’nVlagterminologiese simbool word deur vlagterminoloë gebruik om sekere fasette vannasionale vlae aan te dui, soos bv. waar dit gebruik word, wie dit gebruik en hoe die vlag lyk. Die stel simbole wat in hierdie artikel gebruik word staan bekend asinternasionale vlagidentifikasiesimbole, en is naamlik deurWhitney Smith opgestel.
Sommige lande gebruik ’n enkele ontwerp wat dien as nasionale vlag in alle gebruikskontekste; ander lande gebruik veelvuldige vlae wat dien as die nasionale vlag, afhangende van die konteks, bv. deur wie, en waar die nasionale vlag vertoon word. Die ses basiese gebruikskontekste (en moontlike variante van ’n nasionale vlag) is:
In praktyk kan ’n enkele ontwerp geassosieer word met vele gebruike; byvoorbeeld, ’n enkele ontwerp kan ’n dubbele rol dien asoorlogsvlag en -vaandel. Selfs met sulke kombinasies is hierdie raamwerk onvolledig: sommige lande definieer ontwerpe vir gebruikskontekste wat nié in hierdie skema uitgedruk kan word nie, soos lugmagvaandels (apart van oorlogsvlae en -vaandels wat as die nasionale vlag by lugmagbasisse gebruik word; sien Koninklike Lugmagvaandel as voorbeeld) en burgerlike lugvaartvaandels.
Verdere simbole word gebruik om te beskryf hoe ’n vlag lyk, byvoorbeeld of dit verskillende ontwerpe aan weerskante van die vlag het, of om aan te dui dat die vlag vertikaal in plaas van horisontaal gehys moet word, e.s.m. Die volgende simbole is in algemene gebruik: