld vergelyk word.[131]

In 2010 het KooGa die klereborg geword.[132] Die eerste KooGa-trui vir die Wallabies is gebruik van 2010 tot die afsluiting van die 2012-seisoen; vir die 2012-seisoen is egter ’n ander soort broeke en sokkies ontwerp. KooGa het in 2013 ’n nuwe uitrusting vir die reeks teen die Britse en Ierse Leeus bekendgestel. BLK Sport, voorheen die Australiese onderafdeling van KooGa, het die klereborg ná hierdie toer geword, en die BLK-embleem het KooGa s’n op die trui vir die 2013-lentetoer vervang. In Oktober 2013 het die ARU aangekondig dat Asics vanaf 2014 die klereborg sal word. Tydens die derde 2017-Bledisloebekertoets het die Wallabies vir die eerste keer ’n trui met ’n inheemseAborigines-ontwerp gedra. Tydens dieRugbywêreldbeker 2019 het hulle in ’n soortgelyke trui uitgedraf.

Die bynaam “Wallabies” verwys na die wallaby wat aan die grootste deel van Australië inheems is. Die naam het tydens die span se eerste toer na die Verenigde Koninkryk en Noord-Amerika in 1908 ontstaan. Die Nieu-Seelandse span het pas ’n toer voltooi en die Engelse pers het hulle “All Blacks” gedoop. Daar is voorgestel dat Australië ook ’n bynaam sal kry, enrabbits (“konyne”) was een van die byname wat deur die Engelse koerante voorgestel is.[28][29] Die Australiërs het dit verwerp, en wou nie hê dat die nasionale span deur ’n ingevoerde “pes” verteenwoordig word nie. Hulle het eerder die inheemse Wallaby gekies, wat dadelik gewild geword het.[133] Oorspronklik is slegs toerende spanne “Wallabies” genoem; as Australië tuis gespeel het, is na hulle as “Internasionale” verwys.[28][134] Die span se gelukbringer staan bekend asWally en is ’n Wallaby.

Truiverskaffers en -borge

[wysig |wysig bron]
Die ou Australiese rugbytrui gedurende die 2000’s

Sedert die 1970’s het die volgende truiverskaffers en -borge verskyn:

TruiverskafferTruiborg
TydperkHandelsmerkHandelsmerkTydperk
1975–1988Adidastot 1989
1989–1996Canterbury  
Castlemaine XXXX1990–1994
Schweppes1995–1997
1997–1999Reebok
Vodafone1998–2003
2000–2009Canterbury
Qantas2004–2020
2010–2013KooGa
BLK
sedert 2014Asics
Cadbury[135]sedert 2014

Tuisstadions

[wysig |wysig bron]
Kaart van Australië se huidige tuistadions

Net soos ander vername rugbylande soos Argentinië, Frankryk, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beskik Australië oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Wallabies speel hul toetse eerder op ’n verskeidenheid stadions dwarsoor Australië. Van die stadions sluit inANZ-stadion in Sydney,Langpark in Brisbane,AAMI-park enDocklands-stadion in Melbourne, asookOptusstadion ennib-stadion in Perth.

Van die stadions wat voorheen tradisioneel vir Wallabies-wedstryde gebruik is, sluit in Sydney se Concord-ovaal, dieSydney-krieketveld en Sportgrond, asookBallymore en die Exhibition Ground in Brisbane. Die Sydney-krieketveld het in 1899 Australië se eerste toetswedstryd teen die Britse Leeus gehuisves. Met een uitsondering (in 1958 in Melbourne) het die Wallabies hul tuiswedstryde tot in 1998 slegs in Sydney of Brisbane gespeel.

Die Wallabies speel hul meeste tuiswedstryde op die ANZ-stadion in Sydney (met ’n rekordskare van 109 874 teen die All Blacks), op die Docklands-stadion in Melbourne, met ’n rekordskare (teen Engeland) van 54 868, op dieSuncorpstadion in Brisbane, met ’n rekordskare van 52 498 of op dieSubiaco Ovaal in Perth. Die rekordskare in die ANZ-stadion teen die All Blacks is die hoogste aantal toeskouers tydens enige rugbywedstryd.

Rugbywêreldbekerstadions

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:Rugbywêreldbeker 1987,Rugbywêreldbeker 2003 enRugbywêreldbeker 2027.
DieSydneyhawebrug tydens die Rugbywêreldbeker 2003

Die eerste Rugbywêreldbeker 1987 is saam deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Van die wedstryde was soos volg opgedeel: Groep 1 (wat die Wallabies ingesluit het) is inBrisbane enSydney gespeel, een wedstryd van Groep 2 (dié tussen Ierland en Tonga) is ook in Brisbane seBallymorestadion aangebied. Daarbenewens het Brisbane en Sydney een kwarteindstryd elk, asook onderskeidelik een halfeindstryd, aangebied. Al die ander wedstryde het in Nieu-Seeland plaasgevind. Australië het altesaam elf wedstryde gehuisves, terwyl die oorblywende 21 wedstryde in Nieu-Seeland gespeel is.

Die Rugbywêreldbeker 2003 is dwarsdeur Australië aangebied, veral langs die ooskus, hoewel oorspronklik ook wedstryde in Nieu-Seeland beplan was. Die 48 wedstryde is in elf stadions gehuisves, met dieTelstra-stadion in Sydney wat die halfeindrondte, die klein finale om die derde plek en die eindstryd tussen die Wallabies en Engeland aangebied het. Van Australië se ander stadions tydens dié toernooi was: die ANZ-stadion in Sydney, Docklands-stadion inMelbourne,Langpark in Brisbane,Subiaco Ovaal in Perth, Adelaide Ovaal in Adelaide, Willows Sportkompleks inTownsville, Canberrastadion inCanberra, Central Coast-stadion in Gosford, Yorkpark in Launceston en Wollongong Showground inWollongong.

Australië sal die Rugbywêreldbeker 2027 aanbied.[136]

Toetswedstryde

[wysig |wysig bron]
Australië se plek opWêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Australië het 344 van sy 680 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 50,59%. Australië se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Oktober 2025):[137]

OpponentGespeelGewenVerloorGelykop% Gewen
Vlag van ArgentiniëArgentinië433010369,77
Britse en Ierse Leeus26719026,92
Vlag van EngelandEngeland562728148,21
Vlag van FidjiFidji24203183,33
Vlag van FrankrykFrankryk522921255,77
Vlag van GeorgiëGeorgië3300100,00
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag Ierland382215157,89
Vlag van ItaliëItalië19181094,74
Vlag van JapanJapan6600100,00
Vlag van KanadaKanada6600100,00
Vlag van Suid-KoreaKorea1100100,00
Vlag van NamibiëNamibië1100100,00
Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seeland18145128824,86
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Māori1686250,00
Pasifiese Eilanders1100100,00
Vlag van PortugalPortugal1100100,00
Vlag van RoemeniëRoemenië3300100,00
Vlag van RuslandRusland1100100,00
Vlag van SamoaSamoa651083,33
Vlag van SkotlandSkotland352213062,86
Vlag van SpanjeSpanje1100100,00
Vlag van Suid-AfrikaSuid-Afrika974153342,27
Vlag van TongaTonga431075,00
Vlag van UruguayUruguay2200100,00
Vlag van Verenigde State van AmerikaVerenigde State8800100,00
Vlag van WallisWallis493414169,39
Algeheel6803443142250,59

Wedstryde teen verskeie saamgestelde spanne tydens oorsese toere van die amateurtydperk en die deur beideNieu-Seeland Rugby en dieSuid-Afrikaanse Rugbyunie nieerkende wedstryde teen dieWaratahs (1920–1928) is nie in die lys nie, alhoewelRugby Australia hulle as toetswedstryde erken.

Wedywering met ander nasionale spanne

[wysig |wysig bron]
Die eerste toetswedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland op 15 Augustus 1903 in Sydney
Die eerste toetswedstryd tussen Australië en Engeland op 9 Januarie 1909 inBlackheath

Veral met die ander twee groot spanne van die Suidelike Halfrond, die Nieu-Seelandse All Blacks en die Suid-Afrikaanse Springbokke, handhaaf Australië ’n intensiewe wedywering. Die tradisionele sportiewe wedywering teen die buurland Nieu-Seeland geniet in Australië ’n besondere status. Sedert 1996 neem al drie spanne aan die jaarlikse Drienasies of die Rugbykamioenskap deel.

Soos in ander sportsoorte (veralkrieket,rugby league,netbal en op dieStatebondspele) handhaaf Australië tradisioneel goeie wedywering met sy buurland Nieu-Seeland,[138][139] waarna dikwels as “wedywering onder sibbes” (sibling rivalry) verwys word.[140][141] Die eerste toetswedstryd tussen albei spanne is tydens die Nieu-Seelandse besoek aan Australië in 1903 gespeel. Sedert 1932 ding albei spanne mee om die Bledisloebeker, een van die oudste trofeë in internasionale rugby. Van die 181 toetswedstryde tot dusver het Nieu-Seeland 128 gewen, Australië 45, met agt gelykopuitslae. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver vier keer ontmoet (in 1991, 2003, 2011 en 2015), waarvan albei spanne twee wedstryde elk gewen het. Albei lande het al belangrike rugbytoernooie soos dieRugbywêreldbeker 1987 saam aangebied. DieRugbywêreldbeker 2003 is oorspronklik ook aan albei rugbylande toegewys, maar ná ’n kontraktuele dispuut oor grondtekenregte tussen dieNieu-Seelandse Rugbyunie en die IRR is Australië as alleenlike gasheer aangewys. Daarbenewens het hulle in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2015 ontmoet, wat die All Blacks gewen het.

Net soos die ander rugbylande van die Suidelike Halfrond handhaaf Australië ’n wedywering met die nasionale spanne van die Noordelike Halfrond. Net só het Australië tydens drie van sy eindstrydverskynings teen spanne van die Noordelike Halfrond te staan gekom (twee keer teen Engeland en een keer teen Frankryk, waarvan die Wallabies die eindstryd in 1991 teen Engeland en in 1999 teen Frankryk gewen het). ’n Bykomende aspek in hul wedywering met Engeland is die sedert die laat 19de eeu bestaande intensiewe, sportiewe wedywering tussen Australië en Engeland, wat ook in ander sportsoorte (veralkrieket en op die Statebondspele) ’n besondere status geniet.[142] Van 1997 tot 2022 het Australië en Engeland meegeding om die Cookbeker (genoem naJames Cook), asook in 2001 en 2013 teen die Britse en Ierse Leeus om die Tom Richards-beker; teen Frankryk is sedert 1989 die Trophée des Bicentenaires op die spel, teen Skotland sedert 1998 die Hopetounbeker, teen Ierland sedert 1999 die Lansdownebeker en teen Wallis sedert 2007 die James Bevan-trofee.[143][144] Die Cookbeker is in 2022 met die Ella-Mobbs-trofee (genoem na die Australiese rugbyspeler enAborigineMark Ella, asook die Engelse rugbyspelerEdgar Mobbs) vervang.[145] Die Tom Richards-beker is in 2021 met die Lions Series-trofee vervang, wat aan die wenner van elke vierjaarlikse Leeus-reeks oorhandig word.[146]

Rekords

[wysig |wysig bron]

Wêreldbekerrekord

[wysig |wysig bron]
Australië het in 1991 en 1999 dieWebb Ellis-beker omhoog gehou

Australië het tot dusver aan elkerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en dieWebb Ellis-beker, waarom vierjaarliks meegeding word, twee keer omhoog gehou: tydens die tweede Rugbywêreldbeker 1991 en die vierde Rugbywêreldbeker 1999. Daarmee het die Wallabies die eerste span geword, wat die titel twee keer ingepalm het. Tydens die eerste Rugbywêreldbeker 1987, wat Australië saam met Nieu-Seeland aangebied het, is die Wallabies in die halfeindstryd deur Frankryk uitgeskakel en is in die daaropvolgende klein finale om die derde plek deur Wallis verslaan. Tydens die Rugbywêreldbeker 2003 tuis is die Wallabies in die eindstryd in ekstra tyd deur Engeland geklop. In 2011 is hulle deur die verdedigende kampioen en gasheer Nieu-Seeland in die halfeindstryd verslaan, maar het die klein finale om die derde plek teen Wallis gewen. In 2015 het hulle die eindstryd gehaal, maar Australië is deur Nieu-Seeland verslaan. Die Wallabies se tot dusver ergste toernooiverloop tydens rugbywêreldbekertoernooie is hul uitskakeling ná die groepfase tydens die 2023-toernooi.

JaarUitslag
1987Vierde plek
1991Kampioen
1995Kwarteindrondte
1999Kampioen
2003Naaswenner
2007Kwarteindrondte
2011Derde plek
2015Naaswenner
2019Kwarteindrondte
2023Groepfase
2027gekwalifiseer as gasheer
2031N.v.t.

Drienasies/Rugbykampioenskap

[wysig |wysig bron]
Tydens die Rugbykampioenskap ding onder andere Australië en Nieu-Seeland om dieBledisloebeker mee

Australië se enigste jaarlikse toernooi is die Rugbykampioenskap (voorheen die Drienasies), waar hulle teen drie ander lande van die Suidelike Halfrond speel: Nieu-Seeland en Suid-Afrika sedert 1996; Argentinië het in 2012 by dié toernooi aangesluit. Australië het die toernooi tot dusver vier keer gewen: in2000,2001,2011 en2015. As deel van die Rugbykampioenskap ding die Wallabies ook met die Poemas om diePoematrofee (sedert 2000), met die All Blacks om dieBledisloebeker (sedert 1932) en met die Springbokke om dieMandela Uitdaagplaat (sedert 2000) mee.[144]

NasieWedstrydePunteBonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeelgewengelykopverloor    vir        teen      verskil  
Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seeland765202420541449+6053524311
Vlag van AustraliëAustralië763034315911817–226341603
Vlag van Suid-AfrikaSuid-Afrika722814314801831–351241383
Vlag van ArgentiniëArgentinië41215684–28080

Bron:espnscrum.com(besoek op 8 Oktober 2018, statistiek dus op datum.)

NasieWedstrydePunteBonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeelgewengelykopverloor    vir        teen        verskil    
Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seeland695521223131348+965432689
Vlag van Suid-AfrikaSuid-Afrika693742818451534+311331853
Vlag van AustraliëAustralië692833815631900–337171421
Vlag van ArgentiniëArgentinië691415413582277–91916700

Bygewerk op 7 Oktober 2025
Bron:espnscrum.com (besoek op 7 Oktober 2025)


Punte word soos volg toegeken: 4 punte vir ’n oorwinning, 2 punte vir ’n gelykopuitslag, 0 punte vir ’n nederlaag (saam met moontlike bonuspunte), 1 bonuspunt vir ten minste drie drieë meer as die opponent, 1 bonuspunt vir ’n nederlaag met minder as sewe punte.

Ander toetswedstryde

[wysig |wysig bron]
Die Trophée des Bicentenaires
Die Hopetounbeker

Gedurende die amateurtydperk het die Wallabies maandelange oorsese toere onderneem, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaaslike saamgestelde spanne en klubspanne gespeel het. Eweneens het oorsese spanne na Australië getoer. Die Wallabies het een keer ’n Grand Slam behaal, d.w.s. ’n oorwinning oor die vier Tuisnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis tydens dieselfde toer (in 1984). Australië is ook die enigste span van die Suidelike Halfrond wat tydens dieselfde toer deur al die vier Tuisnasies verslaan is (in 1957/58); met ’n bykomende nederlaag teen Frankryk.

Teen die jaar 2000 het die oorsese toere volgens die ou tradisie tot ’n einde gekom, aangesien die professionalisering van die rugbyspel te min tyd vir toere oorlaat (’n uitsondering is dieBritse en Ierse Leeus se vierjaarlikse toere). Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Noordelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand semidjaarrugbytoetsreeks vertrek Europese spanne na Australië en gedurende Novembermaand seeindjaarrugbytoetsreeks reis die Wallabies na Europa.

Een van die mees tradisionele trofee in internasionale rugby is die Bledisloebeker. Australië en Nieu-Seeland ding sedert 1932 om dié beker mee, sedert 1996 tydens die Drienasiesreeks en sedert 2012 as deel van die Rugbykampioenskap. Tydens dié toernooi ding Australië sedert 2000 ook met Suid-Afrika mee om dieMandela Uitdaagplaat. Sedert 1989 ding die Wallabies met Frankryk mee om die Trophée des Bicentenaires, van 1997 tot 2022 met Engeland om die Cookbeker, sedert 1998 met Skotland om die Hopetounbeker, sedert 1999 met Ierland om die Lansdownebeker, in 2001 en 2013 met die Britse en Ierse Leeus om die Tom Richards-beker en sedert 2007 met Wallis om die James Bevan-trofee.[143][144] Die Cookbeker is in 2022 met die Ella-Mobbs-trofee vervang en die Tom Richards-beker in 2021 met die Lions Series-trofee.

Olimpiese Spele

[wysig |wysig bron]

Australië het een keer aan Olimpiese rugbytoernooie deelgeneem en is dié keer as Olimpiese kampioen gekroon.

Spelers

[wysig |wysig bron]

Huidige span

[wysig |wysig bron]

Die volgende spelers het die Wallabiesspan gevorm tydens die2025-Rugbykampioenskapreeks:[147]

Agterspelers(backs)
SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Ryan LonerganSkrumskakelBrumbies00
Tate McDermottSkrumskakelReds45
Nic WhiteSkrumskakelWestern Force73
Ben DonaldsonLosskakelWestern Force19
Tane EdmedLosskakelWaratahs01
James O’ConnorLosskakelCrusaders64
Josh FlookSenterReds04
Len IkitauSenterBrumbies43
Hunter PaisamiSenterReds31
Joseph SuaʻaliʻiSenterWaratahs08
Max JorgensenVleuelWaratahs11
Andrew KellawayVleuelWaratahs41
Dylan PietschVleuelWaratahs06
Corey TooleVleuelBrumbies00
Tom WrightHeelagterBrumbies41
Voorspelers(forwards)
SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Josh NasserHakerReds006
Brandon Paenga-AmosaHakerWestern Force021
Billy PollardHakerBrumbies010
Angus BellStutWaratahs039
Zane NonggorrStutReds012
Tom RobertsonStutWestern Force033
Aidan RossStutReds000
James SlipperKapteinStutBrumbies147
Taniela TupouStutWaratahs059
Nick FrostSlotBrumbies029
Lukhan Salakaia-LotoSlotReds041
Will SkeltonSlotLa Rochelle033
Jeremy WilliamsSlotWestern Force014
Nick Champion de CrespignyLosvoorspelerWestern Force001
Langi GleesonLosvoorspelerWaratahs017
Tom HooperLosvoorspelerBrumbies013
Fraser McReightLosvoorspelerReds029
Carlo TizzanoLosvoorspelerWestern Force008
Rob ValetiniLosvoorspelerBrumbies053
Harry WilsonLosvoorspelerReds026

Bekende spelers

[wysig |wysig bron]
Dan Carroll (1908)
Tom Richards (1908)

16 voormalige Australiese spelers is vir hul uitstekende prestasies in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:[148]

SpelerPosisieInskrywing
John EalesSlot2007
Nick Farr-JonesSkrumskakel2011
Nicholas ShehadieStut,Slot2011
David CampeseVleuel,Heelagter2013
Ken CatchpoleSkrumskakel2013
Mark EllaLosskakel2013
George GreganSkrumskakel2013
Tom LawtonLosskakel2013
John ThornettStut,Slot,Vleuel2013
Michael LynaghLosskakel2014
Tim HoranLosskakel,Senter2015
Tom RichardsVoorspeler2015
Dan CarrollSenter,Losskakel
Vleuel,Skrumskakel
2016
Stephen LarkhamLosskakel,Heelagter2018
George SmithVleuel2023
Matt BurkeHeelagter2025

Daarbenewens is die twee wêreldkampioenafrigtersBob Dwyer enRod Macqueen, asook die skeidsregter en kommentatorRoger Vanderfield ingeskryf. Vyf spelers is tweeledige wêreldkampioene:Dan Crowley,John Eales,Tim Horan,Phil Kearns enJason Little (almal in 1991 en in 1999).

Spelerstatistieke

[wysig |wysig bron]
George Smith (2012)
George Gregan (2013)
David Campese (2020)

Vervolgens die belangrikste statistieke van Australië se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.

(Korrek teen Oktober 2025)

Meeste toetswedstryde[149]
RangNaamTydperkToetswedstryde
01James Slipper *2010–2025151
02George Gregan1994–2007139
03Stephen Moore2005–2017129
04Michael Hooper2012–2023125
05Adam Ashley-Cooper2005–2019121
06Nathan Sharpe2002–2012116
07George Smith2000–2013111
08Will Genia2009–2019110
09Sekope Kepu2008–2019110
10Rob Simmons2010–2020106
Meeste toetswedstryde as kaptein[150]
RangNaamTydperkToetswedstryde
01Michael Hooper2014–202369
02George Gregan2001–200759
03John Eales1996–200155
04Nick Farr-Jones1988–199236
05Stirling Mortlock2006–200929
06Stephen Moore2014–201726
07Rocky Elsom2009–201124
08Andrew Slack1984–198719
09Greg Davis1969–197216
10James Horwill2011–201316
Meeste punte aangeteken[151]
RangNaamTydperkPunte
01Michael Lynagh1984–1995911
02Matt Burke1993–2004878
03Matt Giteau2002–2016698
04Bernard Foley2013–2023674
05Stirling Mortlock2000–2009489
06David Campese1982–1996315
07James O’Connor2008–2023279
08Paul McLean1982–1996260
09Joe Roff1995–2004244
10Quade Cooper2008–2024216
Meeste drieë gedruk[152]
RangNaamTydperkDrieë
01David Campese1982–199664
02Chris Latham1998–200740
03Adam Ashley-Cooper2005–201939
04Israel Folau2013–201837
05Drew Mitchell2005–201634
06Matt Giteau2002–201630
07Tim Horan1989–200030
08Joe Roff1995–200430
09Lote Tuqiri2003–200830
10Matt Burke1993–200429

Afrigters

[wysig |wysig bron]
Eddie Jones (2009)
Michael Cheika (2017)

Voor 1982 het Australië geen afrigters op ’n langer basis benoem nie. Die ARU het bestuurders opdrag gegee om oorsese toere te reël, en die adjunkbestuurder het tydens hierdie toere dikwels as afrigter gedien. Soms het die kaptein die pos van afrigter beklee, veral tydens tuiswedstryde, aangesien volgens die IRR se destydse reëls tuisspanne eers drie dae voor die toetswedstryd genomineer kon word.[153][154]

NaamTydperk% Gewen
Bob Dwyer1982–198341,6763,01
1988–199567,21
Alan Jones1984–198770,00
Greg Smith1996–199763,16
Rod Macqueen1997–200179,07
Eddie Jones2001–200557,89
John Connolly2006–200764,00
Robbie Deans2008–201358,67
Ewen McKenzie2013–201450,00
Michael Cheika2014–201950,00
Dave Rennie2020–202336,40
Eddie Jones202322,22
Joe Schmidtsedert 202443,48

Toekennings

[wysig |wysig bron]

In 2001 het die Internasionale Rugbyraad, sedert 2014 Wêreldrugby, Australië as “span van die jaar” benoem.

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Rugbyportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Most matches". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  2. (en)"Most points". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  3. (en)"Most tries". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  4. 4,04,1(en)"The English Footballers. England v. Australia". The Sydney Morning Herald. 24 Junie 1899. Besoek op6 Oktober 2025.
  5. (en)"1991: Wallabies pip England".BBC. 24 September 2003. Besoek op6 Oktober 2025.
  6. (en)"World Cup 1991".BBC. 18 November 2003. Besoek op6 Oktober 2025.
  7. (en)"1999: Aussies rule world again".BBC. 24 September 2003. Besoek op6 Oktober 2025.
  8. 8,08,1(en)"Women's and Men's Rankings".Wêreldrugby. Besoek op6 Oktober 2025.
  9. (en)"Our History".Rugby Australia. 2020. Besoek op6 Oktober 2025.
  10. (en)Robert F. Dewey (2012). John Nauright, Charles Parrish (red.).Rugby Union Football, Pacific Islands (1 uitg.). Santa Barbara: ABC-Clio. pp. 445–447.ISBN 978-1-59884-300-2.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
  11. (en)"Governance".Rugby Australia. 2020. Besoek op6 Oktober 2025.
  12. (en)"Rugby Australia statement regarding Melbourne Rebels".Rugby Australia. 30 Mei 2024. Besoek op6 Oktober 2025.
  13. (en)"Inaugural rugby championship under-20 all set for sunshine coast kick-off".Superrugby. Besoek op6 Oktober 2025.
  14. (en)"World Rugby U20 Championship".Wêreldrugby. Besoek op6 Oktober 2025.
  15. (en)Rob Hess, Matthew Nicholason, Bob Stewart, Gregory De Moore (2008).Australian Rules football begins. Camberwell, Victoria: Viking. pp. 1–18.ISBN 978-0-670-07089-3.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  16. (en)"Our history". Sydney Universiteitsvoetbalklub. Besoek op6 Oktober 2025.
  17. (en)Matthew Healy (Augustus 2002)."Hard Sell: Australian Football in Sydney"(PDF). Victoria University. Besoek op6 Oktober 2025.
  18. (en)"1882 – Rugby tours to New Zealand begin". rugbymuseum.co.nz. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 Oktober 2020. Besoek op22 Oktober 2020.
  19. (en)"1899 – Australia".Britse en Ierse Leeus. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 27 September 2007. Besoek op27 September 2007.
  20. (en)"History of the Australian Jersey".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Oktober 2013. Besoek op14 Oktober 2013.
  21. (en)"The English Footballers". The Sydney Morning Herald. 24 Junie 1899. Besoek op6 Oktober 2025.
  22. (en)"The New Zealand Footballers: Match Against Australia". The Sydney Morning Herald. 17 Augustus 1903. p. 7. Besoek op6 Oktober 2025.
  23. (en)"New Zealand vs Australia at Sydney Cricket Ground 15 August 1903".All Blacks. Besoek op6 Oktober 2025.
  24. 24,024,1(en)"History".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Julie 2011. Besoek op3 Julie 2011.
  25. (en)"British & Irish Lions Results: 1904 Australia & New Zealand". rugbyfootballhistory.com. Besoek op6 Oktober 2025.
  26. (en)Sean Fagan (2008).""Rules" Almost Had Sydney's Paddock". rl1908.com. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op17 Mei 2008.
  27. (en)"Australian Rugby".BBC. Besoek op6 Oktober 2025.
  28. 28,028,128,2(en)"Australian Rugby Union, Annual Report 2008"(PDF).Rugby Australia. 2008. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 1 April 2015. Besoek op1 April 2015.
  29. 29,029,1(en)John Reason, James Carwyn (1979).The World of Rugby – A History of Rugby Union Football.BBC. p. 58.ISBN 0-563-16280-5.
  30. (en)Sean Fagan."Club Histories – New Speculations". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 21 Oktober 2006. Besoek op21 Oktober 2006.
  31. (en)"The first Wallabies 1908/1909". rugbyfootballhistory.com. Besoek op6 Oktober 2025.
  32. (en)"Kangaroos v. Wallabies". Nieu-Seeland: West Coast Times. 6 September 1909. p. 4. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op3 Maart 2016.
  33. (en)Peter Horton (15 September 2009).Rugby Union Football in the Land of the Wallabies, 1874–1949: same game, different ethos – The International Journal of the History of Sport. 11 (26 uitg.). Abingdon: Routledge. p. 1617.doi:10.1080/09523360903169925.ISSN 1743-9035.
  34. (en)Peter Horton (15 September 2009).Rugby Union Football in the Land of the Wallabies, 1874–1949: same game, different ethos – The International Journal of the History of Sport. 11 (26 uitg.). Abingdon: Routledge. pp. 1617–1619.doi:10.1080/09523360903169925.ISSN 1743-9035.
  35. (en)Sean Fagan (24 April 2015)."Rugby answered the Empire's call in World War I". The Sydney Morning Herald. Besoek op6 Oktober 2025.
  36. (en)Peter Horton (15 September 2009).Rugby Union Football in the Land of the Wallabies, 1874–1949: same game, different ethos – The International Journal of the History of Sport. 11 (26 uitg.). Abingdon: Routledge. pp. 1619–1620.doi:10.1080/09523360903169925.ISSN 1743-9035.
  37. (en)"Bledisloe Cup to remain in Australia". The Sydney Morning Herald. 27 Augustus 1934. Besoek op6 Oktober 2025.
  38. (en)"278th All Black Game". rugbymuseum.co.nz. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Junie 2011. Besoek op14 Junie 2011.
  39. (en)"July 8: On This Day in World History … briefly". South Coast Herald. 8 Julie 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  40. (en)Steven White (7 April 2015)."Wellington against International teams: versus South Africa 1937". Club Rugby. Besoek op6 Oktober 2025.
  41. (en)"The ill-fated 1939–40 Wallabies tour". World Rugby Museum. 6 Augustus 2018. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 25 November 2020. Besoek op25 November 2020.
  42. (en)Peter Horton (15 September 2009).Rugby Union Football in the Land of the Wallabies, 1874–1949: same game, different ethos – The International Journal of the History of Sport. 11 (26 uitg.). Abingdon: Routledge. p. 1623.doi:10.1080/09523360903169925.ISSN 1743-9035.
  43. (en)Jack Pollard (1994).Australian Rugby The Game and the Players. Sydney: Ironbark. p. 654.ISBN 978-0-207-15006-7.
  44. (en)"Sir Nicholas Shehadie AC OBE".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 1 Februarie 2008. Besoek op1 Februarie 2008.
  45. (en)Max Howell (2005).Born to Lead: Wallaby Test Captains. North Harbour: Celebrity Books. p. 128.ISBN 1-877252-18-2.
  46. (en)"Historical Rugby Milestones 1940s". rugbyfootballhistory.com. Besoek op6 Oktober 2025.
  47. (en)Peter Horton (15 September 2009).Rugby Union Football in the Land of the Wallabies, 1874–1949: same game, different ethos – The International Journal of the History of Sport. 11 (26 uitg.). Abingdon: Routledge. p. 1624.doi:10.1080/09523360903169925.ISSN 1743-9035.
  48. (en)"Historic Rugby Internationals: Australia v Fiji, 1952". World Rugby Museum. 4 November 2019. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op28 Oktober 2020.
  49. (en)"Ex-Wallabies skipper John Solomon dies at age 90". Associated Press. 18 Maart 2020. Besoek op6 Oktober 2025.
  50. (en)"1961: A debut to remember". nobok.co.uk. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op16 Julie 2011.
  51. (en)"Springbok History 1965". rugby-talk.com. 16 Februarie 2010. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 8 Mei 2025. Besoek op8 Mei 2025.
  52. (en) SAIRV:A Survey of Race Relations in South Africa 1971. Johannesburg 1972, bl. 320.
  53. (en)"Queensland in state of emergency". The Canberra Times. 14 Julie 1971. Besoek op6 Oktober 2025.
  54. (en)Jamie Wall (22 Augustus 2018)."Before Eden Park was a fortress there was Greg Cornelsen". Radio New Zealand. Besoek op6 Oktober 2025.
  55. (en)Nicholas Shehadie (2003).A Life Worth Living. Sydney: Simon & Schuster Australia. p. 175.ISBN 978-0-7318-1161-8.
  56. (en)"Mark Ella stars as Wallabies achieve Grand Slam in 1984". The Courier-Mail. 31 Oktober 1984. Besoek op6 Oktober 2025.
  57. (en)Huw Richards (22 April 2016)."All Blacks rebel tour that created a split with New Zealand public". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  58. (en)"1987 Rugby World Cup: The long road to the cup". New Zealand History. 2021. Besoek op6 Oktober 2025.
  59. (en)"Rugby World Cup 1987: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  60. (en)Peter FitzSimons (22 Oktober 2014)."The Wallabies have passed by Alan Jones". The Sydney Morning Herald. Besoek op6 Oktober 2025.
  61. (en)"Match Centre – in Australia".All Blacks. Besoek op6 Oktober 2025.
  62. (en)Richard Seeckts (20 Oktober 1991)."Lynagh silences Lansdowne Road". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  63. (en)"Rugby World Cup 1991: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  64. (fr)Henri Garcia (2011).La fabuleuse histoire du rugby. Parys: Éditions de La Martinière. pp. 830–840.ISBN 978-2-7324-4528-1.
  65. (en)"Rugby World Cup 1995: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  66. (en)"1995: England 25-22 Australia".BBC. 24 September 2003. Besoek op6 Oktober 2025.
  67. (en)Bob Howitt (2005).SANZAR Saga: Ten Years of Super 12 and Tri-Nations Rugby. New York: HarperCollins Publishers. p. 7.ISBN 1-86950-566-2.
  68. (en)"What is RUPA?". Rugby Union Players' Association. 2020. Besoek op6 Oktober 2025.
  69. (en)Mark Baldwin (9 November 2002)."Tour from Hell that left some players burnt".The Times. Besoek op6 Oktober 2025.
  70. (en)Ron Palenski (2003).Century in Black. Auckland: Hodder Moa Beckett. p. 233.ISBN 978-1-86958-937-0.
  71. (en)"Rugby World Cup 1999: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  72. (en)"Laureus World Sports Awards 2000 winners & nominees". Laureus Wêreldsporttoekennings. 2000. Besoek op6 Oktober 2025.
  73. (en)"Switching Between Rugby Union and Rugby League". rugbyfix.com. 15 Maart 2010. Besoek op6 Oktober 2025.
  74. (en)"IRB Awards 2001".Wêreldrugby. 2021. Besoek op6 Oktober 2025.
  75. (en)Matt Majendie (16 November 2002)."England stun Aussies".BBC. Besoek op6 Oktober 2025.
  76. (en)"All set for World Cup semis". worldcupweb.com. 14 November 2003. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 11 November 2006. Besoek op11 November 2006.
  77. (en)"Rugby World Cup 2003: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  78. (en)"Eddie Jones sacked from Wallabies". Australian Broadcasting Corporation. 2 Desember 2005. Besoek op6 Oktober 2025.
  79. (en)"Ireland 21-6 Australia".BBC. 19 November 2006. Besoek op6 Oktober 2025.
  80. (en)"New trophy for Wales v Australia".BBC. 10 Mei 2007. Besoek op6 Oktober 2025.
  81. (en)"Rugby World Cup 2007: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  82. (en)David Beniuk (30 Augustus 2008)."Springboks inflict Wallabies' worst Test loss ever". The Roar. Besoek op6 Oktober 2025.
  83. (en)James Standley (21 November 2009)."Scotland 9–8 Australia".BBC. Besoek op6 Oktober 2025.
  84. (en)Richard Knowler (31 Oktober 2010)."Wallabies steal win from All Blacks". stuff.co.nz. Besoek op6 Oktober 2025.
  85. (en)"Rugby World Cup 2011: South Africa 9-11 Australia".BBC. 9 Oktober 2011. Besoek op6 Oktober 2025.
  86. (en)"All Blacks out-muscle Wallabies, into final". stuff. 17 Oktober 2011. Besoek op6 Oktober 2025.
  87. (en)"Rugby World Cup 2011: Wales 18-21 Australia – as it happened".BBC. 21 Oktober 2011. Besoek op6 Oktober 2025.
  88. (en)"Rugby World Cup 2011: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  89. (en)Colin Moffat (5 Junie 2012)."Australia 6–9 Scotland".BBC. Besoek op6 Oktober 2025.
  90. (en)"Australia survive fightback to maintain perfect record against Italy".The Guardian. 24 November 2012. Besoek op6 Oktober 2025.
  91. (en)"Lions Tour 2013: British and Irish Lions break tour drought with third Test rout of Wallabies". Australian Broadcasting Corporation. 6 Julie 2013. Besoek op6 Oktober 2025.
  92. (en)"Australian Rugby Union confirms Robbie Deans 'stood down' from Wallabies job on Monday". Australian Broadcasting Corporation. 9 Julie 2013. Besoek op6 Oktober 2025.
  93. (en)"Springboks embarrass Wallabies". ESPNscrum. 7 September 2013. Besoek op6 Oktober 2025.
  94. (en)"Wallabies fall at first Grand Slam hurdle to England".Superrugby. 3 November 2013. Besoek op6 Oktober 2025.
  95. (en)"All Blacks thump Wallabies 51-20 to retain Bledisloe Cup in thumping bonus point win". Australian Broadcasting Corporation. 23 Augustus 2014. Besoek op6 Oktober 2025.
  96. (en)"Rugby Championship: Argentina 21-17 Australia".BBC. 5 Oktober 2014. Besoek op6 Oktober 2025.
  97. (en)"Michael Cheika announced as new Wallabies head coach". Australian Broadcasting Corporation. 22 Oktober 2014. Besoek op6 Oktober 2025.
  98. (en)"Bernard Foley leads Wallabies to tight win against Wales". The Sydney Morning Herald. 9 November 2014. Besoek op6 Oktober 2025.
  99. (en)"Wallabies post 10th straight win over Wales with 33-28 triumph at Millennium Stadium". Australian Broadcasting Corporation. 8 November 2014. Besoek op6 Oktober 2025.
  100. (en)"Wallabies fall to lowest-ever ranking of sixth ahead of Rugby World Cup". Australian Broadcasting Corporation. 16 Maart 2015. Besoek op6 Oktober 2025.
  101. (en)Richard Gadsby (19 Oktober 2019)."Australia 27-19 New Zealand: Rugby Championship decider – as it happened".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  102. (en)James Riach (19 Oktober 2015)."Craig Joubert 'made mistake' awarding Australia penalty against Scotland".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  103. (en)Mick Cleary (18 Oktober 2015)."Australia 35 Scotland 34, match report: Agony for Scots as last-minute Bernard Foley penalty snatches late victory".The Daily Telegraph. Besoek op6 Oktober 2025.
  104. (en)"Rugby World Cup 2015: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  105. (en)"Rugby World Cup: Wallabies boss Michael Cheika named World Rugby Coach of the Year". Australian Broadcasting Corporation. 2 November 2015. Besoek op6 Oktober 2025.
  106. (en)"Scotland make Wallabies pay for Kepu's moment of madness". ESPNscrum. 25 November 2017. Besoek op6 Oktober 2025.
  107. (en)Georgina Robinson (22 Desember 2018)."Rugby year in review: Wallabies suffer tough year on and off the field". The Sydney Morning Herald. Besoek op6 Oktober 2025.
  108. (en)Bret Harris (25 November 2018)."Rugby Australia must act as Wallabies' worst calendar year finishes".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  109. (en)"Australia thrash All Blacks 47-26 in Rugby Championship in Perth".BBC. 10 Augustus 2019. Besoek op6 Oktober 2025.
  110. (en)"Rugby World Cup 2019: Matches". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op26 September 2022.[dooie skakel]
  111. (en)Ton Decent (20 Oktober 2019)."Cheika quits: Wallabies coach falls on sword after World Cup exit". The Sydney Morning Herald. Besoek op6 Oktober 2025.
  112. (en)Beth Newman (20 November 2019)."UPDATED: Wallabies win \"significant fight\" for Rennie's services after \"late\" All Blacks interest".Rugby Australia. Besoek op6 Oktober 2025.
  113. (en)"Laureus World Sports Awards 2020 winners & nominees". Laureus Wêreldsporttoekennings. 2020. Besoek op6 Oktober 2025.
  114. (en)"Australia thrashed 43–5 by New Zealand in record loss as All Blacks retain Bledisloe Cup in Sydney". Australian Broadcasting Corporation. 31 Oktober 2020. Besoek op6 Oktober 2025.
  115. (en)Nathan Williamson (17 Julie 2021)."Wallabies pull off famous win over France after Koroibete red card".Rugby Australia. Besoek op6 Oktober 2025.
  116. (en)"Four Straight As Wallabies Power Past Pumas".Superrugby. 2 Oktober 2021. Besoek op6 Oktober 2025.
  117. (en)Sam Phillips (21 November 2021)."'Horrendous': Rennie rips into officials after 14-man Wallabies fall to Wales". Stuff. Besoek op6 Oktober 2025.
  118. (en)Robert Kitson (16 Julie 2022)."Marcus Smith's breakaway sparks England to series victory over Australia".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  119. (en)"Argentina Cruise to victory over Australia".Superrugby. 14 Augustus 2022. Besoek op6 Oktober 2025.
  120. (en)"Capuozzo double inspires Italy to historic success". Autum Nations Series. 12 November 2022. Besoek op6 Oktober 2025.
  121. (en)"Dave Rennie sacked, Eddie Jones back as Wallabies coach eight months before 2023 Rugby World Cup". Australian Broadcasting Corporation. 15 Januarie 2023. Besoek op6 Oktober 2025.
  122. (en)"Australia 7–38 New Zealand: All Blacks hammer Wallabies to win Rugby Championship".BBC. 29 Julie 2023. Besoek op6 Oktober 2025.
  123. (en)"Australia: Rugby World Cup 2023 review".Wêreldrugby. 9 Oktober 2023. Besoek op6 Oktober 2025.
  124. (en)Angus Fontaine (19 Januarie 2024)."Joe Schmidt confirmed to replace Eddie Jones as Wallabies coach".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  125. (en)Alastair Telfer (29 September 2024)."What have we learned from the Rugby Championship?".BBC. Besoek op6 Oktober 2025.
  126. (en)Lee Calvert (2 Augustus 2025)."Australia beat British & Irish Lions 22-12 in third Test after weather delay – as it happened".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  127. (en)Alastair Telfer (5 Oktober 2025)."What did we learn from the Rugby Championship?".BBC. Besoek op6 Oktober 2025.
  128. 128,0128,1128,2128,3128,4(en)"History of the Australian Jersey".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 7 Augustus 2007. Besoek op7 Augustus 2007.
  129. (en)"History of the ARU".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 19 Augustus 2006. Besoek op19 Augustus 2006.
  130. (en)"The Wallabies New World Cup Jersey...ouch..." rucksandrolls.com. 25 Junie 2007. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 27 Junie 2007. Besoek op27 Junie 2007.
  131. (en)Greg Growden (13 Julie 2007)."Just one big Boks of contradictions". The Sydney Morning Herald. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 15 Julie 2007. Besoek op15 Julie 2007.
  132. (en)"KooGa appointed apparel sponsor for Qantas Wallabies from 2010".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 30 Oktober 2009. Besoek op30 Oktober 2009.
  133. (en)Sean Fagan."Club Histories – New Speculations". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 21 Oktober 2006. Besoek op21 Oktober 2006.
  134. (en)"A brief history".Rugby Australia. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Augustus 2007. Besoek op14 Augustus 2007.
  135. (en)Quinton Tahiri (13 Mei 2021)."Rugby Australia announces Cadbury as major Wallabies sponsor". Sydney News Today. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 6 Julie 2021. Besoek op6 Julie 2021.
  136. (en)"Rugby World Cup host locations confirmed through to 2033".Wêreldrugby. 12 Mei 2022. Besoek op6 Oktober 2025.
  137. (en)"International Rugby Union Statistics – Australia". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  138. (en)Trevor Marshallsea (3 Mei 2016)."Mad Tuesday: 11 things you never wanted to know about the Trans Tasman sporting rivalry". Fox Sports. Besoek op6 Oktober 2025.
  139. (en)Russell Jackson (28 Oktober 2015)."The encounters that have underpinned trans-Tasman sporting rivalry".The Guardian. Besoek op6 Oktober 2025.
  140. (en)Suvajit Mustafi (28 Maart 2015)."Australia vs New Zealand, an intense sibling rivalry where nothing else matters than 'win'". Cricket Country. Besoek op6 Oktober 2025.
  141. (en)Rosanna Price, Henry Cooke (27 Maart 2015)."Top ten NZ/Australia clashes". Stuff. Besoek op6 Oktober 2025.
  142. (en)Simon Barnes (25 November 2017)."Why England and Australia love to hate each other". New Statesman. Besoek op6 Oktober 2025.
  143. 143,0143,1(en)"The Scrum.com trophy guide – Part One". ESPNscrum. 29 Oktober 2008. Besoek op6 Oktober 2025.
  144. 144,0144,1144,2(en)"The Scrum.com trophy guide – Part Two". ESPNscrum. 5 November 2008. Besoek op6 Oktober 2025.
  145. (en)Iain Payten (17 Junie 2022)."'Doing the right thing': Ella welcomes Cook Cup name change". The Sydney Morning Herald. Besoek op6 Oktober 2025.
  146. (en)"Lions and Springboks to play for new Tour trophy created by Thomas Lyte".Britse en Ierse Leeus. 4 Mei 2021. Besoek op6 Oktober 2025.
  147. (en)Nathan Williamson (7 Augustus 2025)."Edmed, Salakaia-Loto named in Wallabies squad for Springboks Tests".Rugby Australia. Besoek op6 Oktober 2025.
  148. (en)"Inductees".Wêreldrugby. Besoek op6 Oktober 2025.
  149. (en)"Total matches played (descending)". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  150. (en)"Total matches played as captain (descending)". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  151. (en)"Total points scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  152. (en)"Total tries scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op6 Oktober 2025.
  153. (en)Sheek (10 Augustus 2011)."Wallabies coaches since 1962: Part I". The Roar. Besoek op6 Oktober 2025.
  154. (en)Sheek (10 Augustus 2011)."Wallabies coaches since 1962: Part II". The Roar. Besoek op6 Oktober 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metWallabies.
Nasionalerugbyspanne
Vlak 1-spanne (11)
Lid- en geassosieerde unies van Wêreldrugby
Vlak 2-spanne (12)
Vlak 3 (Ontwikkeling Een) spanne (10)
Vlak 4 (Ontwikkeling Twee) spanne
Amerikaans-Samoa • Andorra • Armenië • Azerbeidjan • Bahamas • Barbados • Bermuda • Bosnië en Herzegowina • Botswana • Britse Maagde-eilande • Broenei • Bulgarye • Burundi • Chinees-Taipei • Colombia • Cookeilande • Costa Rica • Denemarke • Eswatini • Filippyne • Finland • Ghana • Griekeland • Guam • Guyana • Hongarye • Indië • Indonesië • Iran • Israel • Jamaika • Kaaimanseilande • Kambodja • Kameroen • Kasakstan • Kirgisië • Kroasië • Laos • Letland • Litaue • Luxemburg • Madagaskar • Maleisië • Mali • Malta • Marokko • Mauritanië • Mauritius • Meksiko • Moldowa • Monaco • Mongolië • Nigerië • Niue • Noorweë • Oekraïne • Oesbekistan • Oostenryk • Pakistan • Papoea-Nieu-Guinee • Paraguay • Peru • Pole • Rwanda • Salomonseilande • Senegal • Serwië • Singapoer • Sint Lucia • Sint Vincent en die Grenadines • Siprus • Slowenië • Sri Lanka • Swede • Switserland • Tahiti • Tanzanië •Thailand • Togo • Trinidad en Tobago •Vlag van TsjeggiëTsjeggië • Tunisië • Uganda • Vanuatu • Venezuela • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China • Zambië
Franse Rugbyfederasie
Guadeloupe • Martinique • Mayotte • Nieu-Kaledonië • Réunion • Wallis en Futuna
Nie geaffilieer by Wêreldrugby nie
Algerië • Benin • Burkina Faso • Curaçao • Demokratiese Republiek die Kongo • Dominikaanse Republiek • Ecuador • Egipte • El Salvador • Estland • Gaboen • Gibraltar • Guatemala • Jordanië • Katalonië • Katar • Libanon • Libië • Macau • Montenegro • Niger • Panama • Republiek die Kongo • San Marino • Sentraal-Afrikaanse Republiek • Sint Kitts en Nevis • Slowakye • Tsjad • Turkye • Turks- en Caicoseilande • Tuvalu
Saamgestelde spanne
Afrikaanse Luiperds •Britse en Ierse Leeus • Pasifiese Eilanders • Suid-Amerikaanse XV
Voormalige spanne
Arabiese Golf • Gemenebes van Onafhanklike State • Joego-Slawië • Njassaland (Malawi) • Oos-Afrika • Oos-Duitsland • Sowjetunie • Tsjeggo-Slowakye • Wes-Duitsland
Spanne
Drienasiesreeks
1996 •1997 •1998 •1999 •2000 •2001 •2002 •2003 •2004 •2005 •2006 •2007 •2008 •2009 •2010 •2011 •2020
Rugbykampioenskap
2012 •2013 •2014 •2015 •2016 •2017 •2018 •2019 •2021 •2022 •2023 •2024 •2025
Verwante trofeë


Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wallabies&oldid=2841932"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp