DieVolksrepubliek Loehansk (Russies: Луга́нская Наро́дная Респу́блика,Luganskaja Narodnaka Respublika, [lʊˈɡanskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgensinternasionale reg 'n deel vanOekraïne, maar het van 2014 tot 2022de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert dieRussiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deurRusland beset en op 30 September 2022 in weerwil vaninternasionale reg geannekseer.[4]
'n Kaart van Oekraïne met deur Rusland geannekseerde gebiede
Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Loehansk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, dieVerenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Loehansk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied asLoehansk-oblast verwys.
Die Volksrepubliek Loehansk is langs die Oekraïens-Russiese grens geleë. Diehoofstad en grootste stad isLoehansk. Die volksrepubliek beslaan 'n oppervlakte van 8 377 km² en het 'n bevolking van 1 464 039 in 2018 gehad. Dit grens in die ooste aan die Russiese deelgebiedRostof-oblast.
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.