Kenteken van die WêreldbankHoofkwartier van die Wêreldbank inWashington, D.C.,Verenigde StateWêreldbank-president Ajay Banga
DieWêreldbank (Engels:World Bank) is die wêreld se grootste instelling vir ontwikkelingsamewerking en is op27 Desember1945 gestig. Die instelling verskaf lenings aanontwikkelende lande en middelinkomste-lande, met die bestryding vanarmoede as sy hoofdoel. Hierdie internasionale bank is tegnies gesproke 'n gespesialiseerde organisasie van dieVerenigde Nasies. Die finansiële steun wat deur die Wêreldbank verleen word, word vir verskeie doeleindes aangewend, van strukturele hervormings van 'n land segesondheids- enonderwyssektor, tot omgewings- eninfrastruktuurprobleme soos by damme, paaie en nasionale parke. Die bank stel egter streng eise aan sy kliënte: sogenaamde "strukturele aanpassings" word vereis, soos antikorrupsiemaatreëls en privatisering van regeringsdienste.
(de) Dreher, Axel:Die Kreditvergabe von IWF und Weltbank: Ursachen und Wirkungen aus politisch-ökonomischer Sicht. wvb Berlin, Berlyn 2003,ISBN 3-936846-54-5.
(de) Twele, Cord:Die Entwicklungspolitik der Weltbank-Gruppe vor dem Hintergrund der Schuldenkrise der »Dritten Welt« seit Beginn der achtziger Jahre, Frankfurt am Main 1995.