Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vlag van die Verenigde State

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die Verenigde State van Amerika
Vlag van die Verenigde State van Amerika
Vlag van die Verenigde State van Amerika
BynaamThe Stars and Stripes
Red, White and Blue
Old Glory,[1]
The Star-Spangled Banner
GebruikNasionale vlag en vaandelNasionale vlag en vaandel
Verhouding10:19
Goedgekeur14 Julie 1777(oorspronklike 13-ster weergawe)
4 Julie 1960(huidige weergawe)
OntwerpDertien horisontale rooi en wit bane met ’n blou reghoek met 50 sterre in die skildhoek.
Wisselvormvlag van die Verenigde State van Amerika
Wisselvormvlag van die Verenigde State van Amerika
GebruikOorlogsvlagOorlogsvlag
Verhouding1:2

Dienasionale vlag van dieVerenigde State is op4 Julie1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon dertien ewe horisontale bane afwisselend in rooi (bo en onder) en wit met ’n blou reghoek (waarna spesifiek verwys word as die "unie") in die skildhoek waarop daar 50 klein, vyfpuntige wit sterre, gereël in nege afwaartse horisontale rye, waar rye van ses sterre (bo en onder) met rye van vyf sterre afwissel. Die 50 sterre op die vlag verteenwoordig die 50Deelstate van die Verenigde State van Amerika en die 13 bane staan vir die 13 Britse kolonies wat hul onafhanklikheid van dieKoninkryk van Groot-Brittanje verklaar en sodoende die eerste deelstate van die Verenigde State geword het.[2] Byname vir die vlag sluit inStars and Stripes ("sterre en bane"),[3]Old Glory ("ou glorie"),[4] en dieStar-Spangled Banner ("sterbesaaide banier"). Volgens Artikel 2 van die Amerikaanse vlagwet word na die goedkeuring van ’n nuwe deelstaat vanaf die volgende 4 Julie (Onafhanklikheidsdag) ’n verdere ster bygevoeg.[5]

Die kleure rooi, wit en blou is van dieUnion Jack as vlag van die Britse kolonies in Noord-Amerika ontleen. Die kleure het die volgende simboliek: wit vir suiwerheid en onskuld (purity and innocence), rooi vir dapperheid en veerkragtigheid (valor and hardiness) en blou vir waaksaamheid, deursettingsvermoë en geregtigheid (vigilance, perseverance, justice).

Die volkslied van die Verenigde State,The Star-Spangled Banner, verwys na die vlag van die Verenigde State. Op 14 Junie word die vlagdag (Flag Day) gevier, hoewel dit net inPennsilvanië enAmerikaans-Samoa (op 17 Junie) ’n openbare vakansiedag is.

Simboliek

[wysig |wysig bron]
’n Wapperende Amerikaanse vlag in New York Stad

Een van die mees gebruikte Amerikaanse simbole is die Amerikaanse vlag. Vir baie inwoners van die Verenigde State verteenwoordig die vlag alle vryhede en regte wat in dieGrondwet van die Verenigde State (die sg. handves van Regte ((en)Bill of Rights) vervat word en bied dit ook veral individuele vryhede soos uiteengesit in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.

Oor die simboliek van die ontwerp het die Amerikaanse Kongres in 1977 ’n boek die lig laat sien met die volgende omskrywing daarin: "Die ster is ’n simbool van die hemelse en Goddelike doel waarop die mens hom sedert onherinnerbare tye gerig het; die strepe is simbolies vir die ligstrale van die son."[6]George Washington het blykbaar gesê: "Ons het die sterre uit die hemel gekry, die rooi van ons moederland, geskei deur wit bane sodat ons kan sien dat ons van haar afgeskei het, en die wit bane sal in die toekoms ingaan en Vryheid verteenwoordig."

Vir baie mense staan die rooi en wit respektiewelik vir die bloed van diegene wat hul lewens neergelê het vir die ideaal en gawe van vryheid.

Ou en beskadigde vlae word verbrand in ’n eenvoudige seremonie. Die vlae word tydens betogings teen die Verenigde State ook dikwels met opset verbrand. Sommige groepe in die VSA stel dan ook voor om die verbranding van die vlag weens politieke redes strafbaar te maak

Die vyftig sterre op die vlag verteenwoordig die 50 Amerikaanse deelstate en die dertien bane verteenwoordig die oorspronklike dertien kolonies wat teen die Britse Monargie gerebeleer het en sodoende die eerste dertien state van die Unie geword het.[7]

Eed van getrouheid

[wysig |wysig bron]
Die vlag enThe Star-Spangled Banner (volkslied) van die Verenigde State

Deur die Eed van Getrouheid word ’n ewige trou aan die vlag gesweer. Hiermee saam is die vlag ’n simbool van nasionalisme, patriotisme en militarisme. Sedert die laaste aanpassing op 14 Junie 1954 lui die teks soos volg:

I pledge allegiance to the Flag of the United States of America, and to the Republic for which it stands: one Nation under God, indivisible, with Liberty and Justice for all.
(Ek sweer trou aan die Vlag van die Verenigde State van Amerika, en aan die Republiek wat dit verteenwoordig: één Nasie onder God, ondeelbaar, met Vryheid en Regtverdigheid vir iedereen.)

—Francis Bellamy,[8]


Ontwerp

[wysig |wysig bron]
Opvou van die Amerikaanse vlag

Die basiese ontwerp van die huidige vlag word gespesifiseer deur die Vierde Titel van die Kode van die Verenigde State; daar word ook bepaal hoe nuwe sterre vir nuwe state verteenwoordig moet word.[9] Dieuiteensetting gee die volgende waardes:

  • Wydte van die vlag:A = 1.0
  • Lengte van die vlag:B = 1.9[10]
  • Wydte van die blou reghoek:C = 0.5385 (A × 7/13, gelyk aan sewe bane)
  • Lengte van die blou reghoek:D = 0.76 (B × 2/5, twee vyfdes van die lengte van die vlag)
  • E =F = 0.0538 (C/10, Een tiende van die wydte van die blou reghoek)
  • G =H = 0.0633 (D/12, Een twaalfde van die lengte van die blou reghoek)
  • Deursnee van ster:K = 0.0616
  • Wydte van ’n baan:L = 0.0769 (A/13, Een dertiende van die wydte van die vlag)

Hierdie spesifikasies word vervat in ’nuitvoerende bevel wat tegnies die enigste vlae wat vir die federale regering van die Verenigde State gemaak word reguleer.

Konstruksietekening
Konstruksietekening

Kleure

[wysig |wysig bron]
Die korrekte vertikale vertoning van die Amerikaanse vlag (hangende weergawe). Die "unie" (blou reghoek met sterre) moet altyd in die boonste linkerhoek wees.
Die Groot Seël van die Verenigde State ontleen die blou reghoek, die sterre en die rooi-wit bane van die vlag.

Die presiese skakerings van rooi, wit en blou van die vlag is deur dieCAUS Standard Color Reference of America se 10de uitgawe bepaal. Die kleure word asWhite,Old Glory Red enOld Glory Blue gespesifiseer.[11] Die CIE-koördinate vir die kleure in die 9de uitgawe van dieStandard Color Card is formeel gespesifiseer inJOSA van 1946.[12] Hierdie kleure vorm die standaard vir die doek, en daar is geen perfekte manier om hulle naRGB vir vertoning op skerm of CMYK vir drukwerk om te skakel nie. Die "relatiewe" koördinate in die volgende tabel is verkry deurdat die liggewende reflektansie vergelyk is met die vlag se "wit".

Amptelike kleure
NaamAbsoluutRelatief
CIELABD65MunsellCIELABD50sRGBGRACoL 2006
L*a*b*HV/CL*a*b*RGB8-bit hexCMYK
White88.7−0.25.42.5Y8.8/0.7100.00.00.01.0001.0001.000#FFFFFF.000.000.000.000
Old Glory Red33.951.224.75.5R3.3/11.139.957.328.7.698.132.203#B22234.1961.000.757.118
Old Glory Blue23.213.1−26.48.2PB2.3/6.126.911.5−30.3.234.233.430#3C3B6E.886.851.243.122

Nes die ontwerp is die amptelike kleure net aan amptelike vereistes onderhewig vir vlae wat vir die Amerikaanse federale regering vervaardig word; ander kleure word dikwels vir massamark-vlae, gedrukte reproduksies en ander produkte gebruik wat bedoel is om vlagkleure na te bots. Die gebruik van meer versadigde kleure as die amptelike doek s’n is nie nuut nie. Soos Taylor, Knoche en Granville in 1950 geskrewe het:

Die kleur van die amptelike woldoek [van die blou veld] is ’n baie donkerblou, maar gedrukte reproduksies van die vlag, sowel as handelsware wat veronderstel is om by die vlag te pas, dui die kleur as ’n baie helderder blou as die amptelike doek s’n aan.[13]


Soms word die benaderinge van diePantone Matching System (PMS) tot die vlagkleure gebruik. Een stelsel is reeds in 1998 op die webwerf van die Amerikaanse ambassade inLonden weergegee; die webwerf van die Amerikaanse ambassade inStockholm het in 2001 beweer dat dit deur Pantone voorgestel is, en dat die Amerikaanse regeringskantoor voorkeur aan ’n ander stel gegee het. ’n Derde rooi is in 2002 in ’n dokument van die Kaliforniese Militêre Department voorgestel.[14][15][16][17][18] In 2001 het die wetgewer van Texas bepaal dat die kleure van die Texaanse vlag "(1) dieselfde kleure soos op die vlag van die Amerikaanse vlag moet wees" en (2) die nommers as 193 (rooi) en 281 (donderblou) van diePantone Matching System bepaal.[19]

Pantone benaderings
BronPMSCIELABD50sRGBGRACoL 2006
L*a*b*RGB8-bit hexCMYK
Safe100.00.00.01.0001.0001.000#FFFFFF.000.000.000.000
Ambassade
in Londen
193 C42.164.426.7.756.076.238#C1133D.1651.000.678.063
281 C15.47.0−41.8.000.149.388#0026631.000.906.388.231
Ambassade
in Stockholm
186 C44.167.837.9.800.048.185#CC0C2F.1221.000.796.035
288 C18.07.6−50.3.000.172.466#002C771.000.863.357.141
CA Mil. Dept.200 C41.164.230.8.745.051.203#BE0D34.1691.000.749.074

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Die vlag is 26 keer verander sedert die unie van dertien state die vlag aangeneem het. Die huidige weergawe is sedert 4 Julie 2007 die Amerikaanse vlag wat die langste in gebruik is. Voorheen was dit die vlag met 48 sterre (dit was vir 47 jaar die vlag van die VSA).

Grand Union-vlag

[wysig |wysig bron]

Ten tyde van die ondertekening van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 4 Julie 1776 het die VSA geen amptelike vlag gehad nie. Daar is verskeie kere na die Grand Union-vlag verwys as dieEerste Nasionale vlag; alhoewel dit nooit enige amptelike status gehad het nie, is dit gebruik tydens dieAmerikaanse Onafhanklikheidsoorlog[20] deur George Washington en het dit ook die basis gevorm vir die ontwerp van die eerste amptelike Amerikaanse vlag. Die vlag herinner baie aan die vlag van die Brits Oos-Indiese Kompanjie van dieselfde era wat sedert 1707 gebruik is; sir Charles Fawcett het in 1937 gemeen dat die vlag van die Kompanjie as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het,[21] daarmee saam het Buckminster Fuller dit ook in sy boekCritical Path genoem. Die vlag van die Kompanjie kon egter enigiets tussen nege en dertien bane gehad het en dit mog nie buite die Indiese Oseaan gewapper word nie.[22] Beide vlae kon maklik vervaardig word deur horisontale bane by die Rooi Britse Vaandel te voeg.

’n Ander teorie meen dat die rooi en wit gestreepte—en later, starre-en-strepe—motief van die vlag gebaseer kon gewees het op die wapenskild van George Washington (’n wit skild met twee rooi bane onder drie rooi sterre).[23]

  • Grand Union Flag
    Grand Union Flag
  • Oorspronklike vlag met dertien sterre (Betsy Ross-patroon)
    Oorspronklike vlag met dertien sterre (Betsy Ross-patroon)
  • Betsy Ross en haar kinders wys vir George Washington hul genaaide vlag
    Betsy Ross en haar kinders wys vir George Washington hul genaaide vlag
  • Die eerste keer dat George Washington die vlag laat hys het
    Die eerste keer dat George Washington die vlag laat hys het
  • George Washington se wapenskild
    George Washington se wapenskild
  • Oorlogsvlag van Fort Sumter
    Oorlogsvlag vanFort Sumter

Historiese progressie van die vlag

[wysig |wysig bron]

In die onderstaande tabel van die 28 variasies van die ontwerpe van die vlag van die Verenigde State is die sterrepatrone vir die vlae slegs diegewone patrone wat dikwels met die Vloot van die Verenigde State verbind word. Die ontwerp van die skildhoek het, voor die proklamasie van die 48-ster vlag, geen amptelike rangskikking gehad nie. Die presiesekleure van die vlag is ook nie gestandaardiseer tot 1934 nie.[24]

Hoev.
Sterre
Hoev.
Strepe
Ontwerp(e)State Verteenwoordig
deur Nuwe Sterre
Datums in gebruikDurasie
013NVT3 Desember 1775[25]  – 14 Junie 17771½ jaar
(18 maande)
1313  Delaware,Pennsylvania,New Jersey,
Georgia,Connecticut,Massachusetts,
Maryland,Suid-Carolina,New Hampshire,
Virginië,New York,Noord-Carolina,
Rhode Island
14 Junie 1777  – 1 Mei 179518 jaar
(215 maande)
1515Vermont,Kentucky1 Mei 1795  – 3 Julie 181823 jaar
(278 maande)
2013Indiana,Louisiana,Mississippi,
Ohio,Tennessee
4 Julie 1818  – 3 Julie 18191 jaar
(12 maande)
2113Illinois4 Julie 1819  – 3 Julie 18201 jaar
(12 maande)
2313Alabama,Maine4 Julie 1820  – 3 Julie 18222 jaar
(24 maande)
2413Missouri4 Julie 1822  – 3 Julie 1836
1831 ontstaan die term "Old Glory"
14 jaar
(168 maande)
2513Arkansas4 Julie 1836  – 3 Julie 18371 jaar
(12 maande)
2613Michigan4 Julie 1837  – 3 Julie 18458 jaar
(96 maande)
2713Florida4 Julie 1845  – 3 Julie 18461 jaar
(12 maande)
2813Texas4 Julie 1846  – 3 Julie 18471 jaar
(12 maande)
2913Iowa4 Julie 1847  – 3 Julie 18481 jaar
(12 maande)
3013Wisconsin4 Julie 1848  – 3 Julie 18513 jaar
(36 maande)
3113Kalifornië4 Julie 1851  – 3 Julie 18587 jaar
(84 maande)
3213Minnesota4 Julie 1858  – 3 Julie 18591 jaar
(12 maande)
3313  Oregon4 Julie 1859  – 3 Julie 18612 jaar
(24 maande)
3413Kansas4 Julie 1861  – 3 Julie 18632 jaar
(24 maande)
3513Wes-Virginië4 Julie 1863  – 3 Julie 18652 jaar
(24 maande)
3613Nevada4 Julie 1865  – 3 Julie 18672 jaar
(24 maande)
3713Nebraska4 Julie 1867 – 3 Julie 187710 jaar
(120 maande)
3813Colorado4 Julie 1877  – 3 Julie 189013 jaar
(156 maande)
4313Idaho,Montana,Noord-Dakota,
Suid-Dakota,Washington
4 Julie 1890  – 3 Julie 18911 jaar
(12 maande)
4413Wyoming4 Julie 1891  – 3 Julie 18965 jaar
(60 maande)
4513Utah4 Julie 1896  – 3 Julie 190812 jaar
(144 maande)
4613Oklahoma4 Julie 1908  – 3 Julie 19124 jaar
(48 maande)
4813Arizona,Nieu-Mexiko4 Julie 1912  – 3 Julie 195947 jaar
(564 maande)
4913Alaska4 Julie 1959  – 3 Julie 19601 jaar
(12 maande)
5013Hawaii4 Julie 1960  – huidig50
(600 maande)

Toekoms van die vlag

[wysig |wysig bron]

Ook in die toekoms mag die aantal Amerikaanse deelstate verander. Vervolgens sal die aantal sterre van die vlag dienooreenkomstig aangepas word.

Daar is politieke bewegings wat vir die omskep van die Distrik van Colombia (Washington, D.C.) in ’n deelstaat en die afstigting vanNew York Stad as ’n eie deelstaat pleit. Van dieEilandgebiede van die Verenigde State van Amerika (Amerikaanse Maagde-eilande,Amerikaans-Samoa,Guam,Noordelike Mariana-eilande,Puerto Rico) kan dalk ook as deelstate in die unie opgeneem word. Die Heraldiese Instituut van die Weermag van die Verenigde State (United States Army Institute of Heraldry) het ontwerpe van vlae met soveel as 57 sterre voorberei (met ’n soortgelyke rangskikking) vir ingeval nuwe deelstate toegevoeg word.[26]

Die teenoorgestelde is ook moontlik: die uittrede van ’n deelstaat uit die unie of die samesluiting van deelstate, wat die aantal sterre sal verminder.

  • ’n Moontlike vlag met 51 sterre
    Ontwerp is voorgestel in die verlede maar nooit amptelik aanvaar nie ’n Moontlike vlag met 51 sterre
  • 51-ster vlag soos voorgestel deur die Nuwe Progressiewe Party van Puerto Rico
    Ontwerp is voorgestel in die verlede maar nooit amptelik aanvaar nie 51-ster vlag soos voorgestel deur die Nuwe Progressiewe Party van Puerto Rico

Ander vlae

[wysig |wysig bron]

Regeringsvlae

[wysig |wysig bron]
  • Presidentsvlag.
    Presidentsvlag.
  • Adjunkpresidentsvlag.
    Adjunkpresidentsvlag.

Soortgelyke vlae

[wysig |wysig bron]
  • Die vlag van Bikini-atol is simbolies van die eilandbewoners se oortuiging dat die VSA baie verskuldig is aan die mense van Bikini omdat die Amerikaanse regering in 1954 ’n termokernbom as deel van dieCastle Bravo-toets laat ontplof het.
  • Die vlag van Liberië herinner baie aan die vlag van die VSA (dit dui daarop dat Liberië ’n slawekolonie van die VSA was). Die Liberiese vlag het elf soortgelyke rooi en wit bane wat die elf ondertekenaars van die onafhanklikheid voorstel. Daar is ook ’n blou vierkant in die skildhoek met een groot ster, wat die unie voorstel.
  • Die vlag van Maleisië herinner ook baie aan die vlag VSA met rooi en wit bane (14 in totaal) en ’n blou skildhoek waarin die star en sekelmaan vertoon word. Dit kan egter so wees weens die groot invloed van dieBritse Oos-Indiese Kompanjie eerder as die vlag van die Verenigde State. Die vlag van dieFederasie van Maleisië (wat ’n voorloper is van die hedendaagse Maleisië) lyk ook naastenby dieselfde.
  • Die vlag van Togo lyk soos die Liberiese vlag met 5 bane (die kleure is egter diePan-Afrika kleure).
  • Die Oggendstervlag van die voormaligeNederlands-Nieu-Guinee is doelbewus soortgelyk aan die vlag van die Verenigde State.
  • Die baie kortstondige eerste vlag van die Republiek van die Verenigde State van Brasilië lyk soos die vlag van die VSA, maar gebruik Brasilië se tradisionele kleure van groen, geel en blou in plaas van die rooi, wit en blou van die vlag van die VSA. Dit is ontwerp om die 1776 en die Amerikaners van daardie tyd te eer.
  • Die vlag van El Salvador wat tussen 1865 en 1912 gebruik is herinner ook aan die vlag van die VSA waar die bane blou en wit is met ’n rooi skildhoek wat ’n wit ster bevat.

Ander vlae van die Verenigde State

[wysig |wysig bron]

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Vlae en wapensportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Term uitgedink deur kaptein William Driver, 'n negentiende eeuse skeepsmeester.
  2. (en)John Warner (1998)."Senate Concurrent Resolution 61"(PDF). U.S Government Printing Office.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op22 Mei 2019.
  3. (en)"History of the American Flag".www.infoplease.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2019. Besoek op22 Mei 2019.
  4. (en)"USFlag.org: A website dedicated to the Flag of the United States of America – "OLD GLORY!"".www.usflag.org.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op22 Mei 2019.
  5. (en)§ 2
  6. (en)Wat beteken die kleure van die vlag?, USFlag.org: ’n Webblad wat gewy is tot die Vlag van die Verenigde State van Amerika. URL besoek op 22 Mei 2019.
  7. Die state word gesamentlik verteenwoordig; daar is geen besondere betekenis aan die elke afsonderlike ster of baan nie.
  8. (en)Title 4, Chapter 1, Section 4, US CodeGeargiveer 14 Oktober 2012 opWayback Machine
  9. (en)§ 1
  10. Let op dat die vlagverhouding (B/A in die diagram) nie absoluut vasgestel is nie. Alhoewel die diagram in Uitvoerende Bevel 10834 ’n verhouding van 1.9 gee, word ’n lys van vlae vroeër in die bevel gegee vir van goedgekeurde groottes vir agentskappe. In hierdie lys is elf vlae waarvan agt min of meer voldoen aan die gegewe verhouding maar die res redelik baie verskil
  11. (en) General Services Administration "Federal Specification DDD-F-416F: Flag, National, United States of America and Flag, Union Jack". 31 Maart 2005.
  12. (en) Genevieve Reimann, Deane B. Judd, en Harry J. Keegan (1946)."Spectrophotometric and Colorimetric Determination of the Colors of the TCCA Standard Color Cards".JOSA36 (3), 128–159.
  13. (en) Helen Taylor, Lucille Knoche, and Walter Granville, eds. (1950),Descriptive Color Names Dictionary. Container Corporation of America.
  14. (en)In 1998, "U.S. Flag Facts"
  15. (en)By Oktober 2002
  16. (en)websiteGeargiveer 22 Mei 2010 opWayback Machine
  17. (en)"United States of America"Geargiveer 13 Julie 2010 opWayback Machine,Flags of the World.
  18. (en)"Flags over California, a history and guide".
  19. (en)The Government Code; Title 11. State Symbols and Honors; Subtitle A; Chapter 3100. Statutes.legis.state.tx.us. Besoek op 27 Mei 2011.
  20. (en)Grand Union Flag
  21. (en)Die gestreepte vlag van die Oos-Indiese Kompanjie en die verbinding met die Amerikaanse "Stars and Stripes" byFlags of the World
  22. (en)Oos-Indiese Kompanjie (Verenigde Koninkryk)
  23. ’n Dokumentêr van dieBBC in 2002 waarin die dorpe Selby en Selby Abbey verskyn noem dat die wapenskild wat vertoon is as inspirasie vir die vlag van die VSA gedien het.
  24. (Vir alternatiewe weergawes van die vlag van die Verenigde State, sien die(en)Sterre van die V.S. vlag-bladsy byFlags of the World.)
  25. (en) Leepson, Marc. (2005).Flag: An American Biography. New York: St. Martin’s Press.
  26. (en)"United States Army Institute of Heraldry". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 11 April 2006. Besoek op24 Maart 2019.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • (en) David D. Crouthers.Flags of American History. Hammond, 1978.
  • (en) William Rea Furlong, Byron McCandless, and Harold D. Langley.So Proudly We Hail: The History of the United States Flag. Smithsonian Institution Press, 1981.
  • (en) Boleslaw Mastai and Marie-Louise D’Otrange Mastai.The Stars and the Stripes: The American Flag as Art and as History from the Birth of the Republic to the Present. Knopf, 1973.
  • (en) Arnaldo Testi.Capture the Flag: The Stars and Stripes in American History (New York University Press; 2010) 192 pages. A European perspective on the symbolism and political, social, and cultural significance of the flag.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metVlae van die Verenigde State.
Onafhanklike lande
Afhanklike- en
ander gebiede
1Gebiede wat ook deel kan uitmaak vanSuid-Amerika
Nasionale vlag
Vlag van die Verenigde State
Deelstate
Federale distrik
Eilandgebiede
Klein afgeleë eilande
Geassosieerde lande
Nasionale, streeks- en stadsvlae wat die Unievlag gebruik
Onafhanklike lande
Afhanklike gebiede
Verenigde Koninkryk
Nieu-Seeland
Deelstate, provinsies
en ander
administratiewe afdelings
Australiese deelstate
Kanadese provinsies
Amerikaanse deelstate
Amerikaanse counties
Stede
Chili
Verenigde State
Verskeie
Histories
Dominions
en onafhanklikelande
Australiese
eksterne gebiede
Nieu-SeelandseVolkebondmandaat
en trustgebiede
Anglo-Franse
kondominium
Ander vlae
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vlag_van_die_Verenigde_State&oldid=2767694"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp