Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo
Vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo
Vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo
GebruikNasionale vlag en vaandelNasionale vlag en vaandel
Verhouding3:4[1]
Goedgekeur20 Februarie2006
Ontwerp’n Blou vlag met ’n skuins rooi baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant tot die bokant van die wapperkant. ’n Geel ster in die skildhoek.
Wisselvormvlag van die Demokratiese Republiek die Kongo
Wisselvormvlag van die Demokratiese Republiek die Kongo
BynaamPresidentsvlag
Verhouding2:3
OntwerpNasionale vlag met ’n bykomende inskrywingLe President

Dienasionale vlag van dieDR Kongo is op20 Februarie2006 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n hemelsblou vlag met ’n diagonale rooi baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant tot die bokant van die wapperkant; ’n geel vyfpuntige ster is in die skildhoek.

Simboliek

[wysig |wysig bron]

Blou is veronderstel om vrede voor te stel. Rooi verteenwoordig die “bloed van die land se martelare, geel die rykdom van die land en die (vyfpuntige) ster die stralende toekoms van die land”.[2]

Ontwerp

[wysig |wysig bron]

’n Nuwe grondwet wat in Desember 2005 bekragtig is en in Februarie 2006 in gebruik geneem is het ’n vlag voorgestel soortgelyk aan die een wat tussen1963 en1971 gebruik is slegs met die verandering van die koningsblou na ’n hemelsblou.

Kleure

[wysig |wysig bron]
Kongolese soldate hys die vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo

Die kleurskema word hieronder gelys:

BlouRooiGeel
RGB0-127-255206-16-33247-214-24
Heksadesimaal#007fffff#ce1021ff#f7d618ff
CMYK100, 50, 0, 00, 92, 84, 190, 13, 90, 3

Ander vlae

[wysig |wysig bron]

Die vorige vlag is in1997 aanvaar. Dit is soortgelyk aan die vlae wat tussen1960 en1977 gebruik is. Die sterre aan die vlagpaalkant het oorspronklik die ses provinsies van die Demokratiese Republiek die Kongo voorgestel maar is nie meer van toepassing nie omdat die DRK nou tien onafhanklike provinsies en een onafhanklike stad (Kinshasa) het. Die vlag is gebaseer op die vlag wat oorspronklik gebruik is deurKoning Leopold seAssociation Internationale Africaine (wat veronderstel was om 'n humanitêre organisasie te wees) en is vir die eerste keer in1877 gehys. Die oorspronklike ontwerp vir die vlag is na bewering gedoen deur die Europese ontdekkingsreisiger, Henry Morton Stanley, en die uitleg bestaan uit ’n blou agtergrond met ’n vyfpuntige goue ster in die middel waar die ster die “lig van die beskawing” aandui wat nou helder in donker Afrika skyn.[3] Dieselfde ontwerp is daarna as die vlag van dieKongo-Vrystaat geïmplementeer nadat die gebied as die amptelike besit van Leopold II verklaar is by dieKoloniale Konferensie van Berlyn.

Nadat onafhanklikheid vanBelgië op30 Junie1960 verkry is, is dieselfde basiese ontwerp behou maar daar is ses sterre bygevoeg om die ses provinsies van die land op daardie tydstip te simboliseer. Die ontwerp is van 1960 tot 1963 gebruik.

Die vlag van die Tweede Republiek (Zaïre) vanMobutu Sese Seko het die amptelike banier geword nadat Mobutu sy diktatorskap verseker het. Hierdie vlag is van1966 tot 1971 gebruik en het bestaan uit dieselfde geel ster, nou kleiner en in die wapenskild van die vlag met ’n rooi baan met geel fraaiings wat skuins oor die vlag strek. Die rooi het die bloed van die ense voorgestel, die geel vooruitgang en die blou hoop terwyl die ster eenheid voorgestel het.

Hierdie vlag is verander toe die naam van die land verander het naZaïre in 1971. Die vlag van Zaïre (soos onder) is ontwerp as deel van Mobutu se poging tot her-Afrikanisering van die nasie en is amptelik gebruik tot en met die einde van Mobutu se diktatorskap in 1997.

  • Vlag van die Goewerneur-generaal van die Belgiese Kongo
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Goewerneur-generaal van die Belgiese Kongo
  • Vlag van die Association Internationale Africaine asook van die Kongo-Vrystaat, 1877 tot 1908, en die Belgiese Kongo, 1908 tot 1960
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van dieAssociation Internationale Africaine asook van dieKongo-Vrystaat, 1877 tot 1908, en dieBelgiese Kongo, 1908 tot 1960
  • Vlag van 1960 tot 1963 (Onafhanklikheidsvlag)
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van 1960 tot 1963 (Onafhanklikheidsvlag)
  • Vlag van 1963 tot 1966
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van 1963 tot 1966
  • Vlag van 1966 tot 1971
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van 1966 tot 1971
  • Vlag van Zaïre, 1971 tot 1997
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag vanZaïre, 1971 tot 1997
  • Vlag van 1997 tot 2003
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van 1997 tot 2003
  • Vlag van 2003 tot 2006
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van 2003 tot 2006

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Vlae en wapensportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Boukaart
  2. (en)News story about the change
  3. (en)[1]Geargiveer 7 Mei 2005 opWayback Machine

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metVlae van die DR Kongo.
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike-,outonome-
en ander gebiede

Kanariese Eilande /Ceuta /Melilla(Spanje) ·Madeiraeilande(Portugal) ·Mayotte /Réunion(Frankryk) ·Ascencioneiland /Sint Helena /Tristan da Cunha(Verenigde Koninkryk) ·Zanzibar(Tanzanië)

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vlag_van_die_Demokratiese_Republiek_die_Kongo&oldid=2764829"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp