Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vryheidsfront Plus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafVryheidsfront)
Vryheidsfront Plus
VF+
Logo van die betrokke party.
LeierDr.Pieter Groenewald
Gestig4 Maart1994
HoofkwartierPretoria,Gauteng,Suid-Afrika
JeugvleuelVF+-Jeug
IdeologieAfrikanernasionalisme
Christelik Demokraties
Republikeins
Ekonomiese liberalisme
Nasionale affiliasieOrania Beweging
Internasionale affiliasieOrganisasie vir Onverteenwoordigde Nasies en Volke (UNPO)
Amptelike kleure     Groen
     Donkeroranje
Webbladwww.vfplus.org.zaEdit this at Wikidata

DieVryheidsfront Plus (VF+) is ’nSuid-Afrikaanse politieke party vanuit dierepublikeinse tradisie wat daarop ingestel is om die belange van dieAfrikaners te beskerm. Die huidige leier van die party is dr.Pieter Groenewald.[1]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die Vryheidsfront is op4 Maart1994 gestig. Die party het destyds besluit om deur deelname aan die demokratiese proses sy doelwitte van minderheidsregte enselfbeskikking na te jaag. ’n Grondwetlike wysiging kort voor diealgemene verkiesing van 1994 het voorsiening gemaak vir ’n grondwetlike beginsel wat kulturele en etniese minderheidsgroepe in staat sou stel om hulle vir die bevordering van selfbeskikking binne die raamwerk van die grondwet te beywer. Dit het die weg gebaan vir die Vryheidfront se deelname in die eerste demokratiese verkiesings.

In diealgemene verkiesing van 1994 het die destydse Vryheidsfront onder die leierskap van GeneraalConstand Viljoen 424 555 stemme (2,2% van die nasionale stemme) gekry. Dit het aan die party nege lede in die eerste nasionale vergadering besorg. In diealgemene verkiesing van 1999 het die steun van die party afgeneem tot 127 217 (0,8% van die nasionale stemme).

Na diemunisipale verkiesing van 2016 het die VF+ nes ander kleiner partye met die groterDemokratiese Alliansie (DA) koalisies aangegaan omJohannesburg,Tshwane en verskeie ander munisipaliteite te bestuur.

In 2018 is die Vryheidsfront Plus se hoofkantoor in Centurion naPieter Mulder vernoem as erkenning vir sy bydrae tot die party.[2]

Samesmelting met die KP en AEB

[wysig |wysig bron]
Plakkate tydens dieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014.

In September2003, kort voor die2004-verkiesing het dieKonserwatiewe Party (KP) en dieAfrikaner Eenheidsbeweging (AEB) hulle aan die sy van die Vryheidsfront geskaar. Die Vryheidsfront sou sedertdien as die Vryheidsfront Plus bekend staan. In die2004-verkiesing het die party se steun toegeneem tot 139 465 stemme of 0,89% van die uitgebragte stemme. Dit het aan die party 4 lede in dieNasionale Vergadering en 1 lid in dieNasionale Raad van Provinsies besorg. Die party het ook verteenwoordiging in 5 van die 9provinsiale wetgewers.

Die Vryheidsfront Plus word ook nou verbind met die Afrikanergemeenskap vanOrania, wat die enigste dorp in Suid-Afrika is met ’n VF-burgemeester, en is voorstanders van die Afrikaner-Volkstaatidee.

Die Vryheidsfront Plus beywer hom daarvoor om die Afrikaner se stem op al die vlakke van regering te verteenwoordig. Die party kan dus nie staat maak op groot getalle stemme nie, omdat die Afrikaner ’n minderheid in Suid-Afrika is. Hulle strategie om resultate te lewer vir die Afrikaner berus eerder in die manier waarop hulle die regerende party nader.

Die party poog ook meganismes buiten gewone politiek te gebruik om Afrikaners te bevoordeel. Dit word gedoen as deel van die party se strategie van “Meer as net opposisie”. ’n Voorbeeld hiervan is die webwerf SA Talent wat Suid-Afrikaners uitnodig om hulle kundigheid op ’n databasis te registreer as ’n alternatief vir die invoer van buitelanders om agteruitgang in die staatsdiens en munisipaliteite te verhoed. Kundige Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en die buiteland word volgens die party tans weens regstellende aksie verhinder om dit te doen.[3]

Suksesse van die Vryheidsfront Plus sluit in ’n geding in dieHooggeregshof van Suid-Afrika om Suid-Afrikaners (waaronder baie Afrikaners) wat hulle in die buiteland bevind te laat stem. Die hof het in die VF+ se guns beslis en duisende Suid-Afrikaners het hul stemreg teruggekry en kon in die 2009- en 2014-verkiesings in die buiteland stem.

Lid van UNPO

[wysig |wysig bron]

Op internasionale gebied het die VF+ as organisasie wat die Afrikaner-minderheid verteenwoordig lidmaatskap gekry byUNPO, dieUnrepresented Nations and Peoples Organisation, wat staatlose volke verteenwoordig.

Jeug

[wysig |wysig bron]

Die VF+ het ook ’n groeiende en baie aktiewe jeugvleuel onder leiding van Jan van Niekerk en beheer reeds vir ’n aantal jare die universiteitsrade vanPretoria enBloemfontein en maak vordering by die universiteit vanPotchefstroom asook by verskeie tegniese universiteite.

Die politieke ideologie van die VF+ kan onder die volgende hoofpunte saamgevat word:

  • Beywering vir die beskerming en uitbou van Afrikaans en die bevordering van die belange van die Afrikaner
  • Die beywering vir Christelike waardes en die erkenning van die oppergesag van God Drie-enig soos in die Bybel geopenbaar. Dit maak die VF+ naas dieACDP die enigste Suid-Afrikaanse Party wat ’n uitgesproke christelike uitgangspunt het.
  • Die nastreef na afwenteling van mag na gemeenskappe toe en die daarstel van ’n federale of selfs konfederale beleid wat aan Suid-Afrika se diversiteit erkenning gee en die einddoel van ’n eie gebied vir die Afrikaner.
  • Streng wetstoepassing, bekamping van misdaad en die herinstelling van die doodstraf vir besonder ernstige misdade.
  • Erkenning van veeltaligheid in praktyk wat beteken dat daar voorsiening gemaak moet word vir skole en universiteite in ander tale (by name Afrikaans) behalwe slegs Engels.

Leiers

[wysig |wysig bron]
Nr.BeeldNaamTermynaanvangTermyneindeNotas
1Constand Viljoen1 Maart 199426 Junie 2001Hoof van dieSuid-Afrikaanse Leër (1976–1980)
Hoof van dieSuid-Afrikaanse Weermag (1980–1985)
2Pieter Mulder26 Junie 200112 November 2016Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye (2009–2014)
3Pieter Groenewald12 November 2016[4]Lid van dieNasionale Vergadering van Suid-Afrika sedert 1994

Verkiesingsresultate

[wysig |wysig bron]
Uitslae van dieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 per stemdistrik. Die VF+ het dié in oranje gewen

Hierdie tabelle toon die verkiesingsuitslae van die Vryheidsfront Plus sedert 1994 se nuwe bedeling in Suid-Afrika:

Nasionale verkiesings

[wysig |wysig bron]
Uitslae vir die Vryheidsfront in die 1994-verkiesing
VerkiesingTotale stemme%Setels+/—Regering
2019 414 844 2,3810 6in opposisie
2014[5] 165 715 0,904Steady ±0in opposisie
2009 146 796 0,834Steady ±0in opposisie
een adjunkminister
2004 139 465 0,894 1in opposisie
1999 127 217 0,803 6in opposisie
1994424 5552,179in opposisie
grootste opposisieparty, 1994-1996

Provinsiale verkiesings

[wysig |wysig bron]
VerkiesingOos-KaapVrystaatGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwesNoord-KaapWes-Kaap
%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels%Setels
2019 0,58% 1/63 3,96%Steady 1/30 3,56% 3/73 0,31%Steady 0/80 1,42% 1/49 2,43% 1/30 4,32% 2/33 2,68% 1/30 1,56% 1/42
2014[5] 0,31%Steady 0/63 2,10%Steady 1/30 1,20%Steady 1/73 0,20%Steady 0/80 0,69%Steady 0/49 0,82%Steady 0/30 1,72% 1/33 1,09%Steady 0/30 0,55%Steady 0/42
2009 0,20%Steady 0/63 2,01%Steady 1/30 1,63%Steady 1/73 0,17%Steady 0/80 0,61%Steady 0/49 0,89% 0/30 1,81% 0/33 1,24% 0/30 0,43%Steady 0/42
20040,26%0/632,47%1/301,34%1/730,28%0/800,60%0/492,24%1/301,32%1/331,55%1/300,62%0/42

Munisipale verkiesings

[wysig |wysig bron]
VerkiesingStemme%
2021 549 349 2,37%
2016[6] 307 549 0,8%
2011 153 159 0,5%
2006252 253 1%
2000 0,1%
1995–96230 8452,7%

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Pieter Mulder steps down as Freedom Front Plus leader, besoek op 14 November 2016
  2. Groenewald, Pieter (28 Augustus 2018)."VF Plus-hoofkantoor vernoem na voormalige leier dr. Pieter Mulder". VF Plus.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op29 Augustus 2018.
  3. (af)(en)SA talent, besoek op 16 Maart 2008
  4. White, Ray."Pieter Mulder steps down as Freedom Front Plus leader" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op13 November 2016.
  5. 5,05,1"2014 Nasionale en Provinsiale Verkiesingsuitslae – 2014 Nasionale en Provinsiale Verkiesingsuitslae" (in Engels). elections.org.za. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 15 September 2019. Besoek op13 Oktober 2016.
  6. "Results Summary – All Ballots"(PDF) (in Engels). elections.org.za.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2019. Besoek op13 Oktober 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metVryheidsfront Plus.
Nasionale Vergadering
(met aantal setels)
Nasionale Raad van Provinsies
(met aantal setels)
Ander partye
Ontbinde partye
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vryheidsfront_Plus&oldid=2680016"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp