DieVrouerugbywêreldbeker 2021 (Engels:2021 Women’s Rugby World Cup) is van 8 Oktober tot 12 November 2022 inNieu-Seeland beslis. Dit was die negendevrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die sewende wat deurWêreldrugby aangebied is. Oorspronklik sou die toernooi in 2021 gehou word, maar dit moes vanweë die wêreldwyeCovid-19-pandemie met een jaar uitgestel word.[1] Nogtans is dit as die Vrouerugbywêreldbeker vir 2021 geag.[2] Dit was die eerste toernooi wat in dieSuidelike Halfrond aangebied is.
Die trofee waarom meegeding is
Twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2021 deelgeneem:Australië,Engeland,Fidji,Frankryk,Italië,Japan,Kanada,Nieu-Seeland,Skotland,Suid-Afrika, dieVerenigde State enWallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2021 is 26 wedstryde gespeel, waaronder 18 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in drie groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die agt beste spanne van die groepfase het hierna gekwalifiseer vir die kwarteindrondte.
Nieu-Seeland het die eindstryd opEdenpark inAuckland teen Engeland met 34–31 gewen en sodoende sy sesde vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm.[3] Frankryk het in die derde en Kanada in die vierde plek geëindig.
Op 14 November 2018 het die wêreldbeheerliggaamWêreldrugby die Vrouerugbywêreldbeker 2021 aan Nieu-Seeland toegewys. Die enigste ander kandidaatland was Australië. Daarmee het dit die eerste vrouerugbywêreldbekertoernooi geword wat in dieSuidelike Halfrond aangebied is.[4]
Grafiek van die kwalifiseringsproses vir die Vrouerugbywêreldbeker 2021
Twaalf nasionale vrouerugbyspanne het aan die Vrouerugbywêreldbeker 2021 deelgeneem. Die sewe beste spanne van die Vrouerugbywêreldbeker 2017 – Australië, Engeland, Frankryk, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde State en Wallis – het almal regstreeks gekwalifiseer. Die oorblywende vyf plekke is tydens plaaslike kwalifiserings in Afrika, Asië, Europa, Oseanië en ’n internasionale uitspeelrondte beslis.
Op 17 Augustus 2019 het Suid-Afrika die Afrikakampioenskap 2021 gewen en sodoende vir die hooftoernooi gekwalifiseer.[5] Vanweë beide Australië en Nieu-Seeland se regstreekse kwalifisering het Oseanië vir die eerste keer oor sy eie kwalifiseringsplek beskik wat in November 2019 Fidji bespreek het, gelyk aan sy eerste deelname ooit.[6] In September 2021 het Italië die Europese plek bespreek.[7] Die verdere kwalifiseringsproses is erg deur die die wêreldwyeCovid-19-pandemie ontwrig. Gevolglik kon die Asiatiese Vrouerugbykampioenskap 2021 nie beslis word nie en Japan het weens sy plek op Wêreldrugby se ranglys vir die toernooi gekwalifiseer.[8] In Februarie 2022 het Skotland die laaste oorblywende plek bespreek.[9]
Spanne wat aan die Vrouerugbywêreldbeker 2021 deelgeneem het:
Die Vrouerugbywêreldbeker 2021 is oor 36 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 26 wedstryde beslis. Dit het op 8 Oktober 2022 op die Aucklandse Edenpark met die openingswedstryd tussen die gasvroue Nieu-Seeland en Australië afgeskop. Die toernooi het geëindig op 12 November by dieselfde stadion met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die Black Ferns die trofee verdedig het.
Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 2021 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die eerste rondte, of die groepfase, het twaalf spanne bevat wat in drie groepe van vier spanne verdeel is. Die loting vir die groepfase, waar die twaalf deelnemers in vier groepe verdeel is na aanleiding van hul posisie op die Wêreldrugby-ranglys (soos op 1 Januarie 2020, voor die begin van die wêreldwyeCovid-19-pandemie), het op 20 November 2020 in die Aucklandse SkyCity Theatre plaasgevind. Vir die eerste keer in die vrouerugbywêreldbekergeskiedenis was die loting nie gebaseer op die prestasie tydens die vorige toernooi nie.[10][11]
Groep 1: Die drie beste regstreekse kwalifiseerders (1–3)
Groep 2: Die drie naasbeste regstreekse kwalifiseerders (4–6)
Groep 3: Die sewende regstreekse kwalifiseerder, Europa 1 en Afrika 1
Groep 4: Asië 1, Oseanië 1 en die uitspeelwedstrydwenner
Die groepe vir die loting op 20 November 2020 is soos volg (in hakies is die ranglysplasing vóór die loting):
Die negende Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur twaalf nasionale vrouerugbyspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Twee vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag;
Een bonuspunt vir die druk van vier of meerdrieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die agt beste spanne van die groepfase wat na die kwarteindrondte deurgedring het.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die agt beste spanne van die groepfase het na die uitklopfase deurgedring. Die beste span van die groepfase het teen die voorlaaste span te staan gekom, die naasbeste teen die derde laaste span, ens.
Die uitklopfase het met die kwarteindrondte begin. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes vanekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
Die vier beste spanne van die toernooi het regstreeks vir die volgende Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Engeland gekwalifiseer. Hulle was Engeland, Frankryk, Kanada en Nieu-Seeland.
Op 26 Mei 2022 het die wêreldbeheerliggaam die wedstrydbeamptes aangekondig. ’n Paneel van nege skeidsregters, vyf lynregters en vier televisieskeidsregters is vir die toernooi ingespan.[13]