Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Vlag van Vanuatu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Vanuatu
Vlag van Vanuatu
Vlag van Vanuatu
GebruikNasionalevlag enBurgerlike- enStaatsvaandelNasionale vlag en burgerlike- en staatsvaandel
Verhouding1:2
Goedgekeur18 Februarie1980[1]
Ontwerp’n Swart driehoek met twee gekruisde varingblare binne die tand van ’n wildevark teen die vlagpaal, ’n dun geel gaffel met swart fraaiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en groen onder.

Dienasionale vlag vanVanuatu is op18 Februarie1980 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n swart driehoek met twee gekruisde varingblare binne die tand van ’n wildevark teen die vlagpaal, ’n dun geel gaffel met swart fraaiings met sy tande teen die vlagpaal en loop tot in die wapperkant met rooi bo en groen onder.

Simboliek

[wysig |wysig bron]

Die groen stel die rykheid van die eilande voor, die rooi is simbolies vir die bloed van wildevarke en die mens en die swart van die ni-Vanuatu-mense. Die Eerste Minister van Vanuatu het versoek dat geel en swart fraaiings ingesluit word sodat die swart uitstaan. Die geel gaffel stel die lig van die Evangelie voor wat deur die eilande in dieStille Oseaan versprei het (ongeveer 90% van Vanuatu se bevolking is Christelik).

Die embleem in die swart driehoek is die tand van ’n wildevark – die simbool van voorspoed was as hangertjie op die eilande gedra word – saam met twee blare van die plaaslike namelevaring. Die blare is veronderstel om ’n teken van vrede te wees en die 39 loofblare stel die 39 lede van Vanuatu se wetgewende vergadering voor.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Tussen 1889 en 1906, onder Anglo-Franse beheer, is ’n wit en rooi vertikale tweekleur gebruik met ’n blou reghoek in die middel waarop ’n sterre in ’n sirkel gerangskik was, gebruik. Daarna het die Britse administrasie van die kondominium van die vlag van die Nieu-Hebrides gebruik gemaak tot in 1980. Dit was ’n blou Britse vaandel met ’n wit skyf op die wapperkant met ’n wapen daarbinne. Die Franse regering het in dieselfde tyd die vlag van Frankryk gebruik. Gedurende die Stille Oseaan-spele in 1963 en 1966 is spesiaal ontwerpte vlae gebruik.

Toe dieVanua’aku-party die land na onafhanklikheid gelei het as Vanuatu in 1980 is die kleure van die party se vlag – rooi, groen, swart en geel – gekies as die basis vir die nasionale vlag. ’n Parlementêre komitee het die finale ontwerp gekies uit inskrywings van plaaslike kunstenaars.

  • Vlag van die Anglo-Franse Gemeenskaplike Vlootkommissie, 1889 tot 1906
    Vlootvaandel Vlag van die Anglo-Franse Gemeenskaplike Vlootkommissie, 1889 tot 1906
  • Vlag van Vanuatu voor 1953
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Vanuatu voor 1953
  • Vlag van die Nieu-Hebrides, 1953 tot 1980
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van die Nieu-Hebrides, 1953 tot 1980
  • Vlag van Frankryk, 1940 tot 1945
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Frankryk, 1940 tot 1945
  • Vlag van Frankryk, 1906 tot 1940 en 1945 tot 1980
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag van Frankryk, 1906 tot 1940 en 1945 tot 1980
  • Vlag wat Vanuatu gebruik het gedurende die Stille Oseaan-spele van 1963
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag wat Vanuatu gebruik het gedurende die Stille Oseaan-spele van 1963
  • Vlag wat Vanuatu gebruik het gedurende die Stille Oseaan-spele van 1966
    Ontwerp is in verlede gebruik maar sedertdien laat vaar Vlag wat Vanuatu gebruik het gedurende die Stille Oseaan-spele van 1966

Ander vlae

[wysig |wysig bron]
  • Vlootvaandel van Vanuatu
    Vlootvaandel Vlootvaandel van Vanuatu
  • Presidensiële standaard van Vanuatu
    Presidensiële standaard van Vanuatu

Administratiewe vlae

[wysig |wysig bron]
  • Vlag van Port Vila
    Vlag vanPort Vila
  • Vlag van Malampa
    Vlag van Malampa
  • Vlag van Penama
    Vlag van Penama
  • Vlag van Sanma
    Vlag van Sanma
  • Vlag van Shefa
    Vlag van Shefa
  • Vlag van Tafae
    Vlag van Tafae
  • Vlag van Torba
    Vlag van Torba

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Vlae en wapensportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Vanuatu". Flags of the World.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2019. Besoek op15 Mei 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metVlae van Vanuatu.
Onafhanklike lande
Afhanklike- en
ander gebiede
Nasionale, streeks- en stadsvlae wat die Unievlag gebruik
Onafhanklike lande
Afhanklike gebiede
Verenigde Koninkryk
Nieu-Seeland
Deelstate, provinsies
en ander
administratiewe afdelings
Australiese deelstate
Kanadese provinsies
Amerikaanse deelstate
Amerikaanse counties
Stede
Chili
Verenigde State
Verskeie
Histories
Dominions
en onafhanklikelande
Australiese
eksterne gebiede
Nieu-SeelandseVolkebondmandaat
en trustgebiede
Anglo-Franse
kondominium
Ander vlae
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vlag_van_Vanuatu&oldid=2764958"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp