Verskeie soorte vleis.Vleis op die kole.'n Rol rou boerewors.
Vleis, in sy breedste moderne definisie, is allediereweefsel wat ten doel het om asvoedsel te dien. In dié konteks verwys dit nie net na spierweefsel nie, maar sluit ook vet of nie-spier organe in, insluitendlonge,lewers,tonge,vel,breine,murg enniere. Diere wat slegs vleis eet iskarnivore.
In die menslike dieet het vleis 'n meer spesifieke doel. Dit is meestal vleis, of sagte weefsel, van enige dier, bestaande uit die skeletale spier en vet wat die bene bedek. Die woord vleis word egter tipies gebruik met verwysing na die vleis van lewende hawe (skape,varke,beeste, ens.), wat geteel en geslag word vir menslike inname, gewoonlik met die uitsluitsel vanseekos,pluimvee, wild eninsekte.
Die vleisverpakkingsbedryf hanteer die slagting, prosessering en verspreiding van vleis vir menslike gebruik in ontwikkelde lande.