waYao | |
---|---|
![]() Nege- en tienjarige seuns van die waYao-stam neem deel aan besnydings- en inisiasierites (Maart 2005). | |
Totale bevolking: | 2 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Malawi Mosambiek Tanzanië |
Taal: | Chiyao Chichewa Engels Chitimbuka Swahili Portugees |
Geloofsoortuiging: | Islam |
Verwante etniese groepe: | Bantoevolke |
DieYao, ofwaYao, is ’n grootBantoevolk wat aan die suidpunt van dieMalawimeer woon. Hulle het in die19de eeu ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis vanSuidoos-Afrika. Die Yao is ’n hoofsaaklikMoslemvolk van meer as twee miljoen wat oor drie lande versprei is:Malawi,Mosambiek enTanzanië. Hulle het ’n sterk kulturele identiteit wat oor die landsgrense heen strek.
Die grootste deel van die Yao-stam isbestaansboere. ToeArabiere aan die suidooskus vanAfrika arriveer, het hulle met die Yao begin handeldryf, hoofsaaklik inivoor,graan enslawe in ruil vir klere en gewere. Vanweë dié handel het hulle een van die rykste en invloedrykste stamme inSuider-Afrika geword. Groot Yao-koninkryke het in die 19de eeu tot stand gekom terwyl Yao-kapteins beheer oorgeneem het van die Niassa-provinsie van Mosambiek. In dié tyd het die Yao van hul tradisionele tuiste in Malawi en Tanzanië getrek na die gebiede wat hulle nou bewoon. Die belangrikste gevolg van die kapteinskappe was dat die hele volk aan die begin van die20ste eeu en ná dieEerste WêreldoorlogIslam as hul geloof aangeneem het. Vanweë hul handel met die Arabiere en Swahili, het die Yao-kapteins skribas nodig gehad wat kon lees en skryf. Die Islamitiese geleerdes het ’n groot invloed op die Yao gehad, want hulle het aan hulle geletterdheid, ’n heilige boek, godsdiensklere en vierkantige pleks van ronde huise gebied. Die Islam wat die Yao aanvaar het, is versmelt met hul tradisioneleanimistiese geloofstelsel.
Verder het die Yao-kapteins diePortugese,Britse enDuitse koloniale heerskappy teengestaan en dit beskou as ’n groot kulturele en ekonomiese bedreiging. Die Britte het die ivoor- en slawehandel probeer stopsit deur van die Yao-handelskaravane naby die kus aan te val.
Die Yao in die noorde van Mosambiek (voorheen Portugees-Oos-Afrika) het veral in die Niassa-provinsie gewoon. Die meeste was bestaansboere, hoewel sommige ook by ivoor- en slawehandel betrokke was. Hulle het sosiaal en polities agteruitgegaan met die aankoms van die Portugese in die provinsie. Laasgenoemde het stede en dorpe in die gebied gestig, en die onafhanklike landbou-en-handelsekonomie is verander in ’n plantasie-ekonomie wat deur hulle self beheer is. Hulle het in die 15de eeu forte, handelsposte en hawens inOos-Afrika gebou in direkte mededinging met die Moslemse politieke magte op die vasteland.
DieSpeseryroete en Christelike evangelisasie was die belangrikste dryfkragte agter die Portugese uitbreiding in die streek. Later in die 19de eeu was die Portugese egter ook betrokke by ’n groot slawehandel waardeur Afrika-slawe uit Mosambiek naBrasilië gestuur is. Die Portugese Ryk was toe een van die grootste politieke en ekonomiese magte in die wêreld. Portugees beheerde plantasies het begin uitbrei en arbeid aan stambevolkings verskaf. Die Yao het al hoe meer arm plantasiewerkers geword. Hulle het egter hul kultuur bewaar.
Daar is tans minstens 450 000 Yao's in Mosambiek, hoofsaaklik in die oostelike en noordelike deel van Niassa-provinsie. Hulle maak sowat 40% uit van die inwoners vanLichinga, die provinsie se hoofstad.
Die Yao het omstreeks 1830 migreer na wat vandag die oostelike streek van Malawi is, waar hulle geboer en handelgedryf het. Hulle is hoofsaaklik Moslems en het ’n ryk kultuur, tradisie en musiekerfenis. Twee vorige presidente van Malawi was van die Yao-stam:Bakili Muluzi enJoyce Banda. Die Yao het in die laat 19de eeu noue bande met die Swahili aan die kus gehad en het dele van hul kultuur aangeneem, soos hul argitektuur en Islam, maar het hul eie nasionale identiteit behou. Hul noue samewerking met die Arabiere het hulle toegang gegee tot vuurwapens, wat in hul guns getel het in hul baie oorloë teen naburige volke soos dieNgoni enChewa.
Die Yao het aktief weerstand gebied teen die Duitse magte wat Suidoos-Afrika gekoloniseer het (rofweg die huidige Tanzanië,Rwanda enBurundi). In 1890 het koning Machemba ’n verklaring uitgereik waarin hy aan die Duitsers gesê het hy is bereid om met hulle handel te dryf, maar nie om sy gesag prys te gee nie. Ná verdere kontak het die Yao hulle eindelik aan die Duitsers oorgegee.
Die Yao praat ’nBantoetaal bekend asChiyao (chi- is ’n voorvoegsel wat taal beteken). Daar is ’n geraamde miljoen sprekers in Malawi, 495 000 in Mosambiek en 492 000 in Tanzanië. Ander tale wat in Malawi gepraat word, isChichewa enChitimbuka. Die Yao praat ook die amptelike tale van die lande waarin hulle woon:Swahili in Tanzanië,Engels in Malawi en Tanzanië, enPortugees in Mosambiek.