'nMeetkundige vlak is 'n plat, oneindige vlak, met 'n oneindige oppervlakte. Dit deel 'n driedimensionele ruimte in twee. Hierdie twee deelruimtes wordhalfruimtes genoem.
'nVektor loodreg op die vlak N(x,y,z), dienormaalvektor, bepaal die oriëntasie van die vlak. Die presiese ligging van die vlak is hiermee nog nie vasgestel nie, maar dit kan gedoen word deur 'n punt P(x0,y0,z0) in die vlak te benoem.
Hierby is (a,b,c) die normaalvektor van hierdie vlak. As daar soos in die eerste beskrywing 'n punt P(x0,y0,z0) in die vlak bekend is, kan jy die waarde d hieruit bepaal met die volgende formule:
d = -a*x0 – b*y0 – c*z0
As daar soos in die tweede vergelyking drie punte bekend is, dan kan jy die normaalvektor bepaal deur van die driehoek wat die punte vorm twee sye te neem. Hierdie twee sye is twee rigtingsvektore in die vlak. Deur dieuitwendige produk tussen hierdie vektore te neem verkry jy 'n normaalvektor, waarna jy die prosedure hierbo kan gebruik.