DieVrouerugbywêreldbeker 1998 (Nederlands:Wereldkampioenschap rugby (vrouwen) 1998) is van 1 tot 16 Mei 1998 inNederland beslis.[1] Dit was die derdevrouerugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouerugbywêreldkampioenskap en die eerste wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nouWêreldrugby) aangebied is. Daarbenewens was dit die eerste toernooi wat buite dieVerenigde Koninkryk gehou is. Die toernooi is geheel en al op dieNasionale Rugbysentrum inAmsterdam beslis.
Die organiseerders het ’n aantal nasionale vrouerugbyspanne uitgenooi om aan die toernooi deel te neem, waarvan 16 ingestem het:Australië,Duitsland,Engeland,Frankryk,Ierland,Italië,Kanada,Kasakstan,Nederland,Nieu-Seeland,Rusland,Skotland,Spanje,Swede, dieVerenigde State enWallis. Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 1998 is 40 wedstryde gespeel, waaronder 16 tydens die groepfase, agt tydens die Bowl, vier in die Skild, vier in die Plaat en agt in die Beker, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee wedstryde in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte (die Beker) gekwalifiseer, terwyl die twee ander spanne aan die Bowl deelgeneem het. Spanne wat in die Beker se kwarteindrondte uitgeskakel is, het aan die Plaat deelgeneem.
Nieu-Seeland het die eindstryd op die Nasionale Rugbysentrum in Amsterdam teen die Verenigde State met 44–12 gewen en sodoende sy eerste vrouerugbywêreldbekertitel ingepalm. Engeland het in die derde en Kanada in die vierde plek geëindig.
Die Vrouerugbywêreldbeker 1998 is oor 16 dae tussen 16 verskillende spanne oor 40 wedstryde beslis. Dit het op 1 Mei 1998 op die Nasionale Rugbysentrum in Amsterdam met die openingswedstryd tussen die gasvroue Nederland en Swede afgeskop. Die toernooi het geëindig op 16 Mei by dieselfde stadion met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Verenigde State, waartydens die Black Ferns die trofee ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Vrouerugbywêreldbeker 1998 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op wedstryde tydens die Bowl en Skild, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die Beker en Plaat, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die derde Vrouerugbywêreldbekertoernooi is deur 16 nasionale vrouerugbyspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die organiseerders genooi. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het twee wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne van elke groep wat na die kwarteindrondte (die Beker) deurgedring het, terwyl die twee ander spanne aan die Bowl deelgeneem het.
Van die begin van die fases Bowl, Skild, Beker en Plaat af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem, waarby beide Bowl en Beker met die kwarteindrondte begin het, terwyl beide Skild en Plaat elkeen uit twee halfeindstryde, ’n onderskeidelik derde- en sewendeplekwedstryd en die eindstryd bestaan het.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die Beker deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep D en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep C gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het. Spanne wat in die Beker se kwarteindrondte uitgeskakel is, het aan die Plaat deelgeneem, terwyl die verloorders van die Bowl se kwarteindrondte aan die Skild deelgeneem het.
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Beker deurgedring, terwyl die twee ander spanne aan die Bowl deelgeneem het.