Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Waatlemoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Waatlemoen
'nGekweekte waatlemoen
Deursnit van 'n waatlemoen
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Binomiale naam
Citrullus lanatus
Waatlemoenproduksie in 2005

Diewaatlemoen (Citrullus lanatus) is 'nvrug met 'n vogtige, soet vlees en die vrug met die hoogste hoeveelheidlikopeen. Die vrugvlees is meestalrooi, maar kan ookwit,rooskleurig,geel oforanje van kleur wees.

Waatlemoen met 'n geel vlees

Dieswart pitte van die waatlemoen kom nie voor in 'n enkele holte soos byvoorbeeldspanspek nie, maar lê ingebed in die vrugvlees. Daar kom ook pitlosespesies voor.

Die vrug word meestal geëet deur eers die waatlemoen in stukke te sny en dan die vlees in nog kleiner blokkies. Hierna kan dit met 'n vurk, lepel of met die hand geëet word.

'n Waatlemoen is ryk aanwater, en deur dit te eet kan mens se dors geles word.

Asiate rooster en sout die waatlemoenpitte, terwyl mens ook gesuurde waatlemoenskille kan eet.

Die waatlemoen is waarskynlik afkomstig vanuit die tropiese gebiede inAfrika. Die waatlemoen was reeds inChina bekend vóór die christelike kalender, sommige beweer 1000 jaar, andere selfs 4000 jaar vóórChristus.

Die benamingwaatlemoen is vervorm uitwaterlemoen, uit die ouerwatermeloen, en staan reeds inJan van Riebeeck seDaghregister op 20 Desember 1652 aangeteken:Heden vernamen de cadjangh op den 17en passato gesaijt, fraij voor den dach comen; insgelijx de waterlemoenen.[1]

Sien ook

[wysig |wysig bron]
  • Tsamma, 'n wilde soort waatlemoen.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Smith, J.J. 1962. "'n Paar gedagtes oor Volksetymologie". In:Op ons taalakker. Pretoria: J.L. van Schaik. p. 159:Waterlemoen is 'n vervorming vanwatermeloen (soos uit die Engelsewatermelon te sien is). Die woordmeloen kom uit Fransmelon, Latynmelo, 'n ontleding uit Grieksmêlon "appel" [...] Die vervormingwaterlemoen het natuurlik tot stand gekom onder invloed van die bekende vrugtenaamlemoen, en dit is ook van heel oue datum, daar dit o.a. te lees is in Van Riebeeck se Daghverhaal (sic) en in Wouter Schouten seOost-Indische Voyagie (1676).

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieNederlandse Wikipedia vertaal.
NormdataEdit this at Wikidata
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Waatlemoen&oldid=2562044"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp