’n Rooi sekelmaan en ster effens regs van die middel met ’n rooi baan daarbo en daaronder op ’n wit veld.
Dievlag van dieTurkse Republiek van Noord-Siprus (TRNS) is in1983 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi sekelmaan en ster effens regs van die middel met ’n rooi baan daarbo en daaronder op ’n wit veld.
Die Turkse Republiek van Noord-Siprus is sedert 1974 ’n selfverklaarde staat wat slegs deurTurkye erken word. Die vlag is gebaseer op dievlag van Turkye met die kleure omgekeer en twee horisontale bane wat bo en onder die sekelmaan-en-ster toegevoeg is. Dit was die gevolg van ’n kompetisie om ’n nuwe verteenwoordigende vlag vir die TRNS te vind. Die plaaslike gebruik van die Turkse vlag is soortgelyk aan die gebruik van dievlag van Griekeland op die res van die eiland. Omdat die land aanvanklik deur Turkey binnegeval is, word die sekelmaan en ster ook op die vlag van TRNS voorgestel.
Due Turkse en TRNS-vlae is op die Kerenia-gebergte in Noord-Siprus geteken. “Ne Mutlu Türküm Diyene” — ’n veel herhaalde frase van Kemalisme — is in wit onder die Turkse vlag uitgespel.
In 2010 het die Grieks-Sipriese kant ’n amptelike klag teen die vlag by die Europese Kommissie gelê deur te noem dat dit ’n omgewingsgevaar is weens toksiese materiaal wat gebruik is om dit na die berg te vervoer, en dat daar ’n risiko is dat die materiaal kan uitlek. Die Grieks-Sipriote vind dit nie slegs vir die omgewing aanstootlik nie, maar ook vir hul eie gemeenskap en sien dit as ’n uitlokkingsgebaar.[2]
1Transkontinentale land·2 Gebiede wat ook deel van Noord-Amerika kan uitmaak ·3 Gebiede wat ook deel van Asië kan uitmaak ·4 Gebiede van ook deel van Afrika kan uitmaak
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.