'nVoegwoord, ofkonjunksie, is 'nwoord wat gebruik word om sinne saam te voeg.
As voorbeeld, kyk na die volgende twee sinne:
- Tania is siek.
- Sy het skool toe gekom.
'n Voegwoord is nodig om die twee sinne as een sin te skryf. Byvoorbeeld:
- Tania is siek,maar sy het skool toe gekom.
Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin. Vergelyk byvoorbeeld die volgende drie sinne:
- Hynog sy hou van Hans.
- Eken hy hou van Hans.
- Ekof hy hou van Hans.
DieAfrikaanse voegwoorde is:
- en
- of
- asof
- maar, dag
- nog
- dus, derhalwe
- daarom
- (deur)dat
- terwyl
- omdat, aangesien, want, daar
- sodat
- sedert
- nadat
- voordat
- totdat
- toe
- sodra
- as, soos
- as... dan
- sonder dat
- behalwe
- hoewel, ofskoon
- mits
- tensy
Voegwoorde kan volgens hulle funksie as volg ingedeel word:
- Tydigheid (terwyl,nadat envoordat)
- Redegewend (omdat,want).
- Beperkend (behalwe)
- Vergelykend (soos, asof)
- Disjunktief (of)
- Toegewend (hoewel, ofskoon)
- Voorwaardelik (as,indien,mits,tensy)
'n Komma word meestal voor 'n voegwoord wat twee sinne verbind geplaas. Die uitsondering is 'dat' en 'en'. As die voegwoord 'of' in 'n neweskikkende hoedanigheid gebruik word, verval die komma in verreweg die meeste gevalle ook.
 | Sienvoegwoord in Wiktionary, die vrye woordeboek. |