Verskillende soorte vroulike genitale verminkingUitvoering van vroulike besnyding in Afrika, soos gemeld deur afrol.com
Vroulike genitale verminking, ookvroulike besnyding, is 'n omstrede prosedure waartydens die vroulikegeslagsdele (gewoonlik dieklitoris) vir nie-mediese redes verwyder of beseer word. Die prosedure word vir tradisionele, kulturele en gelowige redes uitgevoer. In baie kulture word dit as 'ndeurgangsrite beskou en word dit tussen die ouderdom van 0 en 15 uitgevoer.
Die prosedure word veral inAfrika uitgevoer, maar ook in dieMidde-Ooste en, as gevolg vanglobalisering, het die gewoonte ook na dieWeste uitgebrei. 'n Beraamde 100 tot 140 miljoen vroue dwarsoor die wêreld is besny, waarvan 92 miljoen in Afrika.
Genitale verminking is uiters pynlik, aangesien die geslagsdele die meestesenuweepunte bevat. Die omstandighede waarin dit uitgevoer word, stel miljoene meisies se lewens in gevaar, veral in Afrika. Dit word gewoonlik deur tradisionele besnyders inonhigiëniese omstandighede (dikwels sonder verdowing) uitgevoer, wat tot oormatigebloeding kan lei, asook tot probleme met urinering. Komplikasies kan later in 'n vrou se lewe ook tot probleme tydens haarbevalling of selfs diedood van haar baba lei.
Die omstredenheid van die prosedure berus op die feit dat dit geen gesondheidsvoordele inhou nie en dat die verminking of verwydering van 'n vrou se geslagsdele wêreldwyd as 'n skending vanmenseregte beskou word. Volgens dieWêreldgesondheidsorganisasie is dit 'n skending vankinderregte, 'n persoon se reg totgesondheid,veiligheid en liggaamlike integriteit, die reg om nie gemartel of aan wrede, onmenslike of afbrekende behandeling onderwerp te word nie, asook die reg totlewe, in die gevalle waar die prosedure in die dood eindig.
Dit word ook as diskriminerend en simbolies van die ongelykheid tussen mans en vroue gesien. Besnyde vroue kan nie seksuele bevrediging ervaar nie en haar lojaliteit aan haar man word so "gewaarborg".
Verskillende vorms van besnyding word as vroulike genitale verminking beskou.
Klitoridektomie: die gedeeltelike of algehele verwydering van dieklitoris of, in enkele gevalle, dievel wat die klitoris omhul.
Uitsnyding: die gedeeltelike of algehele verwydering van die klitoris en die buitensteskaamlippe.
Infubilasie: die vaswerk en/of vernouing van die opening na dievagina ('n klein gaatjie word virmenstruasie gelaat). Die klitoris, buitenste en binnenste skaamlippe word gedeeltelik of geheel en al verwyder.
Ander: alle ander prosedures waardeur die vroulike geslagsdele beseer word, byvoorbeeld die prik, deurboring, insnyding, skraping en branding van die geslagsdele.
Oor die algemeen word die prosedure op jong meisies uitgevoer, van na die geboorte tot die ouderdom van 15. Nou en dan word dit ook opvolwasse vroue uitgevoer. 'n Beraamde drie miljoen meisies word elke jaar in Afrika besny.
Die gebruik is veral algemeen in die westelike, oostelike en noordoostelike streke van Afrika, maar ook in sommige lande inAsië en die Midde-Ooste (byvoorbeeldJemen,Saoedi-Arabië,Irak,Jordanië enSirië) en in buitelandse gemeenskappe in die Weste, byvoorbeeld in dieVerenigde State,Australië,Kanada,Denemarke,Frankryk,Italië,Nederland,Swede en dieVerenigde Koninkryk. Daar is egter 'n groot verskil in die aantal besnyde vroue in Afrika- en Westerse lande: inKenia is 'n beraamde 32% van die vroulike bevolking besny (98% in die noordoostelike streke), in vergelyking met 'n beraamde 76000 in die Verenigde Koninkryk.
In sommige ontwikkelende lande is die prosedure steeds wettig, of word dit nie deur 'n spesifieke wet gedek nie.
Vroulike genitale verminking word in verskeie kulture regoor die wêreld vir verskeie redes uitgevoer. In sommige lande het dit as deel van 'n ouer geloof ontstaan, maar, alhoewel 'n nuwer geloof miskien tans heers, het die gebruik 'n tradisie geword en word dit deur die kultuur aanvaar.
Baie kulture glo dat vroulike besnydenis nodig is om 'n meisie goed op te voed - 'n goeie manier om haar op volwassenheid en diehuwelik voor te berei. Dikwels gaan dit gepaard met die geloof dat dit "onfatsoenlike" seksuele gedrag ontmoedig, soos voorhuwelikse seks enontrouheid. Die skending van die klitoris of die vernouing/hegting van die vaginale opening sorg vir onbevredigende of pynlikeseks en daar word geglo dat hierdie vroue dan die verleiding van 'n voorhuwelikse of buite-egtelike seksuele verhouding sal weerstaan.
Daar is ook 'n heersende geloof in sommige kulture dat hierdie geslagsdele immoreel of "vuil" is en dat besnydenis die sedigheid en skoonheid van hierdie meisies verseker.
Géén van die wêreld se godsdienstige skrifte vereis of beveel vroulike besnydenis aan nie. Binne-in dieselfde gelowe is daar leiers wat dit aanveg of juis vir die behoud daarvan veg.
Die besnyding van 'n vrou se geslagsdele is nie voordelig vir haar gesondheid nie, maar juis nadelig vir haar fisiese en/of geestelike gesondheid, aangesien dit die verwydering/beskadiging van gesonde geslagsweefsel behels en inbreuk maak op die normale funksionering van die vroulike liggaam. In die meerderheid gevalle word dit ook sonder verdowing gedoen, met 'n glasskerf, stompmes of skerp blik as instrument.
verhoogde risiko van bevallingskomplikasies en afsterwe van pasgebore babas en
herhaalde sjirurgiese ingrepe benodig.
In die geval van infubilasie word die gehegte vaginale opening weer oopgemaak om seksuele omgang met haar man toe te laat en daarna weer geheg. By swanger vroue word die hegting dan ook weer verwyder voor geboorte en daarna weer geheg. Hierdie herhaalde hegting van die opening verhoog die risiko van beide onmiddellike en langtermynkomplikasies.
Drie van dieVerenigde Nasies se instellings, die Wêreldgesondheidsorganisaie (WGO), die Kinderfonds (UNICEF) en die Bevolkingsfonds (UNFPA), het in 1997 'n verklaring teen vroulike genitale verminking uitgereik. In 2008 is 'n nuwe weergawe uitreik, wat wyer ondersteuning ontvang het, met die doel om afskaffing van die prosedure aan te moedig.
Instellings streef onder andere na die onwettigverklaring van vroulike genitale verminking in alle lande. Daar word egter gevrees dat deur die prosedure bloot te verban 'n ongewenste effek sal hê, waar, soos in die geval van onwettige aborsies, families hulle tot besnyders op die "swart mark" sal wend, wat net tot hoër sterfgetalle sal lei. Daar word dus gepoog om gemeenskappe te oortuig om dit af te skaf, deur die beskadigende effekte daarvan op vrouens te beklemtoon. Uit ondersoek het geblyk dat hierdie metode die suksesvolste is en dat, sodra 'n gemeenskap van die nadele van die prosedure oortuig is, dit vinnig stopgesit word.
Die WGO merk egter dat die prosedure toenemend deur opgeleide gesondheidsmedewerkers uitgevoer word en, alhoewel dit tot 'n afname in onmiddellike komplikasies kan lei, dit dui op 'n groter aanvaarding van die gebruik binne-in 'n kultuur.