'nVliegtuig is 'n masjien wat in staat is totatmosferiese vlugte. Dit word moontlik gemaak deur 'n beginsel wat deur Australiese inboorlinge ontdek is. Hulle het agtergekom dat 'n stok baie verder gegooi kan word as die "bokant" daarvan met 'n effense kurwe gevorm is.
Vandag wemel die lugruim bokant ons van vliegtuie met grasieusevlerktipes en vorms, wat almal in staat is om te vlieg, omdat hulle op dieselfde beginsel vanaërodinamika reageer wat eerste in die boemerang gebruik is.
Die mens het voorheen inbalonne,lugskepe en ander tuie gevlieg, maar die vliegtuig het die mees bruikbare manier geword om van plek tot plek oor die aarde se oppervlakte te vlieg. In die relatiewe kort tydperk sedert die Wright broers se historiese vlug, het die mensdom reuse spronge in die vliegkuns gemaak. Sy vliegtuie het geografiese grense afgebreek om handel te dryf tussen nasies, politieke isolasie onmoontlik gemaak en die slaankrag van militêre magte geweldig verhoog.
In wêrelddele waar daar min paaie of spoorlyne is, het die vliegtuig die hoofvervoermiddel geword. Boere inAustralië enAlaska maak op vliegtuie staat om voorrade en toerusting te vervoer, asook om hulle na stede te vervoer om sake te doen of vir mediese behandeling. In dele van Alaska neem die vliegtuig selfs vir kort afstande die plek van motors in; sommige mense in Alaska weet nie hoe om 'n motor te bestuur nie, maar het 'n vlieglisensie.
Die vliegtuig word gebruik vir besigheid, industrië, landbou bv.oesbespuiting, natuurbewaring, bestudering van die weer, kartering, lugfotografie, ontspanning en verdediging.
'n Paar voorbeelde van moderne vliegtuie sluit in die Brits-Fransesupersoniesepassasiersvliegtuig, dieConcorde, wat intussen alreeds in onbruik verval het agv. geraas en hoë bedryfskoste, en diependeltuie, wat herhaalde vlugte ruimte toe en terug onderneem het. Die nuutste passasierstralers is dieAirbus A380 wat 555 passasiers kan dra, asook sy teenvoeter, dieBoeing 777-200LR wat in 2006 vrygestel is.
Die grootste vliegtuig ooit is die RussieseAntonof An-225.
Japan enAustralië beplan om 'n nuwe supersoniese vliegtuig, soortgelyk aan die Concorde, te ontwikkel. Die vliegtuig behoort met 300 passasiers die afstand tussenNew York enTokio binne 6 ure te kan aflê.